Ek het al hier en daar positiewe terugvoering gekry van plaaslike mense op ons dorp wat Dare2share op ‘n gereelde basis geniet.  Wat egter swaar op my hart lê, en ek glo dit is die rede hoekom die Here die saad in my hart kom plant het om hierdie kaartspel te skryf, en dit is dat ek ‘n onwilligheid ervaar van egpare wat nie bereid is om dit saam met sy/haar maat te doen nie.  Ek is verstom wat mense as verskonings alles gebruik om te regverdig hoekom hulle dit nie kan geniet nie.  Ek haal van die verskonings aan:  “ek is ‘n introvert”; “of ek het ‘n eed afgelê dat ek nie oor my werk mag praat nie” tot selfs ons is al meer as 30 – 40 jaar getroud so dit is baie oulik vir pas getroudes maar ongelukkig is ons huwelik al verby”!  Is dit nie tragies dat mense ‘n leeftyd se bymekaar wees so kan afskiet en min ag nie!  Is dit nie juis ‘n wonderlike geleentheid om na 30 of 40 jaar van saam wees, weer moeite te doen met mekaar en uit te vind wat in jou maat se hart omgaan nie.
My ouers is bejaard. My pa is al feitlik 74 en my ma ‘n rapsie jonger.  Hulle het Dare2share begin geniet en is al verby kaartjie 70.  My pa het vir my gister baie opgewonde kom vertel dat hulle kaartjie wat hul gisteraand hanteer het gehandel het oor hul “honeymoon” en wat presies hul daarvan kan onthou.  Wat hy opgemerk het is dat dit dinge is wat hul in hul meer as 40jaar van getroud wees nog nooit met mekaar bespreek het nie, dat dit kosbare “memories” teruggebring het waaroor hul kon gesels en selfs “giggil”.  Is dit nie kosbaar nie, dink julle nie juis dit is God se plan vir elkeen van ons huwelike nie?
My vraag is vandag:  Waarmee regverdig jy dat julle nie Dare2share kan geniet nie?  Indien jy hope redes het, stel ek voor om na jou maat toe te gaan en te gaan vra:  “Het jy dalk ‘n behoefte, om uit te vind wat in my hart en lewe aangaan? “, en reageer dan daarop!
In die vorige hoofstuk het ons gekyk na die rol van die man en die vrou soos dit opgeteken staan in Genesis 2 : 4 -3:22. Die slotsom waarby ons uitgekom het is soos volg:
Die man en vrou is albei deur God geskape en hulle is as gelyke geskape.
Die man verwesenlik God die versorger van ons basiese fisiese behoeftes en daarom dien die man as konstante herinnering daaraan dat God aan ons fisiese behoeftes voorsien.
Die vrou verwesenlik God die versorger van ons emosionele behoeftes en daarom dien die vrou as konstante herinnering daaraan dat God ook aan ons emosionele behoeftes voorsien.
Die vrou is die moeder van al die mense en die feit dar sy die baarmoeder in haar dra wys daarop dat sy nie net gewer van lewe is nie, maar ook die emosionele en geestelike beskermer van die man.
Na die sondeval is die vrou onder die man aangestel.
Na die sondeval neem die man die posisie as die hoof van die huis in en daarom is hy die fisiese beskermer en die leier van die gesin.
Saam beteken Adam en Eva lewende mensdom. Die skeiding van die twee se uiteinde is altyd die dood in die vorm van die agteruitgang van ons samelewing.
In Genesis 2:24 beskryf die uiteinde van die samekoms tussen man en vrou. Daar staan geskrywe: “Daarom sal ‘n man sy vader en sy moeder verlaat en saam met sy vrou lewe en hulle sal een word.”
Maar wat beteken hierdie proses van en word? Waarom het God die huwelik tussen man en vrou ingestel? En hoe het ons so verblind geraak dat ons die counterfeit weergawe wat die wêreld ons bied met sulke oop arms verwelkom?
Reg deur die skrif en veral die boek Hooglied maak dit vir ons duidelik dat die huwelik die bloudruk is vir die tipe verhouding wat God met ons elkeen wil hê. Die huwelik is daargestel om as voorbeeld en voorbereiding te dien vir die bruilof van alle bruilofte, die wederkoms. Soos die tyd aangestap het, het mense na die huwelik begin verwys as slegs ‘n belofte, maar die skrif beskryf dit as ‘n verbond. In engels praat ons van ‘n covenant.
