Ek reken hierdie inskrywing maak dit dan seker offisieel. PlaasJuppie gaan blykbaar nie ophou blog nie, al was dit my beste intensie. Tot die volgende paniek aanval/identiteitskompleks/wurmvreet bui toeslaan in elk geval. Fok! Partykeer haat ek myself. Synde dat hierdie die werf is waar ek en LLWD begin blog het, bring dit dalk vir my so bietjie goeie karma.
Raait, so wat het ek geleer en wat onthou ek van die jaar 2009? (Beperk tot 20 dinge)
Ek wil graag 2009 annus horribles doop, maar diep binne weet ek dat dit maar nog net ‘n ou vulletjie was. Die ergste kom nog
Mense gaan jou altyd teleurstel. Dit is net soveel erger en moeiliker om te verwerk as dit mense is wat jy as vriende tel, of na wie jy opgesien het op een of ander manier.
Ek hou grudges. . . vir baie lank
Ek baklei vuil
Ek sal absoluut nie sonder die LLWD kan as sy iets moes oorkom nie.
Ek voel absoluut fokkol vir die hele moedertaal onderrig issue nie. Ek dink die beste ding wat elke Suid Afrikaner vir sy kind kan doen is om hulle in Engels te laat onderrig.
Ek is nie ‘n skrywer se gat nie.
Ten spyte van punt 7 en ten spyte van my voorneme om vir myself te skryf toe ek die PJ blog begin het, hou ek van die kommentaar en die aandag. Ek vermoed die aandag en die interaksie is ‘n baie groter motiverende faktor in blogging as wat ons wil glo.
Afrikaners is uiterste werfetters en gun niemand die son wat oor daardie persoon skyn nie. Ons dra chips so groot soos Tafelberg op elke skouer. Suid Afrika sal eers ‘n beter plek word as ons ons houdings verander.
Almal het issues en geraamtes wat ratel in die kas. Nie een van ons is uniek in daardie opsig nie.
Eintlik wil ek baie graag van Kersfees hou, maar ek weet nie hoe nie.
Ek verander weekliks my mening oor emigrasie, maar diep binne-in weet ek dit gaan nie gebeur nie.
Mens poep nie teen donderweer nie, jy gebruik dit om die poep te verbloem.
Musiek, fisiese aktiwiteit en DIY calms the raging beast
Ek drink te min. Genoeg alkhohol dulls the senses en maak die wêreld meer aanvaarbaar
Ek wens ek kon huil
Honde . . . en diere in die algemeen . . . is baie meer opreg as mense
Ek is vrot om my eie raad te volg
Ek doen nie goed met kritiek nie
Ek is nie meer so kwaad vir God soos ek gedink het ek is nie, maar ek weet ook nie meer hoe om dit vir Hom te loop sê nie. Nou bly ek maar stil.
PJ
Ons het gister weer by Oom D op Springs gaan kuier. Ja, ja, Spanner City – daar waar so baie myners en Spories bly. En tussen-in, heelwat ordentlike mense, mense van ons volk en familie.
Oom D kry Donderdag komende sy laaste chemo vir hierdie rondte. Daarna moet ons maar sien. Die scary deel: as jy onverwags op/omkyk in oom D se rigting, sien jy vir MaM – geen hare, moesies op die kop, selfde mond, selfde gesig. En jou asem steek in jou keel vas en jy wonder of daar mix in jou koeldrank gegooi is toe jy nie gekyk het nie. Boetie en sussie – selfde gesig, selfde pad. Ai.
Oom D doen goed, pas aan, cope soos hy nog altyd met elke struikelblok gedoen het – jy laat sak jou kop soos ‘n stormram en loop die issues plat. Die lewe gaan aan . . . maak nie saak wat jy daarvan dink nie.
Dis baie lekker om die familie so saam te sien en te beleef. Dis scary om te dink in die normale loop van omstandighede is hulle volgende en dan’s dit jy en joune. Hulle ouers is nie meer daar nie, hulle self word net al hoe ouer . . . tyd staan stil vir niemand nie.
Vandag voel ek broos . . .
Krista
Theodor Seuss Geisel was born 2 March 1904 in Springfield, MA. Geisel died, following several years of illness, in San Diego, California on September 24, 1991. His ashes were scattered after he was cremated.
I ♥ Dr. Seuss’s poems and hope to accuire some of his books (although they’re quite pricey. Some of the quotes from Dr. Seuss I found on the net:
A person’s a person, no matter how small.
Adults are just obsolete children and the hell with them.
Be who you are and say what you feel, because those who mind don’t matter and those who matter don’t mind.
Don’t cry because it’s over. Smile because it happened.
I like nonsense, it wakes up the brain cells. Fantasy is a necessary ingredient in living, It’s a way of looking at life through the wrong end of a telescope. Which is what I do, And that enables you to laugh at life’s realities.
Sometimes the questions are complicated and the answers are simple.
I meant what I said, and I said what I meant. An elephant’s faithful, one hundred percent.
Young cat, if you keep your eyes open enough, oh, the stuff you would learn! The most wonderful stuff!
I speak for the trees, for the trees have no tongues.
Unless someone like you cares a whole awful lot, nothing is going to get better. It’s not.
Happy birthday Dr. Seuss! The world would have been a very sad place without your contribution!
Krista
Dankie my Lyfieding vir nog ‘n onvergeetlike huweliksherdenking/ valentynsdag. Dankie dat jy bereid is om elke dag van die jaar te poog om nog memories vir ons skatkis te versamel. Dankie dat jy my gekies het, en dankie meeste van alles dat ek jou mag liefhê.
