Godsdiens in skole is ‘n kriminele oortreding?
Die Rapport van Sondag, 20 September 2009, berig dat prof. George Claassen van die organisasie Skepties Suid-Afrika dreig om skole hof toe te vat sou daar godsdiens in skooltyd beoefen word. Dit herinner in ‘n sekere mate aan die benadering en aksies van die bekende Britse ateïs Richard Dawkins, skrywer van die boek The God Delusion.
Indien daar uitsprake gemaak word dat die howe die saak moet besleg moet die kerk homself vergewis van die regsbeginsels wat ter sprake. Is dit ‘n kriminele oortreding as godsdienstige oefeninge by ‘n skool gefasiliteer word? Hier gaan dit dan veral oor die reg op godsdiensvryheid, die grondwetlike agtergrond daarvan en die toepassing van die reg in die verband. Die Suid Afrikaanse konteks het, afgesien van ‘n Grondwet, ook ‘n Handves van Regte waar die reg op godsdiensvryheid ter sprake kom. Binne die raamwerk van bestaande wetgewing, is die vraag dan, hoe moet daar geoordeel word oor godsdiensvryheid op skole wat deur prof. Claassen op die spits gedryf word?
Die grondwet word in ‘n demokrasie beskou as die hoogste wet en ‘n weerspieëling van die heersende waardes in die samelewing of waardes wat nagestreef word. Die Suid Afrikaanse Grondwet is sterk gebaseer op demokratiese waardes van menswaardigheid, gelykheid en vryheid. Konsekwent word daar deur die grondwet erkenning gegee aan die diversiteit van die samelewing en die inherente vryheid van burgerlike instansies soos godsdiensinstellings (artikel 15 godsdiensvryheid, artikel 18 vrye assosiasie en artikel 31 die vorming van godsdienstige en ander burgerlike verenigings).
‘n Handves van menseregte word in grondwette opgeneem en stipuleer die regte van die burgers van die land en onder watter omstandighede daardie regte beperk mag word. Dit verseker dat die grense tussen die staat en burgers gehandhaaf word. Die Suid Afrikaanse handves van regte, vervat in hoofstuk 2 van die grondwet, is in dié verband een van die uitgebreide handveste ter wêreld. Dit bevestig die klem wat die Grondwet lê op menswaardigheid, gelykheid en vryheid. Die Grondwet, spesifiek die handves van regte raak elke terrein van die samelewing, insluitende die religieuse terrein.
Die reg op godsdiensvryheid in artikel 15 van die Grondwet is uit ’n regs  oogpunt uiters belangrik vir die verhouding tussen godsdiens en die staat. Benewens artikel 15 word godsdiens in beginsel deur al die regte in die handves geraak. Die aanhef van die Grondwet verklaar: “Mag God ons mense beskerm. God seën Suid-Afrika”, dit bevat ook ander bepalings wat op godsdiensregte betrekking het: artikel 9(3) wat onbillike diskriminasie op verskeie gronde waaronder godsdiens, verbied, artikel 15(3) wat voorsiening maak vir die erkenning van godsdienstige regstelsels en huwelike, artikel 31 wat lede van godsdienstige gemeenskappe toelaat om hulle godsdiens gesamentlik te beoefen en godsdienstige verenigings te vorm, en artikels 185 en 186 wat voorsiening maak vir ’n kommissie vir die bevordering en beskerming van die regte van kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe. Daarbenewens word die reg op godsdiensvryheid in samehang met ander fundamentele regte uitgeoefen, soos die reg op menswaardigheid (artikel 10), die reg op vryheid van uitdrukking (artikel 16) en die reg op vryheid van assosiasie (artikel 18).
Soos alle ander handvesregte geld die reg op godsdiensvryheid nie absoluut nie en daarom bepaal artikel 36 dat wettige (geoorloofde) beperkings op die uitoefening van die reg geplaas mag word wat redelik en regverdigbaar is in ’n oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid. In ’n diverse samelewing moet die reg soms beperk word ten einde ander se regte te beskerm en sodoende vrede en harmonie te verseker. Wedersydse begrip, respek en verdraagsaamheid is sleutelelemente van vreedsame naasbestaan en daarom kan geen geloofsgemeenskap op godsdiensvryheid in die absolute sin aanspraak maak nie. Gewoonlik word beperkings op godsdiensvryheid geplaas om openbare orde, sedes, veiligheid en gesondheid te beskerm. Dit is veral hier wat skole, en predikante wat as gasfasiliteerders van godsdienstige oefeninge, moet aandag gee.  Sorg moet gedra word dat die regte van verskillende geloofsgemeenskappe en persone wat nie noodwendig met ‘n skool se etos en beleid saamstem nie, eerbiedig word en om daardeur verdraagsaamheid en respek vir menswaardigheid te bevorder. Godsdienstige oefeninge moet so gefasiliteer word dat dit nie die menswaardigheid, gelykheid van ander godsdienstige groeperings en die vryheid van kinders wat nie daaraan wil deel hê in gedrang bring nie.
Ten slotte: dit is duidelik dat die Grondwet die reg op godsdiensvryheid beskerm. Die reg omvat twee elemente, die reg om te glo soos ’n mens gelei word en die reg om daardie geloof uit te leef. Die reg erken die gedrag en belange waaroor die individu sowel as godsdiensinstellings ’n sfeer van vryheid geniet. Die reg lê ook ’n plig op die staat om, soos in die geval van al die ander handvesregte, daardie vryheidsfeer te erken, te respekteer en die ruimte te skep waarbinne die uitoefening van die reg kan gedy. Terwyl die beginsel van nie-inmenging deur die staat dus van krag bly, word daar ook positiewe maar onpartydige optrede van die staat verwag ter bevordering en verwesenliking van die reg. Daar word nie van die staat vereis om soos in die VSA op simplistiese wyse sy hande van godsdiens af te hou en ’n waterdigte skeiding tussen godsdiens en staat te handhaaf nie. Waar nodig, moet die staat ook beperkings op die uitlewing van godsdiensvryheid plaas om ander se belange of die openbare gesondheid, sedes en welsyn te beskerm. Sodanige beperkings moet aan die Grondwet se vereistes vir die regmatige beperking van regte getoets word. Die reg van beheerliggame van openbare skole om beleid vir godsdiensbeoefening te bepaal word verder pertinent erken in artikel 7 van die Skolewet (2003). Een van Suid-Afrika se voorste grondwetlike en opvoedkundige regskenners, prof. Rassie Malherbe van die Universiteit van Johannesburg, spreek hom as volg uit oor die saak: “Artikel 15(2) van die Grondwet en artikel 7 van die Skolewet verduidelik presies wat in terme van godsdiensbeoefening by skole toelaatbaar is en wat nie”. Mnr Paul Colditz van FEDSAS sowel as prof Malherbe is dit eens dat dit tyd geword het om die Nasionale Beleid oor Godsdiens en Onderwys in die hof te toets sodat die kwessie finaal afgehandel kan word.
Gustav Claassen
Vir meer as 20  jaar al ontvang ek en Hestelle gaste tydens die blommeseisoen.  Die  meeste van hierdie gaste vergeet jy sommer as hulle die werf uitry, maar dan is daar enkeles wat so ‘n indruk op jou maak, dat jy hulle nog steeds onthou en wonder wat van hulle geword het.  So ‘n geval was Peter van Pietermaritzburg in Natal.
Dit was laat agtermiddag toe hulle voor die deur stop.  ‘n Lang, lenige man, met ‘n poniestert wat op sy rug hang, het uitgeklim. Met my vooropgestelde waarneming en veroordeling van ‘wie en wat klim vandag by ons af?’, het ek hom stadig tegemoetgeloop. Toe ek die lang, grys vasgebinde hare sien, sê ek vir myself:  “Jy’s seker ‘n Ingelsman.  As ek jou hare losmaak en jou aan jou voete vat, sal jy darem lekker die werf skoonsleep.”    Hy het soos ‘n jintelman sy vrou se deur oopgemaak, asook hulle passasier s’n.    Vrees dat hy rou Engels was, het my beetgepak, want ek het ‘n lang en ongemaklike aand sien kom, waar ek weer Ingelse woorde moet soek om die geselskap aan die gang te hou.
Groot was my ontnugtering toe hy my hand stewig vasvat en ek in die sagste, liefdevolste oë kyk wat ek nog ooit in ‘n man gesien het.  Dis asof daar ‘n warmte uit hom straal toe hy sê:  “Mnr. Engelbrecht, dis werklik ‘n voorreg om julle te ontmoet.”   Nadat ons almal gegroet het, stap ek as verligte man huis toe, maar die Rooitaal se klanke ontglip nie my waaksame ore nie.
Na ete het ons godsdiens gehou en toe ek “amen” sê, toe trek Peter los en begin sing.  Sy vrou en hulle vriendin begin in stemme saamsing dat ek hoendervleis kry.   Dis of die tyd stilstaan en jy alles wil indrink wat rondom die tafel gebeur.  Dit was so aandoenlik, dat toe hulle later ophou, ek en Hestelle hulle versoek het om aan te hou.  Terwyl hulle sing, het hul gesigte dankbaar en blymoedig gestraal.  Dit was die eerste keer dat Engels my nie gepla het nie, want dit was aangrypend.
