Die kwessie van kerkmusiek is iets wat ‘n hele paar mense al grys hare gegee het.  (En die mense met die grys hare gee daardie mense al hulle dae…)  Ek het ‘n vermoede dat taal ‘n groot rol speel in hierdie klein oorlog wat in baie kerke woed.  Die gryses wil eenvoudig net nie in Engels sing nie (die taal van die antichris, kakies en bowenal:  die HENSOPPERS!).  Hoekom sou mens in elk geval in Engels wou sing as jy dit kwaliks kan praat?  Ek wil dus die volgende tese stel:  Baie (ou)mense het nie soseer ‘n probleem met die styl van kontemporêre lofprysingsmusiek nie, maar eerder die taal.  Dit geld natuurlik nie in alle gevalle nie.  Daarmee saam wil ek die ander kant van die munt ook beklemtoon:  Baie (jong)mense het nie ‘n probleem om in Afrikaans te aanbid nie, maar het wel ‘n probleem met die styl waarin dit soms gedoen word.  Ongelukkig is daar nie soveel Afrikaanse lofprysingsliedjies wat aan hierdie mense se behoeftes voldoen nie!  Daarom dat hulle hulself eerder na Engels wend, waarmee hul natuurlik glad nie ‘n probleem het nie.  Dus: indien daar meer goeie Afrikaanse lofprysingsmusiek beskikbaar gemaak word, sal daar makliker ‘n middeweg in sommige gemeentes gevind kan word.  FLAM doen hier natuurlik goeie werk, maar daar kan nog steeds heelwat kritiek oor dit uitgespreek word.
Daarom is ek nogal opgewonde oor die Jonk Live Musiekfees wat 29-31 Augustus 2008 plaasvind, naby Pretoria.  Dis ‘n hele naweek van (meestal) Afrikaanse lofprysingsmusiek.  Groot name, soos Louis Brittz en Retief Burger (wat altwee ook baanbrekerswerk doen) sal by die fees optree, maar daar is ook geleentheid vir heelwat kleiner groepe om aan die fees deel te neem.  Een van die fokuspunte van hierdie fees is juis om Afrikaanse lofprysingsmusiek aan die kerk beskikbaar te stel, en daarom het hulle ook ‘n liedjieskryfkompetisie.  Daar is drie kategorieë: lof, aanbidding en kindermusiek.  Ek het wel ‘n bietjie beswaar hierteen.  Indien ons ‘n volle liturgie in die kerk wil dra met musiek, sal ons verseker meer as hierdie drie (eintlik twee) kategorieë daar moet stel.  Byvoorbeeld:  wat van skuldvergewing?  Of voorbereiding om die Woord te hoor?  Natuurlik kan al hierdie onder die twee breë kategorieë saamgevat word.  Maar mens moet tog ook daaraan dink dat kerkmusiek veel meer as net lof of net aanbidding is.  Nou ja, fluit fluit, my klaaglied is uit.
(Geen Ingelsmanne is tydens die skryf van hierdie post mishandel nie.)