Ek is nou net minder as ‘n jaar terug in Suid-Afrika. Ek kan glad nie glo hoe vinnig die tyd verby gegaan het nie en my tydjie in Swede voel regtig vir my soos iets wat baie lank terug gebeur het. Deesdae dink ek al hoe meer aan Swede en verlang elke dag nog ‘n bietjie meer. Ek skat teen die tyd romantiseer ek seker al my hele ervaring, maar ek het tot gisteraand oor Swede gedroom. In my droom het vriende van Suid-Afrika kom kuier en ek en Liefie het ‘n nuwe woonstel gehad. My brein het vir my ‘n heel nuwe lewe in Swede geskep.
Ek weet nie wat ek so vreeslik mis nie, dit mag dalk net wees dat ek daarna hunker om net weer vir ‘n rukkie baas van my eie tyd te wees. Miskien is dit die gebrek aan verantwoordelikheid wat my aantrek, miskien is dit net ons koue winter wat my daaraan laat dink dat dit nou amper midsomer in Swede is en dat die son nie juis sak nie.
Ek wil net vir ‘n rukkie wegvlieg na die middernagson.
My Lief
Kom ons vlieg weg Swede toe,
daar waar dit net ons twee en lang donker nagte was. Daar waar die son nie altyd ondergegaan het nie en waar die blare groen-geel-weg geraak het.
Die plek waar “Tag mot Ropsten” ons na vreemde plekke kon neem en as die telefoon gelui het, die mense buitendien net in tale gepraat het wat ons nie verstaan nie.
Ek verlang na die ICA se “2 for 99″ en appeltert.
Ek verlang na ons stappies na die see wat meer soos ‘n groot dam gelyk het.
Kersfees voel nog nie soos Kersfees nie, want dis warm. Rooiwarm, nie witkoud sodat Rudolf kan kom nie.
Ek wil weer kerm oor pryse en herwinning en duur koffie en slegte brood. Ek vat met liefde onvriendelike mense en ‘n tekort aan vanielje geursel.
Dit was net ons.
Daar was nie verstopte dreins, grassnyers wat breek, swembaddens wat groen word en wekkers wat lui nie.
Daar was nie company-, country- en friendship politics nie.
Net ek en jy.
Jag älskar dig.
Ek is mal daaroor om te fliek. Ek weet nie wat dit is waarvan ek wil ontsnap nie, maar vir die ongeveer twee ure wat die fliek duur is ek in ‘n totaal ander wêreld. Ek leef my in die storie en die karakters en die musiek en die klere en die ligging in. Flieks laat my dink.
DVD kyk op die bank by die huis is ook lekker, maar ek vermoed dis die totale afsondering van ’n fliek wat dit so lekker maak. Dis donker en stil (behalwe nou as mens kiddie movies gaan kyk) en mens kan nie net pause om te gaan piepie nie. Dis die ritueel van besluit wat om te sien en kaartjies koop en na jou mede-fliekgangers te kyk.
Ster-Kinekor het ’n klompie jare gelede ”Mystery Thursday” flieks gehad. Jy’t ’n kaartjie gekoop, maar geen idee gehad van wat jy gaan sien nie. Soms was dit verskriklike nonsens, soms was dit loket treffers, soms was dit indie-films. Die thrill was dat mens nooit geweet het nie. Daai Donderdae het die interessantste mede-fliekgangers opgelewer.
My gunsteling fliek ervaring tot dusver was die paar keer wat ek in Stockholm gaan fliek het. (Selfs vir liefhebbers soos ek en Liefie was die kaartjie pryse net te erg!). Daar’s ‘n gordyn oor die skerm. Die gordyn gaan oop vir die advertensies, weer toe vir ‘n rukkie en dan weer oop as die fliek begin. Daai gordyn het sulke afwagting by my geskep. Gekombineer met die musiek wat speel as die gordyn oopgaan, was die hele effek net magical. So asof mens meer as net ‘n fliek gaan sien, maar dis eintlik wat ‘n fliek vir my is. Ek sien meer as net ‘n fliek.
In Stockholm was ek baie bewus van die vloei van dae. Ek het nooit wakker geword en gedink ‘n Donderdag is al Vrydag of so iets nie. Ek was in beheer van tyd. In die somer was die dae ekstra lank en het ek ekstra baie energie gehad. In die winter het ek koek geeet en gehiberneer. My roetines was deur my bepaal.
Ek is nou terug in Johannesburg en terug in my ou lewe en ou werk, met ‘n “bang”. Dit voel of ek al vir maande lank terug is. ‘n Duisend eksterne goed neem my tyd in beslag en allerhande faktore maak inbreuk op my persoonlike lewe. Ek hou nie daarvan nie. Eweskielik het ek ‘n bediende wat moet brood he en ‘n kar wat moet petrol he en ‘n posbus wat moet leeggemaak word en ‘n tuin wat moet water kry. Ek verstaan dis ‘n keuse wat ek uitgeoefen het en dat ek nie al die bogenoemde moet he nie, maar nou ja, ons bly in Suid-Afrika, die goed is amper “by default” deel van die pakket.
Liefie gaan vir die volgende 8 weke (mooi manier om twee maande te laat korter klink) terug Stockholm toe vir ‘n nuwe projek. Hy gaan pendel, maar daar gaan nogsteeds lang tye alleen wees. Met my telefoon wat lui en mense wat vrae vra en my keel wat seer is en met alles wat so besig is dat ek nie my oggend koffie gesluk kan kry nie, wens ek vanoggend, vir die eerste keer vandat ek terug in Suid-Afrika is, dat ek in Liefie se tas kan klim en my ou lewe kan terughe.
(Terloops, hierdie is my 100ste post!)
My laaste blog uit Stockholm uit. Dit voel vreemd om te dink ek vlieg môre weg. Sê net so totsiens vir ‘n lewe wat nie meer gaan wees nie.
Ek het vanaand gemengde gevoelens. Ek praat vroeër met my ma en sy vertel my van vriende van ons wat met ‘n wapen aangehou is in ‘n winkel omdat die boewe vas geglo het die oom is die eienaar van die winkel (hy was net ‘n klant). Ek lees van ander bloggers wat hulle goedjies gaan pak en die teenoorgestelde roete as myne gaan volg. Land-uit. Ek lees dat 18% van huise wat deur wit mense besit word in die mark is omdat die eienaars die land verlaat. En ek pak my goedjies en vlieg met ‘n spoed land in . En ek is nog opgewonde daaroor ook. Ek wil nie teleurgestel word nie.
Op ‘n prettiger noot kry die “wat gaan ons eerste eet?” speletjie wat ek en Liefie al vir 15 maande lank speel nou momentum. Ek dink die wenners is braaivleis en biltong. Dis ook vir ons goed dat die twee gekombineer kan word. Ek het ook ‘n kaas-en-tamatie broodjie op Albany witbrood op my lysie. Ek weet die brood is wind en bevat geen voedingswaarde nie, maar teen die brood wat mens hier op die rakke vind en wat altyd ten minste twee dae oud is, gaan daai Albany sagte-sagte-sagte brood uit die boonste rakke wees.
‘n Paar ander gedagtes:
1.Ek het nogsteeds nie my “by-line” of watookal mens dit noem verander nie en die “Sweedse stories en ander nonsens” is na vanaand nie meer van toepassing nie. Help!
2. Is dit ‘n natuurlike effek van vlieg dat mens heeldag “Leaving on a jet plane” sing?
3. Gaan ek onthou om ‘n kar te bestuur?
4. Ek wonder of ek môre gaan huil?
5. Hoe gaan ek oorleef sonder onbeperkte internet teen ‘n stink spoed?
6. Gaan my sussie toelaat dat ek by haar blog?
7. Waaroor gaan ek van nou af blog?
Ek mag dalk vir ‘n paar dae stil wees – my to-do lysie is langer as lank en Liefie is nogal ‘n slawedrywer as hy die dag wil en ek is nie seker oor waar ek my volgende internet fix vandaan gaan kry nie, dink maar aan my!
