Ou skool worship. Uit volle bors.
Soveel so dat ek nie weet wat om daarmee te doen nie.
Soveel so dat Jesus, groot bo almal klink soos ‘n skool wat alles gee om die geesbeker by interhoër in te palm. Helaas, nee, ek dink nie ek het al ooit by ‘n sportbyeenkoms ‘n lied gehoor wat met soveel drif gesing word nie.
Dit skreeu – ja, dit grens letterlik aan skreeu – teen alles wat ek al in my korte lewe oor lofprysing (en om lofprysing te lei) geleer het. In my kop moet daar ‘n gewyde stilte wees; daardie meaningful silence êrens in die middel van ‘n liedjie in die middel van die hele affêre. Lofprysing moet mos min of meer hierdie patroon hê: ‘n raserige begin, ‘n diep middel, met ‘n fokuspunt êrens, en dan (bege)lei die musiekspan weer die mense uit om hulle gereed te kry vir die boodskap wat volg.
Lofprysing by die Jakaranda kinderhuis lyk soos volg: ‘n raserige begin, ‘n raserige middel, en dan ‘n raserige einde. Bygesê, hulle laat hulle ook nie eintlik juis lei nie – deels omdat hulle dalk nie die musiekspan so goed kan hoor nie; die gevolg hiervan is dat ons eerder hulle tempo vat as andersom. Aanvanklik het ek gedink hierdie mense dryf die spot met ons; maar na dit keer op keer gebeur, dink ek nie meer so nie. Inteendeel, ek dink hulle hou van sing. Uit volle bors. Die hele tyd.
Dit dwing natuurlik die vraag na vore: is daar iets verkeerd hiermee? Verseker nie!. Die hele gedoente wys net hoeveel die prefab idee van lofprysing in my kop is: daar moet eenvoudig stilte tussen-in wees. Die prefab idee van lofprysing hoor ons gereeld in allerlei vorme: by die kerk, op CD’s, by lofprysingsshows. Dit veronderstel ‘n sekere wyse van omgaan met musiek en ‘n sekere kwaliteit van musiek. Daarmee is nou nie noodwendig iets verkeerd nie – veral kwaliteit, maar sodra prefab lofprsying ons enigste manier word waarop ons sing, begin ons ons “lofprysing” altyd daaraan meet – dit word ‘n maatstaf (wat deur ander mense opgestel is!) om te bepaal of ons regtig nou geworship het.
Daarom dink ek nie ek moet die mense by Jakaranda kinderhuis “opvoed” in lofprysing nie. Hulle ken dit klaar – dalk meer as ek. Ja, inteendeel – ek sê dankie vir dit wat ek by hulle kon leer, en ek sien uit na die volgende keer wat ek saam met hierdie mense sang kan geniet.
Joera en sy vrou Walja was die aand daar. Dit was die aand dat Joera met ons gedeel het dat hy graag lidmaat van ‘n plaaslike kerk wil word, maar dat iets hom terug hou. Joera het nie  ‘n goeie gesin groot geword nie. Sy pa was ‘n alkoholis, later van sy broers ook. Hy het min liefde van sy ma ontvang en onmin in die gesin hou hom al vir 2 jaar weg van kontak met sy susters. Joera weet dat hy, as Christen, anders moet optree en genade aan sy familie moet wys. So nie is sy kerklidmaatskap ‘n klug! Maar hoe? Waar kry mens die krag vandaan om vergifnis vir ander te gee? Dit is een van die faktore, wat Walja terughou van bekering. Sy woon die laaste 3 jaar gereeld ons gesinsgroep-aande by, maar…
Iets moet verander. Daarom het hulle gevra dat ons vir hulle sal bid.
‘n Vriend van my, wat (onder andere) hier blog, doen navorsing oor Fokofpolisiekar. Meeste mense weet dit nie, en ek vermoed sal dit ook nie sommer raai nie, maar ek het meer as die helfde van my MDiv skripsie met Fokofpolisiekar in die agtergrond (en BAIE koffie) geskryf.
Hulle is eenvoudig net een van die groepe wat die beste musiek – musikaal, bedoel ek nou – in Afrikaans maak. Ek vermoed dit is die hoofsaak hoekom baie mense na hulle luister. Inderdaad, ek is nie so seker of almal noodwendig hulle boodskap snap nie – vergelyk byvoorbeeld hierdie lirieke van Hemel op die Platteland wat ek op die internet gekry het (sal maar eerder nie sê waar nie):
Kan jy my skroewe vir my vasdraai?
Kan jy my albasters vir my find?
Kan jy jou idee van normaal
By jou gat opdruk?
Kan jy?
Kan jy Aberdeen spel?
Ironies dat die ou nie “vind” kan spel nie – of ten minste nie gesien het dit is verander deur ‘n woordverwerker nie. Nog meer van ‘n ironie dat die woord “a-p-a-t-i-e” nou vervang is met “Aberdeen” – wat beteken die hele punt van die liedjie is gemis.
Hemel op die platteland is een van die groep se ouer liedjies. Dit bevat natuurlik ook hierdie opspraakwekkende gedeelte:
Kan iemand dalk ‘n god bel
En vir hom sê ons het hom nie meer
Nodig nie
Kan jy -
Kan jy apatie spel?
Ek dink hierdie is ouens wat erg ontnugter is – deur die kerk; deur die samelewing waarin hulle grootgeword het. Ek dink hulle is ouens met diep insig.
Ek dink ook hulle is verkeerd.
Hulle lewer egter sosiale kommentaar wat mens nie sommer kan miskyk nie. Sosiale kommentaar – en kommentaar op die kerk – wat ek hoop op een of ander tyd deur alle teologiestudente in die gesig staar word. Ek gaan nie alles in hierdie een post kan aanraak nie. Ek kan maar net hier en daar so losweg vat. Die volgende deel uit Lugsteuring, byoorbeeld, het my veral aangegryp:
Ek wil net nie verkeerd wees in
hierdie lewenslang kleedrepitisie nie
Is die monster wat jou jaag
emosionele progressie?
Is jy die enigste vyand van
spirituele tegnologie?
Ons oë is vervang met skerms
en ons siele met prentjies van die see
Nou, ek vermoed ons het hier te doen met ‘n erediens.  Dink mens kan dit sien in die res van die liedjie ook. Dink dis nogal baie raak. Die hele “kerk-toe-gaan” ervaring het mos tot ‘n groot mate ‘n toetssteen geword vir mens se geloof. Dit spreek van onegtheid – iets wat mens gerus uit jou geloof uit kan sny.