Nadat ons tee gedrink het, het hulle openlik begin getuig.  Peter het vertel van hulle boerdery in Natal en van sy pragtige mooi beeste waarmee hulle geboer het.  Hy het ‘n Limousinstoet gehad – van die beste in Natal.  Die boere het van heinde en verre gekom om bulle by hom te kom koop.  Die beeste het op aangeplante weiding geloop en was altyd blinkvet.  Hulle boerdery het gefloreer.
Rondom hulle was ‘n groot plantasie wat soos ‘n perdeskoen om hulle plaas gelê het.  Een middag, terwyl hulle aan tafel sit, het hy die veraf gerammel van donderweer gehoor, maar hulle was daaraan gewoond.  Skielik het die telefoon gelui.  Dit was sy buurman.  “Peter, die donderweer het die plantasie aan die brand geslaan en die wind is baie sterk.  Wees op julle hoede – dit brand af in julle rigting.”  Peter het op die stoep van hul grasdakwoning uitgestap en die donker rookwolke in die verte gesien.   Hy het onmiddelik almal per radio laat weet.  Op die stoep het hy en sy vrou die vlamme en die donker rookmassa staan en dophou, terwyl hulle hoor hoe hulle beeste bulk en voor die vlamme probeer uitvlug.  Die vlammesee het al wyer uitgekring en hul beeste teen die grensdraad vasgekeer.  ‘n Paar groot beeste het waansinnig deur die draad gebars en gevlug, maar die meeste is deur die rook oorval en het doodgebrand.
Hulle kon reeds die geweldige hitte voel en die vlamme was al ‘n paar honderd meter van hul imposante woning af.   Peter en sy vrou het gebid dat die wind moet draai, maar daar was nog net ‘n paar minute oor.  Hulle het elkeen inderhaas  in ‘n voertuig gespring en gevlug sonder dat hulle enigiets uit die huis kon red.
Twee ure later het hulle teruggekeer, terwyl ‘n paar balke nog gesmeul en net die swart mure gestaan het.  Die skok was so groot, dat hy en sy vrou mekaar net kon vashou, terwul die halfgebrande beeste aanhoudend in die verte bulk.  Hulle het huilend tussen die swart mure deurgeloop met die hoop dat iewers iets kosbaars behpue gebly het.
Toe hulle gebroke na hulle voertuie terugstap, het hulle vir mekaar gesê:  “Ons het binne ‘n paar uur alles wat ons besit en deur die jare bymekaargemaak het, verloor, maar die vlamme kon nie die liefde wat ons vir ons Hemelse Vader het, wegbrand nie.”
Ek het asof gehipnotiseerd na hierdie hartseer verhaal geluister en vir myself gevra:  “Hoe sal ék optree as ek van alles gestroop word?”   Dit het my diep laat nadink  Ons is geneig om alles wat ons bymekaar gemaak het, ons eie te noem. Dit het my net weer laat besef dat alles maar net aan ons geleen is.
Ek ontmoet vanaand ‘n paar vriende in Menlyn vir ‘n fliek. Ons herken ons vriende eers nie, want sien hulle net van agter af, en die girls wat daar by hulle staan ken ons glad nie. Maar nou ja, ons het hulle lanklaas gesien, so dalk is die girls nuwe vriende wat ons nog nie ontmoet het nie. Ons staan nader en groet. Heel vriende stel die jong dametjies hulleself aan ons voor.
Die eerste sin na die name was “you are the people we were praying to meet“. Onwillekeurig reageer my brein met “ek weet nie waarvoor julle gebid het nie, maar ek is seker dit was nie vir my nie“. Die volgende sin, net nadat ek myself bedwing het om my gedagtes tot woorde te bring? “It’s always strange how people react when we start talking about the Lord“. “Wat het my vriende aangevang?! Wie is die vreemde mense met wie hulle kuier?“
My vriende like ook nie baie hierdie mense wat jou so geestelik kom betas nie, en dan maak hulle my die verantwoordelike om hierdie tipe ongemaklike situasietjies te hanteer, deur publiek te maak dat hier tans ‘n dominee in die groep is. Die opgewondenheid onder die jonge dames was geen geheim nie. ‘n Dominee! Mensdom, hoekom kan my vriende nie in suke gevalle byvoeg dat hierdie dominee reeds getroud is nie!
Volgende ding is ons word na hulle bybelstudie toe genooi. Ek moet sê, dit was ‘n eerste vir my. Ek het gedog die feit dat ek ‘n ds. titel het (wat ek nooit gebruik nie) vrywaar my daarvan om na random bybelstudiegroepies genooi te word, maar niks sal hierdie evangeliste stop nie! Hulle sal sommer die ander kerk se dominee try convert dit lyk my. Op daai punt kon ek myself nie meer inhou nie:
You really don’t want to invite me to your biblestudy group.
No, we like people who ask a lot of questions.
Really, you don’t want to invite my to your biblestudy group (emphasized by one of my friends telling them that this isn’t a good idea).
We really like people who ask a lot of questions.
Hulle het nommer uitgeruil met my een vriend. En ek wonder nogals of ek nie dalk tog by hulle bybelstudie moet instap met my Griekse Bybel en ‘n kopie van die boek oor Nuwe Testament eksegese wat ek vandag gekoop het nie. Iets wat ek nooit sal doen in my eie gemeente nie, waar ons saam lees, en saam teologiseer. Maar vanaand voel ek violated.
Ek voel geestelik betas.
Hierdie mense ken my nie, weet nie wie ek is nie, ken nie my storie nie. Maar hulle aanvaar dat ek hulle vorm van geestelikheid moet deel, en aanvaar dat hulle maar aan my mag vat met hulle weergawe van die wie die spirituele wese wat ons God noem is, en hulle aanvaar dat ek fine moet wees daarmee. Ek voel vanaand violated.
Die laaste paar weke was daar ‘n hewige debat oor godsdiensonderrig op skool. Hierdie omstredenheid is veroorsaak deur Prof. George Claasen wat eers gedreig het om skole wat steeds godsdiensonderrig gee hof toe te sleep maar toe sy veldtog laat vaar het.
Ek het ook met groot belangstelling die debat gevolg op Bierpens se webjoernaal Kekkel op die Plaas. Het Christene werklik die reg om godsdiensonderrig op skool te gee? Moet ouers dit nie eerder self doen nie? Verseker stem ek saam met die stelling dat dit allereers die ouers se plig is om hulle kinders reg op te voed volgens die Woord. Daar moet egter ook ter wille van stabiliteit ook ‘n vorm van godsdiensonderrig op skool wees om die grondslag wat die ouers gelê het te versterk.
Die tweede vraag wat tydens hierdie debat opgekom het het gehandel oor wie nou verantwoordelikheid vir ons kinders se godsdiensonderrig moet aanvaar. Moet die regering dit doen? Beslis nie. Die kommunistiese ANC-regime kan onder geen omstandighede met hierdie taak toevertrou word nie. Al wat ons wel van die regering vra is dat hulle alle geloofsgemeenskappe die reg moet gee om self te kan besluit watter geloof of godsdiens hulle in hulle skole wil leer soos wat dit altyd die geval was. Verder moet kerke, gemeenskappe en beheerrade en ouerkomitees by skole self hierdie verantwoordelikheid opneem oor hoe godsdiensonderrig prakties toegepas gaan word.
Verder moet Godsdiensonderrig gegee word deur mense wat vir die taak toegerus is en wat self seker van hulle geloof is. As die onderwyser of onderwyseres self verward is, moet hulle nie godsdiensonderrig gee nie.
Hierdie debat is nog lank nie verby nie. Ons sal nog ‘n lang paadjie moet stap om die regte oplossing vir hierdie dilemma te kry.
Ek voel myself tog verplig om ‘n konstruktiewe voorstel te probeer maak vir die hele godsdiens-in-skole gesprek wat op die oomblik aangaan. Ek het natuurlik persoonlike belang by hierdie saak. Ek is ‘n teoloog, en ‘n jeug-predikant. My vriende range van agnostici, ateïste, en verskeie vorme van Christene. My vriende is nou in hulle 20’s, en beide ek en hulle gaan oor 10/15 jaar kinders in skole van ons land hê, want vir basicly al my vriende is waai uit hierdie land nie ‘n opsie nie.
Ek wil vanuit my teologiese agtergrond ‘n bydrae maak. Dit is moontlik dat die voorstel op plekke met die huidige grondwet kan clash, ek is nie ‘n kenner van die grondwet nie, maar weet dat die grondwet verdraagsaamheid tussen mense wil aanmoedig, en ek dink dit vereis ‘n bepaalde teologiese kyk – dus impliseer ek dat sekere teologiese vooronderstellings tot onverdraagsaamheid sal lei. Sou dit met die grondwet clash dink ek grondwet, teologie, en menigte ander rolspelers sal moet saam gesels om te soek vir ‘n benadering wat in ‘n publieke ruimte sal werk.
Binne die huidige gesprek dink ek Dan Dennett se argument by 2006 se TED kan ons help met konstruktiewe gesprek. Kyk daarna, want die res van die post gaan daarop voortbou. Onder is net die gedeelte van die talk waarna ek hier wil verwys, maar die hele talk kan hier afgelaai word.