Saterdagoggend het begin met ontbyt hier.
Die feit dat die eetplekkie meer as ‘n uur se ry van die huis af is het nie saak gemaak nie, want die pad is korter gemaak deur briljante geselskap en nie-te-onaardige natuurtonele.
Die eetplek self het soveel interresante hoekies en draaitjies dat jy half vergeet van jou kos.
Na ontbyt en ‘n rustige terugbestuur het ek darem ‘n verassing van my eie gehad. Ons het gou hier gestop sodat Lyfie vir haar ‘n geskenk kon uitsoek. Dankie Lyfie dat jy my toegelaat het om dit vir jou te koop (al was dit nie eers naby die begroting nie) Daarna is ons vir ‘n middagete pamperlangsessie hiernatoe
Die res van die middag en aand is vir my om te weet . . . hahahahaha
Dankie weereens Lyfieding. Ek beplan reeds aan volgende jaar, maar jou poging gaan moeilik geklop word. Wat sou jy verkies,  warmlugballonrit of Kaapse Wynlande?
Jaco
Synde dat dit more ons dag van liefde EN ons huweliksherdenking is, het ek besluit om vroeg te begin met die bederfies . . .
Wees stil my hart,
Ek weet jy mis ‘n klop elke keer as ek hom sien
Wees stil my hart,
Ek weet jy klop sommer dubbeltyd as ek sy stem hoor
Wees stil my hart,
Ek weet jy hardloop sommer vêr ente as hy my hand vashou.
Wees stil my hart,
Ek weet jy sluimer lekker veilig as ek in sy arm lê.
Wees stil my hart,
Ons is waar ons hoort.
© Krista Maré 2009
* Losweg vertaal uit die oorspronlike Engelse weergawe hier *
Krista
Ek hou van blogging, en in kontras met die opinie van ‘n sekere snotneus seuntjie met ‘n vuil doek sal ons blog ‘n bydrae tot Afrikaans in die kuberruim bly lewer solank dit nog gelees word – al is dit net deur een persoon. Maar wag! amper verdwaal ek weer . . .
‘n Blog (en ek noem dit met opset blog eerder as die veel mooier afrikaanse uitvindsel ala Flippiefanus van Woernaal – want ek skryf die taal soos ek hom praat, foute en al)  is soos koskook in ‘n restaurant. Jy besluit op jou spesiale resep – die een wat die mense gaan laat terugkom vir nog – en dan volg jy daardie formule. Die blog se resep was maklik, op die stadium toe ons begin skryf het was ons een van die min paartjies wat gesamentlik bygedra het tot die inhoud. Verder het ons ook besluit die die oorgrote meerderheid van die inskrywings oorspronklike werk sal wees, en dan ook dat dit sou handel oor ons lewens gestroop van enige pretensies, maskers en valshede. Wat jy dus sien op die blog is presies wat jy in lewende lywe kan verwag. En vir byna 22 maande het dit gewerk. Hier is ‘n handjievol mense wat gereeld terugkom en kom lees en deelneem aan dit wat ons te sê het.
Maar dit is waar die saak gekompliseerd raak. Met Lyfie se vertrek om haar eie stories te gaan vertel op haar ander blogs, het ons die resep virtueel opgeskeur. Verder het ek ernstige bedenkinge of ek werklik so oop en deursigtig wil wees soos wat ek tot nou toe hier gedoen het. Dit is effens teen my natuur, en ek voel na dese dat ek wil eerder weer loop terugkruip in my dop. Boonop is daar allerhande ander struikelblokke soos wat om te skryf en hoe om uit die blogmafia se pad te bly (maar dit is ‘n hele ander storie op sy eie)
Soos ek reeds gesê het, ek hou van blogging. Dit is al deel van die roetine. En as ek regtig nie belang gestel het in kommentaar nie . . . wel dan sou ek nie ‘n blog begin het nie. Maar nou moet die resep aangepas word, en ek sit en peins oor wat die mense wat hier lees gaan dink, en of hulle gaan terugkom. En nog eenduisend ander vrae . . .
Ek dink nie ek is meer die baas van die blog nie. Wosonki het ‘n wese in homself geword, en as sulks kan hy homself net so maklik vernietig as onderskei. Tyd sal leer.
Jaco
Die spannetjie van Roosdorings en toe later die Hawemeester het my aan die dink gesit oor hierdie onderwerp. Dinge wat ek/ons gedoen het maar nie meer doen nie, hetsy van ouderdom, van banggeit, van veranderde omstandighede of van pure pretensieusheid. Ek gaan nou nie noodwendig die ding in enige chronologiese volgorde aanpak nie, ek sal eerder lukraak soos ek van iets onthou ‘n stukkie daaroor griffel.
Ek moet sê een van die heel eerste dinge wat by my opkom as die gesprek in daai rigting neig, is inryteaters. Of drive-in soos ons dit maar almal genoem het. Elke keer as ek in Zambesiweg afry verby die rye en rye huisies waar Wonderboom-inry eens was dan onthou ek weer die lekker tye. Nie net by Wonderboom nie maar ook by die ander: Uitspan, Wonderboom2 (toe dit nog aan die anderkant van die Wonderpark Winkelsentrum was),  Zwartkops en Lynnwood.