Terselfdertyd, dink ek, is hierdie ouens bewus van iets groters, selfs al kies hulle om dit mis te lees. Ja, hulle wil die Greep van Geloof afgooi. Maar waarmee sit mens dan? Ek dink mens kan dit gerus die Intense Leegheid van die Siel noem. Kyk bietjie na hierdie aanhaling – al die lirieke van Tiny Town:
In wrede woede het ek die
hand wat beheer gebyt
Verwyt myself op harder en
harder grond neergesmyt
Dis nou ek wat die leiband lei
Te veel verskeur om sulke
argumente ernstig op te neem
Miskien is niks soos wat ek dink dit is nie
My greep op my geloof glip gereeld
My wonde wonder waar genesing kom vandaan
Soet slaap sonder sonde vanaand
Miskien is niks soos wat jy dink dit is nie
Jou greep op jou geloof glip gereeld
Jou wonde wonder waar genesing kom vandaan
Soet slaap sonder sonde vanaand
Hierdie liedjie het my aangespreek. Ek waardeer die eerlikheid daarvan – die absolute openheid. Ek betreur die feit dat die kerk nie ‘n oop genoeg ruimte – en ‘n veilig genoeg ruimte – skep vir mense wat sulke vrae wil vra nie. Die gevolg? Afgesien daarvan dat die idee van die kerk gesien word as iets met gesag wat op mens afgedwing word? Iets wat afgegooi moet word? Na my mening: mense wat verskeur word. Hierdie is goed waardeur ‘n mens moet worstel; maar daar is geen plek daarvoor nie. Hierdie is goed waarmee ek graag mense sou wou uitdaag; maar daar is geen plek daarvoor nie.
Anderkant die vermaaklikheidskerk en die Intense Leegheid van die Siel lê daar antwoorde. Graag sal ek mense daar wil sien aankom, maar dit moet nie geforseer wees nie. Sal ek Fokofpolisiekar vir mense aanbeveel om hulle hiermee te help? Nie sommer vir enigiemand nie. Vir teologiestudente – wel, miskien. Iets anders wat ek wel definitief vir teologiestudente sal aanbeveel is om Oppikoppi toe te gaan – sodat hulle kan leer van die wêreld, van liefde en aanvaarding. Ja, nie noodwendig om mense daar te gaan bekeer nie, maar net om bietjie waar te neem – en te leer. Plus, mens hoor dalk net ‘n bietjie goeie musiek ook. Dít is egter ‘n post vir ‘n ander dag.
Vroeër was daar selde in Evangeliese kerke lidmate met hoër opleiding. Gewone mense het die lidmaat-tal vol gemaak. Hiervoor was daar, natuurlik, verstaanbare redes.
Persone, gedurende hul opleiding, moes ook indoktrinasie t.o.v. ateïsme en kommunisme ondergaan. Op ‘n dag het ek met iemand, wat terloops ‘n doktorsgraad in die landbou het,  gepraat. Sy het my vertel hoe hulle opgelei was om die teenstrydighede in die Bybel te ken en dit dan te kon gebruik om te ‘bewys’ dat Christenskap ‘n menslike fabrikasie is.
Diskriminasie teenoor gelowiges, wat wou verder studeer na skool, a.g.v. hulle geloofsoortuigings het dit onmoontlik vir baie bekwame gelowiges gemaak om  verdere opleiding te ontvang.
Gister was ons gesinsbediening uit vir ‘n piekniek. Ons het die oggend uitgery rivier toe en daar saam aanbid, saam gebraai, gespeel en lekker gekuier. Die 8 gesinne (met kinders) het die hele dag tot na 9 nm. saam die dag geniet. Omdat nie al die gesinne vervoer het nie, het gesinne met ‘n motor die ander gesinne gehelp. So het ons vir Sasja en sy vrou opgelaai. Hulle is altwee mediese dokters, wat in Vinnitsa, top posisies het. Hulle het Oktober 2008 by ons gesinsbediening aangesluit as ongelowiges. Gedurende ons rit het Sasja gesê, dat hy baie bly is dat hy saam met ons is en nie die lewe kan voorstel sonder God nie. Wonderlik om te hoor. Hy woon tans weekliks eredienste by. Sy vrou is nog nie ‘n Christen nie, maar luister met graagte en neem deel aan ons besprekings.
Die sommer-kinderkampe van 2009 is alweer amper iets van die verlede. Die Here het ons geseën met goeie weer, goeie vrywilligers, 11 buitelandse helpers, baie vrug op ons arbeid, en soveel mooi belewenisse. Ek sal myself egter beperk tot die volgende 3 aanhalings deur kinders (Volgens die Woord sal die kinders van die Waarheid getuig…)
Kind aan kamp-koördineerder:
“Kan jy vir my skryf hoe en hoekom jy ‘n Christen geword het?”
Kind oor sy geloof-keuse:
“Ek het baie van die kamp gehou. Ek het so baie van die Here gehoor. Ek verstaan nou, dat Hy die ideale God is. Hy het my vriend geword en sal nooit my in die steek laat nie. Die Here is nou verewig die God van my hart. Ek lees nou die Bybel en dit is vir my baie lekker om dit te doen.”
Kind vertel sy vriend van kamp:
“Ek het my vriend, wat in ‘n ander dorpie bly, vertel van ons kamp. Hy was baie geïnteresseerd. Ek sou graag wou hê, dat julle ook sy dorpie sal besoek met ‘n kamp. Ek wil hê, dat julle elke dorpie, en nie net ons dorpie, sal besoek en so interessant vir kinders sal leer oor God, as julle vir ons geleer het. ”
Het jy al ooit so geglo (gehoop?) dat jy bereid was om op te tree om jou oortuiging te verwesenlik? Dalk was dit ‘n aanvoeling dat jy iemand moet bel of help. Na ‘n lang tyd van top en twyfel het jy tog dit gedoen. En tot vandag toe nog onthou jy die gevolge van jou gehoorsaamheid!
Hierdie is so ‘n gebeurtenis uit my eie lewe. Nadat ek met ‘n wonderwerk geld gehad het om ‘n vliegtuigkaartjie te koop, het ek met al my reisreëlings begin. ‘n Oproep na OM, ‘n Russiese visum, ‘n vliegtuigkaartjie, tasse pak, laaste reëlings tref om te verseker dat dinge in Suid-Afrika georganiseerd was, en ek kon wag vir 5 Augustus 1994.
Alles was reg, behalwe my Russiese visum het gesloer. So veel so, dat toe ek 5 Augustus  wakkerword, met al die tasse gepak orals in my kamer, ek besef dat sonder ‘n visum ek nie sal kan vertrek nie! En ‘n visum het het nog nie!