<object width='425' height='350'><param name='movie' value='http://www.youtube.com/v/AUoGAnm46Is&rel=1&fs=1&showsearch=0&hd=0' /><param name='allowfullscreen' value='true' /><param name='wmode' value='transparent' /><embed src='http://www.youtube.com/v/AUoGAnm46Is&rel=1&fs=1&showsearch=0&hd=0' type='application/x-shockwave-flash' allowfullscreen='true' width='425' height='350' wmode='transparent'></embed></object>
Nelus Niemandt het op my vorige post gereageer op facebook met die opmerking:
Die vraag is dalk of enige skool hoegenaamd van opvoeding kan praat en opvoed in die ware, holistiese sin van die woord, as godsdiens weggewens word? Selfs ‘n keuse om te swyg of vir atiesme is ‘n godsdienstige keuse. Hoe sou skole lyk as daar baie en respekvol oor godsdiens gepraat word?
Om godsdiens uit skole te wil verban ontken die feit dat godsdiens inherent deel van ons samelewing is. Dit is ‘n mag wat tot van die grootste humanitêre werk wat aan die gang is ingespan kan word, en ‘n mag wat tot ongelooflike geweld ingespan kan word. Dit vorm etiek, en word met tye gebruik om onetiese gedrag te regverdig. Godsdiens bly steeds ‘n bepalende faktor in die wêreldgeskiedenis, en ook in die geskiedenis van samelewings, en die meerderheid van individue.
Die moeilikheid met Dennette se voorstel is natuurlik die optimisme oor feite. Wie bepaal die feite? Watter feite? Dit gaan ‘n ongelooflike komplekse kurrikulum wees om aanmekaar te sit, maar ek dink ‘n uiters noodsaaklike een. As teoloog, en jeug-predikant, sal ek nog verdere redes wil byvoeg. Eerstens op grond van die ongelooflike hoeveelheid vrae wat onder jongmense bestaan oor verskillende godsdienste. As skole nie hierdie taak gaan opneem om jongmense ‘n prentjie te gee van hoe die wêreld van die godsdienste lyk nie, dan moet die kerk definitief ernstig daaraan begin aandag gee. Tweedens het die kerk uit sy eie geskiedenis die belangrikheid geleer van konstruktiewe gesprek met hulle van ander godsdienstige agtergronde: ons mag nie die onverdraagsaamheid tussen godsdiente, of tussen godsdienstiges en nie-godsdienstiges aanblaas nie, ons moet groter begrip kweek, sonder om verskille te relativeer.
Die kompleksiteit in ag geneem, en ook die feit dat so ‘n kurrikulum noodsaaklik is, wil ek nog ‘n voorstel maak. Eerstens dat ons nie net die verhale/feite van verskillende godsdienste moet leer vir kinders nie, maar ook op een of ander manier, dalk later in die kurrikulum, algemene inligting oor paradigmas (Thomas Kuhn) of wêreldbeelde vir kinders sal gee. Die gevaar van totaliserende ideologieë moet vir hulle geleer word, en ook hoe vooronderstellings funksioneer.
Binne ons skool sisteem moet ons dan besef dat elke onderwyser nie anders kan as om sy/haar eie keuse rondom geloofsoortuiging in die klas indra. Ouers van ‘n skool kies die algemene approach van die skool, maar kan nie ‘n enkele onderwyser in enige geloofsoortuiging in forseer nie. Alle kinders leer dus van alle godsdienste, maar gaan ook hoor hoe verskillende onderwysers keuses maak binne hierdie wêreld van godsdienstigheid/nie-godsdienstigheid. As ek kan aansluit by ‘n argument op ‘n ander blog van my rondom hoe ons teologie moet funksioneer: ons moet kinders help om self-krities te kan funksioneer, om die voorlopigheid van hulle eie standpunt (hetsy godsdienstig of nie-godsdienstig) te verstaan, maar om tog met volle oortuiging te kan kies vir ‘n verstaan van geloof/ongeloof wat hulle kan help om nie net sin te maak van hulle wêreld nie, maar ook om van hierdie wêreld ‘n beter plek te maak. Onderwysers moet nie minder oor godsdiens, en selfs hulle eie oortuigings, praat nie, maar leer hoe om op ‘n respekvolle wyse aan die publieke gesprek oor godsdiens, en tussen godsdienste, deel te neem, en ‘n voorbeeld wees vir ons kinders.
Idealisties? Moontlik. Maar ek sal graag hierdie pad saam met onderwysers wil stap, waar ons hulle kan help om gesond te ontwikkel, en dan meer van hulleself in die klas weg te gee, nie minder nie.
George. Ons ken mekaar nie. Ek kan ook nie onthou wanneer ek die eerste keer iets van jou gelees het nie, maar ek onthou wel dat jou naam oor die algemeen positiewe herinnerings oproep. Toe ek Sondag die Rapport opskrifte sien, was ek uit die aars van my agtergrond, opleiding en beroep geïnteresseerd om te hoor waaroor dit gaan. Toe ek die artikel lees was ek… ek weet nie, ek dink ek was kwaad, met ek “agge nee” gevoel daarmee saam. Ek was aanvanklik maar half skepties gewees, ek glo jy sal bly wees om dit te hoor, want Rapport het nou nie juis ‘n track record van ongelooflike beriggewing nie, hulle het mos maar ‘n manier om dinge bietjie met sensasie te belaai jy weet. So ek het jou blog gaan lees.
Ek moet begin deur te sê ek voel jou pyn. Ek het nie kinders nie, maar daar is wel baie kinders in my gemeente, en ek gesels graag met hulle. Ek raak bekommerd as ek van die teologiese uitsprake hoor wat hulle maak, ek raak baie bekommerd as ek iets optel van die hermeneutiese bril waarmee hulle na die Bybel kyk. Ek dink dit is gevaarlik. En ek vermoed dat die CSV’s by die skole, dalk selfs onderwysers, moontlik kan bydrae daartoe. Jy sien, as teoloog is ek geskool in histories kritiese eksegese, en sekere vorme van ‘n postmoderne hermeneutiek. Ek het dus ‘n redelike uitgewerkte verstaan van realiteit, transendensie, “Heilige boeke” en hulle ontstaan, en hoe ons tewerk moet gaan met antieke bronne om betekenis in ‘n post-moderne wêreld te vind. Ek lei af dat jy self redelike goed deurdagte idees het op bogenoemde sake. En verstaan jou ongemak wanneer mense daarvan verskil.
Baie van die goed wat jy noem laat my baie ongemaklik. Wanneer godsdienstige rituele na publieke ruimtes geneem word waar dit duidelik kan word wie nie daaraan deelneem nie, is ek nie net ongemaklik a.g.v my agtergrond in Etiek en respek vir Menseregte nie, maar is ek ook as teoloog ongemaklik, omdat ek dink sulke praktyke uit ‘n Konstantynse kerkverstaan kom wat die teologie ernstige vrae oor moet begin vra. Dit verwys nou spesifiek na jou ongemak met die gebeure in laerskool Stellenbosch se “Jesus-week”.
Maar tog voel ek heel ongemaklik met wat ek lees, en, ek moet erken, met tye selfs kwaad. Dalk moet ek by die kwaad begin. Ek verstaan jou dalk verkeerd, en sal dit dan graag wil weet, maar dit voel vir my of jy alle godsdiens oor dieselfde kam skeer. Dit voel of die kompleksiteit van verskillende godsbeelde, wêreldbeelde, en hermeneutiese raamwerke geïgnoreer word, en die wêreld in twee kampe verdeel word: Die godsdienstiges en die ateïste. Dan skuif die argument mos na die openbare uitleef van geloof . En as ek jou nou reg verstaan het, dan raak ek heel ongemaklik.
Dalk is die ding dat ek baie meer holisties kyk na onderwysers. Hulle is nie masjiene wat feite oordra nie. Hulle is mense met spesifieke idees rondom hoe die wêreld lyk en werk, wat belangrik is, etiek, godsdiens, transendensie, geloof, kultuur, ‘n verstaan van die geskiedenis vna Suid Afrika. Al hierdie sake gaan uitkom. As hulle nie na “God” mag verwys nie, mag hulle dan ook nie na enige Utilitarian etiese argumente verwys nie? Ek bedoel, daar is verskeie ouers wat immers nie met vorme van Utilitarianism gaan saamstem nie? As hulle nie mag Bybel lees nie, dan sekerlik ook nie Plato of Freud nie, siende dat beide sterk teenkanting gehad het op sekere tye, en nie een van die twee voorgeskryf word in die skool sillabus nie. Ek weet nie of dit die tipe onderwysers is wat ek soek nie. Ek dink ook nie dit was die onderwysers wat my die meeste gevorm het nie. Nee, die onderwysers wat my die meeste gevorm het, het hulle hele wese in die klas ingedra, hulle filosofie, waardes, vooronderstellings, en was boonop mense wat gesond en gebalanseerd ontwikkel het (ons het die juffrou wat net heeltyd Bybelversies gequote het vinnig-vinnig leer ignoreer).
