Ek kan nie glo dat mens in vandag se dag en datum nog tevrede kan wees om onder vaandel van oranje, blanje en blou te dink nie. Hoe de fok redeneer “Dieannerou”?
Prof Jansen het pas nadat hy amptelik as rektor ingehuldig is ‘n hand van versoening na die Reitz-vier gereik en grondverskuiwende aankondigings oor transformasie en koshuisdissipline op die kampus gemaak. Die Reitz-vier het kak aangejaag en het/moes die verantwoordelikhede van hul dade gedra het – ek glo hulle het alreeds ‘n goeie dosis pis gesluk, vir wat hulle aangevang het!
Weereens besef ek opnuut dat jy nie genade verstaan nie. Miskien moes jy daai pis gesluk het, en as Jonathan Jansen sy hand na jou toe uitsteek, moet jy dit asseblief wegklap, want dit is presies wat jy deur jou oningeligte sinsnedes doen. Hoe kan jy so lafaard wees?
Jonathan Jansen is onherroeplik die regte persoon om die Universiteit van die Vrystaat te lei. Jansen is oortuig dat die toekoms van die onderwys en die gemeenskap in ons Suid-Afrika sal afhang van ‘n ander soort leierskap as dié wat ons vandag het, en in die verlede gehad het! Ek stem 100% met hom saam. Ek haal Prof Jansen met groot vrymoedigheid uit vanoggend se Beeld aan:
“Dit is die leierskap van adv Bram Fischer, wat hom nie net vir die vryheid van alle Suid-Afrikaners beywer het nie, maar ook protes aangeteken het teen die sentiment van sy volk, terwyl hy terdeë besef het dat hy, ten beste, verwerp en, ten slegste, vervolg sou word.“
Konvensionele leierskap vereer net die stam; kontra-kulturele leierskap omarm die ganse mensdom! – Jonathan Jansen
Dieannerou, skrik ‘n slag – dié keer net fokken wakker!
- Murph R van der Merwe, LitNet SêNet gedatteer 2009-10-21
LitNet SêNet
Krokodil se brief op LitNet.
Jy maak melding dat die huidige ANC-leierskapskorps iets is waarmee ek die afgelope paar jaar sedert die aanbreek van die Mbeki-era al worstel.  In dieselfde asem staaf jy dat die “tomorrow boys” die belange van die mense wie hulle verteenwoordig, en ook die beginsels van die Vryheidsmanifes waarin dit baie duidelik uitgespel word, dat hierdie land behoort aan almal wat in haar woon.
Klink amper of jy en Mnr/Dr/Pres Carl Niehaus êrens saam koffie gedrink het.  Hy argumenteer dat die koersaanpassings wat die ANC deur die jare gemaak het was deurgaans gefundeer op daardie diep gegronde sensitiwiteit vir die wil van die mense…  Die ANC het hierdie visie kort na die ‘94 verkiesing uit die oog verloor!  Verder maak hy melding dat daar geen ander politieke organisasie in Suid-Afrika is met die vermoë om na die wil van ons mense te luister en daarvolgens te lei nie.  Hoe kan julle/ANC dit regverdig?
… en waar pas Malema by die “tomorrow boys” in?
Groetnis,
Murph R. van der Merwe
Die onderstaande inskrywing is oorspronklik geskryf vir die LitNet / FW de Klerk Stigting doodstrafseminaar (dankie, Kobus) Daar is steeds kakkerlakke teen my kamermuur.
Gewoonlik is ek ‘n filantroop, maar dit was laat en die kakkerlak het ekstra grillerig bo my lessenaarlampie geblink. Uit het die Doom (dit ruik na sitrus) gekom, uit het my vinger gespring en om die plastieksneller gekrul, uit het die gifsproei gespuit. Die kakkerlak, verstar teen die muur, het verskeie kere sy eie hoogte na benede geval, van die hoek van my rekenaarskerm af gekets en tussen my koshuisnetwerkpunt en my bedpoot beland.