Teen middagete, bel ek my reisagent. Hy stel my gerus dat my visum goedgekeur is en dat ek wel sal kan vlieg. Teen 3 nm.,op pad lughawe toe, ry ek daaraan om die visum op te tel. Eers toe ek in die kar sit, kyk ek na die visum…
Die datum is verkeerd! O, nee. Wat gaan ek nou maak? Hoe gaan ek in St. Petersburg land sonder ‘n geldige visum?
Gelukkig, wys ek nie my bekommernis vir my ouers en ander vriende, wat kom groet het nie. Toe ek gevra word, antwoord ek dat ek eers in Duitsland by my niggie gaan kuier. Dit is wel so. Ek het die oggend van 6 Augustus saam met Adri en Richard in Frankfurt rondgery. Teen die middag het hulle my terug geneem lughawe toe en ek is op die vlug uit St. Petersburg toe!
Eers met die inkom om te land, besef ek dat by geloof-keuse  (om uit te vlieg hierheen) dalk sleg kan eindig.  Indien die grenswag my paspoort nie stempel nie,  sal my tasse bly draai op die band en sal hulle my seker dadelik deporteer…
Vandag het ek in my versameling aandenkings ‘n ou Russiese visum met ‘n stempel daarop – die bewys dat as God jou iewers wil hê, selfs ‘n verkeerde visum nie jou kan stop nie!
As jy enigiets soos ek is, dan probeer jy ook die telefoon vermy. In ons huis is my vrou al gewoond daaraan dat ek nie juis te oorgretig is om die telefoon te antwoord nie. Dus het dit haar ‘werk’ geword. Maar as antwoord nog nie erg genoeg is nie, dan kan ek jou verseker dat ek lang talm voordat ek ‘n oproep maak. Ek hou uiters min daarvan. Veral as ek iemand onbekend moet bel.
Gelukkig is daar mense, wat anders dink ook telefoon oproepe!
Op ‘n aand in Julie 1994, nadat ek maande gewerk, gebid (en veral gehoop het) dat ek genoegsame finansiële ondersteuning sal kan werf om as sendeling Rusland toe te vertrek, lui die telefoon. Toe ek dit antwoord, is daar ‘n vreemde stam aan die anderkant van die lyn. ‘n oom Eddie vra my of ek Willem is en of ek oppad is Rusland toe as sendeling. Nadat ek bevestigend antwoord kom ‘n skielike, baie onverwagte vraag: “Hoeveel het jy nog nodig om te gaan?”
Destyds moes ek die kolosale bedrag van R2000/maand genereer om as sendeling in Rusland te werk. Hiervan het ek met moeite die helfte in beloftes gehad. Ek kommunikeer dit toe aan oom Eddie en hy belowe om terug te bel. Na 2 weke lui die telefoon. Ek was al oortuig dat die vreemde oom my nie weer sal bel nie, toe ek die bekende stem van oom Eddie hoor. Nadat die laaste vraag van hoeveel ek nog benodig deur my met R650/maand beantwoord word, word dieselfde belofte van ‘e bel jou terug’ gemaak en die telefoon is stil.
Sal ek weer twee weke moet wag? Gaan die oom  terug bel? Dus was ek baie bly toe oom Eddie twee dae later my met die ‘goeie nuus’ terug bel. “Willem, die Heilige Gees het vir ons gesê dat ons jou moet ondersteun.”
“Maar oom ken my dan nie eens nie…”
“Dit maak nie saam nie. Die Here het gepraat en daarom ondersteun ons jou!” Ek sou seker die grepie uit my lewe hier kon kort-knip, maar dan sou die wonder van daardie oproep nie regtig vir jou verstaanbaar wees nie. Ek het dit self nie verstaan totdat ek die dorpie, waar oom Eddie bly, gaan besoek het nie. Dit was ‘n lang 13 ure tot op Betlehem, waar oom Eddie my voor 4 uur die oggend kom haal het. Omdat dit winter was het ek die dorpie nie gesien voordat ek nie die oggend ‘opgestaan’ het nie. Gewapen met my ou kamera het ek die bultjie uitgeklim en die dorpie van genade (God se finansiële-ondersteunings-genade aan my) van bo af besigtig. Met 3 fotos het ek die hele panorama van Kestell vasgelê.
God kies altyd die matige, sterk, aansienlike nie! God kies die gehoorsame om Sy Wil uit te voer.  So het Kestell (en oom Eddie!) se gehoorsaamheid die bronne voorsien om die roeping in my hart realiteit te maak.
Dalk kan jou oproep ook so ‘n geloof-effek tot gevolg hê. Jy sal nie weet voordat jy nie bel nie.
Sal ek dit nou maar erken? Ek is nog steeds op soek na my identiteit. Neig 27 se kant toe. Dis telkens as iemand sommer goed aanneem oor my dat ek dit veral ervaar – byvoorbeeld, mense wat aanneem dat ek in die akademie gaan opeindig, êrens by ‘n universiteit, besig om my stowwerige lesings aan te bied vir die stowwerige banke waarop niemand regtig sit nie.
Die afgelope week is ek op veral twee geleenthede uitgedaag om weer ‘n bietjie van meet af aan oor my eie identiteit te dink. Veral hoe ek dit meet. Die eerste geleentheid – laas Vrydagaand. ‘n Koffie-gesprek saam met ‘n vriendin. Sy dwing my, onwillekeurig (en vir haar dalk  - onwetend), om te erken dat dit vir my (te veel) saak maak wat ander mense van my dink. Dis die begin van die nuwe kwartaal, en ek worry oor wat die nuwe klomp studente gaan sien – wat hulle gaan dink – in watter boksie hulle my gaan sit.
Die tweede geleentheid gebeur twee dae later – laas Sondag. Ek woon die oggenddiens by Mosaiëk gemeente in Johannesburg by. (Ons kan ander dag miskien praat oor Mosaiëk self.) Die prediker (Johan Geyser) sê nie regtig iets nuuts nie – nie na Vrydagaand nie – maar bring dit dalk net ‘n bietjie meer ter illustrasie. Op die verhoog is daar ‘n pawiljoen. (Twee konsepte wat my brein al lelik deurmekaar gekrap het.) Telkens stap daar nuwe mense op die verhoog op, kry dan ‘n kaartjie by Johan Geyser, om toeskouers van sy lewe te word, en dan gaan sit hulle natuurlik op die pawiljoen. Na ‘n ruk begin hy daarop sinspeel dat hy nou vir hulle leef. Alles doen hy om hulle tevrede te stel. In pleks daarvan om sy lewe voor God uit te leef.