As die probleem spesifieke gevalle is waar godsdiens op ‘n manier gebruik word wat ander kinders manipuleer, dan sal ek jou ondersteun in hierdie saak. Ek weet steeds nie of die hof die plek is om dit te beslis nie, siende dat ek vrees dat so ‘n aksie fundamentalisme net nog verder gaan laat opvlam, maar in die saak sal ek jou ondersteun. Maar as hierdie ‘n poging is om die volledige menswees van onderwysers uit die klas te haal, sodat net die kliniese opvoedkundige oorbly, of as dit ‘n poging is om enige blootstelling aan godsdiens uit skole te haal, dan raak ek ongemaklik.
So, na ek hierdie geskryf het, en my gedagtes hopelik nou meer georden is, dalk net die vraag: Wil jy nie net bietjie meer duidelik wees nie? Is alle godsdiens in skole ‘n probleem? Is alle verwysings na God of enige vorm van transendansie deur bestuursliggame en amptelike dokumente van skole waarteen julle wil stem dikmaak? Of gaan dit oor manipulasie van kinders, wat deur godsdiens, kultuur, filosofie, ja, selfs deur die wetenskap en opvoedkunde, kan plaasvind? Is daar vir jou nog ruimte vir onderwysers om volledig mens te wees, wat hulle hele kultuur-agtergrond, etiese-agtergrond en geloofs-agtergrond deel van hulle omgang met kinders maak? Of moet dit alles by die huis gelos word wanneer die skoolgronde betreë word?
Ek het onlangs ‘n blog gelees oor praise & worship wat my nogal baie diep geraak het. (Lees meer hier) Ek het bietjie gaan dink en agter gekom dat wat hy daar gese het raakvat waarmee baie van ons worstel. Dit voel vir my asof ons goed sing wat vir ons uitgele is en ons vra net nie meer vrae daaroor nie. Dit klink altyd baie nice, maar is daar regtig ‘n dieper betekenis, ‘n meer relevante betekenis in my lewe vandag?
Kyk ek kan lekker lank oor praise & worship aangaan. Ek was self deel van daardie opset vir baie jare. Ek is nogsteeds in my gemeente se band en ek love dit nogsteeds om regtig goeie musiek te maak saam met kwaliteit musikante. Partykeer wens ek net ek kon goeie liedjies skryf wat kon pas by wat ek voel oor God op hierdie stadium van my lewe. Maar ek sal dit los vir die mense wat die talent daarvoor gekry het…
‘n Baie bekende prof wat by die fakulteit was, was leraar by die gemeente waar ek nou betrokke is. Hy het ‘n liedjie geskryf wat die gemeente nou moet aanleer, sodat hulle dit kan sing wanneer hy nou weer daar preek. Nou, dis ‘n baie nice liedjie en alles. Goeie melodie en for the most part heel oraait lirieke. Maar in 1 van die verse se hy ‘ons glo in die hel…’ Nie so goeie idee wanneer dit ‘n kwessie is wat lekker gedebatteer word nie.
Dit het my weer laat dink aan ‘n kleingroep gesprek wat ek gehad het verlede week rondom die hemel en hoekom ons daarin glo en is daar ‘n hemel ens. Hoe baie Christene maak hierdie twee aspekte die middelpunt van hulle geloof? Dis skrikwekkend.
Ek gaan nie my persoonlike menings hierop uitbrei nie. Vir nou is ek heel gemaklik daarmee om te se, ek weet nie. Maar wat ek wel weet, is dat daar soveel meer is tot ons geloof. Nie net waarnatoe jy oppad is nie. Ek wil in die ‘nou’ leef waar ek ‘n verskil kan maak in jan-alleman se lewe met God wat my lei in hierdie stryd. Om verhoudings op te bou en Jesus se liefde uit te leef.
As ‘n ateis wil ek graag sê dat ek die gevoel van bevryding van die kerk soos wat Vlam hier beskryf ook ervaar het.  Tog respekteer ek die kerk want die Christelike kerk het die grondslag van die Westerse beskawing gelê, of ons dit nou wil erken of nie.  Ek dink dat feitlik elke morele vordering wat in die Weste gemaak is, se wortels in die Christendom lê.
Dinge soos eerlikheid en integriteit in die openbare en besigheidslewe, en dinge soos die beindiging van slawerny.  Die Kerk het verder ook die universiteite waar van die grootste wetenskaplike ondekkings gemaak is, begin, en sommige van die mooiste musiek en kuns wat bestaan, kom uit die Christelike tradisie.
So ek kan nie anders as om die kerk te respekteer nie.
Die een ding wat ek sukkel om te respekteer  (jammer hoor), is die “persoonlike verhouding met God” – mode.  Ek dink dit behels die volgende:
Jy (en ek bedoel nou nie enige iemand spesifiek nie) wil ‘n moderne verbruikerslewe ly, jy wil doen wat jy wil, geen pligte jeens die samelewing hê nie, en net   emosie-belaaide gesprekke met God in jou binnekamer hê, hoofsaaklik oor jou persoonlike behoeftes.
Of, as jy wel vrywillige aksies in die samelewing opneem, byvoorbeeld sendingwerk, gaan dit net oor hoe daardie aktiwiteite jou laat voel.   Die oomblik dat hierdie dinge jou nie meer goed laat voel nie, gaan jy dit los soos ‘n warm patat.
En op grond van die feit dat jy hierdie persoonlike gevoelsverhouding met God het, voel jy dat eendag wanneer jou moderne verbruikerslewe tot ‘n einde kom, jy probleemloos die hemel sal inseil want jy het mos geglo.  Ek dink hierdie soort Godsdiens se diepste aard en wese is ‘n ontkenning daarvan dat dit ‘n moerse probleem is om ‘n krasse verbruikerslewe te lewe ten aanskoue van mense wat nie eers ‘n dak oor hulle koppe het nie.
Wel, ek dink jou kinders gaan die oorbodigheid van jou persoonlike verhouding met God insien.  Jy is dalk die laaste Christen van jou familie – die een wat ‘n tradisie van ‘n duisend of meer jaar beindig, ten gunste van ‘n lewe in diens van die Mall.  Jou kinders gaan net die selfsug en selfbeheptheid van die moderne verbruikerslewe aanneem, en wegdoen met jou lui binnekamer-vroomheid.  En stadig gaan die selfsug van die verbruikerslewe alles wat standhoudend in die samelewing is, wegkalwe, tot mense mekaar oor besittings om die lewe bring.  (Of wag, in Suid-Afrika gebeur dit mos alreeds).
So ek wil jou graag uitdaag.  Kies die Christenskap van die kerk, of as dit nie jou ding is nie, word eerder ‘n eerlike ateis wat nadink oor die dilemmas van ons tyd.  Wat moet die  Christendom se plek neem in mense se morele raamwerk?   Daar moet wraggies iets beter wees as net  Englishness en ‘n verbruikerslewe.
Nota:  My standpunt is baie beinvloed deur Johann Rossouw se boek ‘n Rooi Z4 en ‘n Renaissance-kasteel - seker die insiggewendste Afrikaanse boek van ons tyd.   Hy is egter nie ‘n ateis nie, hy skryf uit ‘n  Christelike perspektief.
Ek en Cobus en ‘n paar ander het laas jaar begin eksperimenteer met kampe sonder ‘n vaste leier en programme. Okay, die leierlose-ding is seker nie heeltemal so feasable nie, maar die programlose-ding wel. Gaan lees op sy blog oor 20something en Open Space vir al daai details.
Vroeg vanjaar wou ek, soos dit ‘n goeie jeugwerker betaam, ‘n avontuurkamp vir die tieners in ons gemeente hou. Ons datums het geclash met die rugbyweek en die ding het deur die mat geval. Dit sou seker ‘n goeie kamp gewees het, met al die verpligte aktiwiteite oos abseil en laetoubane en al die goed wat ons ken. Ek het nie pyne met dit nie, ek like dit! Maar die ding het net nie op daardie stadium, in April, uitgewerk nie.
So toe ons nou weer begin praat in die rigting van ‘n kamp, het die tieners my baie duidelik laat verstaan dat ons nie te veel aktiwiteite moet inwerk nie. Ek is in elk geval al lankal op die Ervaringsleer-band wagon, so ek het in anyway nie lesings in my kop gehad oor die 15 Goeie Geestelike Grondbeginsels of die Eskatologiese verstaan van Openbaring 11-18 met die wegraping as fokus nie. Wie is nou lus om op ‘n perfekte Saterdagoggend na ‘n boring lesing te luister as jy in ‘n rivier kan gaan swem?!
So tref ons toe ons reelings en so is Chillax-kamp gebore (waar jy kan “Chill” en “relax”). Die doel van die kamp: ontspan, rus, kuier, speel! Die reels van die kamp: alles is opsioneel – van opstaantyd tot deelname tot etes tot stort (alhoewel die meeste die laaste een as ‘n ongeskrewe verpligting hanteer het, gelukkig!). Al wat vooraf vas op die program was, was die Vrydagaand se lanternbekruip – wat ook opsioneel was.