Sweedse groete (vir ‘n laaste keer!!)
Hej då!
(ek is oorstelp van opgewondenheid!)
Vrydag word my goedjies gepak en dan sien ek my besittings eers weer oor 2 maande terwyl hulle oor die see reis. Dis nogal ‘n vreemde gevoel.
Ek en Liefie het oor die naweek voor ons klerekaste gestaan en moes besluit wat ons dink ons sal dra as ons terug is in Suid-Afrika, sodat ons dit wat ons dadelik nodig het in ‘n tas kan pak om terug te vat.
Ek moes sommer net so uit die lug uit ‘n paar uitrustings bymekaargooi. Liefie het nie baie gesukkel nie, ‘n paar werk pakke in die tas gelaai en skoene en hemde om daarby te pas. 2 of 3 jeans vir oor die naweek en ‘n paar t-hemde en daar gaat hy. “If I need anything else, I’ll buy it”. Ek het vir ure gestaan en trippel en hmm en ha. 20 kg elk bagasie bring mens ook nou nie ver nie. En ek hou van “dress”. Ruil omtrent elke dag my handsak. En my skoen versameling! Ek troos my darem daaraan dat nie al my skoene saamgekom het Swede toe nie, so ek gaan weer kan kennis maak met ou bekendes terug in Johannesburg. So ek moes maar klere wat almal bymekaar pas inpak, kon geen “odd” kleure ingooi nie, want dan kort dit weer spesiale skoene of ‘n trui of iets. Dis erg om ‘n vrou te wees.
Hou in gedagte dat ons ook in hierdie 2x 20kg bagasie klere vir ‘n week in Ysland (koud), ‘n week in die suide van Swede (medium) en ‘n week in die suide van Duitsland (warm) moet hê, net om dan terug te gaan Suid-Afrika (koud) toe. O, en 2 slaapsakke.
Verder probeer ek vir oulaas my lewe hier uitsorteer en alles tot die minimum te sny. Ek wil nie met een ekstra till slippie trek nie, want dan moet ek dit weer aan die anderkant gaan uitsorteer en ek dink dinge gaan mal genoeg gaan. 1 Augustus begin ek weer werk. (O die pyngedagte!).
Ek moet ook ‘n kar koop en siende dat ek niks van karre weet nie, nie juis deur karre meegevoer raak nie en ‘n beperkte hoeveelheid geld het, gaan dit ook interessant wees.
Maar! Ek kan weer bad! Ek gaan weer ‘n Stephina hê! ‘n Tuin! Woolworths ready meals! Sonskyn!
Ek is so opgewonde!
Ek is vanoggend boos.
Die pos het deur die voordeur geval en oudergewoonte het ek gaan loer wat aangaan. ‘n Sweedse brief wag vir my. Sweedse gebabbel, met groot woorde, maar my prokureursoog ken ‘n aanmaning as ek een sien. They look the same in any language.
Die uistaande skuld is 160 SEK. Dis net so oor die R200. Die invorderingskoste bring dit tot ‘n mooi 800 SEK. R1040. Vir die eerste keer sien ek die Sweedse woord wat waarskynlik wêreldwyd meeste in omloop is: Ombudsman. Ek moes geraai het dat daar ‘n nasionale invorderingsorganisasie is. Alles hier is baie “big brother is watching you”. Die skuldeiser stel ‘n invorderingsagentskap/prokureur aan en hulle verwys dan weer die saak na die regeringsinstelling. En elkeen tel hulle geldjies by.
Ek bel al die nommers (die skuldeiser, die invorderingsagentskap, die regeringsinstelling) net om seker te maak ek verstaan sake reg en om uit te vind waar de moer die oorspronklike 160 SEK vandaan kom. Vir 160 SEK gaan hulle hof toe, in die land waar ‘n 100 jou omtrent niks koop nie. Miskien twee lattés en ‘n danish.
In elk geval, ek land by die Sweedse weergawe van “your call is important to us” op, en begin verwoed knoppies druk. Die Sweeds wat ek so mooi elke dag verstaan vlieg by die venster uit as dit by call centres kom. Ek dink hulle kry die mense met die vreemdste aksente om die opsies te gee. So ek druk gewoonlik so patroon van 1-1-2 en hoop vir die beste. Vertel my hele storie vir wie wil luister net om hierdie sin te hoor (keer op keer op keer op keer) “uhm, I didn’t hear anything you said.” Dis nou as hulle nie so skrik om Engels te hoor en net die foon neergooi nie. So ek bel weer en begin met ‘n goeie Sweedse “Hej!” en spring dan met die Engels weg. Beter resultate.
Die 160 SEK is afkomstig van ‘n rekening wat ons laat betaal het. Omdat ons die rekening laat ontvang het, maar om ‘n Sweed te oortuig dat Svenska Post nie 100% werk nie is onmoontlik. Nou wonder ek maar net, hoe moet ek weet daar’s ‘n 160 boete vir laat betaling as hulle nie hierdie fooi in die volgende rekening vervat nie? Blykbaar moes ek net weet. Of dis die antwoord wat hulle my gee.
“Wat is my opsies”, vra ek. “Jy moet die brief teken om te sê jy’t dit ontvang”. “Erken ek meer as net ontvangs as ek die brief teken”, vra ek. Lang stilte. “Jy moet die brief teken.” Teen hierdie tyd wil ek al vir Johan/Anna/Maria/Erik opfok. “Is dit net die 800 op die brief wat betaal moet word, of het daar intussen nog koste opgeloop, ek wil betaal en klaar betaal”. “Wat het jy gevra, ek het niks gehoor wat jy gesê het nie”.
Ek dink dit gaan minder pynvol wees as ek net my kop herhaaldelik teen die muur stamp.
Alles is bespreek vir ons Julie vakansie.
Raai waarheen gaan ek?
En raai waarheen nog?
En dan het ons nog tyd om rond te ry  en hierdie stene te sien:
Maar dan is ons nog nie klaar nie, want ek wil nog sien om nie eers van die koek eet te praat nie!
En dan eers gaan ons huis toe, regte huis toe, SUID-AFRIKA toe!
Antwoorde:
Foto 1: Blue Lagoon – Ysland.
www.bluelagoon.com
Foto 2: Kopenhagen, Denemarke
www.bigfoto.com/europe/copenhagen/index.htm
Foto 3: Ale Stenar, Skåne Provinsie, Swede
http://en.wikipedia.org/wiki/Ale’s_Stones
Foto 4: Swart woud koek, Swartwoud, Duitsland
www.bfeedme.com
Toe ek vroeër vandag die doef-doef-doef van ver af musiek hoor toe onthou ek dat dit nou partytjietyd vir Stockholm se “matrieks” is. Die feesvieringe vir die wat klaar maak met skool is vreeslik oulik. (‘n Vreeslike dronkspul ook, maar nou ja…)
Die meisies trek almal wit rokke aan en die seuns netjiese pakke met das en al. Almal dra sulke keppies, lyk amper soos ‘n sailor’s cap, met die naam van jou skool, jou naam en die jaar in goud geborduur. Blykbaar is mens veronderstel om bier of sjampagne direk uit die hoed te drink en die vlek wat dit los dien dan as ‘n herinnering.