Die twee kuiers – een minder formeel, op ‘n bank met ‘n koppie koffie in die hand, die ander in ‘n erediens saam met ander Christene – trou in my kop. My vriendin met haar identiteit in God gegrond – Johan Geyser wat nie sy besluite in ander se goedkeuring wil grond nie. Om nie vir ander te leef nie, maar om juis vir ander te leef. As dit enigsins sin maak.
Hopelik dwing al hierdie ligte stampies op die pad my ook al hoe meer in daardie rigting.
Een van my stokperdjies en liefdes is musiek. Ek speel verskeie instrumente, komponeer, en het al ‘n CD met Afrikaanse geestelike musiek opgeneem. Tog is ek baie bewus dat smaak verskil. Nie almal hou van alle tiepe geestelike musiek nie (Is die orrel nog in, of moet dit bietjie meer ‘n Jazz- of pop-klank bevat?) en nie almal hou eers van musiek nie! In gesprekke met mense hoor ek verskillende opinies, maar nou kan julle julle opinie oor die veel beredeneerde saak gee.
View This Poll
surveys
Tydens my derde jaar op Stellenbosch, terwyl ek besig was met ‘n B.Sc. Agric. (Landbou-graad), het ek een aand na ‘n kort gesprek met Stoors Petorius, ‘n goeie vriend van my, in my pa se ou Peugot-stasiewa geklim en in die donker aand in gery op soek na iets nuuts in die lewe.
Toe ek ervaar het dat ek ver genoeg van almal af weggevlug het, het ek die liggie in die kar aangeskakel, my Bybel oopgemaak en die verse, wat Stoors vir my uitgeskryf het, een na die ander begin lees. Skielik met die lees van die Efesiërs-brief (Hoofstuk 1.18-23) het ek die antwoord op die vraag in my hart gekry! Hoe kan mens iets betekenisvol in die lewe doen? Deur God toe te laat om ‘dieselfde kragtige werking van sy mag, waarmee my Jesus uit die dood opgewek het‘  te laat uitoefen ‘in ons wat glo‘. Hierdie opstanding-krag is die krag van die Almagtige, die Skepper, die Allerhoogste! Hierdie krag gee vir ons ‘n nuwe hoop, nuwe toekoms, nuwe vermoëns, nuwe gawes, nuwe begeertes, ‘n nuwe doel – in kort ‘n nuwe lewe!!!
Met hierdie insig, wat God se Gees diep binne my duidelik gemaak het, het ek onbepland begin bid. Eers nadat die woorde uitgeglip het, het ek – sonder om formeel my gebed met amen te eindig – besef wat ek gebid het. “Here, hier is ek stuur my. Ek is bereid om ver van hier af weg te gaan; weg van my familie; weg van my vriende. Na ‘n ander volk; na ‘n ander kultuur; na ‘n ander taal om daar vir mense van U te vertel.
Waarvoor staan ons in Here4U?
Elkeen van ons lewe vir iets of iemand. Soms is dit waar oor ons leef nie iets wat ons self gekies het nie, maar iets ons langs ons lewenspad in ‘n nuwe rigting gestuur het. Soms is ons bly oor die rigting waarin ons op pad is; soms gefrustreer; soms vasgekeer; soms selfs verslaaf of verblind dit ons. Vir my het die virU-belewing (of korliks 4U) bewustelik begin op 2 Junie 1991. En alhoewel dit jare terug is, is ek bly dat ek nie vir iets uiters belangrik myself toegewy het! Dit is hoekoms ek hier is! Here, ek is hier vir U!
Waaroor gaan dit in Here4U?
Hier sal jy inligting oor ons geloofsoortuigings. Dit beïnvloed hoe ons dink oor ons gesin, ons bediening, ons toekoms, ens. Leef saam met ons hierdie toegewyde lewe. Bemoedig ons; bid vir ons; korrigeer ons, waar nodig. Maar ons wil ook vir jou aanmoedig en uitdaag om die gewyde lewe te lewe! Volkome oorgegee en doelgerig vir dit wat saak maak!
As Christene (en miskien ook mede-sendelinge) gaan ons saam die ’statement’ lewe: Here4U!
Een van my gunsteling flieks is sonder twyfel “Stranger than Fiction”, met Will Ferrell in die hoofrol. (In hierdie post gaan ek heelwat van die storielyn weggee – as jy die fliek nog nie onder oë gehad het nie, dan stel ek voor dat jy dalk hierdie post laat verbygaan!)
Die fliek se hoofkarakter, Harold Crick, ontdek een oggend dat daar ’n verteller is wat sy hele lewensverhaal soos dit gebeur voorhou. Stelselmatig ontdek die karakter dat hy inderdaad nie mal is nie, maar dat hy eintlik in ’n storie leef. Die fliek het heelwat te sê vir ’n studie van die letterkunde, en dit is net eenvoudig goed aanmekaargesit. Kan egter nou nie aanhou om die fliek se lof te besing nie – dis verseker beter om dit te kyk as wat ek daarop kommentaar kan lewer! Tot sy skok besef die protagonis dat die skrywer wat sy lewensverhaal neerpen, Kay Eiffel, slegs tragedies skryf – daar was nog nie een verhaal waar die held die dood vrygespring het as haar verhale tot slot kom nie. Dit is onvermydelik – hy gaan sterf!
Die einde kom dan ook vinnig – hy spring voor ’n bus in om ’n kind uit die pad uit te stamp, en natuurlik tref die bus hom! Die skrywer verander egter die verhaal, teen alle verwagtinge van beide karakter en kyker. Een van die laaste tonele in die fliek speel dan in die hospitaal af, waar die karakter herstel na sy onderonsie met die bus. Gevra waarom sy die karakter laat leef het – wat van die boek volgens ’n professor in letterkunde minder geslaagde poging maak – antwoord sy min of meer as volg:
Because it’s a book about a man who doesn’t know he’s about to die. And then dies. But if a man does know he’s about to die and dies anyway. Dies- dies willingly, knowing that he could stop it, then- I mean, isn’t that the type of man who you want to keep alive?