My eerste herhinneringe aan inryteaters is ek in my suster in ons pajamas agter in die stasiewa. Ma het altyd padkos gepak, wors, frikadelle, eiers, hoenderboudjies, koeldrank en sweeties. As die geleentheid werklik spesiaal was, het ons gaan kitskos koop by die winkeltjie by die inry, of lekkergoed by die ooms wat met sulke skinkborde tussen die karre rondgeloop het. Die klankbaan het jy ontvang via so ‘n krapperige luidspreker wat op paaltjies gehang is. Jy het dan langs die paaltjie gaan stop en die luidspreker aan jou motorvenster gehang. Ek dink een van Lyfie se eerste ongelukkies was juis toe sy in trurat een van die luidsprekerpaaltjies bokveld toe probeer ry het. Sy het seker nie van die fliek gehou nie!
Toe ons self al ‘n bietjie groter was, was dit groot pret om saam met ‘n paar pêlle te gaan fliek. Gasbraaiers om ‘n worsbroodjie of ‘n stukkie vleis op te offer, en daarna krismisbed tussen twee karre terwyl ons die fliek kyk. Die klankbaan was toe al beskikbaar op ‘n FM stasie op die motorradio, en die paaltjies wat so voor ‘n mens inhardloop lankal verwyder.
Somtyds het ons alleen gaan fliek, maar dan moes ons altoos met ‘n later geleentheid teruggaan om die fliek te loop sien. Oor die hoekoms en waaroms sal ek nou nie uitwei nie. Die wat weet, wéét, as jy weet wat ek bedoel!
Ek mis die drive-in erg. Goeie, skoon familiepret. Om nie eens te noem dat drive-in ook die ontstaan van menige familie was nie
Jaco
P.S. My Lyfie sê sy mis my ook nog, maar haar korrel raak al hoe beter.
Nou ja daar is dit nou. Die koëel is deur die kerk, 2008 is in sy maai.
Geskiedenis. Ervaring. ‘n Paar kiekies in die onthouboksie.
As enigiemand my so uit die vuis uit moes vra, sou ek dadelik geantwoord het dat 2008 ‘n slegte jaar was vir die Wosonki’s. Maar soos ek deur die inskrywings blaai (183 sover die jaar) word dit duidelik dat my persepsie effens skeef is. Daar was baie goeie dinge ook. 2008 was beslis nie net sleg nie, ‘n waterskeidingsjaar definitief, maar definitief nie net sleg nie.
Vergun my dus nou maar my kort “trip down memory lane” terwyl ek terugkyk op dit wat was en uitsien na dit wat kom.
Januarie
Aai hoe lekker, die begin van ‘n vars nuwe jaar. Die geesdrif loop hoog vir die jaar wat voorlê. Ek maak ‘n paar voorspellings oor die jaar wat voorlê, min wetende hoe akuraat hierdie voorspellings gaan wees! Die res van die maand vlieg verby in ‘n waas van goeie voornemens en dagdromery.
Ek sukkel alweer om te slaap, Eskom krap ons lewens erg om met beurtkrag en ek vier tien jaar diens by die firma waar ek werk. Lyfie wonder oor wat nou eintlik die korrekte manier is om ‘n werksonderhoud te benader en ek lees stilletjies op oor emigrasie opsies Aus toe.
Februarie
Ons skop sommer die maand af met Lyfie se  huldeblyk aan my pa wat my skoon hoendervleis gee. Kort daarna op die 14de slaan ek my hand aan die digkuns ter viering van Valentynsdag en ons troudag-herdenking. Toe dit blyk dat ek eerder moet hou by wat ek kan doen, moes ek ‘n haas uit die hoed trek om die dag vir Lyfie spesiaal te maak. Ongelukkig het elke afdraande ook ‘n opdraande, en ons Ierse maatjie Murphy kom tas-in-die-hand by ons voordeur te staan. Hierdie mannetjie is ongelooflik moeilik om van ontlae te raak, dit is al Desember en hy kuier nog steeds. Enige raad welkom!
Maart
Maart was inderdaad Doen-dit-self maand in Wosonkiland, maar die projekkie waarop ek die trotste is, is hierdie poging om gebruikte vloerblokkies in meubelstukke te omskep. Verder gebeur daar nie veel nie, die jaar begin spoed vang en frustrasies begin ophoop.
April
April begin sommer gagga deurdat ek binne die eerste paar dae die eerste van 5 keer die jaar onder die snotsiek-trein-het-my-getrap-virus deurloop. Murphy laat blyk sy teenwoordigheid en Maartmaand se DIY tendens gaan voort. Wosonki (die blog, nie die hond nie) vier sy eerste verjaarsdag. Teen die einde van die maand word ‘n uitstappie waarna ek verskriklik opgesien het, omgeskakel in ‘n baie lekker langnaweek.
Mei
Die enigste manier om Mei te beskryf is maagdraai-wipwaentjie. Ons was al geruime tyd besig om ‘n moontlike verhuising Kaap toe te ondersoek, toe daar skielik ‘n moontlike geleentheid in ons skote val. Na baie gewroeg het ons besluit om dit na te jaag, net om nog ‘n slagoffer te word van ons land se beleid van AA, EE of wat ookal. Drome is verpletter, maar die lewe gaan aan. Lyfie begin eksamen skryf, so daar is toe nie vreeslik baie kans om te tob oor dit wat kon wees nie. Ek raak eers so ‘n bietjie nostalgies en toe so ‘n bietjie kwaad oor dinge van die verlede. Teen hierdie tyd het die depressiemonster my al stewig in sy greep.
Junie
Junie begin met ‘n effense mediese deurbraak. Ek word gediagnoseer met ‘n hormoontekort waarvoor ek 3 maandeliks baie duur inspuitings moet kry, maar dit is elke sent werd! Later in die maand vertel ek die storie van ons ontmoeting, sommer net ‘n nostalgiese terugblik op ons eerste 16 jaar saam. Junie eindig ongelukkig nie so lekker nie deurdat ek in ‘n ligte stampie betrokke is terwyl ek op besigheid in Nelspruit is. My eerste in 18 jaar! Dit merk die begin van ‘n lang string moeilikheid met die kar. Die verdomde Murphy alweer.