En dis presies wat gebeur het! Ons het Vrydagmiddag by Matatane River Lodge aangekom, Wykie Swanepoel-hulle se pragtige plek en byna onmiddellik afgesuiker rivier toe. Asemrowend! Ja, dit het nog nie baie gereen nie, so die rivier was nie vol nie, maar die kranse en die bosveld en die water het dit prentjiemooi gemaak. En ons het dadelik begin speel! Wat ‘n plesier, wat ‘n voorreg om saam met sulke mooi jong lewenslustige tieners te kan jol en mekaar te kan duik en in die water te kere te gaan!
Ons is teen sononder terug kampterrein toe. Geen vaste etenstyd nie, het ons ons deur ons mae laat lei na die bakke pasta wat ons die middag in Vryheid reeds gemaak het. Heerlik.
Die jonger latte het self die vuur aangesteek en die plek reggemaak vir ure se kuier rondom die gloeiende kole. Almal was gesettle, gemaklik en jy kon vir ‘n slag vergeet van skool, jou ouers, druk van jou vriende, druk om te presteer, verantwoordelikhede…net wegkom.
Later het ek sekerlik een van die snaaksste lanternbekruipe in my lewe gesien. As mense dink dat hulle minder sigbaar gaan wees op ‘n volmaanaand deur hulle klere uit te trek en in hul onderbroeke op die lantern te pounce, moet jy weet: hier kom groot sports! Bitterlik snaaks!
Later is daar Mafia gespeel en musiek geluister en gekuier en gelag en National Geographic-tipe foto’s geneem van paddas wat besig is om te paar (op ‘n kerkkamp! My magtag!). Ek weet nie hoe laat ons gaan slaap het nie.
Saterdag het ons opgestaan soos die Gees en ons lywe ons gelei het. Daar is gebrunch en na die Springbokke se toets gekyk en dit het veroorsaak dat ons natuurlik eers moes gaan kalmeer deur by die rivier en die foefieslide uit te kom – al was die pad na die foefieslide ‘n bietjie bundu-bashing.
Die aand het ons gebraai, elkeen sy eie braaipakkie, en ons het gekuier en gelag en musiek geluister en ‘n reuse handjietennis toernooi met ‘n huge sagte bal gehad.
En ons het WEER gaan lanternbekruip – ander spanne, ander spot…net soveel sports! Daar was mense wat deur die rivier se vlak water geleopard crawl het en ‘n ander ou wat besluit het om vir die res ‘n trench te bou, daarteen besluit het en homself toe daarin begrawe het sodat net sy kop uitsteek en hy die ander kan skrikmaak!
Nog rondes mafia is gespeel, baie potte skaak en eventually het almal in hul chalets uitgekom en in die bed neergeval. Ons het 4 per chalet geslaap en dit het wonderlik gewerk.
Sondagoggend moes ons egter vroeg opstaan om betyds terug in Vryheid te wees om ‘n mimiek in die erediens te doen, maar dit was al drawbac. Ons sou dalk volgende keer eerder later terug gecruise het dorp toe, dan kon ons rustiger opstaan en klaarmaak.
Wat is die punt van hierdie kampe? Om kinders te vermaak? Nee, want dit het hulle sommer self gedoen. Om geestelike waarhede oor te dra? Wel, sonder lesings – na die eerste lanternbekruip het ek hom baie ligweg gereview. Die kinders het self by die ding uitgekom dat, net soos lanternbekruip, kan jy nie kerkwees alleen doen nie. Awesome. Is die doel om verhoudings te bou? Beslis, ja! Daar was 2 ouens saam wat nie regtig deel was van ons jeuggroep voor die tyd nie, maar wat van die kinders van skool af geken het, en dit was great om hulle te sien inskakel. Ook met van die tieners wie se ander vriende ‘n bietjie meer aan die scruff kant is. Dis goed om vir hulle die opsie te kan gee dat ‘n mens jouself kan geniet sonder sigarette, drank en dagga.
Daar was twee couples op die kamp en hulle het gewys hoe gesonde Christentiener couples kan optree. Ek was nie een keer regtig bang dat hulle iewers in ‘n chalet die lakens gaan deurmekaar maak nie. Nie omdat hulle kamtig engeltjies is nie, maar omdat ek weet dis nie die soort verhoudings wat hulle het met mekaar of met my nie.
Kan programlose kerkkampe, waar ‘n mens nie een keer Bybellees nie en net bid voordat jy eet, werk? Ek dink so. Ek kon die naweek in die naam van my gemeente ‘n ruimte skep waar tieners kon ontspan en wegkom en rus en fellowship geniet, sonder om “kerkerig” of dweperig te wees.
En dit is awesome.
Ek wil nie regtig op die ou ding ingaan hoe sleg of hoe goed dit is dat dominees nie oor seks, politiek en geld preek nie. Wat my eerder begin pla is die hoeveelheid goed wat dit vir my wil voorkom ons nie eers oorweeg dat ons veronderstel is om daaroor te praat nie. Een daarvan het vanaand om die tafel uitgepop: mediese fondse en privaat hospitale.
Kom ons face dit nou maar: Privaat hospitale sê dat daar prioriteit gegee moet word aan die versorging van hulle wat kan betaal om versorg te word. Dus dat jou lewe se waarde gelyk is aan dit wat jy verdien. Mediese fondse blyk vir my die voertuig te wees wat hierdie sisteem in stand hou.
Ons lees die Bybel en ons maak oorlog as mense sou waag om op ‘n paar kritiese puntjies af te wyk van wat daar staan. Maar realiteit is dat ons huidige mediese sisteem in sy wese indruis teen wat Jesus kom leer het. Kom ek verduidelik.
Een van die goed wat nogals uniek is aan Jesus is dat hy kom praat het van God as ‘n Vader.
Jesus kom leer dat jou waarde nie bepaal word deur uiterlike dinge nie.
Jesus kom leer dat hierdie Vader almal ewe lief het, en vir almal eweveel omgee. Almal se waarde is dieselfde.
Ek volg nie die hele storie nie, maar klink my of Obama darem bietjie hierdie mediese storie aanspreek. Hoog tyd, want Amerika s’n was nog erger as ons s’n gewees. Een van my gunsteling flieks, Patch Adams, het ernstige krities teen hierdie sisteem. Ek het die fliek al baie gebruik as metafoor vir die kerk, maar dalk moet ons die absoluut eksplisiete boodskap van die fliek en van Patch Adams se lewe meer in die kerk hoor.
Ek het nie ‘n antwoord nie. Alle predikante moet aan ‘n mediese fonds behoort. Ek ook. Maar hieroor het ek nog nooit iemand hoor preek nie. Hierdie ding het ek nog amper nooit eers gehoor dat teoloë, predikante, gemeentes, enigiemand, oor praat nie. Ek het al gepreek oor geld. Ek het gepreek oor politiek kort voor die verkiesing. Op jeugkampe praat ons baie oor seks. Oor ekologie praat ons. Oor rassisme preek my kolega gereeld. Maar ek het nog nooit oor mMediese fondse en privaat hospitale gepreek nie. Ek weet ook nie wat ek sal sê nie. Ek het nog nooit iemand daaroor hoor preek nie. Ek het nog nooit eers gehoor dat iemand sê ons is veronderstel om daaroor te praak nie.
Het die Christelike Etiek iets hieroor te sê? Het die Jesus-storie iets hiervoor te sê?
Hierdie berig op IOL verwys:
A gay music teacher and organist fired by a Pretoria NG Kerk has found work again, with a different branch of the same church in the Eastern Cape, according to Sunday’s Rapport.
Johan Strydom was approached by the NG Kerk in Kareedouw after its congregation and preacher, Dr Kobus Bohnen, learnt Strydom was living in Jeffreys Bay.
In September 2008 the Moreleta Park, Pretoria NG Kerk apologised to Strydom for unfairly discriminating against him by firing him when it learnt he was in a homosexual relationship. The High Court in Pretoria also ordered the church to pay him R87 000 in damages.
Wel gedaan aan die NG Kerk Kareedouw! En gelukwense vir Johan.
As ek nou ooit op daai trip na die Oos-Kaap gaan wat ek nou al jare beplan (en aanhoudend uitstel), gaan ek vir seker kerk toe. In Kareedouw.
Ek kom hierdie afgelope week weer af op ‘n boek wat so twee jaar gelede soort-van my lewe gered het. Dit is One Step Closer – Christian Scharen. In die boek bespreek Prof Scharen U2 se verbintenis met Christelike temas en hulle/Bono se gebruik van die Bybel. Blykbaar is Bono ‘n fan van The Message – Eugene Peterson se Bybelvertaling.
Nou ek gaan nie nou ‘n boekanalise gee nie, gaan Google die goed as jy wil. Maar dit het my weer na die manne van Dublin se musiek laat luister en ek het net weer besef dis blêrrie awesome. God gebruik hulle regtig op ‘n anderster manier om met soekendes en wonderendes en ekstra-kerklikes (ek leen die term by Peterson) en twyfelendes te praat.
Ek preek Sondag uit Psalm 34 en wil U2 se Magnificent in die diens gebruik. Dit is immers ‘n loflied soos min ander. Gaan kyk op YouTube na die musiekvideo (ek is te lui om nou links in te sit!) en gaan lees die besprekings op @U2.com .