Kom ons sit vir ’n oomblik die vraag of Jesus God is opsy – asook die vraag of Hy uit die dood uit opgestaan het of nie. Wat bly oor? Sou dit heeltemal afbreek doen aan die persoon wat ons as Jesus ken? Wat oorbly is Jesus se lewe op aarde. (In sekere kringe sou mens praat van die “Historiese Jesus”). Sou ’n geskiedkundige hieroor skryf – wat natuurlik al heelwat kere gebeur het – sou dit nogal moeilik wees om die feite vas te vat. Ongeag die menigdom vrae wat eenvoudig nie vaste antwoorde het nie, is daar ’n hele paar goed wat mens wel met sekerheid kan sê. Ons het ook (ten minste) vier betroubare bronne (en hier vertrou ek veral op die tradisie!) wat vir ons meer vertel, en waaruit ons baie kan wys word. Ook ander boeke wat ek gelees het, het my hiermee gehelp; om nader te kom aan wat Hy hier gedoen het. (Byvoorbeeld Fatherless in Galilee deur Prof van Aarde.)
Die volgende staan vir my vas: Jesus was radikaal; ’n kontra-kultuur leier – waar kultuur ook soms as politiese ideologie gelees kan word – ’n figuur wat ’n ongekende openheid openbaar het tot op die punt dat dit ’n moorddadige reaksie by die owerhede ontketen. Jesus het mense liefgehad – op meer as een plek in die evangelies word vertel hoe Hy hulle “innig” jammer gekry het (die Griekse woord wat telkens hier gebruik word tower prentjies op van jou binnegoed wat heeltemal in jou omkeer – soos klere in ’n wasmasjien); hoe Hy teen alle verwagtinge van die samelewing wette oortree het om sy liefde aan hierdie mense te wys; hoe Hy homself nie gesteur het aan dit wat “rein” is of “onrein” is nie. Daar is nog heelwat wat ’n mens kan sê oor sy lewe. Soveel so dat die skrywer van een van die bronne wat aan ons beskikbaar is meen dat daar nie ’n end aan al die geskrywery sal wees as mens dit moet neerpen nie. Dis definitief beter as mens dit self gaan lees; ek hoef nou nie al vier evangelies hier te herhaal nie.
Hoe meer ek van hierdie Man leer, hoe meer dink ek dat dit is hoe ek wil wees. Méér nog: hoe meer ek van hierdie Man leer, hoe meer dink ek dat Hy God moet wees. Dit wat Hy op aarde gedoen het, is seersekerlik goddelik. Sy selfopoffering tot op die punt dat Hy sy lewe gegee het – dít is ’n ideaal wat sonder twyfel verdien om voort te leef. Waarrondom ander mense hulself ook kan skaar. Selfs al beteken dit ook dat hulle hul lewe moet gee.
Natuurlik kan mens die ooreenkomste tussen Stranger than Fiction en die lewe van Jesus net so ver vat. Soos enige metafoor het dit beperkinge. Dit help dalk net om een faset van Jesus se lewe en sy opstanding ’n bietjie duideliker te maak – in elk geval, dit help vir my.
Nou ja, die kans is goed dat ek nie dáár gaan uitkom waar Hy was nie; dat ek tekort skiet daaraan om dit te doen wat Hy daagliks gedoen het. Dit voel ek elke dag, hoe ek nog nie dáár is nie; hoe ek nóg meer liefde aan mense kan bewys – dít wetende dat ek soms uit eie keuse die regte keuse vermy.
Ek het vanaand sopas teruggekom van die “Joint Conference” vir Teologie op Stellenbosch. Die Teologie Fakulteit van die Maties is hierdie jaar 150 jaar oud, dus het hulle hierdie konferensie daar gehou om al dit te vier. Dit was nogal ‘n aangename geleentheid – sal miskien later weer daaroor blog, miskien egter eerder op my Engelse blog.
Een van die lesings wat definitief uitgestaan het, is die van Prof Andries van Aarde oor die triniteitsbegrip in die gewilde boek van Young, The Shack. Die boonste kamer van die Teologie Fakulteit was gepak – dit terwyl daar net 20 uitdeelstukke was. Wat het hulle gedink? Van Aarde, The Shack – natuurlik gaan daar meer as 20 mense wees.
(Dit wat volg is my interpretasie van die lesing! Ek mag dalk verkeerd gehoor of verstaan het.) Van Aarde het ‘n baie positiewe beoordeling van die boek gegee. Ongelukkig was die tyd te kort om sy hele referaat te lewer, so ek vermoed daar is ook effense kritiek wat hy nie by kon uitkom nie. Die hoofargument van sy betoog was dat die Shack weer ‘n verhoudingselement in die triniteit inbring; hy het ook ander goed uitgelig, byvoorbeeld dat die boek ‘n postliberale lees van die Bybel verteenwoordig. Van Aarde meen dat die boek weer teruggryp na ‘n tyd voor Tertullianus, wat die begrip trinitas die eerste keer gebruik het. Dit laat die Drie-Eenheid dan ook oop om weer mense toe te laat. Die idee is dat daar ook geen verhouding tussen mense kan bestaan – d.w.s. liefde – as dit nie ook so was met God nie.
Al drie Persone van die Drie-Eenheid word speels uitgebeeld in die boek. Van Aarde gaan hiermee saam, en verwys dan ook na die risus paschalis. Dit is ‘n ou Ortodokse tradisie wat klaarblyklik in Bavaria ontstaan het, waarin die priester die gemeente lui in ‘n geweldige lagbui om die opstanding uit die dood te vier.  (Prof Yolanda Dreyer het die relevante gedeeltes in die boek uitstekend voorgelees, asook die verwysing na die risus paschalis.) Dit, volgens Van Aarde, is ‘n belangrike element wat ons in ons geloof moet terugkry.
Tydens die vrae was dit veral Prof Pieter de Villiers se kommentaar wat vir my interessant was. Prof De Villiers spesialiseer op spiritualiteit, en veral die mistiek. Volgens hom stem die Shack nie soseer ooreen met wat in die klassieke mistiek geglo sou word nie. Dit is eenvoudig net onmoontlik om die essensie van God vas te vat. Prof Van Aarde het egter daarop gewys dat veral die Heilige Gees uitgebeeld word as Iemand waarop Mack, die hoofkarakter in die verhaal, nie kan fokus nie.