Julie
Soos Junie begin Julie goed. Lyfie kry haar eksamen uitslae en slaag aldrie haar vakke. Skielik na soveel jare is daar net 3 oor! Ons gaan ook op ‘n lang verwagte vakansietjie bosveld toe. Dit is juis op hierdie vakansie wat ek so bietjie tyd kry om te dink en met die terugkomlag publiseer ek my eerste in ‘n hele reeks inskrywings oor hoe ek myself wil herdefinieer. Geen plan oorleef eerste kontak met die vyand nie, maar ek is bly om te rapporteer dat 5 maande later ek baie van my planne reeds in werking kon stel, terwyl ek heelwat van die wat nie eerste kontak oorleef het nie ook kon aanpas en maak werk. 2009 lyk inderdaad rooskleurig op persoonlike vlak.
Augustus
Sommer vroeg in die maand moet ons groot besluite maak rondom die aanneming van ‘n pienkvoet. Die amazing BB skryf ‘n liedjie vir Krista. Ek plaas ook die laaste van omtrent 8 inskrywings oor my beplande transformasie. Alles in ag genome, ‘n redelik stil maand.
September
Seker die Wosonki’s se slegste maand hierdie hele jaar. By hierdie tyd het die depressiemonster my baie stewig in sy greep. In ‘n swart bui besluit ek om die blog te sluit maar gelukkig het “sanity prevail” en ons neem ‘n ruskans van blogging vir die res van die maand. Ons breek slegs die stilte om die goeie nuus oor ‘n ander blogmaatjie te deel.
Oktober
Tradisioneel is dit nogal ‘n erg besige maand, en hierdie jaar was geen uitsondering nie. Sommer vroeg in die maand moet my geliefde Jonty, die oorspronklike wosonki, ‘n rugoperasie kry wat ons nie regtig kon bekostig nie. Alles het gelukkig toe goed afgeloop, die operasie was goedkoper as gekwoteer en ons kon die geldjies bymekaarmaak. Lyfie se verjaarsdag was nie so groot soos ander jare nie, finansies was maar boomskraap. Ek sal volgende jaar probeer opmaak. Ons soek (en kry) vir Roxy die basset ‘n huis. Ek baklei alweer met God oor goed wat ek nie verstaan nie. En ek verjaar ook, dieselfde dag as wat Lyfie begin eksamen skryf. Die enigste ander stukkie goeie nuus is dat ons een kar ten minste einde Oktober klaar betaal is, en ja dit is waar van tweedehandse karre en vroue. Sodra hulle op jou naam is, begin die moeilikheid.
November
Ek herdenk die afsterwe van my Pa, heeltemal te vroeg van ons weggeneem. Toevallig op dieselfde ouderdom wat BB se Helgard nog ‘n rekord opstel. Murpy is steeds ‘n huisgas, en hy het vriende gebring.
Desember
Alles is besig, daar is nog soveel om klaar te maak dat ons inskrywings opdroog tot ‘n handvol onsinnige stukkies brabbel. Lyfie se uitslae kom, en sy word ‘n hereksamen toegestaan op 1 vak. Die ander twee kom sy deur. Die sjampanje word vir eers weggesit en ek kry langer tyd om my rendisie van Gaudiamus Igitur te oefen. Volgende jaar verseker! Kersfees het gekom en gegaan, gepaardgaande met ‘n gespook om Lyfie se gymkwota vir die jaar vol te kry. En dan, byna ongesiens staan ons op die drumpel van ‘n vars nuwe jaar.
Die een wat verby is, was nie net lekker of net sleg nie. Daar was net ‘n goeie mengsel van soet en suur, opdraende en afdraende, sonskyn en donderweer. Hier is op die jaar wat verby is. Tjorts!
Jaco en Krista
Saterdag 29 November 2008 het ons die voorreg gehad om twee van ons gunsteling mense in aksie te sien terwyl hulle doen wat hulle passie is.
BB was eerste aan die beurt, en vir ongeveer 45 minute het sy ons vermaak met ‘n lekker vermenging van haar eie en ander kunstenaars se musiek.  As jy nog nie ‘n BB vertoning bygewoon het nie, en jy kan nie-kommersiële musiek wat ‘n storie vertel waardeer, maak ‘n plan! Hieronder is ‘n fototjie van BB in aksie. Kyk net hoe mooi glimlag sy vir ons.
Ongeveer ‘n uur later het Chaos a.k.a. Bad to the Bone ‘n aanslag gemaak op die nie-offisiële wêreldrekord van 20 x 400 pond (180kg) “squats”. Hy het die vorige rekord met 5 repitisies verbeter deur 25 x 180kg “squats” te doen. ‘n Video opname sal binnekort op youtube beskikbaar wees. My eie video is nog so bietjie groot om te kan laai.
Welgedaan albei van julle!
Wosonki’s
Ek kan nie glo dit is vandag al 16 jaar nie. In baie opsigte voel dit nog soos gister, asof my wese en my lewe in suspensie vasgevang is en ek daardie dag herleef. Oor en oor en oor tot vervelens toe soos die uitgerekte bandjie waarop die roomyskar se tunetjie oor blikkerige luidsprekers blêr.
Ander kere voel dit soos ‘n ander leeftyd. Asof ek net ‘n toevallige toeskouer by een of ander bizarre pantomime was, asof ek nie regtig deel was nie.
