…0
Dis dalk moeilik om te glo, maar ek neem met ‘n swaar hart afskeid van hierdie blog. Oor meer as twee jaar het dit so deel geraak van my daaglikse roetine dat ek myself nouliks daarsonder kan voorstel. Na meer as vierhonderd inskrywings, oor die vierduisend comments en 86,567 trefslae (min, maar tog so baie) verskuif hierdie blog amptelik na http://www.gormendizer.co.za. As jy dit iewers geboekmerk het, verander asseblief die boekmerk. As jy dit op jou blogroll het, pas dit groot asseblief aan. (As jy reeds via e-pos ingeteken is op hierdie blog, moet jou egter nie bekommer nie – dié funksionaliteit word oor twee dae outomaties aangepas.)
Vir die wat omgee, ‘n bietjie statistiek vanaf my WordPress.com Stats-bladsy:
Blog Stats
Total views: 86,567  Busiest day: 382 — Tuesday, May 27, 2008
Totals
Posts: 430  Comments: 4,914  Categories: 61  Tags: 523
Spam
Akismet has protected your site from 27,668 spam comments.
Ter afsluiting, ‘n spesiale boodskap aan Johan Swarts se bl0g:
Bra, daar is seker nie veel meer om te sê nie, maar: ek gaan jou mis. Soos die kitare in my skooljare was jy vir my ‘n bron van inspirasie sowel as prokrastinasie (daai, terloops, was ons laaste nuutskepping). Ek gaan die manier hoe jy soms ‘n stukkie van my ego was, mis. Dankie vir die vriendskapsbande wat ek via jou kon smee, die gedagtes wat ek op jou kon skryf, die debatte wat ek op jou kon voer en die lesse wat ek deur jou kon leer. Sluimer goed, my vriend. Ek gaan jou mis. En as ‘n sporadiese GoogleBot dalk van tyd tot tyd oor jou loop, weet dit: vir my bly jy spesiaal. Wederom.
Julle dink seker nou ek het al my Angel-Saksiese albasters verloor. Desnieteenstaande – voorwaarts:
http://www.gormendizer.co.za
Op die dag van ses bied ek hiermee ‘n nederige verskoning aan my tesis. Jammer, tesis. Ek weet ek moes iewers in die J.S Gericke-biblioteek aan jou gewerk het, maar omdat ek ‘n passie vir hierdie studentedorpie het, moes ek die naweek eers ‘n Panasonic DVX-100 gaan huur en bereidwillige studente afneem. Dit is immers amper studenteraadverkiesing. En ek weet, tesis – ook jy dink die SR doen in elk geval maar niks nie, maar ek het ‘n vreemde spesmaas ons mag dalk verkeerd wees (al is dit net ‘n titseltjie):
<object width='425' height='350'><param name='movie' value='http://www.youtube.com/v/sGzMoXeOguk&rel=1&fs=1&showsearch=0&hd=0' /><param name='allowfullscreen' value='true' /><param name='wmode' value='transparent' /><embed src='http://www.youtube.com/v/sGzMoXeOguk&rel=1&fs=1&showsearch=0&hd=0' type='application/x-shockwave-flash' allowfullscreen='true' width='425' height='350' wmode='transparent'></embed></object>
Sorrie, MA Afrikaans en Nederlands.
Matieland is leeg. Die eksamen is verby en (behalwe vir die enkele ongelukkiges wat hereksamens moet skryf) die kampus kaal. En omdat Administrasie so besluit het, moet alle koshuise gesluit word. Die uitsondering op hierdie reël is die inblykoshuis (Eendrag, in hierdie geval), wat die kampus se druipelinge tydelik huisves sodat hulle vir hereksamens kan studeer.
Ek is een van die gelukkiges wat nog vir twee weke hier moet wees om vir die universiteit te werk. Meer spesifiek: ek moet diensure doen by die Departement, omdat my kontrak so sê.