Die kinders klim dan almal op groot trokke (met groot speakers!) en hou partytjie! Die trokkies ry dan deur die strate van Stockholm en almal raak eintlik heel betrokke in die feesvieringe, want die musiek is lekker ritmies, die kinders is opgewonde en blaas op fluitjies en goed en dit voel regtig net soos somer. Vandag is ‘n lekker warm dag en die doef-doef-doef dryf so stuk stuk by my venster in. Die trokke veroorsaak natuurlik ‘n lekker verkeersknoop, maar dit lyk my nie iemand gee om nie.
Voor die woonsteldeure waar die kinders bly word takke met geel en blou ballonne en streamers neergesit, sodat almal wat verbystap weet daar’s iemand wat klaargemaak het met skool wat daar woon. Gewoonlik word daar dan sommer ‘n baba foto van die kind ook opgesit, seker om die kind skaam te maak.
Hier’s ‘n foto van die woonstel oorkant ons uit my sitkamer venster geneem om die takke met die ballonne te wys en as julle mooi kyk sal julle die baba foto sien.
Ai, om weer 18 te wees.
*Tweede foto deur Wolfgang Roosch, hier
Hierdie skip is tans op toer in die Baltiese see en doen aan by verskeie hawens
Foto’s!
Dis nie die beste in die wêreld nie (ek dink ek het op een of ander manier ‘n setting op my kamera verander, want deesdae lyk dinge nie meer vir my so lekker nie).
Lekker kyk, ek hoop julle kan uit die foto’s agterkom hoe mal is ek oor Stockholm!
Twee foto’s van die “changing of the guards” by die Paleis. Die uitrustings is vir my belaglik!
‘n Ry tipiese “apartments”. Meeste van die woonstelblokke in Stockholm is in ‘n skakering van een van hierdie kleure geverf.
’n Huis naby die water – nie moeilik om in Stockholm te kry nie, want daar’s omtrent orals water! Die mense op die jetty eet lekker roomys.
Houtbootjies. Die absolute hoeveelheid bote in Stockholm sal my altyd bybly.
Die Stadsaal. Die drie goue krone is die simbool van Stockholm.
’n Vista van Stockholm (Baltiese see is sigbaar) geneem vanaf die televisie toring. Die bote is veerbote oppad na Finland.
‘n Straat in Gamla Stan, die ou stad. Die straatjies is nog baie nou en die huise het baie karakter.
Die kerk wat uitsteek is my gunsteling in Stockholm, ek’s mal oor die toring.
Ek is mal oor reis. Om nuwe goed te sien, te hoor en te ervaar. Vir my is dit gewoonlik meer werd om iewers in ‘n “square” te sit en koffie te drink as om myself mal tussen besienswaardighede te hardloop. Ek hou van mense dophou. Ek wil sien hoe die “locals” lewe, hoor wat hulle sê, bietjie dieper as die hoof toeriste strate kom.
Ek kry dit gewoonlik nogal goed reg. Ek is ‘n groot aanhanger van die DK Eyewitness Guides, wat volgens my die beste reisgidse op die mark is. Ek bestudeer die gidse gewoonlik van kant tot kant nog voor ek vertrek en dan is ek gereed.
Toe ek op 19 April 2007 in Stockholm aangeland het was dit ook met die DK Gids se kennis agter die blad. Ek was voorbereid op Stockholm, ten minste as toeris. Of so het ek gedink.
Stockholm is asemrowend mooi. Maak nie saak hoe baie jy kyk nie, die kyk bly nogsteeds die moeite werd. Wat jy sien verander van seisoen tot seisoen, in die oggend lyk dinge nie dieselfde as in die aand nie. Ek het halsoorkop verlief geraak op Stockholm.
Deur die seisoene het ek aanhou snuffel, nog en nog kantstraatjies ontdek. Afgekom op ou geboue wat gewone doele dien. Mooi houtbote gesien. Op parkbankies boek gelees, op busse geklim waarvan die bestemming interessant geklink het. Ek het Stockholm ingedrink. In die somer het ek vir myself gesê ek “spaar” die museums vir winter, want dit gaan lank en nat en donker en koud wees. Winter het gekom en gegaan. Dit was lank en nat en donker en koud en my motivering was maar min. Ek het aanhou dwaal opsoek na Engelse boeke, goedkoper koffie, groen lensies en behoorlike pampoen. Die museums is opsy geskuif. Die stad se ligging en mense en geboue was genoeg.
Op 27 Junie 2008 word my besittings in bokse gepak. Ek gee my woonstel sleutels terug en vir die maand van Julie het ek nie huis nie, ek reis weer. Tick-tock. Al my “ek moet nog” en “ek wil nog” en “ek behoort regtig” het eweskielik op my neergedaal. Ek het my DK Gids nader geruk, ‘n 48 uur Stockholm kaart gekoop en my amazing race deur die besienswaardighede van Stockholm begin.
Dit was vreemd om ‘n stad wat ek ken te herontdek. In te gaan daar waar ek nog altyd net verby geloop het. Te dink soos iemand wat nie hier woon nie. Dit was ook sleg omdat ek alles alleen moes doen, want Liefie is by die werk.
Ek weet nou hoe fantasties dit is dat die skip Vasa in 1628 kon sink en in 1961 heeltemal heel en in ‘n uitstekende toestand herontdek kon word. Ek wonder nie meer oor die Nobel Pryse en hoekom Oslo die prys vir vrede toeken nie, ek weet. Ek kon saammet die Japanese toeriste ooh en aah oor die koninklike paleis. Ek het weer die “changing of the guard” gesien, hierdie keer was al die wagte en die orkes berede. Ek het deur klein straatjies in die ou stad (Gamla Stan) gedwaal, gaan kyk waar ridders begrawe is, Stockholm van 155 meter hoog af besigtig. Ek het uiteindelik op die ou trem reg om die mooiste eiland gery en te lekker gekry elke keer wat die klokkies lui. Ek het roomys langs die water geëet en orals op my gemors omdat die weer so warm hier is. Ek het my vervies vir Amerikaanse toeriste. Ek het op ‘n bootreis gegaan, ek het gesien dat Sweedse tradisies regtig van geslag tot geslag oorgedra word en dat Midsomer nogsteeds so gevier word as wat dit jare terug gebeur het. Ek het musical chairs gespeel op Sweedse meubels en ek kon lees oor die Laplanders (Saami is nou die polities korrekte woord) wat ek in Lapland gesien het, se geskiedenis. Ek het my vergaap aan visse in die akwarium en by elke standbeeld gestop. My groot aanbeveling en absolute gunsteling is die Historiska Museet. Nie soseer oor die inhoud nie, maar oor die manier waarop dit aangebied is.
Dis eers toe ek by die huis kom en nadink oor waar ek was, waar ek gaan rondloop het en waarna ek gaan kyk het dat ek besef het dat ek nie gegaan het om te ontdek nie, maar dat ek gegaan het om totsiens te sê.
Hej då Stockholm. Vi ses!
Na die soveelste droom in blog-kommentaar vorm (My karakters het avatars wat kommunikeer met mekaar deur middel van kommentaar wat ek moet lees – ek weet ook nie hoe my brein dit doen nie!) het ek besluit genoeg is genoeg.
Ek het ‘n maand oor in Stockholm en daar is nog baie wat ek moet sien en doen. Ek het vir my ‘n 48 uur Stockholm kaart gekoop (een van daai wat gratis museum ingang, bus reise, toere en allerhande ander goed wat mens nie eintlik nodig het nie, insluit) en nou moet ek waarde vir my geld kry. Ek gaan myself nou museumifiseer, soos ‘n toeris optree en basies doen wat ek al lankal moes gedoen het.
Ek rapporteer weer Woensdag. Met foto’s.
Oor en uit.