Al wat ek eintlik wil kom sê is dat ek nie sal vergeet nie, en dat ek nie meer kwaad is nie. Nie vir jou nie en  – meer belangrik, ook nie meer vir myself nie. Eintlik al lankal nie meer kwaad nie, maar om kwaad te wees was ‘n gemaklike kruk om op te leun sodat ek nie nodig het om die verantwoordelikheid te neem om die man en mens te wees wat jy sou wou hê ek moet wees nie.
Maar steeds sal hierdie dag – ons eie weergawe van 9/11 – altyd in my geheue vasgebrand wees. Ek onthou . . .maar ek het ook laat gaan.
Nag ou grote. Rus in vrede.
Ek onthou nog daai aand meer as sewe jaar gelede soos gister. Die aand toe jy my aangeneem het. Oom Jurie het ons vertel dat die huis waar jy bly nie wosonki-vriendelik is nie en dat die groot honde met jou baklei. Toe oom Jurie ons vertel jou baas wil jou nie eintlik hê nie en skop jou soos ‘n sokkerbal in die gang af was die koëel deur die kerk, jy moes by ons kom bly.
Op die aand het oom Jurie met jou in sy arms ingestap en jou in die kombuis neergesit. Natuurlik het al die ander kinners onmiddelik nadergehol om te kom kennismaak en briefies lees, tot jou groot onsteltenis. Jy het net daar omgevlieg en aan’t hardloop geraak. In die eetkamer het ek jou voorgelê en opgraap voor die agtervolgende pak nuuskieriges. Jy het soos ‘n wafferse pappegaai jou pad oopgeklou en gegrawe tot jy mooi netjies op my skouers te staan gekom het. Met ‘n finale grom in die rigting van die starende gesiggies doer onder het jy my met daai swart albasterogies bekyk en die boodskap was duidelik: “jy is nou my pappa en my beskermer en basta!”
Toe op erfenisdag, gebeur die ding wat elke wosonki einenaar vrees. Skielik kan jy nie meer gemaklik op die banke wip nie. As jy hardloop sleep jou een agterbeen. Ons het jou onderstepoort toe geneem waar hulle jou ondersoek en die ergste bevestig het. Jy moes ‘n rugoperasie kry, so gou moontlik. Synde dat dit ‘n vakansiedag was kon dit nie daar gedoen word nie en moes die operasie uitkontrakteur word aan ‘n veearts in die omgewing.
Foonoproepe is gemaak en die kwotasies het begin inkom R8000, R11000 . . . Daar was geen manier wat ons daarby sou bykom nie. Ons het maar gevra dat hulle jou oornag hou en kyk of daar enige moontlikheid is om die operasie inhuis te doen waar dit effens goedkoper sal wees. Jou ogies het die storie vertel toe ons ry. Daai ogies wat ten volle vertrou dat jou baas jou einas sal beter maak.
Maar teen R8000 was daar geen manier wat ons dit sou kon bybring nie, en om jou die leiding te spaar sou ons jou moet laat slapies. Niemand het daai aand baie goed geslaap nie. Genadiglik het die goeie nuus die volgende dag gekom dat hulle die operasie wel inhuis by onderstepoort kon doen teen ‘n prys wat ons kan bybring, alhoewel dit steeds vrekduur was.
Morele dilemma: Die dag toe ek jou as troeteldier in my huis ingebring het, het ek dit op myself geneem om jou te versorg tot aan die einde van jou dae, omdat jy nie in staat is om dit self te doen nie. Die operasie wat jy moes kry was egter so duur dat ek dit nie sou kon bekostig nie, en jou sou moes laat slaap. Ek sou waarskynlik baie lank daarna nog sleg gevoel het daaroor.
Hoe ver is jy bereid om te gaan vir jou diere se gesondheid?
Jaco
Na ‘n groot gesukkel het ons dit reggekry om BB se liedjie waaroor ons hier gepraat het,  te plaas sodat julle dit ook kan hoor.
Kliek op die skakel onder om die liedjie oop te maak.
Heer sal U haar arms vul
Ons plaas sommer weer die lirieke:
Leë hande in haar skoot
Wat woordeloos haar hart onbloot
Stille nag sy luister fyn
Hoor sy dalk ‘n hartklop rein?
-0-
Leë hande in haar skoot
Die ruimte daar oneindig groot
Heer U het haar moedershart
Laat klop reeds voor haar lewensvaart
-0-
Leë hande in haar skoot
Die plekkie waar ‘n baba hoort
‘n Skietgebed in donker nag
Hoe lank o Heer, moet sy nog wag?
-0-
Refrein:
Heer sal U haar arms vul
Soos in U plan en as U wil
Heer maak U haar arms vol
Met ‘n pienkvoet skattebol
© BB
Dankie weereens BB, you are a star.
Krista en Jaco
Cars in the park by Zwartkops renbaan vandag was ‘n wavrag vol pret. Ek is seker my nek gaan more seer wees van al die draai. Ek het nog nooit in my lewe die woorde “kyk hierdie een” soveel keer op een dag gehoor nie, en dit was net van Lyfie af!
Daar was ongelooflik baie mense en dit was interresant om te sien hoe die manne met wye glimlagte en sterre in hulle oë rondloop, terwyl so ongeveer 50% van die dames maar redelik bek-af en nors was. Gelukkig was my Lyfie onder die ander helfte van die eva’s, die wat hulleself net soveel soos die mans geniet het. Dankie Lyfie, dit was groot pret en vir ‘n uur of drie was my aandag weg van die werk en onderhandelinge en al daai dinge.