Myns insiens: die boek se plot ontvou vir my ‘n bietjie stadig. Verder irriteer die manier hoe die onderskeie verhoudings uitgebeeld word in die boek my so ‘n bietjie, maar ek besef dit sê dalk meer van my as van die boek of die skrywer. Daar is verskeie ander probleme wat ook uitgewys kan word – byvoorbeeld, dat die boek maklik patripassianisme (die kettery dat die Vader saam met die Seun aan die kruis gesterf het, dus dat daar nie drie Persone is nie, maar drie verskillende maniere waarop God Homself manifesteer) kan uitbeeld. Of, eintlik moet ons dit erken – dat die boek dit eintlik so voorstel. (Die bekende teoloog Moltmann, soos ek verstaan, is egter nie te ver van hierdie siening af nie – The Crucified God is op my lysie, maar ek moet dit nog lees). Prof Van Aarde het ook op hierdie verstaan in die boek gewys – maar nou ja, hoe kan mens in elk geval oor God praat? Self Augustinus het gesê dat ons eintlik niks oor God kan sê nie; dit wat die kerkvaders gesê het, is bloot maar net omdat mens iets moet sê.
Verder dink ek die boek is verseker ‘n produk van sy tyd. Die groot klem op verhoudings en wegbeweeg van die strukturele elemente in godsdiens is nie besonders nuut nie. Sommige van dit is nodig – na my mening gaan ons egter weer op ‘n stadium ‘n tyd bereik waar die kerk in ‘n vaster struktuur staan na die huidige struktuur uitgedaag en gedekonstrueer is. Hoe dit gaan lyk, dit kan ek nie sê nie. Nogtans dink ek die boek kan mense in pyn help. Ek sal dit aanbeveel vir mense om te lees – maar dit nie as Die Waarheid verkoop nie.
Sluit klomp Christene vir ‘n rukkie in ‘n kerkgebou toe, en hulle ontwikkel blitsvinnig vir jou hulle eie dialek. Gelukkig. Dit is ‘n goeie barometer van hul teologie. Die Siriese naamwoord malpanoeta beteken “onderrig”. Onderrig, op sy beurt, kan in Engels vertaal word met teaching. Teaching, soos in: “Hene, ek like daardie ou se teaching!”
‘n Ander Ingelse uitdrukking kan dit die beste uitddruk: Dead giveaway.
Natuurlik sny ek nou lyne en blokkies soos Tant Sannie fudge opdeel. Die lewe is nie ‘n skaakspel nie; nog minder ‘n skaakbord. Ek weet goed dat mens nie sommer mense in boksies sit nie. Partykeer help dit egter.
Voor dit lyk of ek my mes in het vir die charismate: Gerrie Gereformeerd (of Neels Nederduits dan, as jy wil) se woordeboek dra ook sy bagasie. Genade, woorde soos genade self. Ongelukkig. Dit maak dit moeilik om regtig iets te sê as al die woorde klaar ingekleur is.
cliché: (uitspr. klie-sjee’) (-s) 1 Drukvorm vir illustrasies. 2 Afgesaagde, holruggeryde uitdrukking; verslete beeldspraak.
-HAT
Die lewendige en lewegewende geloof dring ons daartoe om ons ou, uitgedroogde cliché’s met nuwes te vervang. Wanneer die lewensbloed van daardie cliché’s opgedroog het, is dit tyd om weer nuwes uit te dink.
Is dit moontlik om anders met die teologie om te gaan? Is dit moontlik om anders oor God te praat? Wat is die middelpunt, die anker? Miskien lê die antwoord in die uitroep van die hervormers:
ecclesia reformata semper reformanda (secundum verbi dei)
“die gereformeerde kerk moet altyd gereformeer word (volgens die Woord van God)”
‘n Vriendin wat saam met my geswot het, is onlangs bevestig as predikant. Met haar intreepreek het sy die volgende seën gebruik, wat my diep getref het. Dis ‘n ou Franciskaanse seënbede – hierdie is die weergawe wat in die NG Kerk se handleiding by die erediens gedruk is:
Mag die Here jou seën met ongemak oor maklike antwoorde, halwe waarhede en oppervlakkige verhoudings sodat jy uit die diepte van jou hart kan leef;
Mag die Here jou seën met woede oor onreg, onderdrukking en die uitbuiting van mense sodat jy kan werk vir geregtigheid, vryheid en vrede;
Mag die Here jou seën met trane om te stort vir mense wat pyn, verwerping, honger en oorlog ervaar sodat jy ‘n hand kan uitreik en hulle pyn in blydskap kan verander.
En mag God jou seën met genoeg dwaasheid om te glo dat jy ‘n verskil kan maak in hierdie wêreld, sodat jy dinge sal kan doen wat ander mense dink nie gedoen kan word nie.
Wurmblikkie skryf ‘n kort post hieroor en se:
1. Dis mos nie sonde om ryk te wees nie. (Maak nie saak hoeveel mense ek uitbyt in die proses nie.)
2. My gesin kom eerste. (Selfs bo dit wat dit van my verwag om ‘n volgeling van Christus te wees.)
3. ‘n Algemene stagnasie in kerke, aangesien ons almal besig is om by selgroepe te ‘groei’. (Maar ons doen niks in die regte wêreld daar buite nie.)
Ek verskil oor 2 en 3.  Ja, ek dink jy is te sinies.
Jou (ons) opleiding en die manier hoe kerk “gespeel” word in my geliefde NGK, is ongelukkig te veel van ‘n gespelery.  Dominees verkerklik geloof (en ek het dit ook gedoen toe ek nog in die gemeente-bediening was).  Geloof is NIE hoeveel en wat ek vir die kerk doen nie.    Geloof (of liewer, christenskap) gaan oor my verhouding met God in en deur Jesus Christus.  Die aktiwiteite en bedienings van ‘n gemeente, IMHO, moet ‘n gevolg wees van my verhouding met Jesus.  Soms voel dit vir my ds gaan so te kere met die aktiwiteite en bedienings dat dit eerder gaan oor die bedienings as oor die verhouding.  En die volgende stap is ‘n geweldige moraliteits las wat op jou geplaas word.  “As jy nie betrokke is nie, kan jy nie ‘n Christen wees nie“. Natuurlik nie so direk nie, maar dis die algemene idee wat oorkom.
Ek praat gereeld met lidmate wat so moeg is vir hierdie “las” wat op hulle gemoed geplaas word.  Die jammerte is net dat hulle nie besef dat dit ‘n morele las is nie; dis al!  Ander noem dit Bible bashing.  Hulle dink, soos ons geleer is, dat die ds reg is  so “suffer boetie, maar terugstaan en rus is jou nie geregverdig nie”.  Ek wil beweer dis die rede hoekom jy ‘n ou kry wat tot bekering kom, voluit vir Jesus lewe.  Gou-gou kry jy hom in elke bediening; en as die ds iemand soek om iets te doen/reël, word op “gert” se knoppie gedruk.  So jaar of wat later, as jy weer sien, het gert of getrek en bly in-cognito vir so ‘n wyle, of totaal van die kerklike veld verdwyn : poot-uit.  Hy’t nie sy geloof verloor nie (soos die ds hom graag wil laat verstaan m.d.o. daarop om hom terug te wen nie), hy’s gewoon poot-uit en kan dit eenvoudig net nie meer volhou nie.  Ongelukkig voel gert asof hy nie meer naby Jesus is of leef nie, want dis die onderliggende boodskap van die verkerklikte-geloofs-boodskap.   Dan volg Twyfel!  Of tot ‘n volgende keer (‘nvolgende MMC miskien), en hy herleef en terug is hy… en die siklus begin weer.