Rosa het ‘n ruk terug geblog oor haar stryd om ‘n bra gekoop te kry en ek het lekker saam gelag, maar van lekker lag kom lekker huil né?
Ek is gewoond om by Woolworths in te stap, my grootte te vat en uit te stap. Die bra pas. As dit (miskien) nie pas nie, gaan ruil ek dit later om. Ek dog toe ek sal dieselfde hier in Swede kan doen, darem net een of twee aanpas, agterkom watter winkel werk vir my and Bob’s your uncle. Toe nie.
Sweedse girls het vreeslike klein en petite tieties. Jammer om die manne se fantasieë op te donner, maar dis die waarheid. Hulle is maer en blonde en lank, met vreeslike mooi blou oë, maar hulle tieties is klein. Winkel een (H & M – ‘n baie groot en bekende Sweedse groep) het omtrent net push-up’s. Nou kyk, as ek begin push-up’s dra sal mans nooit ooit weer in my oë kyk nie. Die bra’s wat nie push-up is nie, is maternity bra’s.
Winkel twee het bra’s in meer kleure as wat ek geweet het bestaan. Ek raak opgewonde. Totdat ek agterkom ek moet my grootte in die “Generous” afdeling gaan soek. Toe strip my moer sommer. Iets soos ‘n 46 FF is “Generous”. 36C is nie generous nie. Dis heel normaal. Nog erger is dat mens bra’s in sentimeters hier koop. So die rug groottes klink so groot om mee te begin!  Ek sluk toe maar my moer en kyk deur die “Generous” bra’s en besluit toe ook om ander klere aan te pas.
Ek het niks winter klere in Stockholm gekoop nie, want die modes was too terrible, so ek het seker ‘n jaar laas in ‘n Sweedse aantrekhokkie ingegaan. Met die ingaan onthou ek weer dat die hokkies nie sluit nie. Jy trek die deur toe en hoop vir die beste. Die deure gaan so van jou knieë tot by jou nek, so as jy ‘n lang blonde Sweedse meisie is, steek jou kop bo die deur uit en ander mense kan dus sien daar’s iemand in die hokkie. As jy Jane is, gebeur dit nie. Ek pas my bra’s aan. Daar’s 360 grade spieëls en daai helder beligting wat mens net in aantrekhokkies kry. Dis eintlik onmenslik in ‘n vroue aanpaskamer. Eweskielik verskyn daar ‘n blonde kop bo-oor my deur. Soos ‘n kameelperd wat na weiding soek. “Umm” sê ek, te verskrik om my bates te bedek. Die kop beweeg aan. Dit gebeur ‘n rukkie later weer en toe WEER! ‘n Groot gedeelte van die dames in my buurt weet nou hoe lyk my tieties. Ek het nie ‘n bra in winkel twee gekry nie.
Winkel drie se bra’s is ingevoer van Italië af en ek snak om die R800 te betaal. Ek loop maar aan. Winkel vier het cross-your-heart and hope to die (wat jy sal doen as iemand jou ooit in so lelike bra sien) vir my grootte. Hou verby.
Winkel 5 het mooi klere. Ek begin toe maar klere koop en vergeet heel van die bra’s. Hulle aantrek hokkies sluit ook nie. Ek hang toe maar my nommer buite op die handvatsel en dit het gewerk. Daar’s ook nie aparte hokkies vir mans en vrouens nie. Vreemd.
Met die uitloop kyk ek tog deur die bra’s. Daar’s wragtag bra’s met sulke plastiek opblaassakkies binne-in. Amazing.
Ek het vanoggend heeltemal verslaap (11 uur is darem bietjie erg vir ‘n weeksoggend) en my hare staan in wilde rigtings. Vir my om so te slaap dat my hare in windrigtings staan is ‘n nogal iets om te bereik. Dis alweer Maandag oggend. Ek weet nie wat laasweek gebeur het nie. Ek het werk om te doen en take om te verrig, maar ek wil nie. My hart is swaar. Ek is moeg daarvoor om in hierdie limbo-fase van “ek is amper by die huis” te wees.
My brein kan altyd vir myself mooi die goed uitdink en verduidelik. Ek weet ek kan nie ophou lewe hier in Stockholm net omdat ek amper hier moet weggaan nie. Ek weet ek moet nogsteeds kos koop en huis skoonmaak en dat ek maar mag uitgaan vir koffie en koek. Ek mag maar dink aan goed wat na die trek gaan gebeur, maar in my hart is daar hierdie groot gebeurtenis om eers agter die rug te kry voor ek hoegenaamd kan aangaan met iets anders. 27 Junie word ons goed gepak. Dis totaal en al belaglik, ek weet, maar ek weet nie hoe om verby dit te kyk nie.
Ek verstaan dat ek seker op een of ander vlak ‘n groot vrees het om terug te gaan Johannesburg toe. Ek weet ek het in my tyd weg verander. Ek weet die mense wat agtergebly het het ook verander, lewens kan nie stilstaan nie. Dit voel vir my of ek ‘n karretjie is wat in ‘n baan vinnig bewegende verkeer moet inskiet, die ander karre gaan nie stop net omdat ek terug is nie.
Intussen het ek baie lief geword vir Stockholm, ek en Liefie het vir onsself ‘n routine en ‘n ritme opgebou wat vreeslik lekker is. Ons verhouding met mekaar het selfsugtig geword, want ons het eintlik maar net mekaar gehad. Ons belowe daagliks vir mekaar dat soos ons nou is werkbaar is in Johannesburg, maar ek weet dit kan nie dieselfde wees nie. Ons het nou ‘n kokon van saamwees. Geen regte verantwoordelikhede nie, behalwe dat Liefie moet gaan werk. Ons loop lang ente saam langs die water in Stockholm, ons lê leeg in die parke, ons is veilig. Ons moes maniere vind om onsself besig te hou, want daar is nie iets “ready-made” nie. In Johannesburg sal ons gaan fliek. Hier is dit te duur. In Johannesburg sal ons boeke deurblaai by Exclusive Books en koffie drink by Seattle, hier bestaan die begrip van boeklees & koffiewinkel nie. In Johannesburg kuier ek by my vriende en suster, hier kuier ons met mekaar of by vriende. In Johannesburg ry ons en koop kos by Woolworths of Pick ‘n Pay, hier stap ons supermark toe. In Johannesburg het ons weer regte lewens, dit voel vir my of die tyd in Stockholm net speel-speel was.
Ek weet ek het iets groot gedoen deur in te stem om Stockholm toe te kom, alles wat vir my bekend is te los en ‘n sukses van die tyd hier te maak. Ek is trots op myself. In ons tyd hier het ons baie gesê “as ons terug is by die huis….” en ek dink ons het Johannesburg begin ophemel. Dis goedkoper, die mense is vriendeliker, die weer is beter, ons het weer ons huis en ons goed, ons gaan ‘n groot verskeidenheid van keuse hê… Ek is bly om weer te kan werk en om weer daai verantwoordelikheid te kan opneem, maar wat as ons terug is en dis nie lekker nie?
Ek voel soos so ‘n bangbroek vanoggend en dis nie eintlik hoe ek is nie.
Die son skyn ‘n hond uit ‘n bos uit hier in Stockholm. Ek het nooit gedink ek sal dit sê nie, maar ek het vandag regtig warm gekry!