Dit was eers nadat ek die oorspronklike sluiting van ‘n verbond gaan navors het, dat ek die êrens van die verbond tussen mens en God en man en vrou begin verstaan het. Dit was die gebruik dat wanneer ‘n verbond tussen twee partye gesluit is dat beide die partye ‘n dier bring, die diere is dan geslag en die bloed is op die grond gestort. In die geval van ‘n huweliks verbond het die twee vaders van die man en vrou onderskeidelik, voor menigte getuies, deur die bloed gestap as teken dat die enigste uitweg uit die verbond die dood is. Sou een van die partye van die huweliks verbond die verbond breek dan sou hulle Vader wat deur die bloed gestap het, met sy lewe daarvoor betaal. God het die selfde verbond met Abraham gesluit in Genesis 15. Behalwe dat dit ‘n eensydige verbond was. Maak nie saak wie die verbond breek nie, God sou met Sy lewe daarvoor betaal. God se volk het soveel keer die verbond verbreek, en daarom moes die bloed van Jesus Christus gestort word ons weer met ons God te versoen en om sodoende ‘n nuwe verbond te sluit. Die bloed en water wat uit Jesus se sy op geloop het nadat Hy met ‘n spies deurboor is, het Hom met Sy bruid versoen.
As God bereid was om so vêr te gaan vir Sy geliefde wat soveel keer ontrou was aan Hom, dan is daar eintlik geen verskoning vir ons as gelowiges om nie ook so toegewyd aan ons huweliks maat te wees nie. Hierdie opdrag word vir my so mooi saamgevat in Efesiërs 5:21. As moderne vrou, het ek baie keer verby hierdie skrif geblaai en dit geïgnoreer omdat dit vir my maar baie ouderwets geklik het, totdat ek dit uit my nuwe perspektief gaan lees het. As ek dit in kort sou moes vertaal en dit eenvoudiger stel dan sal dit na so iets klink:
“Mans, vrouens, wees onderdanig aan mekaar uit respek en eerbied vir die groot opoffering wat Jesus Christus aan die Kruis vir ons gemaak het.
Dames, dien julle mans soos julle vir Christus dien… m.a.w. maak vir hom kos so asof jy dit vir Christus doen, wees vir hom lief sodat jy op die manier vir Christus behaag, respekteer sy besluite uit respek vir die posisie waarin Christus hom aangestel het.
Menere wees lief vir jou vrou soos Christus ons lief gehad het. Geen prys mag te hoog wees om vir haar te betaal nie, geen opoffering mag te groot wees nie, omdat Jesus bereid was om Sy lewe vir ons op te offer m.a.w. sien om na haar behoeftes soos Christus na ons behoeftes om sien, behandel haar met die selfde liefde en respek wat Christus ons mee behandel het, wees haar behulpsaam soos wat Christus ons steeds vandag behulpsaam is. “
Die wêreld het ons laat glo dat die rede vir die huwelik, ons eie persoonlike geluk en vervulling is, maar hierdie is ‘n ongelooflike selfsugtige uitkyk op die lewe. As ons eerlik na God se huwelik met Sy Bruid kyk dan kan ons sien hoekom God vir Hosea ‘n prostituut as vrou gekies het, toe Hy Hosea se huwelik as teken van Sy verhouding met Sy volk gebruik het. Die hoof doel van die huwelik is nie geluk nie, maar die verheerliking van ons Hemelse Vader en ons Heerlike Bruidegom. As ons maar net elke oomblik van elke dag ons huwelike so kan benader sal ons die diep geheimenisse waarvan daar in Efesiërs 5 gepraat word, begin verstaan en begin leef en dan omdat ons so onselfsugtig onsself vir ons huweliks maat opoffer, sal hulle mettertyd ook die selfde vir ons doen en dan kan die by produk van hierdie verbond net geluk wees, maar bo dit alles, maak nie saak hoe die harde werk wat ons nou in ons verhouding moet in sit, ons laat voel nie, die enigste doel wat ons voor oë moet hou is die verheerliking van ons Vader, Koning, Pa en Bruidegom.
As hierdie tog maar net deel van ons skool kurrikulum kon uitmaak, of as iemand êrens in ons kinder jare die huwelik en ons plig as man en vrou teenoor mekaar op hierdie manier kon verduidelik het, was daar soveel minder kastaiings wat ek en my lewens maat uit die vuur moes krap… dan was daar dalk soveel minder verbrokkelde verhoudings en dan weet ek ook definitief van soveel minder egskeidings wat sou plaas gevind het… is dit nie dalk omtrent tyd dat ons, ons kinders van kleins af begin leer hoe om hulle kastaiings uit die vuur te hou nie?