Ek mag egter nie meer in my eie koshuis woon nie, omdat alle koshuise gesluit word. En hier is die genotvolle kinkel in die residensiële kabel: ek mag ook nie in die inblykoshuis gaan woon nie, want ek het nie ‘n hereksamen nie. (Nagraadse studente het juis die nare gewoonte om nie eksamen te skryf nie.) Na ‘n futiele poging om ‘n tannie by Admin-A te oortuig dat ek genoegsame rede het om nog ‘n paar dae in my eie koshuis aan te bly, sit ek nou sonder heenkome.
Neem ‘n oomblik om dit te verteer. Ek moet vir die universiteit werk, maar hulle wil my nie toelaat om hier te woon nie.
Pret.
*edit* ‘n Vriend in ‘n seniorkoshuis vlieg môre elders heen en het aangebied dat ek in sy kamer mag woon. Dankie Cloetie! *edit*
‘Al ooit daardie oomblik beleef wanneer dit baie laat is, jy werk het wat doodeenvoudig moét klaar en jou bestaan rondom Marmitetoebroodjies en ‘n halfgedrinkte Amstel in jou yskas sentreer? Ek het dit sopas bereik.
Soort van.
Soos ‘n mens nou maar maak as jy keelvol is van studente wat Afrikaans met ‘n kleinletter spel (I kid you not), haal ek mooitjies die Marmite uit, draai dit oop en word toe begroet deur die allervieslikste kleur. Ligbruin. Die Marmite is ligbruin. Skok! Griesel! Gruwel! Kan Marmite dan suur raak?
Toe sien ek vir die eerste keer die “Cheese” op die etiket raak.
Ek het kaasgegeurde Marmite ontdek. Dié tyd van die aand voel ‘n mens ‘n bietjie soos Livingstone wat oor ‘n waterval struikel as jy dit regkry…
Helshoogte het gister 35 jaar oud geraak. Toe eet ons ribburgers sonder botter en drink bier. Arrrrrrrrr.
Gistermiddag loop ek oor die rooiplein, deur Die Neelsie en verby die publieke aansteekborde (waarvan die glas kort-kort vervang moet word). Voor die aansteekborde, versteek teen die gesoute mure van die departement Chemie en Polimeerwetenskap, sit ‘n bergie. Hy knik vir my. Ek knik terug. In die verbystap hoor ek hoe sing hy “ôôônnir lê drie piiiikkaaawynaaaa…maar die maarrrralstaaa eeeeen…is mynaaa”. Elke woord trots uit volle bors – vir die vier meisies wat in ‘n ry agter my stap en verontwaardig vinniger begin loop.
Hy’t my dag gemaak.
Dis nou reeds ’n geruime tyd ná die dwelmklopjagte op Stellenbosch. Na aanleiding van die baie klagtes, uitroepe van verontwaardiging en ’n optog op die Rooiplein, sou ’n mens ’n ongekende vasberadenheid onder studente verwag om misdieners van die gereg aan die pen te laat ry. So wat het hiervan geword?
Klaarblyklik nie veel nie. Dis asof studente net daarvan vergeet het. Sien jy mense op pad na Bohemia, mag terugflitse van lae kwaliteit flash video à la Die Burger-webtuiste en rillings in jou rugstring dalk voorkom; staan ’n polisieman voor jou in die ry by Pick & Pay mag jy dalk ’n entjie wegstaan. Dis ’n natuurlike oorlewingsmeganisme – niemand wil fisieke skade opdoen as dit verhoed kan word nie. Dankie, evolusie.
But I digress. Ons godvresende studentedorpie is nou ook skytpoliesbang (sê dit vinnig, dit klink cool), maar wat het van die verontwaardiging oorgebly? Van vasberade Maties wat petisies vir menseregte teken en na die Rooiplein stroom om die SR-voorsitter aan te hoor? Het daar enigiets gekom van die klagtes wat by die polisie ingedien is? Of het hierdie hele situasie maar net tussen studente-apatie en liters bier verdwyn? Die optrede van die polisie was ongetwyfeld ongevraagd. Dis ou nuus. Tog is daar iets anders van hierdie situasie wat bly pla.