Ek en Liefie het vandag na die Skogskyrkogården net buite Stockholm gegaan, dis ‘n baie groot begraafplaas en ‘n Unesco Wêrelderfenis gebied. Ek het eers gedink dis weird om op ‘n Sondag na ‘n begraafplaas toe te gaan, maar in Liefie se woorde “You bother too much with convention”. Ek het buitendien met ‘n paar Swede hieroor gesels en hulle het almal gemeen die Swede “is nie so” oor grafte nie, wat die “is nie so nie” presies beteken het, is ek nie heeltemal seker nie, het maar net aangeneem dis okay om as ‘n toeris op ‘n Sondag in ‘n begraafplaas te wees. Ek is mal oor begraafplase in die algemeen. Ek is mal oor die gevoel van geskiedenis en lewe wat mens daar ervaar. Dis dieselfde gevoel wat ek kry as ek ‘n ou handsak of jas koop en iets soos opera kaartjies daarbinne vind – ek begin dadelik wonder oor die mense en hulle lewens en hulle drome en gedagtes. Die begraafplaas is nie baie oud nie, dis eers in die 1920’s oopgemaak en as sulks is daar nie vreeslike “ou” grafte nie, maar die Swede speel nie as dit by oudword kom nie, deur die bank lewe die mense tot ver verby die 80. Baie van hulle mis 100 met net ‘n paar jaar. Die gemiddelde lewensverwagting in Swede was in 2005 83 vir vrouens en 78 vir mans, maar hierdie ouderdomme is besig om te styg.
Die begraafplaas is pragtig, heuwelagtig met groot bome en groot groen grasperke. Alles is pynlik netjies en goed versorg. Ek het bordjies by sommige van die grafte gesien wat wys dat jy die graf kan “aanneem” en versorg as jy sou wou.
Die Swede (soos meeste ander Europeërs) beplant die grafte met blomme en bolle en dit lyk baie mooi, soveel meer so op hierdie oomblik omdat dit lente is. Die grafstene was vreeslik eenvoudig en daar was amper geen Bybelverse of boodskappe nie, meestal net name en geboorte-en sterfdatums. Ek het regtig ‘n gevoel van kalmte daar ervaar en dit was vir my ‘n goeie Sondag uitstappie.
Die groep kindergraffies het nogal aan my hart geraak, veral die waar daar speelgoed beertjies en so aan neergesit is. Die jongste graf is ‘n Griekse baba seuntjie wat ‘n maand terug oorlede is – ek hoop die ouers vind vrede.
Ons is ook na die Joodse deel van die begraafplaas, maar die gedeelte is omhein en die hek is toegemaak met ‘n slot, ek weet nie of dit is om nie-Jode uit te hou uit ‘n heilige plek nie en of dit is om teen moontlike anti-semitiese vandalisme te beskerm nie. Ek het dit amusant gevind dat die Islamitiese gedeelte van die begraafplaas amper reg langs die Joodse deel was, met net ‘n handjie vol Katolieke as buffer tussen-in. Mens kan ook nie vir ewig baklei nie, né? Die Islamitiese grafte het grafte van mense van onder meer Albanië ingesluit en dit was duidelik dat hulle as vlugtelinge in Swede aangekom het. Die een graf het ‘n prentjie van sandduine en ‘n kameel opgehad en dit was vir my hartseer dat oorlog mense so ver moet wegneem van dit waarvoor hulle lief is. Ek hoop die ou se hemel is vol oop spasies waar dit warm is, want vir ‘n woestynbewonder kon Stockholm nie aldag vreeslik aangenaam gewees het nie, maar seker beter as die konstante geweld en dood in sy tuisland waarvan hy gevlug het.
Ek persoonlik wil veras word en glad nie hê mense moet baie huil nie en as hulle baie geld op die begrafnis uitgee sal ek vir ewig spook. Ek weet nog nie waar hulle my as moet strooi nie, maar die Skogkyrkogården op ‘n sonnige lente dag is nie ‘n slegte opsie nie. Miskien langs Greta Garbo.
Toe die son nou vandag so lekker hier in Stockholm skyn en dit vir my duidelik lyk dat die normale reën wat gewoonlik enige sonskyn dag in Stockholm bederf, nie gaan val nie, sit ek toe maar af park toe. Ek is nie juis ‘n park mens nie, maar siende dat ek nie ‘n tuin of ‘n balkon het nie kon ek nêrens anders lekker die son gaan vang nie. (Baie Stockholmers vat sommer ‘n opvou stoeltjie en tafeltjie en sit dit tydelik buite hulle woonstelblokke se voordeure as die son skyn en hou dan die wêreld dop, ek is nog nie op daardie vlak nie, glo nie ek sal ooit wees nie).
Oppad park toe koop ek vir my ‘n wegneem fika. Daar gekom besef ek ek het nie ‘n kombers gebring nie. Nie die einde van die wêreld nie. Elke Jan Rap, sy maat en sy hond is in die park. (Werk die mense nie of is dit aftyd as die son skyn?). Toe ek nou mooi my sit gekry het en die wêreld begin uitkyk sien ek al die girls raak. En hulle is nie skaam nie. Shorts, skirts, bras, panties, whatever floats your boat, maar die son moet hulle vang. Stockholm girls hou van bruin wees. Winter, somer, herfs en lente lyk hulle soos Piz Buin modelle. “Solstudio” soos die sonbed plekke hier bekend staan is 24 uur joints, die masjiene werk soos vending masjiene en jy gooi net jou munte in en dan kan jy vir ‘n sekere tyd tan. Enige tyd van die dag of nag. (Word mense 3 uur in die oggend wakker en dink “o moer, ek is besig om te fade?!”). Die ouens is ook nogal sulke metroman frikkies met baie haarprodukte en even tans.
Toe ek nou die flesh-fest hier voor my sien skrik ek myself nog witter as wat ek is en skoon uit my AB bloedgroep uit. My lyf lyk erg op die oomblik. ‘n Regte, egte winterlyf. Met die verskil dat my normale winterlyf in Johannesburg nog son gekry het en die winter baie korter was. Ek het so een of twee of drie gramme om af te skud en ek kort ‘n moerse tan. Ek is toe maar die enigste ten volle geklede persoon in die park – selfs met langmouklere aan want dit vat meer as 18 grade om my te laat strip – maar ek besef dat dit gaan warmer word en ek my laaste dae hier ten volle gaan wil benut en om soos ‘n ware Stockholmer te kere te gaan moet mens ten enige tyd bereid wees om stormdronk en halfkaal te raak. Without prior notice.
My springclean het nou ‘n nuwe dimensie.
Ek loop al lank met die gedagte rond (sien vorige post) dat ek my sake en goed hier in orde moet kry siende dat ons goed teen einde Junie die pad vat SA toe, terwyl ek, Liefie en ‘n paar kledingstukke nog vir Julie bietjie in Europa gaan rond beweeg. Toe ek vandag Riana Brand se inskrywing oor haar Spring-clean lees toe besef ek vandag is die dag.
Nou, bo en behalwe my geneigdheid om goed uit te stel is ek ook nie so baie goed met groot take aanpak nie. Ek multi-task. Is soos ‘n skoenlapper, lapper hier, lapper daar en so het ek altyd baie hooi op my vurk, ‘n paar balle in die lug en baie ysters in die vuur. My Spring-clean sal dus stelselmatig moet geskied. Kamer vir kamer, of op ‘n nog kleiner vlak, laai vir laai. As ek alles gelyk probeer doen raak ek tien teen een verveeld of uitgeput en dan moet ek ‘n middagslapie of ‘n koppie tee en koekie break vat. Soos wat ek ouer raak moet ek meer en meer metodes uitdink om myself te fool. (Klink skisofrenies né?)