Ek het al ongewone dinge gesien, nie vreeslike dinge  nie, maar ek dink die een vat die koek (kroek). Is dit nie ‘n verneukspul nie? Ek dink hy kroek! Miskien is hy ‘n kroek? Die advertensie,  was vir lagwekkend:
Do you need SA residency and/or citizenship? Are you willing to pay for the privledge? Bid away!!
http://www.bidorbuy.co.za/item/15844264/Single_male_available_for_marriage_contract.html
Dis nou al meer as 6 jaar vandat ek ‘n sekere tak van die grootste Christelike uitgewers maatskappy (ek dink) baie naby aan waar ek die meeste van my laaste paar jaar gebly het ontdek het. Die eerste jaar of twee het ek boeke daar gekoop. Ek moet erken dat baie daarvan ‘n mors van geld was.
Ek onthou ‘n dag hier so 3 of 4 jaar terug toe ek deur die winkel gestap het, en totaal in al moedeloos (ek dink ‘n sterker woord sou hier gepas wees) daar uitgestap het. Was dit die literatuur wat mense lees?
Deesdae stap ek steeds so once in a while deur hierdie einste tak, sommer net om te kyk wat dit is wat mense deesdae lees. Mens leer interessante goed deur na hulle top-verkoper rak te kyk. Toe oom Angus so gewild begin raak met sy Mighty Men beweging, en ‘n klompie sprekers skieliki op die manlikheid bandwagon wil klim, toe was dit vir my vreemd, want ek onthou dat hierdie manlikheid/vroulikheid goed was al hier rondom 2003/4 rond baie gewild gewees.
Nou rage die debat steeds aan oor manne en vroue, en Gretha Wiid is besig om baie eksplisiete raad vir vroue te gee oor hoe om hulle manne te manipuleer en verlei (net jammer dat sy die arme vroue so onderdruk deur vir-mans te vertel dat almal se vrouens veronderstel is om ‘n playboy-bunny met ‘n Bybel en ‘n botteltjie olie in die sak moet wees). Maar iets sê vir my die issue het verander, en dalk weet Gretha dit, dalk weet sy dit nog nie.
My laaste trippie deur hierdie boekwinkel (so paar minute terug) het reveal dat die boeke oor manlikheid en vroulikheid van die top-verkoper rakke af verdwyn het. En in hulle plek? Fireproof se boek op nommer 1. En dan nog so paar oor huwelike, verhoudings, kinders grootmaak ens. As hierdie boekwinkel se boekrak reg is, en dit kan wees, dan is die hot-topic nie meer manlikheid en vroulikheid nie, maar dan is ons huwelike in ‘n gemors, ons kinders out-of-hand, en wil ons dit actually nie hê nie.
Dis nou nie regtig nuus nie. Ek bedoel, ons egskeiding-syfer is nie ‘n geheim nie, en obviously beteken dit dat daar ten minste ‘n paar miljoen huwelike is wat nie gewerk het nie. Die koerante bulder dit gereeld uit dat kids op hulle eie mission is. En Gretha Wiid se seks… wel, dit was mos maar nog altyd ‘n hot topic. Wat my egter kry, is dat ons steeds glo dat ons huwelike gaan red as ons vrouens net meer onderdanig is, ons mans net meer koning-koning speel, en die seks net bietjie meer kinky is.
5 Jaar terug het dieselfde mense wat nou boeke koop om hulle huwelike te red boeke gekoop om hulle manlikheid en vroulikheid te herwin. Wil voorkom of hulle dit herwin het, net om agter te kom dat hulle huwelike steeds op die rotse skyn te wees. Maar steeds hou ons aan om magtige manne en worthy woman te kweek. 5 Jaar terug al (50 ook) sou enige goeie jeug dominee al vir die tieners geleer het dat seks nie ‘n huwelik maak nie, maar skynbaar is daar nog genoeg mense wat die teorie koop dat ‘n meer kinky vrou ‘n huwelik kan red…
…ek wonder wat oor 5 jaar op daai boekwinkel se top-verkoper rak gaan wees? Dalk hoe vrouens hulle onafhanklikheid van hulle demanding manne af kan terugwen? Hoe vrouens weer beheer oor hulle eie lewens kan neem? Hoe vrouens moet leer dat hulle nie seks-objekte is nie?
ek sien hierdie soek term word op my “dashboard” gelys !
So jammer daardie persoon het nie ‘n koement gelos of gevra om gekontak te word nie.  Ek sou só graag wou help as ek kan!
Maar intussen hoor ek die fliek, “Fireproof” gaan daaroor.   Neem hom uit en gaan sit saam met jou man/vrou en kyk daarna.  Ek gaan die naweek!
Satynhemp.