Ek het iets doodgemaak.
Daar is ‘n plaag van die goed in die koshuis en hierdie een het dalk selfs ‘n siekte of twee gedra, so dit het nie veel oorweging geneem om sy lewe kort te knip nie. Ek het niks gehad om te vrees nie (kakkerlakke verander mos nie eintlik in vigilantes nie), geen morele verpligtinge gehad om na te kom nie en geen skuldgevoelens wat na die tyd in my kon sweer nie. Ek kon net spuit.
Daar is ooglopende verskille tussen die gewelddadige dood van ‘n kakkerlak en dié van ‘n mens. Die kakkerlak het nie veel van ‘n bewussyn nie, die kakkerlak beleef nie psigiese trauma soos aanranding- en verkragtingslagoffers dit doen nie, die kakkerlak wonder nie paniekerig wat van sy kinders gaan word nie, die kakkerlak gil nie van pyn nie, die kakkerlak verstik nie in sy eie bloed nie. Bowenal: die kakkerlak is nie rasioneel nie. Die kakkerlak gaan nie blog nie, die kakkerlak sal nie De Sade lees nie, die kakkerlak sal nooit vir Rammstein waardeer nie.
Dis tog ten diepste waaroor die pleidooi vir die behoud van menslike lewe gaan. Rasionaliteit. Was die kakkerlak rasioneel, het ek dalk skuldig gevoel oor die gifpandemonium waarin ek hom gedompel het. Dan het ek hom eerder vriendelik versoek om tog asseblief van my muur af te klim; moontlik selfs ‘n bietjie met hom onderhandel. Eers as hy ‘n televisie op sy rug gedra en ‘n rewolwer op my gerig het, het die Doom dalk uitgekom.
Daar is iets aan die dood van ‘n mens wat hom (die besware van vegetariërs ten spyt) radikaal onderskei van selfs sy mees ontwikkelde primaatbroers. Om ‘n dier dood te maak, is om ‘n lewe te neem, maar om ‘n mens dood te maak, is om ‘n amper oneindige horison van sintuiglike indrukke, emosies, intellektuele potensiaal, toekomstige innovering en ‘n warboel ander dinge binne ‘n oogwink uit te wis. Die behoud van menslike lewe is nie net die behoud van respirasie of osmose nie – dis die behoud van rasionaliteit.
Moet die doodstraf, in die naam van die behoud van rasionaliteit, soos kakkerlakgif op Suid-Afrika neerreën?
Niemand weet eintlik nie. Uit die talle goeie argumente wat al ten gunste van én teen die doodstraf geopper is, raak dit duidelik dat daar nog nie ‘n klinkklare antwoord op hierdie vraagstuk is nie. Ja, meen die pro-kamp: dis tog regverdige retribusie en dit verhoed toekomstige wandade. Nee, maan die anti-kamp: dis inkongruent met basiese menseregte, daar is geen bewyse dat dit misdaad verhoed nie en ons kan in ieder geval nie sommer weer iets instel wat in die verlede soveel onnodige en onregverdige leed veroorsaak het nie. Die volk sweer nog.
Bogenoemde is goeie argumente, maar steeds ontwyk ’n antwoord über alles ons. Vra ons perdalks die verkeerde vraag?
Die vraag oor die herinstelling van die doodstraf, sou ’n mens kon aanvoer, is lomp. Om bloot te wil weet: “moet ons die doodstraf in Suid-Afrika herinstel” sonder om by te voeg: “ten einde [x] te bewerkstellig” kan lei tot debatte waar deelnemers in sirkels praat. Te veel ongenoemde dinge word reeds so veronderstel. Beter vrae sou dalk wees: Sal die herinstelling van die doodstraf ’n afskrikmiddel vir toekomstige misdadigers wees? Is menseregte essensieel? Wanneer en tot op watter vlak moet vergelding in die samelewing plaasvind? Vra ’n mens hierdie en ander vrae, sit jy met die kwessie van watter norme of dissiplines instrumenteel sal wees tot die besluit – moet ons na godsdiens luister? Die wetenskap? Filosofie? Sielkunde? ’n Twee derdes meerderheid? Ander lande? Instink? ‘n Kombinasie hiervan?