Ek en ’n vriendin sit onlangs (op die stoep van ’n gebou wat nié ’n dranklisensie het nie) en gesels oor die klopjagte, en sy maak toe ’n baie geldige punt: Daar is soveel misdaad en ekonomiese ongelykheid op en om Stellenbosch, maar ons steur onsself klaarblyklik nie daaraan nie. Ja, hier en daar ry bussies vol studente tydens JOOL na voorheen benadeelde gebiede en gaan bou ’n groentetuin of verf ’n muur, maar in die breë lyk dit nie juis of studente bekommerd is oor die heropbou van ’n verdeelde en soms misdaadgeteisterde samelewing nie.
“It takes a few rich white kids being slapped around for us to mobilise around anything,” meen my vriendin oor die optog. En sy het ’n punt beet. Hoeveel optogte is gehou vir die verkragtings verlede jaar? Vir ’n dronk student wat in 2007 wéér uit Helshoogte geval het? Die Wilgenhoffers wat meisies destyds met ’n windbuks geskiet het? Die diefstal van potplante en padtekens? Of die naglewe in klubs wat steeds grotendeels gesegregeerd is? Krap dit studente nie eers ’n bietjie om dat beurse vir voorheen benadeeldes soms nie eers hul verblyf dek nie?
Die antwoord is eenvoudig (en hartseer): nee. Want dit traak ons nie. Daarom sal ons ook nie weet van die krisis in Darfoer, die situasie in Burma of die resessie in Amerika nie – laat staan nog enige plaaslike probleme. Te oordeel na die reaksies van studente is die grootste probleem die miskenning van óns menseregte. Óns wou kuier in óns klubs, óns is hardhandig behandel, daarom sal óns kapsie maak en ’n optog reël.
Dis tog o so onregverdig om rondgeruk te word met ’n shot nog halfpad in jou keel af. Maar laat een arme bergie nou net een keer aangerand word op die sypaadjie langs Bohemia, dan kyk ons anderpad, teug ons aan ons drankie en wens ons stilweg hulle kan net verdwyn. Dan is die einste menseregte en menswaardigheid waaroor daar so selfversekerd betoog is, skielik nie meer so dringend nie. Dan, op die godvresende dorpie met die skytpoliesbangerige inwoners en die omringende reste van apartheid, resoneer studente-apatie soos ’n Fokofpolisiekartreffer: “Daar’s nog baie bier / om te drink / en kak om te praat / voor ons die wêreld begin regmaak.”
Wat gaan uit die petisies en die verontwaardigde optog spruit?
Niks nie. Ons het mos nog bier.
(Ook hier beskikbaar)
Terloops:
1. Die babafilm is aan die einde van verlede jaar met ‘n HandyCam geskiet, maar omdat ek gulsig was en dit met Vegas 8.0 begin saamflans het (toe letterlik vars van die rak af), het die MainConcept lisensie wat saam met Vegas kom verval. Ek kon dit om die dood nie crack nie en sit dus met ‘n klomp beeldmateriaal wat ek nie kan edit nie. Dis natuurlik uiters onregverdig teenoor die paar bloggers wie se idees gebruik is. Hoewel die film in retrospect deurspek van foute is (dis inderdaad al hoe ‘n mens leer), sal dit steeds voltooi en versprei word met skakels na die betrokke bloggers, soos belowe. Want:
Ek het nounet die idee gekry het om ‘n Virtual Machine te installeer, ‘n ekstra kopie van Windows daarop te laai en dan weer Vegas 8.0 daarop te sit. Sodoende fnuik ek die lisensie en kan ek die filmpie klaarmaak. Muwhahaha.
2. Cobus Potgieter (slagwerker en filmmaker van formaat) het na meer as ‘n jaar daarin geslaag om Annemarie Venter (matrikulant van formaat) uit te stof vir die gesogte R50 e-mali. Sy R50 word eersdaags oorhandig. Vir haar volgehoue deelname kry Annemarie ‘n troosprys.