Dis wat ek bedoel met geloof wat verkerklik word.  M.a.w., die kwaliteit van jou geloof word bepaal deur jou kerklike lewe/betrokkenheid.  As ek dit met ‘n gelykenis kan verduidelik: dis soos om te sê:
Kry kinders sodat jou verhouding met jou vrou kan verbeter.
Ek sê eerder: kinders is die gevolg van my liefdesverhouding met my vrou.  En as daar nie kinders kan wees nie is dit OK; dit gaan steeds oor my verhouding met my vrou. Die kinders is ‘n konsekwensie, ‘n gevolg van daardie verhouding!
Toegepas op my argument hier:  ek het ‘n verhouding met Jesus Christus en die GEVOLG van daardie verhouding is my aktiwiteite en betrokkenheid  Ek is nie betrokke in aktiwiteite om my verhouding met Jesus te bou nie (hoewel daar natuurlik ‘n mede-werking tussen die twee is, net soos met my verhouding met my vrou).  As daar ‘n stagnasie in kerke is, is dit m.i. omdat ds en gemeente hierdie speletjie speel: aktiwiteite, aktiwiteite, aktiwiteite sonder begrip vir die lewe van die lidmate wat soms “hel” is.  Vra my, ek was 10 jr in die gemeente-bediening en die afgelope 10 jr werk ek “daar buite” soos al die lidmate en ek kan jou belowe, dis way anders!  As ek myself gou in die rede kan val; ‘n ou sê die ander dag vir my, hy dink ds moet soms 3-6 maande af kry en 8-5 gaan werk om werklik begrip vir lidmate te kry, in voeling met die gewone lewe te kom.  En jammerlik, het die “verdwyining van huisbesoek”, daardie enigste manier om so ietsie van die lidmate se leefwerêld te hoor en sien, nou ook verdwyn.
Dus: as kerke stagneer, moet kerke dalk hand in eie boesem steek en vra hoekom?  Geloof is nie gelyk aan kerklike lewe nie.  Ek glo gelowiges moet toegerus word met die Woord en Gees sodat hulle as gelowiges in die wereld kan funksioneer; ma – sat.  Nie in kerklike aktiwiteite nie, maar toegerus met die Woord as swaard die lewe en mense waar hy werk (sy lewensruimte) vernuwe.  In die praktyk is mense so besig by die kerk dat hulle nie meer geestelike energie het om te gee in sy anders lewensruimtes nie (of dink hy’t nou klaar sy plig gedoen by die aktiwiteit/bediening/selgroep).  Ek wonder hoe sal dit gaan as ons aktiwiteite afskaf of verminder en lidmate toelaat en aanmoedig om as Christen te LEEF in elkeen se unieke lewensruimte.  Sal dit nie ‘n groter veranderende effek op die wêreld hê nie?  Hoekom kan lidmate byv nie verduidelik waarin hulle glo as hulle by die werk-plek of deur hul kinders gekonfronteer word met etiese kwessies soos aborsie, homoseksualisme, of toe die opstandings-debat so fel in die media gevoer is nie.  Omdat hulle nie toegerus is daarvoor nie maar net toegerus is vir die kerklike aktiwiteite/bediening.
“Maar ons doen niks aan die wêreld daarbuite nie” – presies, omdat ons bedieninge te veel gemik is op die kerklike aktiwiteite; te veel na binne gerig is.  Want ‘n lewende gemeente (lewende i.t.v. bedienings) is mos ‘n goeie gemeente en dan dink die ds hulle het ‘n suksesvolle bediening.
My gesin kom eerste
Hier verskil ek heeltemaal van jou.  Ek glo regtig dat my gesin eerste kom.  As ek kyk
hoe Deut 6 en die OT verhale daarop gemik was om die geloofsoordrag oor te vertel van geslag tot geslag,
hoe Jos 6 se ek en my huis
hoe belangrik die gesinstruktuur is
die verbond
Eff 5 oor hoe ek my vrou met lief he en koester, en my kinders
ens.
dan is my gesin inderdaad heel eersste prioriteite.  Jy noem dit individualisme, ek noem dit realitiet nadat ek al 20+ jare getroud is en besef (meer dikwels geskrik het) watter rol ek gespeel het in die vorming van my kids se geloof en lewensuitkyk; gesien hoe lyk dit in kinders se lewe waar dit NIE so was nie; gesien het hoe lyk afwesige pa’s (en deesdae ma’s ook) se kinders.  Wat help dit ek lei 10,000 lidmate tot bekering en geloofsvolwassenheid maar my kinders ken nie die Here nie; of kan nie getuig van ‘n gesinslewe en emosionele “tevredenheid” nie.  Het jy al Bruce Wilkenson se “3 Chairs” series gesien.
Sonder om “patronising” te wees, maar ek was ook daar.  As jy jonk is, net klaar geswot is, het ‘n mens hierdie idealistiese idees en planne oor gemeentes en gemeentebediening.  Maar ‘n hele paar jaar se bediening, baie werk met jongmense (dis my passie), eie ervaringe in die kerklike bediening en veral daarbuite, eie gesin en ervaringe, het my opinie gevorm en ek het nog nie genoeg teenargumente gekry om dit te wysig nie.  Ek dank en loof die Here vir dit wat ek reg gedoen het met my kids – dis 100% genade, amper per ongeluk gebeur, maar nou hoop ek om die boodskap uit te dra na ander pa’s en gesinne.  Verder pleit ek by die Here vir verdere genade en insig, vir vergifnis vir so baie wat ek nie reg gedoen het nie en wat ek nou moet herstel (wel eintlik nie ek nie, maar die Here self).  Maar ek glo die Here gaan eendag vir my vra (ok, nou nie heeltemal so nie,maar by wyse van spreuke): Wat het jy met die vrou en kinders gedoen wat ek in jou sorg toevertrou het, man van God?  Hier is sy (hulle), Vader, heilig en onberispelik.