Ongelukkig het die slim seun in sy haas vergeet om die kamera se battery te laai, so ek kon net ‘n paar foto’s neem. Soveel meer rede om volgende jaar weer te gaan.  Maar nou is dit eers slaaptyd, ons moet 3 uur moreoggend uit die vere wees sodat ek betyds my vlug Kaap toe kan haal.
Ciao, hoop julle week is gatskop lekker.
Jaco
Die storie begin etlike jare gelede, toe ons nog in ons prille jeug was en van brieke daar geen sprake was nie. Dit was ‘n Saterdag, en alhoewel dit in die middel van die winter was, was dit lekker warm op Zeerust in die Marico distrik. Ons het pas op die dorp aangekom uit Pretoria uit, op pad na ‘n familie geselligheid. Oom Johan (oupa Jôhnie vir ons) en ouma Hester (Vaalvrou waar sy ons nie kon hoor nie) vier hulle 50ste huweliksherdenking in die landbousaal op die die dorp en die hele familie is daar.
Nou kyk, in die Marico is dit glad nie ongekend dat so ‘n ou geselligheidjie sommer maklik vir ‘n hele naweek kan aanhou nie, en innerlike versterking is dikwels al wat jou lewendig deur so besigheid kry, derhalwe was ons eerste stop toe ons die dorp inry natuurlik die drankwinkel. Of noodapteek as jy ‘n ding dan nou nie so blatant op sy naam wil noem nie.
Ewenwel, dit word wyd verkondig dat ‘n mens nie moet kruideniersware gaan koop as jy honger is nie, want dan word jou inkope as’t ware deur jou maag gelei. Nou uit bittere ondervinding (verskeie kere) kan ek nou ook getuig dat ‘n mens nie by die noodapteek moet aandoen as jy dors het nie. En daai dag was ons dors . . .
In die skemerdonkerte daar binne in die winkeltjie loop ons onself toe waaragtig vas in ‘n ou kennis van ons by name Olmeca. In daai jare was ons Mexikaanse pêl maar ‘n “petty thief” en sy borgtog glad nie te buitensporig nie, en synde dat ons begroting maar skraps is, vat dit nie veel beraadslaging gevat om hom van sy uitkykpunt op die boonste rak te bevry nie. Ek moes toe al geweet het dat hier moeilikheid kom, maar op vroeg-in-die-twintig is jy mos bulletproof.
Om ‘n lang storie kort te maak, daai aand is die eerste en enigste keer dat ek my liewe swaer se geselskap vir meer as 10 minute kon uitstaan. Ek het ook nie geweet my klein sussie kan so dors word nie! Maar dit is eers veel later wat die werklike sports begin. Aanvanklik was ek baie trots op my besluit om liewer by die gastehuis ongeveer 600 meter van die saal af  te oornag, eerder as om nog die stuk pad plaas toe aan te durf. By ons kamer aangekom het ek die twee draaiende katels so rukkie staan en beskou, en besluit dat vir een aand kan ons maar op aparte bedjies slaap. Daar is geen manier wat ek die goed gevang kan kry om hulle teen mekaar te skuiwe nie. Toe my katel weer verby gesirkel kom, toe is ek op hom. Ek het so deur die slaapnewels gesien Lyfie het haar kateltjie darem ook gevang.
Nie te lank daarna nie word ek wakker van iets wat klink soos ‘n baie dorstige kameel in die badkamer. Met baie moeite kon ek my een ooglid oopforseer, net om te sien dat dit net Lyfie is wat die kouewater kraan met mag en mening aanval. Wyl ek toe wakker is, dink ek dit toe ‘n goeie plan om maar dieselfde te doen, synde dat ek darem maar ongelooflik dors is vir iemand wat so baie vloeistof aanboord geneem het. Net na ek weer my lê gekry het, begin Lyfie uit haar hoek kla dat die goeters haar byt. Ons het naderhand die ligte aan, maar sien g’n niks van die goeters wat haar so byt nie. Uit pure desperaatheid ruil ons beddens, maar steeds kla sy die goeters byt haar. Sy het opgehou kla nadat ek histeries begin giggel het, en gevra het of Olmeca iets daarmee te doen het.
Skaars het ek ingesluimer of ek word wakker van die stemmetjie in die donker. Liefie, liefie….lieeeeefieeee. Huh!? is omtrent al wat ek deur my droeë keel kon forseer. Aag wil jy nie die Coke in die kar gaan haal nie, ek is nou vreeslik dors en die kraanwater smaak sleg, pleit sy uit die donker. Hoe kan ‘n mens dan nou so stemmetjie weier, en met net ‘n kort rugbybroekie durf ek die koue nag aan om vir Lyfie koeldrank uit die kar te loop haal.
In retrospek dink ek die water het begin sleg smaak omdat Lyfie waarskynlik die reservoir droog gedrink het daai aand. Hoe dit ook al sy, Marico partytjies is nie vir sissies nie, veral nie as die Mexikane ook daar is nie. Dankie tog vir spek, eiers, roosterbrood en moerkoffie, want daarsonder sou daai klein mannetjie nou nog paneelkloppery in my kop beoefen het
Jaco
Geensins so romanties soos van die ander troustories wat ons al die week gelees het nie, maar dit is ons storie en sal daarby hou
Dit was ‘n tyd nie so lank gelede nie in ‘n plek nie te ver van hier nie. Die jaar 1991. ‘n Matriek klong sit agter in die Afrikaanse klas, dik verveeld. Hy tel die ure af na huistoegaan-tyd. Rugby-tyd. Wie wil nou skoolgaan as daar rugby is om te speel? Om die tyd om te kry skop-skop hy so teen die meisiemens wat voor hom sit se stoel. Elke nou en dan vervies sy haarself en snou hom iets toe, maar sodra sy haar rug draai begin hy weer. Skop . . . skop . . . skop. Die volgende periode is die onderwyser nie daar nie en die kinders sit in groepies en nonsens gesels. Meisiemens vra ons rugbyheld om mooi stil te sit want sy wil sy oë kyk. Sy reken dit is sulke mooi groenes met geel en bruin vlekkies in. Sy roep selfs ‘n vriendin om haar observasies te bevestig. Ons rugbyheld weet dit nog nie, maar die koeël is alreeds daardie dag deur die kerk.