Sal later weer meer volledig oor my belewenis in hierdie verband skryf…
Dat ons hier in Suid Afrika met ‘n ernstige vlaag van fundamentalisme te doen het is ook nou nie meer ‘n geheim nie. Mens verwag dit seker in die briewekolom van die Kerkbode, amptelike koerant van die NG Kerk. Mens verwag elemente daarvan op die Dopper sinode. Mens verwag dit by Shofar en CRC, en ‘n menigte ander kerke op mushroom hier rondom ons. Maar as jy dit in die Beeld, grootste Afrikaanse dagblad in die land, lees, dan moet jy weet, dit is hier.
Die fundamentalisme kom in verskillende vorme. Daar is die calvinistiese soort, die charismatiese soort, die wegraper soort, die ek-pas-nêrens-in-nie-maar-het-al-die-antwoorde soort, die vêr-regse soort. Maar hulle almal het dit in gemeen: Hulle is Christene, die Moslem, Hindu en Joodse fundamentaliste is maar in die minderheid hier by ons, en hulle lees die Bybel.
‘n Vriendin vertel my noudiedag dat ‘n prominente Afrikaanse meisieskool die gedeelte oor evolusie uit in die matriek silabus skip. Iemand anders van ‘n laerskool waar daai hoofstuk toegestaple is. Nog een van hoe hoërskool seuns ‘n Christen onderwyser aanvat in die klas omdat sy goed “teen die Bybel” leer. Mense verlaat die geloof, en doen so onder die vooronderstelling dat die Bybel gekant teen die goeie intelek is, so asof dit dan mos algemeen aanvaar word dat die Bybel letterlik gelees moet word.
In hierdie klimaat moet daardie boek of baie vinnig weggepak word, want anders het hy die potensiaal om ongelooflike skade te verrig, of ons gaan hom bitter vinnig moet leer reg lees.
Reg lees? Ja, ek weet. Ek’s nie naïef nie, ek weet daar is nie een “regte interpretasie” van tekste nie. Maar daar is ‘n ruimte waar binne ons moet lees. En vir ‘n begin moet ons ‘n kritiese afstand tussen onsself en hierdie boek kry. Dit is iets wat die immergewilde massa-opswepende-predikers wat ons Afrikaner volkie in nuwe rigtings laat ly skynbaar nie verstaan nie. Daai boek is nie vir jou geskryf nie! Hy vertel nie van ‘n wegraping wat in jou leeftyd gaan gebeur nie, sy gesinne werk anders as joune, sy huwelike ook, sy son en maan is op ‘n ander plek as joune. Hy is nie vir jou geskryf nie. As ons dit ten minste net sal onthou verhoog die kanse dat ons hierdie boek sal kan aanhou lees sonder dat hy onherroeplike skade aan ons land aanrig aansienlik.
“Mackenzie.” Her voice now came as calm and wonderful as first he heard it. “I am only asking you to do something that you believe God does. He knows them so much deeper and clearer that you will ever know your own children. He loves each one according to his knowledge of the being of that son or daugther. You believe he will condemn most of to an eternity of torment, away from His presence and apart from His love. Is that not true?”
Dit is die woorde van Sophia, die gepersonifiseerde wysheid van die Ou Testament, in The Shack. Die woorde vat nogal raak wat ek dink die grootste probleem vir party met die hel is: Ons sukkel om in beide God en die hel te glo.
Scot McKnight het iewers Brian McLaren gequote:
How can a moral God send people to an eternity of punishment for a lifetime of sin?
Selfde storie. Dit is hierdie tipe van vrae wat agter baie van ons se ongemak met die hel lê. Dit help nogals as ons net ‘n tikkie eerlikheid het in hierdie gesprek ek dink.
Ek kan jou vertel dat die grootste deel van die Ou Testament geensins na die hemel en hel eers verwys nie, jy kan met my stry, maar ek het die tradisie aan my kant (Hand 23:6-9 – die Saduseërs verteenwoordig die antieke Jode).
Ek kan jou vertel dat die drie verdieping wêreldbeeld baie van die teologie ingekleur het, en dat ‘n direkte oorneem van konsepte na ons dag toe meer probleme as oplossings veroorsaak, en die oorspong van ateïsme is by vele.
Ek kan vir jou ‘n lang relaas afsteek oor die Griekse terme, hulle oorsprong, en ander moontlike verstane (of ek kan dalk eerder een van my vriende wat beter met die Griekse taal omgaan vra daarvoor).
Ek kan vir jou vertel dat ons idees oor die hel baie meer deur Danté se Purgetory gevorm is as deur die Bybel, maar dat gaan 10 teen een nie indruk maak nie.
Ek kan jou vertel dat die hel die laaste klompie jare moontlik meer prominent figureer in sekere kringe as wat dit nog ooit gedoen het in die geskiedenis van die kerk, maar dit sal net ‘n teorie wees.
Ons almal weet dat dit nie regtig polities korrek is om van die hel te hou nie. Maar kom ons face dit, ons almal ken mense baie op een of ander weird manier sekerheid vind in hulle refleksies oor die betekenis van die hel vir almal wat nie dieselfde as hulle glo nie. Somehow is die wêreld vol van mense wat werklik glo dat God se genade meer duidelik word as die default destination van alle mense die hel is, en hoe erger daai hel, hoe meer genadig kan hulle God uitbeeld.
Ek kan baie dinge vir jou sê. Uiteindelik is al my filosofiese en teologiese argumente oor die bestaan van die hel en wie daar gaan opeindig egter sekondêr, en moet ek eerlik wees: Primêr hou ek nie van die idee dat daar ‘n God is wat kom leer het dat ons ander mense oor en oor moet vergewe, maar wat self nie kan regkry om die grootste deel van mense te vergewe sodat hulle nie nodig het om te ween en te kners op hulle tande nie.
Hier is my suggestion: As hierdie title die eerste woorde van die Bybel was, dan was die hele  skeppings-debat heelwat eenvoudiger.
Die Bybel sou dan soos volg geloop het:
“Toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het was daar nog nie enige struike op die aarde nie en het daar ook nog nie enige groenigheid opgeskiet nie, want die Here God het dit nog nie op die aarde laat reën nie, en daar was nog nie ‘n mens om die grond te bewerk nie.”
Hierna sou die verhaal verloop het van hoe die mens geskep is, en daarna vir hom ‘n tuiste geskep is in Eden, en die riviere en diere name gekry het. En dan…
In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.
En hierna sou die tweede skeppingsverhaal gevolg het wat vertel van hoe die aarde en hemel in 5 dae gemaak is, die mens in ‘n dag, en die Sabbats-rus begin het.
Die slang was listiger as al die wilde diere wat deur die Here God gemaak is en het vir die vrou gevra: “Het God werklik gesê julle mag van geen boom in die tuin eet nie?”
Die vreemde ding is dat in al ons gesprekke, hetsy met kreationiste, in die kerk, binne die wetenskap-geloof debatte, of selfs in hoogs opgeleide teologiese gesprekke, hak ons telkemale vas by die 7-dag verhaal. Maar die verhaal wat begin met die skepping van die mens, en hoe God vir die mens, en later saam met die mens, hierdie wêreld leefbaar gemaak het, hoor ons selde. Die minder sistematiese aanslag van hierdie verhaal het skynbaar ook die effek gehad dat Aufklärung denke nie werklik daarby kon aanklank vind nie.
Ek weet nie of dit is omdat ons nie heeltyd geleer is hoe om Genesis 2 met ons wetenskap te versoen, en of dit maar net natuurlik kom a.g.v die meer aardse aanslag van die outeur van Genesis 2 nie, maar dit lyk asof Genesis 2 baie duideliker uitskreeu: “Ek is ‘n mite, ‘n storie, moet my nie try in een of ander wetenskaplike teorie inforseer nie!” en mense luister meer geneë daarna.
Elkgeval, die punt is maar net, try jou Bybel lees deur te begin by Gen 2:4b-2:25, dan 1:1-2:4a, en dan van 3:1 af, en kyk of dit nie dan anders op die oor val nie. Dit kon elkgeval netsowel so om geranskik gewees het, om die 7-dag verhaal eerste te plaas was ‘n kompromie…
Update: Hier is ‘n oorvertel van Genesis 1 wat ek so rukkie terug geskryf het. Daar is dingetjies wat ek dink ek meer aandag aan moes gee, maar van dit at least sal jy in die comments kry.
Dis nou al meer as 6 jaar vandat ek ‘n sekere tak van die grootste Christelike uitgewers maatskappy (ek dink) baie naby aan waar ek die meeste van my laaste paar jaar gebly het ontdek het. Die eerste jaar of twee het ek boeke daar gekoop. Ek moet erken dat baie daarvan ‘n mors van geld was.
Ek onthou ‘n dag hier so 3 of 4 jaar terug toe ek deur die winkel gestap het, en totaal in al moedeloos (ek dink ‘n sterker woord sou hier gepas wees) daar uitgestap het. Was dit die literatuur wat mense lees?