3. Na verskeie ontsporinge is ek weer aan ‘t werk vir my tesis. Ek speel onder andere met die idee van ‘n kwantitatiewe studie, waarmee ek onder meer die volgende wil uitvind:
Waar het Afrikaanse blogs begin? Wie was eerste?
Hoekom blog Afrikaanssprekendes?
Waaroor blog Afrikaanssprekendes?
Tot watter mate beïnvloed geslag, ouderdom, herkoms en ander faktore inskrywings?
Tot watter mate is daar sprake van ‘n sogenaamde hive mentality onder bloggers?
Etcetera.
Ek wil kyk of ek ‘n soort “familieboom” van bloggers kan opstel. Omdat ek baie van julle se gedagtes oor die volgende paar maande gaan beloer, sal ek relevante hoofstukke hier plaas in die vorm van .pdf’s, sodat julle kan lees wat oor julle geskryf word en kapsie kan maak indien ek onwetend snert kwytraak. Die finale tesis sal hopelik op my aandrang (iewers aan die einde van 2009) ook nie vir finale assessering gestuur word voordat ‘n preliminêre weergawe hier beskikbaar gemaak is vir besigtiging nie.
Nou ja toe, laat ek verder gaan lees. Effects of Age and Gender on Blogging (deur Schler, Moshe, Argamon en Pennebaker) hier kom ons.
Een van die noodwendige (somtyds noodlottige) gevolge van my tutorskap by Die Departement is dat my studente opdragte inhandig wat gemerk moet word. Departementele beleid stipuleer dat geen laat inhandigings aanvaar sal word nie, wat natuurlik van die mees onoorspronklike verskonings op die planeet na vore bring.
Soos byvoorbeeld: die rekenaars in HUMARGA kon nie print nie. Die printers in HUMARGA is offline. My flashdisk is stukkend. (Dan wys hulle vir jou die flashdisk asof jy machine code deur plastiek met jou brein kan lees). Ek dien op tagtigduisend komitees in my koshuis. My laptop het toevallig gebreek net voor die sperdatum. My poegie het aan die brand geslaan op die kritieke oomblik wat ek hierdie opdrag in jou vakkie moes kom gooi. My ouma is weer dood. Ek het dit in jou vakkie gegooi (regtig? ek het dit nie daar gekry nie) Nee, maar ek het dit regtig daar ingegooi. (Ek het dit nie gekry nie.) Ek het ek sweer.
Genugtig.
Sê net vir my reguit jy het vergeet om dit te doen, dan kan ons dalk praat. Moet tog net nie in my gesig vir my kom Frank Bot…err…lieg nie. Sies man.
Sjoe. In Gister se Die Burger:
ORANIA. – Die Vryheidsfront Plus het ’n veldtog begin om deur aktivisme oor kwessies soos regstellende aksie en die taalstryd die studenteraad (SR) van die Universiteit Stellenbosch te probeer oorneem.
Kom ons wees nou eerlik: enigiemand wat die US se studenteraad wil oorneem met partypolitiek gaan lelik les op sê. Sake werk eenvoudig net nie so hier nie.Veral nie met so ‘n taktiek nie:
Dit sal nie met die volkstaat­beleid, wat steeds sentraal tot die VF+ staan, wees dat Maties oorgehaal sal word nie.
Die tipe Afrikaner-volksgebaseerde aktivisme wat so goed in die res van die land gewerk het, is nou Stellenbosch se voorland.
Kom weer? Twee probleme:
1. Stellenbosch is nie in ‘n sosiopolitieke konteks gesitueer waar Afrikaans net die taal van die witman is en wit studente ‘n probleem het om saam met ander rasse in ‘n koshuis te woon nie.
2. Die enigste politiek wat ooit hier sal werk, is koshuispolitiek. Dis ‘n baie sterk dryfkrag. Rasse word saamgesnoer onder die vaandel van een huis – Helshoogte, Nerina, Eendrag, Sonop, watookal. Dis (soos enige soort trots van hierdie soort: skooltrots, koshuistrots, sportspantrots, etcetera) absoluut sinneloos, maar dit werk en dit bind. Ek het vriende wat ek nooit op skool sou gehad het nie, omdat ek gedwing was om my kop te swaai.