In elk geval – terug na die Spring-clean. Ek begin toe maar met die ingangsportaal. Twee-ledige rede: dis die eerste kamer in die huis (duh – ingang…) en dis die kleinste so daar kan nie baie werk wees nie. Ek besef nou dat ek eintlik met die toilet moes begin het, want dan sou my werk klaar gewees het nog voor dit begin het… *note to self…*
My handsak versameling (of die piepklein gedeeltetjie wat saamgekom het Stockholm toe) is uitgestal op die rak in die ingangsportaal, net bo al die jasse en serpe en handskoene en hoede en onder dit nog die skoenrak waar allerhande skoene lê aangesien mens nie skoene binne ‘n Sweedse huis dra nie. “Piece of cake” sê ek vir myself toe ek die goed so kyk. (As ‘n nie-doener put ek baie genot daaruit om iets aan te pak en vinnig klaar te kry). Swop winterskoene vir somerskoene, pak serpe, musse, hoede en handskoene weg. Sit onpaar handskoen iewers sodat ek onthou om vir sy maat te soek terwyl ek elders Spring-clean. Nou vinnig die handsakke deurkyk en die ou tissues en slippies weggooi. Die eerste handsak wat ek aflig weeg ‘n ton.
“Wat de moer?” dink ek. Sambreel, reisgids (vir Italië), ou Sarie waarvan ek nooit die blokkiesraaisel voltooi het nie (ek moes mooi met myself praat om nie net daar op te hou en eers die blokkiesraaisel te doen nie), lipstiffie x3, hooikoorspille, geld in verskeie valuta, onder meer Jordaanse Dinar. Die ander handsakke het vinniger gegaan want hulle is maar klein en ek probeer om nie die vintage goed so vol nonsens te prop nie. In elke handsak geld gekry (altyd ‘n bonus). Toe ek nou mooi die rak afgestof het en weer die handsakke wil terugpak skuif iets met ‘n redelike gewig in een van die leë handsakke rond. Dadelik is ek uitgefreak want ek het dan nounet alles uitgegooi en op hulle regte plekke gesit of in die asblik gaan gooi. Ek maak die handsak oop. Niks. Kom toe agter die voorwerp lê tussen die voering en die handsak. Nou om die gat in die voering op te spoor. Kry dit uiteindelik binne die toezip kompartement. Steek ‘n paar vingers versigtig in, want die gat is so klein en ek het aangeneem dit gaan iets grillerigs wees.
Ek vind die vonds van die jaar! Iets wat al weg is vandat ek in Stockholm aangeland het en waaroor ek baie getreur het, maar net nie die hart gehad het om vir Liefie te vertel nie, aangesien dit ‘n geskenk, nogal duur, van hom af was. I have time! My horlosie!
Liefie werk tans saammet ‘n interessante groep mense wat twee Duitsers, ‘n Amerikaner, ‘n Deen, ‘n Sweed, ‘n Franse Belgiër en ‘n Hollander insluit. Meeste van hierdie mense is ver van die huis af en leef van Maandag tot Donderdag in hotelle. So gebeur dit ook toe dat meeste van hulle sokker fans is. Blykbaar groot fans. Ek is nie seker oor die Deen nie, dis ‘n “sy”. Vanaand is daar blykbaar ‘n belangrike sokkerwedstryd op tv en Liefie (barmhartige samaritaan wat hy soms is) besluit om die mense oor te nooi sodat hulle die sokker by ons kan kom kyk, want sien, ons het ‘n “projector” en dit gee nuwe betekenis aan die term “big screen”. Almal aanvaar die uitnodiging binne 5 minute na die email uitgestuur is. Almal antwoord ook met een of ander voorspelling oor die wedstryd en snedige opmerkings oor die ander span en so aan. Die Hollander spreek sy spyt uit omdat hy op ‘n vliegtuig sal wees ten tye van die game. Die Belgiër stuur ‘n hele boodskap in Spaans. Dis toe wat ek besef ek beter google wie speel. Manchester United teen Barcelona. Ek neem aan die Belgiër is ‘n Barcelona ondersteuner.
Nou kyk – ek en Liefie “doen” nie regtig sport nie. Ek kan nog bo-langse praatjies oor rugby en krieket maak sonder om my naam heeltemal gat te maak, maar Liefie is een van daai rare mans wat net mooi niks van sport af weet nie. Wat hom besiel het om ‘n sokker paartie te reël weet ek nie. Ons moet seker ook ‘n span kies om vanaand te ondersteun! Ek is aangesê om versnaperinge (mal oor daai woord!) te gaan koop en ek neem aan goed soos hotdogs en chickenwings en pizza sal die ding doen. Ook aangesê om bier te gaan koop. Ek drink nie juis bier nie en weet glad nie wat om te koop nie, wat dit erger maak is dat die drankwinkel vol staan van biername wat ek nie ken nie… Wat maak ‘n goeie bier? Weereens, Liefie is een van die rare mans wat niks oor bier weet nie….
Intussen oefen ek solank kliphard aan my “laduuuuuuuuuuuuma!” en “goal goal goal goal goal goal goal goooooooaaaaaaaal!!!!” krete. Weet net nie vir watter span nie…
Aaaaaaahhhhhhh…. Soos in ‘n groot vet sug van absolute aaaahhhhh-ness. Die huis is weer stil en leeg en myne.
Ek is op die beste van dae nie vreeslik sosiaal nie, mense sal dit nie maklik sê nie, want ek is heel goed met die small talk en so aan, maar ek kies gewoonlik aan watter gesprekke ek wil deelneem, ek het vreeslik baie me-time nodig. Dit was nog altyd so gewees, maar ek word al hoe erger in my oudag (haha) en veral noudat ek in Swede woon en soveel me-time kan hê as wat ek wil, ek hoef nooit eens uit die bed op te staan en klere aan te trek nie, ek kan heeldag tussen die bloggers en my boeke wees.
Met die kuier in SA is my me-time erg ingeperk, nie dat ek omgegee het nie, ek het lekker gekuier, maar ek het so uitgesien na my terugkeer na absolute stilte in Stockholm. Met my tas wat agtergebly het in London en die gas wat kort na my aankoms gearriveer het, was my terugkeer na Stockholm nie juis dit waarna ek uitgesien het nie. My tas het gister hier aangekom en lê omgedolwe op die slaapkamer vloer, met die wasgoed wat letterlik vir my lê en loer en ek weet ek moet aandag daaraan gee, maar vir nou asem ek net eers weer my lewe in.
Ek het sopas teruggekeer van die stasie af waar ek my gas veilig afgesien het. Die kuier het goed afgeloop en hy is ‘n maklike mens om mee saam te leef, dis net dat ek en Liefie nog nooit ons Stockholm nessie met iemand moes deel nie. Ons is gewoond aan kuiergaste ontvang in ons huis waar hulle hulle eie “quarters” het… En bo en behalwe die “quarters” het ek ook ‘n Stefina. Ek haat huiswerk en ‘n derde mens in ‘n klein plekkie los sy merk (of miskíen is dit net in my verbeelding?).
Ek is vreeslik selfsugtig (tel bietjie hoeveel keer is die woorde my/myne/ek hierbo gebruik) en deel nie graag nie. Was sommer jaloers omdat ek Liefie na ‘n maand met iemand anders moes gedeel het. Ek wil my panties op die draad kan hang, hard kan poep en kaal kan rondloop in my huis. Ek het nou sommer my pyjama broek gaan aantrek en lê lekker op die bank en tik – because I can!
Ek is in Stockholm. My tas is nie. Ons los dit maar daar… (T5 strikes again!).
Die son skyn vir Afrika in Stockholm en die mense loop met moulose klere rond (idiots!). Ek kan nie glo dat ek nog handskoene gedra het toe ek hier weg is nie en nou is dit behoorlik lente, ek is so opgewonde. Daar word ‘n boodskap op die trein van die lughawe af gespeel en ‘n dit eindig met “welkom in Stockholm en vir die van julle wat hier woon, welkom terug.” Ek woon hier. Dit maak my bly.