Rugbyheld was miskien ‘n yster op die veld, maar die dinge van die hart het hom erg verboureer. Die nabyheid van enige lid van die vroulike spesie het hom in ‘n stotterende idioot verander. As R.S.M. van die skool se kadette was dit sy taak om nou en dan die meisies drilpeleton ook bietjie touwys te maak. Dit het nooit gebeur nie, want die nabyheid van soveel estrogeen het hom sy bevele laat vergeet! Dankie tog vir die “matchmaking” insette van ‘n klasmaat wat uiteindelik veroorsaak het dat onse rugbyspeler die meisiemens van die Afrikaanse klas vir ‘n date gevra het na die skool se jaarlikse deurnagsokkie toe. Ten spyte van die feit dat hy van dans niks geweet het nie, en vandag steeds nie 2 voete voor mekaar kan sit op ‘n dansbaan nie. By die tweede date (‘n uitstappie Pretoria skou toe) moes meisiemens maar die leiding neem en ons rugbyheld aan die hand vat. As sy vir hom moes wag het sy nou nog gewag. Het ek al genoem dat ons rugbyheld ‘n totale neandertal was as dit kom by sake van die hart?
So het die laaste dae van hulle sorgvrye skooldae uitgeloop en rugbyheld is vort SAW & Seuns toe om ‘n grensvegter recce te gaan word. Vir ‘n kort rukkie gedurende hierdie tydperk was die verhouding verbreek want ons grensvegter recce het gevoel dat ‘n man van sy statuur ‘n bergklim-en-uitkamp meisie moet hê. Geen bergklim-uitkamp meisie kyk egter tweemaal na ‘n stotterende idioot nie. Gelukkig het onse meisiemens, wat intussen in ‘n ietwat boheemse jong dame ontwikkel het wat haar hare spierwit kleur, lang rompe en John Lennon brilletjies dra en met middagete op die labratorium toonbanke in die son lê en slaap, besluit om haar te vermoei met die ouer-en-wyser recce-grensvegter. Maar die prys van toegang tot haar hart was dat hy die drome van recce word moes laat vaar, synde dat sy nie met ‘n bossies-recce-grensvegter wil opgeskeep sit sodra SAW en seuns sy oorskot uitgespuug het nie..
9 jaar en baie sakke sout later trek ons man, nou ‘n gegradueerde en witboordjie-werker, saam met Liefie in haar huis in. Die laaste van sy ouers onlangs oorlede. Baie saggies en geduldig het sy oor die voorafgaande 9 jaar  die kopwurms van sy grensvegter-recce-dae verban tot die verste hoeke van sy brein en van hom ‘n semi-beskaafde mens gemaak. ‘n Verdere 4 jaar later, in Oktober 2004 vra hy haar om haar hand op die strand by Scottburgh aan die Natalse suidkus. Sy stem in met sekere voorwaardes. Hulle besluit om rondom Augustusmaand van die volgende jaar te trou.
Een goeie Maandagaand – 31 Januarie 2005 om presies te wees, is ons twee karakters besig om aandete te pleeg in die kombuis toe sy skielik na hom draai en sê “kom ons trou op valentynsdag, ek wil nie meer wag nie” Hy speel natuurlik saam en sê “ja hoekom nie?” Dit blyk toe dat sy heeltemal ernstig was. Die tweetjies is 2 weke later op 14 Februarie 2005 om elfuur die oggend getroud te AGS kerk in Pretoria Noord deur haar baas wat op daardie tydstip wat ook ‘n NG dominee was. Die seremonie is bygewoon deur slegs ‘n paar vriende en familielede. Na die tyd is ‘n vingerete by die huis bedien en die bruidspaar het die aand al die gaste wat wou bywoon by ‘n eetplek ontmoet vir aandete. Die volgende more het hulle op wittebrood vertrek en vir 2 weke weggebly.
P.S. Daar is ‘n rumour dat die paartjie in 2011 die hele trou-besigheid gaan oordoen met onthaal en alles, waarna hulle per trein na die mooiste plek in die wêreld gaan reis om hulle tweede wittebrood te vier. ‘n Segspersoon vir die paartjie het gesê dat hierdie rumour op die stadium nie deur die paartjie ontken of bevestig kan word nie.
So lank as ek kan onthou het ons altyd diere gehad, meestal honde en so nou en dan ‘n kat, so dit is nie asof ek nie met diere grootgeword het nie. Alhoewel ons baie lief was vir hulle, het my ouers ‘n baie “tradisionele” siening gehandhaaf oor presies wat die hond se posisie in die familiestruktuur was. Hulle was lekker speelmaats na skool, maar hulle uitsluitlike doel was om die huis op te pas. Met spesiale geleenthede is hulle toegelaat om in die sitkamer op die vloer te kom lê, maar teen slaaptyd moes hulle uit want ‘n hond se plek is buite.
Elke storie moet ‘n begin hê, en ek reken  in my geval is ‘n goeie begin die dag toe ek die maltrap girl waarmee ek vandag getroud is, se huis gaan oppas het.