Kom ons vergeet dus gerieflikheidshalwe van die oorspronklike vraag en wend ons eerder tot ’n dieperliggende kwessie. Terug na die gifmoord.
Die uitwissing van die kakkerlak bo my lampie het my tydelik gerusgestel dat my koshuiskamer kakkerlakvry is, terwyl die realiteit is dat hulle heimlik by ‘n kraak langs my wasbak uitkruip. Op die oog af lyk dit asof die probleem opgelos is, maar in realiteit was dit nooit ‘n oplossing om mee te begin nie. Al stel ek ’n honderd kakkerlakke teen my muur tereg gaan ek hulle nie stuit nie, omdat ek die simptome van die plaag eerder as die bron teiken.
Eweneens sal die herinstelling van die doodstraf in die huidige Suid-Afrika in wese maar ’n poging wees om die simptome van ’n steeds geprangde samelewing te probeer dooddruk. Ons kan soveel mense teregstel as wat ons wil – ons kan dit aan die groot klok hang en dit uitbasuin oor radiogolwe en in koerante – dit gaan steeds nie die bron van die talle sinnelose, gewelddadige misdade in die kiem smoor nie. Al skiet ons ’n leërskare bendelede dood op die Kaapse vlaktes, gaan dit nie keer dat armes hulleself in die toekoms tot misdaad wend nie.
Suid-Afrikaners benodig eerder dringend ’n goeie skoot rasionaliteit. Sodra ons ’n rasionele waardering vir lewe by almal (of ten minste baie) kan kweek, kan ons opnuut oor die verskillende aspekte van die doodstraf redeneer. Tot dan sal geen galg op aarde ons red nie. Miskien moet ons daarom ophou redekawel oor die dooddruk van simptome en eerder die oorsprong van die kwaad teiken – miskien sal dit ons deug om allereers ons burgers en hulle kinders op te voed, lewensstandaarde en rasseverhoudinge te verbeter, ontslae te raak van onverantwoordelike en kortsigtige politieke retoriek, die drogbeelde van welsynsteologie uit te roei en seker te maak hier is wérklik ’n toekoms vir almal.
Die arm kind het nie nog ‘n wet nodig nie. Hy wil geletterdheid hê.
Daar is talle uitsonderings op die bogenoemde redenasie – hartstogmoorde is maar een. Die huidige karnaval van geweld smeek egter vir opvoeding. Ons mag nie so kortsigtig wees om te dink dat die doodstraf noú ons probleme gaan oplos nie. ’n Korttermyn oplossing is daar nie. Eers wanneer die wortel van die kwaad uitgekap is – wanneer die gat onder die wasbak gestop is en die drein vol insekdoder is – kan ons dit met reg heroorweeg om ons kamermuur met blikkies gif te bewaak. Tot dan mors ons ons asem.
LitNet blogs (steeds geskoei op grotmantegnologie) was onlangs die slagoffer van trefslagbedrog. Meen Melt Myburgh:
Dit het onder ons aandag gekom dat ‘n program van buite die geledere van ons topbloggers geskep is wat een of dalk meer van die LitNet-blogs se verkeerstatistieke kunsmatig beïnvloed het. Dit mag wees dat meer sulke programme vuil speel met ons blog-verkeerstatistieke.