Ek het altyd gedink mens woon waar jou huis is, of waar jou goed is of waar jy gemaklik is, maar ek besef nou weereens “home is where the heart is”. Ek het vreeslik na Liefie verlang en na my lewe hier verlang en na my eie bed verlang. Ek was ‘n besoeker in Suid-Afrika. Iemand anders bly in my huis daar en ek het nie ‘n kar nie, ek moes uit ‘n tas gelewe het. My bed in my ma-hulle se huis was nie my grootword bed nie, maar my vakansiebed, so selfs daardie huis voel nie soos “huis” nie, maar soos vakansie. My hart trek alreeds ‘n knop vir die weggaan hier…
Môre kry ons gaste. Wel, ‘n gas. Ek dink nie hy besef dat hy op die bank sal moet slaap nie… Volgende naweek gaan ons vir my verjaarsdag op Noorde toe en ek sien vreeslik uit om daardie deel van Swede te sien – ek hoop vir mooi weer en sonskyn.
Liefie het nie juis huisgehou terwyl ek weg was nie en die huis is nie eintlik gereed vir die gaste (gas) nie. Ek is heel lyfseer van die vlug en is min lus vir huiswerk. (Hoe mis ek klaar vir Hannah en Sylvia met hulle sagte Afrika lywe).
Lekker naweek vir julle almal, ek gaan die geleentheid kry om my aangenome stad met ‘n gas te deel en toergids te speel, weird gevoel eintlik!
Ek kuier vreeslik lekker en die troureëlings gaan voor die wind – die enigste GROOT UITSTAANDE KWESSIE is my trourok…
Hier is my paspoort storie (soos geskryf kort na die gebeurtenis!):
Outjies, ek tik hierdie terwyl ek nog in ‘n toestand van skok is (waar’s my Rescue Remedy as ek dit nodig het?) Ek land mooi by Heathrow, almal staan in die tonnel wat die vliegtuig met die gebou verbind en kan nie verder gaan nie want al die deure is gesluit en “alarmed”. Ek glimlag lekker, dink dat mense durf om Suid-Afrika ‘n derde wêreld land te noem en gaan toe maar aan.
Deur sekuriteit, en met die dat mens glad nie aan die mandjies waarin al jou persoonlike goed gescan word mag raak nie kan ek toe net aanskou hoe my paspoort tussen die silwer rollertjies deurval en iewers onder die scanning masjien land. Die wag merk dit nie op nie en loop weg. Ek gaan toe maar na die ander sekuriteit toe en vra mooi beskaafd dat iemand onder die masjien inklim en my paspoort vir my gee. Iemand doen dit toe ook. Geen paspoort. Ek bly kalm. Ek vra mooi dat as hulle nie dink my paspoort is hulle energie werd nie of hulle supervisor moontlik anders sal dink. Supervisor soek ook. Geen paspoort. Ek maak praatjies met al die ander mense wat hulle skoene weer aantrek terwyl ek hoop op ‘n mirakel.
Supervisor kom met die idee vorendag dat ek moontlik nooit ‘n paspoort gehad het nie en dus verbeel het dat die ding geval het. Ek vra hom (kalm) of die dames by die BA toonbank ook gedroom het toe hulle my paspoort nommer ingetik het net nadat ek op Heathrow geland het. Verder wonder ek toe ook (kalm) hardop hoe ek moontlik van Stockholm tot in London gekom het sonder ‘n paspoort. Supervisor sê hy dink ek moet my tas en handsak uitpak en dat hy my persoonlik sal frisk, want moontlik het ek eintlik die paspoort by my. Ons doen dit. Daar is nie ‘n paspoort nie.
Ek kon deurgaans kalm bly want ek het my nuwe paspoort met my nuwe Sweedse visa ook in my besit. (Geen idee hoekom ek die nuwe een ingepak het nie, die “ou” ene is nog geldig tot aan die einde van Augustus). Ek het natuurlik vir niemand gesê ek het ‘n ander paspoort ook nie, want dan sou niemand vir die ou een gesoek het nie. Toe dit uitkom dat ek ‘n nuwe paspoort het word ek met agterdog bejeën. Ek wonder weer hardop (nogsteeds kalm) dat ek meer geld kon gemaak het om my ou paspoort te verkoop as om dit eerder net randomly weg te moer en as ek sou besluit het om my paspoort weg te moer sal ek dit nie doen terwyl ek in transit is nie, maar nadat ek reeds die nuwe land binnegegaan het om sodoende refugee status te claim.
Supervisor kom tot die besef dat my paspoort deur die rollertjies geval het en in ‘n leë mandjie op die onderste conveyor belt beland het. Iemand anders het dus nou (sonder dat hulle dit weet, of miskien weet hulle, maar hou net daarvan om na my paspoort foto te kyk want hulle dink ek is sexy) my paspoort.
Teen hierdie tyd is my liggaam nog in skok mode, (“maar jy het nog ‘n paspoort!” hoor ek julle almal sê, ja, maar ek is ‘n girl en sulke goed onstel my) en ek is baie kalm. My penarie word ooral oor gewalkie-talkie en ek word begelei Customer Services toe. My nuwe paspoort nommer word by die sisteem ingevoer. Almal dink alles is reg en verstaan nie hoekom my onderlip bewe nie.
Ek vaar by WH Smith in koop ‘n sak vol tydskrifte omdat dit die enigste goed is waarop ek op daai oomblik kon gefokus het. Retail therapy. Ek sien dat my hande bewe. Ek koop water ook, maar weet dat ek eintlik net ‘n klomp drank wil hê.
Ek besluit om daaroor te blog.
Ek voel beter!
My enigste hoop is dat iemand my paspoort het, besluit om die ding te hou, my te Facebook en dan te poke. Happy ending and all that. Die waarheid gaan wees dat een of ander Nigeriese druglord (at best) of ‘n radikale islamiet (at worst) nou my paspoort het en dat ek van nou af jare se bollies by immigrasie gaan hê.
Ten minste het my tas gearriveer.
Ons het wakker geword in ‘n spierwit winterwonderland.
Dit het al ‘n hele paar keer in Stockholm gesneeu, maar die sneeu hou nie vreeslik lank nie en voor mens mooi weet is alles weer weg. Dit sneeu nou al die hele week aan en af en dit moes deur die nag gesneeu het, want vanoggend was te mooi. Omdat dit ‘n publike vakansiedag is, is baie mense weg vir die naweek en daar was omtrent geen spore of merke op die sneeu teen die tyd wat ons uitgegaan het nie.
Die bome sonder hul blare in die sneeu is vir my verskriklik mooi.
Ek het soos ‘n mal ding rondgehardloop en die sneeu ten volle geniet
Moes natuurlik ‘n snowangel maak, al was daar nie regtig genoeg sneeu nie. Ek was verbaas dat dit regtig eintlik soos ‘n engel lyk as mens klaar is!
Eerste tekens van die komende lente
Ek hoop almal het ‘n verskriklike lekker naweek en moenie te veel paaseiers eet nie (of ten minste nie meer as wat ek sal eet nie, dit behoort vir julle ‘n wide scope te gee!). Geniet julle hasies (in watter vorm hulle ookal mag kom).
Ek is weer volgende Saterdag terug met Franse stories.
Ek het vanoggend ‘n handgeskrewe nota gekry. In Sweeds. Met die vreemdste woorde waarvan ek 2 verstaan het. Nie en kombuis. Ek trek toe maar die woordeboek nader en begin opsoek. Die bouers vervang ‘n iets (ek dink dis ‘n afvoerpyp) en ek moenie tussen 10:00 en 12:00 in my kombuis “rondhang” nie. Watter tipe versoek is dit? Beteken dit ek mag die ketel aansit solank ek die water uit die badkamer kry? Beteken dit ek mag ‘n broodjie maak? Beteken dit my blote teenwoordigheid in die kombuis (MY kombuis!) gaan hulle bouwerk beïnvloed? Want as dit die geval is gaan ek nou vir die laaste 15 minute daar staan en op en af spring of te kyk wat gebeur. Julle wil mos boor!