Strik om die nek.
Kolle onder die arms.
Gladgelek.
Mendelsöhn…
Wasig kom sy in.
Knop in die keel –
te laat om te besin
Neem jy haar
die bruid langs jou
vir ewig en altyd
as jou wettige vrou?
Kop begin te draai.
Ore begin te sing.
Soos ‘n os slaan hy neer –
gryp vir laas na die ring.
Strop om die nek.
Tant Koek se hoenderhaan.
Grootbek voor sy pelle.
Katjie van die baan.
Het julle al van die blomme en die bye gehoor?
Nooit nie, dominee…
antwoord hulle vroom in ‘n koor.
Maar agteraf
wil hulle lekker lag
want sy is lankal al deurboor.
Die The Church of Jesus Christ of Latter- day Saints(LDS) oftewel die Mormoonse Kerk vra hul Kaliforniese kiesers om ‘Ja’ vir Voorstel 8 te stem. Die voorstel maak voorsiening dat gay huwelike ge-veto kan word. Die Mormone glo dit sal die huwelik as heilige instelling beskerm.
Dit is die eintste mense wat poligame huwelike toelaat asook jong kinders oortuig om hulself in kinderhuwelike te begewe.
Heilige instelling se gat!
Vanoggend het ek besef dat ek geen vriendinne het nie. Hoekom nie?
As kind het my ouers baie verhuis. My pa was ‘n landdros en ons het nooit langer as 2 jaar op dieselde plek gebly nie. Net in my laerskool jare het ek in 3 provinsies gewoon. Transvaal, Oos-Kaap en Natal. Hier is ‘n lysie van waar ek al oral gebly het toe ek nog in my ouershuis was.
1. Gebore in Vereniging
2. Pretoria (voorskool)
3. Pietersburg (voorskool)
4. Rustenburg (voorskool)
5. Zeersut (gr 1 – st 2)
6. Peddie (st 3) (Oos-Kaap)
7. Ladysmith (st 4) (Natal)
8. Bosbokrand (st 5) / Witrivier in koshuis (st 6)
9. Groblersdal (my hoërskool jare)
Miskien is dit een van die redes hoekom ek nie sommer maats maak nie. Ons het te veel rond getrek. Maar dit is ook nie al rede nie. Ek is van nature stil en teruggetrokke. Ek hou daarvan om op my eie te wees. (nie altyd nie, maar meeste van die tyd). En dan is daar ook die feit dat ek al baie seergekry het en daarom nie sommer mense vertrou nie. Alles lei maar daartoe dat ek vandag geen vriendinne het nie.
Pla dit my? Nie eintlik nie. Ek en manlief is mekaar se beste maats. Ons geniet mekaar se geselskap wat baie keer die seuns ook insluit. En dit is genoeg vir ons. Ons vul mekaar aan in elke opsig. Ons verstaan mekaar sonder enige woorde. Ons is genoeg vir mekaar. Ons het geen huisvriende nie, maar dit pla ons nie. Soms ja, maar dit is nie vir ons ‘n probleem nie, want ons het ons families by wie ons lekker kuier. (Hier is ‘n foto van ons net nadat ons die register geteken het) Ons vriendskap ewig verseël.
Soms is daar tye wat ek voel ‘n vriendin sal lekker wees. Dit is wanneer die manne besig is met man-dinge. Maar dan het ek my 2 susters en my ma. En hulle vul weer daardie leemte. Hulle is my vriendinne. En dit is genoeg vir my
Wat Kahlil Gibran se oor die huwelik:
Julle is saam gebore en saam sal julle bly tot in ewigheid. Julle sal saam wees wanneer die wit vlerke van die dood julle dae verstrooi. Waarlik, julle sal saam wees selfs in die stille gedagtenisse van God. Maar laat daar ruimtes wees in julle samesyn. En laat die winde van die hemele tussen julle dans.
Min mekaar, maar moenie van liefde boeie maak nie. Laat dit eerder soos ‘n beweeglike see wees tussen die oewers van julle siele.
Vul mekaar se bekers, maar drink nie uit een beker nie. Gee mekaar van julle brood, maar eet nie van dieselfde baksel nie. Sing en dans tesame en wees bly, maar laat elkeen van julle alleen wees, net soos die snare van die luit afsonderlik is al tril hulle met dieselfde musiek.
Gee julle harte, maar nie die een in bewaring van die ander nie. Want slegs die hand van die lewe kan julle harte vashou. En staan bymekaar, maar tog nie te na aan mekaar nie. Want die pilare van die tempel staan apart, en die eik en die sipres groei nie in mekaar se skaduwees nie.