Dis moeilik om nie te hiervoor in jou vuis te giggel nie, want die verkeerstatistieke waarvolgens die weeklikse kontantpryse toegeken word, kan met niks minder as ‘n F5-knoppie geknoei word nie. As iemand ‘n paar honderd keer op ‘n LitNet blog stilstaan en refresh, gaan die blog ‘n paar honderd trefslae bykry. Dis mos nou nie vuurpylwetenskap nie.
Ewenwel. Iemand (niemand weet eintlik wie nie) was slim genoeg om ‘n script te skryf wat outomaties trefslae vir sommige LitNet blogs genereer en nog iemand – ene Johan Pienaar van Stellenbosch – het sy goeie verstand gebruik en dit uitgesnuffel. Pienaar, ‘n IT-spesialis, het toe ‘n script van sy eie geskryf, wat ‘n lukrake aantal blogs se trefslae dienooreenkomstig met die geknoeides s’n verhoog het. Sy verduideliking kan hier gelees word.
Die nadraai hiervan is sporadiese bekgeveggies. My gunsteling is dié van ene Neil Kroese, wat heftig beswaar aanteken teen Pienaar:
…Valentine, dis my hele fokken punt. Hoeveel tyd moes ek spandeer om by Pienaar se manupilasie by te hou? Wel hoe noble van Johan Pienaar om self na vore te kom. Wat my egter ietwat pla is die insinuasies gemaak jeens die “top blogger.” Dit was ek op daardie stadium.
Hoekom tog die heftige reaksie? Want dit alles gaan oor geld (dis tog die wortel van die kwaad). En digitale penisgrootte. Tog hartseer. Kroese (en andere) laat my van vooraf dink aan hierdie bekende kuberidioom:
Die punt?
Prysgeld as insentief om te blog, werk nie. Op die meeste veroorsaak dit digitale penisnyd en inhoud van laer gehalte. Blogging is ‘n verskynsel soortgelyk aan Opensource sagteware; ‘n gesonde bloggemeenskap is nie een wat ‘n monopolie op trefslae probeer kry nie. Tans is die sogenaamde “onafhanklike” Afrikaanse bloggers se vlak van diskoers veel hoër as dié by LitNet blogs, wat my nie veel hoop gee vir die simbiose tussen “normale outjies” en “die meningsvormers waarmee ons elke naweek in Rapport verveel en vermaak word” nie. As dit die vlak van debat is, gebeur net mooi die omgekeerde.
LitNet moes van meet af besef het dat goeie blogs tyd nodig het om gewild te raak. Iemand het heel duidelik nie navorsing gedoen nie.
Om te blog gee ‘n persoonlike perspektief op waaroor jy ook al oor blog.  As dit nie persoonlik was nie, sou dit ‘n formele artikel gewees het – iets wat baie werk kos, en etlike kere weer deurgelees moet word om seker te maak die feite is reg, die argumente volg logies, en die hele ding is nie op emosie gebaseer nie.
Die Afrikaanse blogs by WordPress is meesal ‘n lekker geselsery, baie soos wat Afrikaanse mense gesels wanneer hulle mekaar teekom. Ek hou oor die algemeen daarvan.   Ek sal nou nie so diep op my eie persoonlike lewe ingaan soos party ouens nie, maar ek het vrede met die wat dit doen, want hulle blogs is dalk hul persoonlike dagboeke waar hulle dinge vir hulself uitwerk.
Maar as iemand by LitNet blog, het ek gedink, doen hy dit omdat hy iets te  sê het in die openbare sfeer – iets wat mense wat hom nie ken nie kan interesseer.  Miskien sy persoonlike kykie na een of ander politieke, ekonomiese, tegnologiese saak.  Of dalk ‘n godsdienstige, musikale of sport insig wat met ons gedeel kan word.  Of dalk iets van boeke – dis tog LitNet after all.
Moenie glo nie.  LitNet blogs gaan eerder oor Carl Niehaus se persoonlike lewe, en hoe Neil Kroese gym.  Die selfobsessie daarvan!