Wat my nog van die nota gepla het is die totale afwesigheid van die woorde “jammer”, “asseblief” en “dankie”. Ook geen telefoonnommer nie. Grr!
Ek kan ook nou rapporteer dat my woon – en werkspermit verleng is tot die einde Augustus toe. Ons is daai tyd al lankal terug in Suid-Afrika, maar dis altyd lekker om ‘n Schengen visa te hê vir so lank mens dit kan kry. Ons is vroegoggend na die Immigrasie raad toe (al die vorms is reeds vooraf elektronies ingegee en ons het die antwoord per pos gekry, moes net die plakker in ons paspoorte kry). Ons het ons nommer gekry en gewag. Hoe is dit dat daar altyd so vreeslik baie kinders is wat huil in staatsinstansies? Na ‘n ruk is ons nommer (29!) geroep en kon ons die plakkers kry. Mens neem sommer jou foto by die toonbank, maar ons visas het hierdie keer nie fotos op nie, ek wonder hoekom… (En ek het ewe my make-up opgesit en my hare geblaas vir die photo op!) Dit was vir my opmerklik dat alle immigrante dieselfde “look” het. Meeste van die immigrante in Swede kom van nare plekke met oorlog en ethnic cleansing en ‘n tekort aan kos af, so die “look” is seker een van pyn en verlange en ‘n harde lewe.
Verder sneeu dit al vir 2 dae hier, maar vir elke sneeubui is daar weer sonskyn, so daar is nie hope sneeu nie. Daar word koue weer en sneeu vir die hele week voorspel, maar sodra dit sneeu is ek uit by die deur. Ek geniet die sneeu vreeslik en kry maar soveel ek kan daarvan voor ek weer huistoe gaan.
Ons vlieg Saterdagoggend dou voor dag Parys toe vir die Paasnaweek en roadtrip dan in die res van Frankryk rond tot die daaropvolgende Saterdag, nog geen idee waarheen ons ry nie, but have car, will travel. Ek is vreeslik opgewonde!
Oor en uit.
Hoe sê mens “hou op fokken boor!” in Pools? Ons bure (of iemand in die blok, ek sal beter voel as ek die bron kan identifiseer) is besig met ‘n bou en brekery. Ek weet dat hulle bou en breek omdat ek die konstante geluid van een of ander powertool kan hoor. Dit klink soos ‘n boor, maar ek mag verkeerd wees. Ek weet ook dat ek die 1-man werkspan in Pools moet aanspreek, aangesien ek die bouer/breker, kom ons noem hom Krzysztof (het Poolse name nie altyd baie z’s in nie?) op en af onder in die straat sien stap as dit sy smoke break is. Hy praat dan ook gewoonlik hard genoeg op sy foon dat sy stem 2 verdiepings optrek en deur double glazing vensters gehoor kan word. Hy praat Pools. Selfs al sou ek geen idee gehad het van hoe Pools klink nie sou ek geweet het om hom as Pools te identifiseer aangesien almal wat enige iets met hulle hande doen, (skrynwerkers, verwers, bouers, loodgieters), betroubaar is, en nie heeltemal so duur is soos hulle Sweedse ekwivalente nie, omdat die Sweedse “Skatteverket” (belastingowerheid) nie heeltemal van hulle bestaan weet nie, Pools is. In Stockholm het jy nie ‘n bediende nie, jy het ‘n Polish.
Die Swede is gewoonlik baie bedagsaam en los netjies getikte briefies vir hulle bure oor enige tipe aktiwiteit wat moontlik aandag sal trek. “Die water sal vandag van 07:00 – 07:15 af wees, ons is VREESLIK jammer”. “Ons hou ‘n partytjie vir ons ouma. Daar sal 3 mense wees. JAMMER vir die geraas!”. “My kind kry tande, JAMMER vir die gehuil” en so aan en so voorts. Daar is dan ook selfoon nommers sodat jy iemand kan uitkak as die JAMMER jou nie aanstaan nie. Hierdie mense wat nou breek en bou het nie ‘n nota gelos nie. Hulle het seker geweet Krzysztof gaan baie mense kwaad maak (lees Netjane) en hulle het nie tyd om telefoonoproepe van Suid-Afrikaners wat ‘n mengsel van Sweeds, Afrikaans en Engels praat omdat hulle so kwaad is, te antwoord nie.
Die probleem met die bou geluide is nie die geluide per se nie, ek het al genoeg DIY in my lewe gedoen om gewoond te wees aan alle tipe geluide, dis die ritme waarmee dit gedoen word wat my kwaad maak. Die boor (of watookal dit eintlik is) begin so opwarmings “jiiiiiinnnnnn” en dan stop dit. Dan sit mens mos nou daar en wag dat die ding weer moet begin. Dan begin dit weer “jiiiiiiin, krrrrrr” en dan stop dit. Eers hier by die derde probeerslag is dit ‘n vol siklus van “jiiin-krrr-ghhghghghgrrrr”. Vir ‘n sekonde, of minder. (Miskien boor hy baie vreeslike klein gaatjies?) Net om weer oor te begin! Ek wil net hê hy moet jinn-krr-ghhghghghgrrr vir ‘n uur en dan klaar wees, nie hierdie stop-start-stop-start ritme wat nou plaasvind nie. Dit is nou die tweede dag van ek en die Poolse boor polka. Gister was ek vir meeste van die tyd uit, in die reën, sneeu en wind, wat beteken het ek was nog meer kwaai toe ek gistermiddag by die huis kom en vir Krzysztof buite in die straat sien rook. Ek het hom aangegluur, maar ek dink my gluur sou meer effektief gewees het as ek “hou op fokken boor!” in Pools kon byvoeg.
Vanaand is ek jammer dat ons in ‘n woonstel bly en bure het. Ek is ook jammer dat dit ‘n Donderdagaand is en nie en ‘n Vrydagaand wanneer mens nog met sulke goed kan wegkom nie. Ek is jammer Liefie is in Frankfurt en nie in Stockholm nie. Ek is jammer die woonstel het houtvloere wat kraak as mens daarop spring. Ek is weereens jammer dat ons bure onder ons ook het.
Ek is in ‘n bui vir harde musiek speel. Harde rock met skreeuende kitare en ‘n duidelik doef-doef-doef van dromme. Ek wil rondspring terwyl die musiek speel en miskien nog bietjie air-guitar ook speel. Ek wil headbang en wild te kere gaan.
Ek is nie ‘n harde rocker as mens net so na my kyk nie, maar ek geniet regtig die musiek. In Johannesburg gaan ons altyd na The Doors toe, ‘n club waar mens regtig net kan mal gaan. Niemand kyk twee keer nie, geen Sandton poppies in sig nie en drinks is goedkoop. (My ma sê altyd “Doors” asof daai die einste deure na die hel toe is…). Ons kon nog nie eintlik iets soortgelyk in Stockholm oopspoor nie, maar al het ons, is ek vanaand alleen.
Ek dink tog ek sal maar vir ‘n rukkie die volume opdraai en rondspring. Bietjie die Swede laat wakker skrik… Afterall, hulle is nie meer vir lank my bure nie en word dit nie verwag van Africans om rof te wees nie?
* ‘n Reël van die Meatloaf song:
“Remember everything that I told you
Well I’m telling you again that it’s true
You’re never alone cause you can put on the phones
And let the drummer tell your heart what to do”