Volksgebaseerde aktivisme sal nooit werk by Maties nie, want die “volk” is dood. (Good riddance.) Indien die “volk” wel herleef, blyk doen, doen hulle dit in ‘n verdraagsame en positiewe manier, soos Adam Tas.
Ter afsluiting wil ek graag hierdie stukkie ook aanhaal, aangesien dit vir my kostelik was:
[Cornelius van Rensburg, landwye jeugleier van die VF+,] het aangevoer die Afrikaner is tans magteloos teen die regering. “Hoe vry is ek as ek geen vooruitsigte vir werk in Suid-Afrika het nie omdat ek wit is? Hoe vry is ek as ek weens velkleur nie toelating tot mediese studies kan kry nie, maar swart studente met gemiddeldes onder 60% word toegelaat? Hoe vry is ek as regeringsbeleid bepaal saam met wie ek in ’n koshuis kan bly?”
Cornelius het natuurlik ‘n geldige punt beet oor werkloosheid van wit Afrikaners. Maar kyk mooi: die man wat kla oor werksvooruitsigte sit dubbel en dwars met sy gat in die botter – as jeugleier van die Vryheidsfront. Snaaks.
Vryheidsfront (en ANC, DA en wie ook al nog), ek gaan dit lelik in Engels sê, sodat julle my mooi kan verstaan:
Stay the fuck off my campus.
Dankie.
Helshoogte het ‘n massiewe plasmaskerm gekry. Omdat daar dinge op vertoon word (meer eintlik omdat ons graag die bemarkingsafdeling vir Jool wil wen), het ek en Stephan nog ‘n advertensie geskiet. Dis my eerste video met difference masking – ‘n sluwe set om die agtergrond van ‘n toneel te vervang met ‘n ander een sonder om enigsins blou- of groenskerms te gebruik.
Die statistiek in die video is taamlik akkuraat, maar steun op geen navorsing van buite nie en is bloot ‘n projeksie. Don’t quote us.  Geniet (en draai jou bas- en volumeknoppies vol) :
<object width='425' height='350'><param name='movie' value='http://www.youtube.com/v/IVo-J3Jj9Dg&rel=1&fs=1&showsearch=0&hd=0' /><param name='allowfullscreen' value='true' /><param name='wmode' value='transparent' /><embed src='http://www.youtube.com/v/IVo-J3Jj9Dg&rel=1&fs=1&showsearch=0&hd=0' type='application/x-shockwave-flash' allowfullscreen='true' width='425' height='350' wmode='transparent'></embed></object>
(Omdat ons hierdie keer met ‘n pixel aspect ratio van 16:9 – met ander woorde widescreen – gewerk het en YouTube dit nou nog nie ondersteun nie, behoort alles effens saamgepers te lyk. Jig.)
Ek was onlangs saam met Bertus! en Hugo by die Freethinking Maties se Darwin-gedenkdag, waar ‘n dokumentêr oor Charles Darwin se lewe vertoon is. Benewens die soms ondergemiddelde toneelspel (in dele waar aangedikte staaltjies oor Darwin se lewe geënsceneer is) was die een ding wat my gepla het die manier hoe die kampus se “vrydenkers” klakkeloos na ‘n skerm gestaar het asof dit Jesus self was. Dit was soos Faith Like Potatoes vir nie-teïste.
Tewens, die film was soos ‘n erediens. Elke grappie, hoe flou ook al, is met hartlike lagbuie begroet. Die meerderheid van die wetenskaplikes waarmee daar tussen sketse onderhoude gevoer is, het woorde soos: “we can be almost certain” en “we believe” gebruik. (Dit sluit Stephen Jay Gould in.) Daar was ‘n massiewe klomp onlogiese stellings in die dokumentêr, sowel as ‘n amper irrelevante verskyning, as ‘t ware ‘n anomalie, deur ‘n katolieke, evolusionêre bioloog.