Om die waarheid te sê, ek is baie bly Afrikaans het my toegerus met presies die regte woorde om LitNet blogs te benoem: dis ‘n pot kak.
Kom eerder weg daar as jy dalk per ongeluk daar beland het want die ding lyk aansteeklik.
LitNet se blogs laat my tans dink aan die eerste drie reëls van Lit se “Miserable”:
You make me come.
You make me complete.
You make me completely miserable.
Die vergelyking is vanselfsprekend. Vir diegene sonder ‘n blog lyk ‘n LitNet-blog dalk aanloklik – dis immers ‘n geleentheid vir “normale outjies” (soos Die Gestorwe Soldaat dit stel) om ‘n “bietjie skouers te skuur met die meningsvormers waarmee ons elke naweek in Rapport verveel en vermaak word”. Jy, Joan Hambidge en daai anonieme omie wat kwaad is vir die kerk kan nou ‘n webtuiste deel. Inderdaad revolusionêr. Tik hier, kliek daar en siedaar: ‘n orgasme des aansiens. (Die insentief om te blog is natuurlik ook nie te versmaai nie – kontantpryse van R1000, R500 en R300 word aangebied vir blogs met die meeste trefslae.)
Gaan dit hou? Met die opstelling wat LitNet tans gebruik, nee. Ek raai LitNet bloggers gaan “completely miserable” à la Lit raak. Die maandelikse R1000 sal nie vreeslik lank werk as insentief nie (hoe meer mense begin blog, hoe kleiner raak die kans immers dat jy die prysgeld losslaan), die  opwelling van visueel identiese blogs gaan veroorsaak dat internetgebruikers vinnig belangstelling gaan verloor en die minimale funksionaliteit van die News24-platform gaan bloggers vinnig begin irriteer.
LitNet het regte verkry om News24 se blogplatform te gebruik. In ‘n neutedop beteken dit dat jy nie eintlik data by LitNet stoor nie, maar op News24 se bedieners. Jou data is nie joune nie. ‘n News24 blog bied nie veel meer funksionaliteit as ‘n  .plan nie – daar is geen manier om die blog se uitleg te verander nie, blogrolls is beperk tot ander News24 blogs, jou blogspasie word gebruik as advertensiespasie waarvoor jy geen remunerasie ontvang nie, text widgets is buite die kwessie, permalinks is skoonveld, jy kan nie kommentaar (die lewensbloed van ‘n blog) los as jy nie by News24 geregistreer is nie en niks wat jy geskryf het, is uitwisbaar nie. Galg toe met jou as jy ‘n spelfout maak. As jy LitNet se weergawe gebruik, mag jy boonop nie anoniem blog sonder toestemming nie.
In ‘n neutedop – LitNet bied gebruikers blogs wat lyk soos Zimbabwe en presteer soos ‘n lobotomie.
Dis nie ‘n baie volhoubare konsep nie. Die vervelige uitleg gaan lesers op die lange duur wegdryf. As die prysgeld eers begin kwyn, gaan daar nie meer ‘n insentief wees om te blog nie (of, in die geval van die verskeie bloggers met reeds bestaande blogs, ‘n ekstra blog te onderhou nie). Die minimale funksionaliteit behoort bloggers so te frustreer dat hulle na ‘n tyd tog na iets beters sal verhuis. Is dit regtig nodig om eers ingeteken op News24 te wees voor jy enige kommentaar kan los? Maak dit sin om jou gedagtes gratis aan te bied sodat iemand anders geld daaruit kan kry?
Lit se liriek behoort teen die tyd nou al so hard in jou agterkop te weergalm, dat jy dit met ‘n piksteel daar wil uitvoeter. ‘n Sisteem wat saai en opeengehoop lyk, frustrerend min funksies bied en gebruikers inperk eerder as vryheid gee, grawe vanuit die staanspoor vir homself ‘n graf. Dit laat gebruikers “completely miserable”. As jy eers súlke gebruikersvoorwaardes wil voorskryf vir die internet, dan moet jy nie kla as sake op die lange duur platval nie:
Skakels na die webblaaie van ander persone is slegs toelaatbaar vir inligtingsdoeleindes. Dit is jou plig om seker te maak dat jou skakel voldoen aan die webblad waarheen die skakel wys se gebruiksvoorwaardes.