Ek weet ek oor-vereenvoudig dalk ook, maar ek droom en dink oor ‘n gemeente wat nie eise op aktwitieite en bedienings plaas nie, maar eerder op toerusting van lidmate om by hul werk die lig en woord te wees; te waag om te sien hoe aktiwiteite / bedienings gevolge word van mense se verhouding met Jesus.  Amper Let Go, Let God.
Interressant, die Pous het in 1998 hierdie gesê:
Mission clearly does not consist of and is not exhausted in mere organizational activity, but is closely connected with the universal vocation to holiness (cf. Redemptoris missio, n. 90). …. They are called to an intimate relationship with God who is love (cf. Vita consecrata, n. 84).  (my beklemtoning)
Seën in Christus
In onse liewe land is daar ‘n tipe strik wat soos ‘n spinnerak veral die bourgeois – die (wit Afrikaner) middelklas – vasbind en tot onbeweeg bring. Mens noem dit dogma. Dit was nog altyd in die kerkgeskiedenis so – van die vroegste tye af. Deesdae is dit egter gekoppel met nog ‘n gevaarliker konsep – indiwidualisme. Ons as Christene het vergeet dat ons onsself tot ‘n groter ideaal verbind. Dit beteken dat dit toe nou nie oor ons gaan nie.
Die twee konsepte saam lei tot, byvoorbeeld:
1. Dis mos nie sonde om ryk te wees nie. (Maak nie saak hoeveel mense ek uitbyt in die proses nie.)
2. My gesin kom eerste. (Selfs bo dit wat dit van my verwag om ‘n volgeling van Christus te wees.)
3. ‘n Algemene stagnasie in kerke, aangesien ons almal besig is om by selgroepe te ‘groei’. (Maar ons doen niks in die regte wêreld daar buite nie.)
Dalk is ek vanoggend te sinies.
Waarmee sal ons predikante vergelyk?
Miskien met ‘n brandende fakkel, wat almal wat in hul teenwoordigheid kom, skoonbrand en hul sondes wegneem. Of, altans, dis wat mense wil hê predikante moet dink. Rondom elke predikant is daar ‘n stukkie heiligheid wat almal so rein maak as hul in die predikant se teenwoordigheid kom. Skoon bedees, so asof die dominee hul gewete is.
Daarom dat predikante so beskermd is. Sulke sagte dominee-handjies en dominee-hartjies het. Verskans teen die wêreld. Is daar regtig ‘n wêreld daar buite hierdie skuiling?
Dit sny twee kante toe. Vir predikante beteken dit dat hulle bietjie moet uitgaan. Dalk ‘n dop drink. Dalk ‘n ander werk kry. Dalk ‘n bietjie Fokofpolisiekar luister. Toe NG Weltevrede so ‘n ruk terug ‘n predikantepos adverteer, was een van hul vereistes dat die kandidaat twee mense wat nie in Christus glo nie, as referente moet bysit. Dit het ‘n hele paar ouens vir die pos gediskwalifiseer.
Dit beteken egter ook dat amal wat nie predikante is nie moet stop om so op te tree teenoor dominees. HOU OP DAARMEE! Hê bietjie genoeg integriteit om voor die predikant ook jou sê te sê en jou ding te doen. Miskien moet die protestantse tradisie weer bieg as ‘n sakrament erken, sodat die predikante ten minste kan hoor wat vang die mense in die gemeente aan. Dit is nog altyd die mense wat regtig eerlik is wat vir mens die meeste leer.
Na alles is dominees eintlik maar flou kersies wat vergeefs in die wind flikker. Sodra die skadu’s die kudde versluier, neem die regte wêreld oor.
Deur my motorvenster sien ek hoe ‘n voetganger doodluiters oor die pad stap. Ek verwonder my eers vir ‘n ruk dat ek deur die venster kan sien – ek is nou nie die wêreld se getrouste motorwasser nie. Dan kyk ek verby my eerste gedagtes en sien hoe ‘n meisie (was dit in ‘n Clio?) amper die voetganger disnis ry. Dis by ‘n verkeerslig. Die arme ou het net in ‘n reguit lyn oor die pad gestap om by die oorkant uit te kom. Dit was, inderdaad, sy volle reg as padgebruiker. Die meisie wou draai, maar die voetganger het na haar sin nie vinnig genoeg geloop nie. Sy ruk haarself op en swaai vervaard haar hand na die voetganger terwyl sy binne haar motor sit en swets.
Hoekom tree mense so op as hulle in ‘n motor klim? Dis asof hulle hele houding verander. Dalk is hierdie meisie met die Clio (of watse klein tjor dit ookal was – hulle almal lyk vir my maar dieselfde) een van die “gaafste mense wat jy ooit sal ken!” My vermoede is dat dit te make het met die onderskeid wat ons tref tussen die private en publieke sfere. Tuis kan jy mos maak soos wat jy wil – dis jou huis, en elke haan kraai koning op sy eie mishoop. Dis ‘n private sfeer. Wanneer mens egter in die publiek is – byvoorbeeld, in ‘n winkelsentrum – dan moet jy jouself gedra. Die belange van die ander een – wat jou kan sien – word nou op die voorgrond gestel.
Mense beskou motors, sonder dat hulle dit besef, as deel van hierdie private sfeer. Dis asof hulle ‘n borrel van hul eie huis saam met hulle vat. Jammer dan dat baie mense se huise eintlik tempels is – tempels wat hulle vir hulleself opgerig het. Nou sit mens met ‘n klomp borreltempels op die land se paaie. Binne hierdie borrelheiligdom kan mens maak wat mens wil, want mens is mos in jou private sfeer. Daarom dat mens kan vloek en skel en tekens wys. Of in mens se neus grou. Of hardop sing. Gelukkig is daar darem nog nie te veel mense wat hulle klere in hul motors begin uittrek nie.
Padwoede is dan soos om krieket of rugby te sit en kyk en die skeidsregter uit te jou. Of erger nog, as jou bubble bars, dan raak jy de hoenders in en klim uit jou private sfeer in die publieke sfeer in om daardie padvark se nek om te draai.
Hierdie is nou my punt; die slotsom van my oordenkinge: mens moet daarna poog om dieselfde op te tree in publieke en private ruimtes. Dit is integriteit. Ek wil amper dit uitlating maak dat padwoede ‘n tipe van ‘n integriteit-termometer is: dit meet nie net hoe warm onder die kraag jy is nie, maar ook hoe jy jouself gedra as jy alleen is. Want wat almal nie altyd besef nie, is dat die vensters van jou motor dikwels ‘n eenrigting-spieël is.