Deesdae stap ek steeds so once in a while deur hierdie einste tak, sommer net om te kyk wat dit is wat mense deesdae lees. Mens leer interessante goed deur na hulle top-verkoper rak te kyk. Toe oom Angus so gewild begin raak met sy Mighty Men beweging, en ‘n klompie sprekers skieliki op die manlikheid bandwagon wil klim, toe was dit vir my vreemd, want ek onthou dat hierdie manlikheid/vroulikheid goed was al hier rondom 2003/4 rond baie gewild gewees.
Nou rage die debat steeds aan oor manne en vroue, en Gretha Wiid is besig om baie eksplisiete raad vir vroue te gee oor hoe om hulle manne te manipuleer en verlei (net jammer dat sy die arme vroue so onderdruk deur vir-mans te vertel dat almal se vrouens veronderstel is om ‘n playboy-bunny met ‘n Bybel en ‘n botteltjie olie in die sak moet wees). Maar iets sê vir my die issue het verander, en dalk weet Gretha dit, dalk weet sy dit nog nie.
My laaste trippie deur hierdie boekwinkel (so paar minute terug) het reveal dat die boeke oor manlikheid en vroulikheid van die top-verkoper rakke af verdwyn het. En in hulle plek? Fireproof se boek op nommer 1. En dan nog so paar oor huwelike, verhoudings, kinders grootmaak ens. As hierdie boekwinkel se boekrak reg is, en dit kan wees, dan is die hot-topic nie meer manlikheid en vroulikheid nie, maar dan is ons huwelike in ‘n gemors, ons kinders out-of-hand, en wil ons dit actually nie hê nie.
Dis nou nie regtig nuus nie. Ek bedoel, ons egskeiding-syfer is nie ‘n geheim nie, en obviously beteken dit dat daar ten minste ‘n paar miljoen huwelike is wat nie gewerk het nie. Die koerante bulder dit gereeld uit dat kids op hulle eie mission is. En Gretha Wiid se seks… wel, dit was mos maar nog altyd ‘n hot topic. Wat my egter kry, is dat ons steeds glo dat ons huwelike gaan red as ons vrouens net meer onderdanig is, ons mans net meer koning-koning speel, en die seks net bietjie meer kinky is.
5 Jaar terug het dieselfde mense wat nou boeke koop om hulle huwelike te red boeke gekoop om hulle manlikheid en vroulikheid te herwin. Wil voorkom of hulle dit herwin het, net om agter te kom dat hulle huwelike steeds op die rotse skyn te wees. Maar steeds hou ons aan om magtige manne en worthy woman te kweek. 5 Jaar terug al (50 ook) sou enige goeie jeug dominee al vir die tieners geleer het dat seks nie ‘n huwelik maak nie, maar skynbaar is daar nog genoeg mense wat die teorie koop dat ‘n meer kinky vrou ‘n huwelik kan red…
…ek wonder wat oor 5 jaar op daai boekwinkel se top-verkoper rak gaan wees? Dalk hoe vrouens hulle onafhanklikheid van hulle demanding manne af kan terugwen? Hoe vrouens weer beheer oor hulle eie lewens kan neem? Hoe vrouens moet leer dat hulle nie seks-objekte is nie?
Okay, die titel mag dalk suggest dat die twee in hierdie post iets met mekaar uit te waai het, maar dit het nie regtig nie, behalwe dat ek die Borg-boek tydens dieselfde naweek gekoop het. Dit sal dalk later meer met mekaar te doen hê!
Ons het die afgelope naweek van 26 Julie 2009 met ‘n spul tieners hier van Vryheid af Pretoria toe geroad trip vir Retief Burger en Luidkeels se derde cd/dvd-opname, getiteld Oorgegee, te NG Moreleta Park. Wat ‘n ervaring! Behalwe vir die opname, wat uitstekend was, was dit vir my ook ‘n voorreg om saam met hierdie tieners dit te kon deel. Nie almal is op dieselfde plek geestelik nie, onviously, maar dit was vir almal iets besonders. Of so glo ek, te oordeel aan die terugvoer en stories na die tyd. Veral van die een outjie wat in die week vir my gesê het hy het nog nie heeltemal honderd persent geloofsekerheid (om nou maar die taal wat ons praat te gebruik) nie.
Die musiek was van hoogstaande gehalte, soos ek verwag het. En ou Retief beïndruk my al hoe meer. So ‘n paar jaar gelede het ons na hom geluister toe hy by ‘n predikante-winterskool so ‘n sessie oor kerkmusiek gedoen het en hy het ‘n paar goed oor die Fakulteit in Pretoria kwytgeraak wat ons op daardie stadium (midde-in die Jurie Le Roux-Dirk Human-Julian Muller-saga) glad nie goed opgeneem het nie. Dit het my ‘n bietjie skepties teenoor die man gelaat, laat ek nou maar bieg. Maar vandat ek twee jaar gelede by Luidkeels Hersien se opname was, het ek ‘n ander deuntjie begin sing (pun intended!). Toe hulle in Mei vanjaar hier in Vryheid opgetree het, het hulle my regtig oortuig van hulle integriteit en die afgelope Saterdag kon ek dus gelukkig sonder enige ugly vooroordeel geniet.
Daar was ‘n paar van die tieners wat op die laaste moes kop uittrek, of wat lankal iets anders aangehad het maar graag wou saam gaan, of wat op die end besluit het: ag, ek is nie lus nie, en later baie spyt was.
Vir my het dit egter oor meer as net die opname gegaan. Dit was die hele Road Trip-experience, want daar was mense saam wat nie eintlik in ons gemeente is nie en ander wat nie gewoonlik by ander jeug-aktiwiteite kan wees nie. Dit was lekker en spesiaal om in ‘n koue nag terug te ry Natal toe van Gauteng af en met 17-jarige seuns gesprekke te kon voer oor hoe ons ons Christenskap verstaan en watter impak die Bybel in ons lewens kan maak en doen. En om sommer net musiek te luister en grappies te vertel. En om, in die woorde van Andrew Root, sommer net “place” te “share”. Dit was cool.
Oor Marcus Borg se boek sal ek later seker in meer detail ‘n klomp goed kwytraak, maar vir eers net dit: ek het nog nie voorheen van hierdie boek gehoor nie, so ek is nie deur die titel beïnvloed nie. Okay, dis ‘n leuen, want die titel is Jesus en, wel, Jesus het my al baie beïnvloed, haha, maar ek is meer getrek deur die outeur. Ek het nog net The Heart Of Christianity deur Borg gelees, so twee jaar gelede. Dit was besonders, kom ons stel dit so. Ek het ‘n gevoel hierdie gaan ook wees. Hy pak die verskillende maniere oor hoe ons die Jesus-storie vertel netjies uit en maak ‘n mens bewus van waar jy so half en half staan, of nie staan nie, en waar jy overlap en goed. Ek sal graag dit wat hy sê, of die manier hoe hy dit beskryf aan ons tieners wil oordra. Ons taal waarmee ons oor Jesus en ons eie geloofslewe praat is só arm dat dit net goed kan wees. Want baie is al lankal oppad saam met Jesus, maar dink hulle moet nog ‘n sekere woordformule uiter om dit offisieel te maak of iets.
Ons Christene is eintlik maar ‘n weird spul. Ek meen, waar ry jy op een dag byna 900km heen en weer net om saam met iemand te sing oor Iemand wat jou lewe verander?
dit is Saterdagaand.
more preek ek weer. 2 keer.
preek maak is altyd ‘n interessante oefening. party sal vir jou sê dit is die enigste tyd wat party dominees Bybel lees. en party lees nie eens dan Bybel nie. dit is ongelukkig waar. vir party omdat hulle dink hulle het als uitgefigure, hulle het mos klaar interpreteer aan die Bybel. God het alles klaar perfek in een of ander sistematiese sisteem vir hulle gegee. Vir ander omdat die Bybel irrelevant geraak het. vir nog ander bloot net omdat hulle nie tyd kry vir nog Bybel lees ook tussen alles wat die gemeente vir hulle vra nie.
preek maak is partymaal ‘n worsteling. mens wil darem iets vir mense gee, ag toggie mense moet tog net nie daar sit en dink “o ja, hierdie storie alweer” nie, so baie keer preek ek dinge waarmee ek maar self nog worstel, nie net dinge wat ek klaar finaal uitgefigure het nie. die groot worsteling is maar altyd wat, wat sê mens, hoe praat jy oor God op ‘n manier wat verantwoordelik is en wat die realiteit van die wêreld waarbinne ons leef dag in en dag uit actually in ag neem. maar dan die ander groot worsteling: hoe: hoe sê ‘n mens die goed. eintlik wens ek mense wil net hier by my kom sit as ek preek maak, die worsteling hoor, en saam met my worstel. maar more het ek 15 minute van praat. 60 minute van sing, beleef, dink, wonder, bid, stil word. hoe gaan ek het hierdie worsteling met God daarbinne uitpak.
Elkgeval, as ek preek maak het ek ‘n preek playlist. Ek gaan hom nie nou weggee nie. Maar dit begin met hierdie woorde:
I want to preach the Word
they want massages
I check chapter and verse
they check their watches
I spy another yawn
I might as well be gone
let’s stand and say “Amen”
Newsboys; When you called my name
dit eindig meer hoopvol met
Nader my God, nader by U…
Twee mense/groepe wie se gedagtes ek moes leer waardeer: Paulus en Fokofpolisiekar.