In ‘n neutedop was dit ‘n middelmatige film wat, sou ek ‘n anti-evolusionis met ‘n kritiese ingesteldheid wees (ek is seker daar is ‘n paar van hulle daarbuite), my glad nie van die teendeel sou oortuig nie. Tog het die Freethinking Maties die film verslind as ‘n soort preek. ‘n Gedenkdiens. (Of so het dit gelyk, in elk geval.) Die atmosfeer van die hele affêre was een van godsdienstige getrouheid aan ‘n vasgestelde klomp idees. Van ware vrydinkery was daar nie veel sprake nie.
Nodeloos om te sê het ek en my medebloggers dit taamlik amusant gevind.
As daar ooit ‘n kans was dat ek by die Freethinking Maties sou aansluit, is dit nou spoorloos. Ek dink hulle kan gerus hulle naam verander na Ateïste Anoniem – dit sal ten minste eerlik wees.
Ontkenningsklousule: As jy in hierdie inskrywing ‘n mening vir of teen evolusie / ateïsme sien, lees jy my verkeerd. Die kwessie hier is skynheiligheid.
Die voordeel van ‘n massiewe skerm (of dan die magiese kombinasie van muur plus projektor) is dat jy Steve Hofmeyr se blog kan besoek in bonatuurlike resolusies. Jy kan dan soos ‘n klein seuntjie giggel terwyl Henno langs jou op die couch sit en ‘n tennisbal na sy pelvis gooi in ‘n poging om die…um…nedergedeeltes te tref.
Genugtig. Dis 3:41 op ‘n Dinsdagoggend en ek sit alleen op die negende verdieping van Helshoogte en staar na ‘n wit muur. Darem nie sonder rede nie – agter my kop is ‘n projektor besig om die lelieblank muur te ontsier met ‘n massiewe instansie van Firefox, wat die text box waarin ek hierdie inskrywing maak onheilspellend groot laat lyk. Om my (oor Henno se 5.1 Surround Sound-luidsprekers) speel ‘n gedeelte van die Helshoogte-Minerva Venstersklankbaan. Te veel desibels hier…te min Midrange frekwensies daar…such is the life of an aspiring producer:
Diegene van julle met skerp oge sal aflei dat ek tans na Explosions in the Sky luister. Dis mooi rustig en melankolies. Diegene van julle met ‘n skerp geheue sal besef dat ek normaalweg nie sulke musiek luister nie. Verbasend genoeg doen ek dit deesdae. (Ek verpes egter nog steeds Iron & Wine. ‘n Mens verstik in die rustigheid daarvan.) En die van julle wat werklik getrou hier kom inloer sal besef dat ek onsettend lanklaas ‘n inskrywing oor myself en my huidige emosionele toestand gemaak het.
Dis seker maar wat gebeur as jy afgesonder in ‘n groot baksteengebou op ‘n leë studentedorp sit en jou meisie mis. Nadat jy gedink het jy sal nooit weer iemand mis nie. En nou luister jy Explosions in the sky. Good grief.
Hierdie soort inskrywing gaan nie weer baie vinnig kom nie. Ek het vir lank ‘n ongesproke reël op hierdie blog gehad dat ek nie te veel oor myself wil skryf nie. Ek staan daarby – ek dink dis onbelangrike beunhasery. Maar soms is dit juis anomalieë wat die lewe spesiaal maak.
So hier is dit. ‘n Inskrywing oor myself. Twintig minute van my lewe waarin ek eintlik moes slaap of aanlynnavorsing vir my MA-tesis gedoen het. En eintlik ook nie.
Nag.