Dis. Die. Internet. Skakels. Is. Goed.
Dit alles gesê is dit vir my ‘n riem onder die hart dat LitNet blogging onder Afrikaanssprekendes probeer bevorder. In beginsel dink ek die idee is goed – veral omdat daar die reeds genoemde simbiose kan ontstaan tussen diegene wat tradisioneel in die gevestigde media publiseer en die’s wat hulle gedagtes hoofsaaklik op die internet plaas.
LitNet: skrik asseblief wakker. Kry WordPress, Movable Type of Joomla en slaan iets beter aanmekaar. Julle idee is prysenswaardig, maar julle uitvoering daarvan grens aan burlesk. Dis ‘n klap in die gesig van enigiemand wat al geblog het en ‘n belediging vir Afrikaners se intelligensie in die breë. Doen ons almal ‘n guns en gaan voort met hierdie projek, maar (en dis ‘n baie groot maar) keer asseblief eers terug na die tekenbord. Julle het dit dringend nodig.
Ek wonder al baie lank hieroor, dit lyk vir my dat mense wat Afrikaans praat, geneties iets soos ‘n trek-geen in hulle het. Want daar trek ons al weer…. na Litnet.
Die stelling kan ek natuurlik nie wetenskaplik bewys nie – dit bly dus net ‘n stelling of model. Diegene wat van Europese afkoms is wat in hierdie land woon, stam natuurlik ook af van mense wat in hulle bloed hierdie trekgeen besit het. Dus hoe ons hier gekom het.
Die moerige gogga het natuurlik sy kop weer uitgesteek toe almal op hulle ossewaens geklim het in die 1800’s toe dinge nie na hulle sin was nie en sommer net blindweg die bosse in gebliksem het. Net om deur siektes en inheemse inwoners afgemaai te word. Die res het sukkel-sukkel hulle plasies bewerk.
En natuurlik was daar weer ‘n helse rebellie, maar geen trekplek nie, toe die Engelse ons spul uiteindelik ingehaal het in 1899. Maar ‘n bittere stryd teen die grootste “empire” het gevolg. Ons het sleg tweede gekom.
Nou,soos in 1994, trek al wat leef en beef weer. Omdat hulle oortuig is hulle kry weer swaar. Maar werklik, hulle los hulle werk, huise en motors agter. Wanneer ‘n mense sulke besittings het kry jy nie nog swaar nie. En hulle doen navraag oor hoe om hulle geld oor te dra.
En sowaar onder onsself, hier op wordpress (wat nie net beter lyk nie, en beter werk nie) trek ons as blare gewaai word na een van die mees pretensieuse plekke op aarde. Waar die brieweblad soos ‘n passer is – al om dieselfde ou gat – na Litnet. Dieselfde ou mense net dieselfde opinies jaar na jaar. Heunig of rissie om die mond, hang af van wie jy ken.
Ek is nie bang om te trek na Litnet toe nie, ek sal die mense aanvat. Ek voel opgewasse, regtig. Ek het ‘n werk waarin ek baie met sogenaamde “slim”  of “belangrike mense”  te doen kry. Dit is nie die punt nie.
Die plek is doodeenvouding nie lekker nie, dit is borig en vol pretensie. En sulke goed maak my vieslik naar.
Mense kan natuurlik doen wat hulle wil. Ek probeer net verstaan waarom mense altyd alles los en oor begin. Migreer. Of gelok raak deur vernis oor hout.
Omdat ons dink dit is beter daar? Hoekom?
Ja, ons is ewige trekkers.