Nou in Krista hulle se huis het dit anders gewerk, veral nadat haar Pa weg is. Honde by hulle was kinders, en is behandel soos kinders. Een goeie Junie-maand presies tien jaar gelede is die familie vir hul gebruiklike vakansie Natalse Suidkus toe. Ek kon nie saam nie as gevolg van werksverpligtinge, so ek het in Krista hulle se huis kom bly vir die tydperk.
Boots en Rofty was die laaste oorblywende boerboel puppy’s van ‘n werpsel van een van hulle ander honde, en hulle was albei net besig om te herstel van katgriep. Nou vir die wat weet, honde wat herstel van katgriep ervaar die allervreeslikste maagwerkings. En maagwerkings in ‘n boerboel, al is dit nog babatjies, is nie ‘n mooi gesig nie.
Diegene wat my goed ken sal ook weet dat ek nie baie bedrewe is met die optel van hondemis nie, was nog nooit en sal seker nooit wees nie. Die proses behels gewoonlik my hemp wat styf om my mond en neus gebind is terwyl ek met die graaf kromrug oor die grasperk loop en ek die allervreeslikste geluide maak. Natuurlik het al die buurmanne ook altyd soos vrot velle oor die mure gehang en hulleself vrek gelag vir die vertoning wat ek opsit.
Maar terug by Boots en Rofty. Twee siek boerboele, ‘n baas wat nie daarin glo dat siek honde buite bly nie, volvloermatte en ‘n babysitter wat effe allergies vir die reuk en aangesig van slap hondepoef is. RAMP met ‘n hoofletter K. Dit was die langste 10 dae van my lewe. Uit desperaatheid het ek naderhand die hele huis toegepak met koerante om die skoonmaakproses te vergemaklik. Na elke aand se optellery was ek skoon uitasem en my maagspiere seer van die geruk. As ek dan die twee gaan soek om hulle te vermorsel sit hulle styf sy-aan-sy voor die verwarmer met sulke verleë gesiggies. My hartjie word dan weer sag tot die volgende aand wanneer die proses van voor af herhaal word.
Beide Boots en Rofty het heeltemal herstel en is na goeie huise toe (Krista het nie haar hondjies sommer aan enige iemand verkoop nie). Die twee outjies het ‘n ver pad gegaan om my siening van troeteldiere te verander. Ek wonder of hulle nog leef en hoe dit met hulle gaan?
Jaco
Actually dis ‘n song vir my. Want ek hou daarvan.  Want in die 80’s was ek nog jonk en unbreakable, vandag is ek nog nie eers middeljarig nie en ek is unfixable.
<object width='425' height='350'><param name='movie' value='http://www.youtube.com/v/_rCPwhC6R8A&rel=1&fs=1&showsearch=0&hd=0' /><param name='allowfullscreen' value='true' /><param name='wmode' value='transparent' /><embed src='http://www.youtube.com/v/_rCPwhC6R8A&rel=1&fs=1&showsearch=0&hd=0' type='application/x-shockwave-flash' allowfullscreen='true' width='425' height='350' wmode='transparent'></embed></object>
Let the river run
We’re coming to the edge,
Running on the water,
Coming through the fog,
Your sons and daughters.
Let the river run,
Let all the dreamers
Wake the nation.
Come, the New Jerusalem.
Silver cities rise,
The morning lights
The streets that meet them,
And sirens call them on
With a song.
It’s asking for the taking.
Trembling, shaking.
Oh, my heart is aching.
We’re coming to the edge,
Running on the water,
Coming through the fog,
Your sons and daughters.
We the great and small
Stand on a star
And blaze a trail of desire
Through the dark’ning dawn.
It’s asking for the taking.
Come run with me now,
The sky is the color of blue
You’ve never even seen
In the eyes of your lover.
Oh, my heart is aching.
We’re coming to the edge,
Running on the water,
Coming through the fog,
Your sons and daughters.
It’s asking for the taking.
Trembling, shaking.
Oh, my heart is aching.
We’re coming to the edge,
Running on the water,
Coming through the fog,
Your sons and daughters.
Let the river run,
Let all the dreamers
Wake the nation.
Come, the New Jerusalem.
Jaco
Sonkind het ons al laasweek getag om ‘n paar foto’s uit ons prille jeug ten toon te stel. Dinge was bietjie rof, maar hier is hulle nou.
Krista as baba. Te oordeel aan die vingertjie was sy sommer van vroeg al gewoond aan orders uitdeel.
Krista “in training” as ‘n blommekind.
Jaco as baba.
Jaco ongeveer 6 jaar oud.
Voor ons op die skouer geklop word met die woorde “julle is getag”, laat ons dit maar agter die rug kry.
Die was die dag van die matriekafskeid. Nie die rok of die bypassende strikdas en cummerband was klaar nie. Met ‘n oordentlike skoot rou paniek, baie trane, feitlik geen budget en ‘n goeie maat geluk en ‘n vasberade (skoon)ma is ‘n ander rok bekom en ons was betyds vir die geleentheid. Vir ons het dit gevoel asof die aand ‘n absolute disaster was.
Vandag amper 17 jaar later sien ons weer dié inskrywing agterop die foto toe ons hom wil skandeer.
“20 September 1991
Actually my eyes are blue
He said: it’s like the sky above reflected in my heart “
Ek ek besef weereens: vandag se disasters is more se staaltjies. Die lewe gaan oor gedeelde ervarings, en saam is daar niks wat ons kan breek nie.
P.S. Ek dink dit was ons derde date.
Jaco