As goeie Gereformeerde eerstejaar teologiestudent was Paulus die een Bybelskrywer wat vir my ‘n hero was. Sy argumente, sy teologie, die stories van sy lewe. Maar met tyd het die hero-worship so bietjie verminder. Dit was nie my dosente nie, die een wat die Paulus klasse aangebied het was uiteraard baie opgewonde oor vriend Paulus. Maar soos soveel ander wat ek nou al oor die jare leer ken het, het dit net vir my gevoel of my lees van Paulus nie so lekker opline met dit wat ek van Jesus gelees het in die evangelies nie. So ek het maar begin om bietjie minder Paulus te lees vir eers.
Ek was net so mooi aan die gang met die teologiese studies, nog ‘n eerstejaar wat te veel klasse gebank het, toe Fokofpolisiekar begin musiek maak het. Ek kan nie sê dit het regtig ‘n invloed op my lewe gehad nie. Tot ‘n goeie vriendin wat nie regtig ‘n kerk-mens was nie, sy het die kerk eers baie laat in haar lewe ontdek, my geleer het om hulle te luister. Van daar af luister ek hulle baie, ek luister hulle musiek om iets van die wêreld waarbinne ‘n jonger generasie, myself ingesluit, leef te verstaan. Hulle gee nie noodwendig vir my die antwoorde nie, maar hulle verwoord definitief die vrae! En realiteit is dat meeste van die kids by die kerk, ook die goeie kerk-kinders, hulle musiek ken.
Andries van Aarde se Fatherless in Galilee wat ek teen einde van 2007 gelees het, tesame met ‘n referaat oor een of ander verskriklike Griekse vertaling uit van Paulus se briewe uit wat ek gelewer so rukkie voor ek die boek gelees het, het my weer ‘n waardering vir ons vriend Paulus begin gee. Maar ek moet sê dit gaan my nog ‘n ruk vat om Paulus regtig weer te verstaan ek dink.
Paulus en Polisiekar het nogals lyk my ‘n soortgelyke kritiek op leiers:
20  Julle verdra dit as iemand julle soos slawe behandel, as iemand julle uitbuit, as iemand julle bedrieg, as iemand julle uit die hoogte behandel, as iemand julle in die gesig klap.
21  Laat my dan maar tot my skande erken dat ons vir sulke dinge te swak was! Nou praat ek soos ‘n dwaas: enigiets waarop iemand aanspraak maak om te roem, daarop kan ek ook roem.
Julle verdra dit as iemand julle soos slawe behandel, as iemand julle uitbuit, as iemand julle bedrieg, as iemand julle uit die hoogte behandel, as iemand julle in die gesig klap. Laat my dan maar tot my skande erken dat ons vir sulke dinge te swak was!
(2 Korintiërs 11:20-21, Paulus van Tarsus)
Ons kort ‘n leier, ‘n bedreër om ons op te sweep. Om vir ons rigting te kan gee.
(Die seksuele revolusie 1:36-1:50, Fokofpolisiekar van Suid Afrika)
2 Korintiërs 11-12 is van die mees sarkastiese dele in alles wat Paulus geskryf het, en hier drup dit letterlik van die sarkasme! Dis asof Paulus wil sê: “Dankie tog dat ons nie sulke goeie leiers was nie”, want die sterk leiers bedrieg mense bloot, lei hulle om die bos, kry reg om idees aan ander te verkoop wat nie waar is nie. En dit wil lyk asof mense dit dan nou juis soek, enige bedreër wat met ‘n sterk opinie en vinnige antwoorde sal kom rigting gee. Wat instaat is om mense te manipuleer om soos goeie skape almal in die regte rigting te loop. Ek raak baie bekommerd wanneer ek sien hoe onkrities die kerk inkoop op al wat ‘n leierskap-tegniek is. Dalk het ons ‘n Paulus nodig wat sal sê: “dankie tog dat ek te swak was om mense te manipuleer op die manier wat party predikante dit reggekry het”.
Nelus Niemandt, oor wie se idees ek noudiedag bietjie geblog het, skryf:
Ons het dalk minder van John Maxwell en meer van Henri Nouwen nodig.
Ek dink daar is min mense wat Paulus se idees oor leierskap wat ek in 2 Korintiërs 11 en 12 kry so goed verwoord het vir vandag as Henri Nouwen in The Wouned Healer, ons het ‘n tipe leierskap nodig wat weet hoe om oor swakheid te praat, en waaroor ons kritici nie sal sing dat leiers maar net ‘n ander vorm van bedreërs is nie.
Ek moet erken ek lees amper niks Beeld deesdae nie. Hulle “arme-wittes-wat-alewig-vermoor-word” eensydige beriggewing het my begin kry. Toe is ek Sowetan toe, maar hulle celebrity-skindernuus wat oor die afgelope weke net meer en meer geword het begin my te kry, so ek is daarvan ook af. Partymaal dink ek ek moet dalk bietjie meer Beeld lees, want ek hoor heeltyd die rumoars van ‘n godsdiens gesprek wat daar aan die gang is wat ‘n lewe van sy eie het. Maar Nelus Niemandt vra op Twitter vir gesprek n.a.v sy artikel in vandag se beeld, so ek het bietjie gaan lees.
Skuif die volgorde van Bely, Beleef, Behoort na Behoort, Beleef, Bely, skryf hy. Bely, Beleef, Behoort is die sisteem waarin hy grootgeword het. Ek dink dit is die sisteem waarin ek ook grootgeword het, alhoewel dit nooit eksplisiet gesê is nie. Ons het immers aanvaar dat jy bely, die moontlikheid dat jy nie saam bely nie is nooit eers oorweeg nie. So ook oor beleef. So ons het gepraat oor om te behoort aan hierdie kerk waarvan ons nou klaar deel is. Selfs voor ons amptelik belydenis afgelê het. Dat ons behoort deel maar heel vlak was het egter duidelik geword as enige van die vorige twee skielik gequestion word. Waag dit om te luister na daardie liberale teoloë, en ons sal dit duidelik maak dat jy nie meer behoort nie. Waag dit om bietjie rond te kuier by van daai crazy charismatics, of dalk die weird mystics, en ons maak dit baie duidelik dat jy nie meer behoort nie. Wanneer bely of beleef op die tafel gekom het, het dit altyd duidelik geword dat behoort nie eerste bestaan het nie, maar voorwaardelik tot die eerste twee was.
Nelus pleit al ‘n rukkie hiervoor, en ek waardeer dit. In sy boek Nuwe Drome, skryf hy byvoorbeeld:
As die ryk van God ‘n sokkerklub was, sou die klub oop wees om almal as lede te ontvang – kinders en grootmense, mans en vroue, beginners en ervare spelers, vurige ondersteuners en rustige bejaardes. Net mense wat sokker haat en alles wil doen om dit met boks te vervang, sal nie welkom wees nie.
Die vraag is egter, hoe lyk iemand wat sokker haat? Ek bedoel, ek kry netnou ‘n email van die Learning Community af, en op die voorblad is tans eerste Leonard Sweet en Frank Viola se Jesus Manifesto waaroor almal nou so begin rave, en so entjie onder dit goed oor Nelus se boek. As ek egter Sweet en Viola se manifesto lees, dan wil dit vir my lyk asof mense wat sokker haar hulle is wat nie saamstem met hulle ekstreme high Christology nie. As ek Sweet en Viola lees dan wil dit vir my klink of hulle die reëls klaar gemaak het, klaar besluit het wat jy moet bely, sodat jy kan behoort, en eintlik is daarbinne sommer opgesluit hoe jy moet beleef ook. Kyk en na daai bladsy dan lyk vir my my asof selfs al weet ons dat die sokkerklub teoreties oop is, is dit maar moeilik om mense lid te maak wat sokker se reëls anders verstaan as ek.
As ek Nelus reg hoor, en ek hoop ek doen, dat maak ons die klub eers oop, en dan bepaal die wat deel van die klub is saam oor tyd hoe ons bely, en partymaal op verskillende tye verskillend bely, hang af waar ons op hierdie geloofsreis is. Tony Jones het dit vir my die beste verduidelik toe hy geskryf het oor hoe die baseball community die baseball reëls oor tyd verander. Dit bly baseball, maar die reëls skuif. En wie bepaal die reëls?
Similarly, Christian orthodoxy is held in tension by you, me, the Pope and Benny Hinn — by all 2.2 billion of us. Plus, we’re also listening to the interpretations of those who’ve gone before us — the church fathers.
Dalk bly van die beste pogings om behoort eerste te plaas die van David Bosch. Gaan lees gerus bladsy 185-187 van Transforming Mission. Hy beskryf die kerk as ‘n “international hermeneutical community“, waar sokker beteken dat ons kies om oor die Bybel te praat, dit is ons oriëntasiepunt. En almal wat saam wil praat vanuit hierdie oriëntasiepunt is welkom. Sweet, Viola, Niemandt, Van Wyngaard, en wie ookal nog wil saamkom, hier behoort ons, en daarom dat ons saam kan bely oor tyd, nie andersom nie.
Ronald blog ook in reaksie op Nelus se artikel by Wurmblikkie.