Maar ek laaik dit hier. Ek ontspan hier en ek hou van die crowd.
Hierdie is ‘n losse, vir die eerste keer wilde, maar eerlike en dalkies ondeurdagte opinie van Rosalind Franklin. Maar nou ja hier is dit. Jammer as ek jou vies maak, skel my maar.
As jy ‘n definisie vir oormatige optimisme soek, gee jou woordeboek ‘n blaaskans en lees gerus LitNet se vakaturebeskrywing vir ‘n nuwe webmeester. Hulle vra:
Is jy ‘n LitNet-aanhanger met ‘n wakker belangstelling in Suid-Afrikaanse kultuur, die openbare debat, veeltaligheid en veral Afrikaanse boeke en musiek?
En versoek natuurlik die volgende kwalifikasies:
…’n deeglike kennis van HTML en [...] boonop kennis van Dreamweaver [...] Photoshop en [...] ‘n begrip van Flash…
Hierdie goedbelese webmeester moet ook:
…in ‘n span kan speel en ‘n oog [hê] vir detail, sperdatums en tegnologiese vernuwing [en] met flair onder groot druk kan werk…
Maar dis nie al nie. Die persoon moet kan teken. En skryf:
…Jy sal grafiese elemente moet kan ontwerp en met ‘n  jazzy, vars skryfstyl LitNet se inhoud aan sy lesers kan bekend stel…
En as bonus:
…Jy sal administratiewe take moet  verrig wat nodig is om die LitNet-masjien te laat loop; jy sal poskantoor toe  moet draf!
Waarmee laat dit ons? ‘n Veeltalige, kunstige, prosaïese, über-pligsgetroue erudiet met bomenslike intelligensie en ‘n spontane sin vir kreatiwiteit. Daar is sulke mense – ‘n mens noem hulle polimate.
A nee a, LitNet, dis nie hoe dit werk nie. Kry iemand vir die HTML (of WordPress of Joomla of watookal julle wil gebruik), iemand vir die grafika, stel een van julle eie skrywers (verkieslik ‘n inhoudsredakteur) aan om elke maand ‘n nuusbrief of twee te skryf en noem hulle ‘n webspan. En stel ‘n bode aan, sodat die webspan nie poskantoor (?!) toe hoef te hardloop nie.
Vir my is dit eerlikheid – maar jy moet terselfdertyd verstaan wat sal interessant sal wees vir iemand wat jou glad nie ken nie. (Laasgenoemde is een rede hoekom MySpace vir my so erg is).   Party mense skryf lekker op LitNet, byvoorbeeld hierdie stuk van  Inarie Dreyer
Een van die eerlikste blogs is ‘Uit die siel van ‘n boer’ .
My laaste voorkeur is dat dit nie te ‘n lang stuk moet wees nie.  (Dis nou weer waar ek goed vaar.)
‘n Groeiende lys is te kry by blogafrikaans. Daar is ook nog so ‘n paar by Mweb.  Maar eintlik is daar baie minder as wat ‘n mens sou verwag.  Ek dink die hoofrede is eenvoudig.   Baie mense wat in Afrikaans op die Web skryf, doen so by Litnet se SêNet brieweblad.  Daar verskyn honderde briewe per dag wat andersins in blogs sou kon wees.  Litnet is al lank in die land en het ‘n baie groot leserstal.   Maar sy ouderdom wys – dis nie ‘n mooi site nie, en dis veral nie lekker plek om te navigeer nie. Dis nie so maklik om ‘n spesifieke debat te volg nie, en as jy iets daar weer wil vind is jou kanse skraal.  Deesdae se blog – sagteware werk baie beter.
Mense wat daar deelneem kan gerus (as hulle iets sien wat die moeite werd is),  dit  op blik.co.za byvoeg, sodat die ouens wat nie Litnet wil probeer navigeer nie, dit nog steeds kan lees.