My lewe bestaan tans uit luiwees (want dis na alle waarskynlikheid een van die laaste vakansies voordat ek in die sogenaamde grootmenswêreld invoeter) irritasies (want my Sony MainConcept lisensie het verval en ek kan nie my rou beeldmateriaal access en die babafilm klaarmaak nie) pret (ek speel weer Planescape Torment, seker een van die beste RPG’s wat nog ooit gemaak is – en dit dateer uit die vorige millenium) kopkrap (ek wil die [TYDSkrif] projek binne die volgende paar dae op die been kry, maar kan nie toegang tot ons webspace kry nie) beplanning (oor ‘n paar dae ry ek terug Stellenbosch toe om navorsing vir my MA-tesis te begin en ‘n klankbaan op te neem) ontdekking (ek het ‘n isiXhosa handboek gekoop) en nostalgie.
Ek het ‘n liedjie ontdek wat ek saam met Jacques in 2005 in my kamer opgeneem het. Dit was ‘n eenvoudige sessie – ons en ons kitare, goedkoop mikrofone, ‘n PA mixer en drade.  Baie drade. Trou aan Wattage se erfenis is die liedjie geïmproviseer sonder voorafgaande beplanning. Woorde inkluis:
<object type='application/x-shockwave-flash' data='http://wordpress.com/wp-content/plugins/audio-player/player.swf' width='290' height='24' id='audioplayer1'><param name='movie' value='http://wordpress.com/wp-content/plugins/audio-player/player.swf' /><param name='FlashVars' value='&bg=0xf8f8f8&leftbg=0xeeeeee&lefticon=0x666666&rightbg=0xcccccc&rightbghover=0x999999&righticon=0x666666&righticonhover=0xffffff&text=0x666666&slider=0x666666&track=0xFFFFFF&border=0x666666&loader=0x9FFFB8&soundFile=http%3A%2F%2Fwww.hotlinkfiles.com%2Ffiles%2F809333_bqpjc%2FWattage-Booswigte.mp3' /><param name='quality' value='high' /><param name='menu' value='false' /><param name='bgcolor' value='#FFFFFF' /></object>
Daar is so baie dinge waaroor ek wil blog (die Skatlam het glad ‘n lysie gemaak), maar ek is lui. Mag ek nog ‘n paar dae lui wees?
Ek het sopas vir die laaste keer ooit tee gemaak vir Die Departement. Het julle enige idee hoeveel tee vanjaar onder my hande deurgeloop het? Ek’s invincible, dêmmit! FEEL MY WRATH! I AM THE TEA WHISPERER!
[curtsy]
[exeunt]
Ek het Poena is Koning gaan kyk. En ek dink nie dis kommin nie. Kru? Verseker. Amateuragtig geskiet? Sadly yes. Maar kommin? Nie in die minste nie. Dit vra nie om ‘n kunsfilm te wees nie. Poena is Koning is so min kommin soos wat Sunlight Liquid of McDonalds kommin kan wees.
Sodra my akademiese werkslading ligter word (die einde is in sig), sal ek my nederige duit in die armbeurs oor Esterhuizen se flonkerende gou gans slinger. Dis toe ingewikkelder as wat ek gedink het.
Bosparra.com het my hulle blog van die week gemaak. Dankie ouens!
Die onderstaande filmpie is die resultaat van die eerste verfilmingsprojek wat ek en Stephan Marais onafhanklik aangepak het. Dit was ‘n uiters leersame ervaring. Brandpunte waaraan daar nog aandag gegee kan word (maar waaraan ek myself net nie meer gaan steur nie weens ‘n verlies aan tyd) sluit in audio wat clip, kontinuïteitsfoute en jerky video. R50 e-mali vir die een wat die meeste diskrepansies kan uitwys. Kyk dit, toe – dis vir liefdadigheid. En daar’s kwaito in:
<object width='425' height='350'><param name='movie' value='http://www.youtube.com/v/JiniiAFFIag&rel=1&fs=1&showsearch=0&hd=0' /><param name='allowfullscreen' value='true' /><param name='wmode' value='transparent' /><embed src='http://www.youtube.com/v/JiniiAFFIag&rel=1&fs=1&showsearch=0&hd=0' type='application/x-shockwave-flash' allowfullscreen='true' width='425' height='350' wmode='transparent'></embed></object>
Volgende op die lys: babas.
In ander nuus: Die kernredaksie van [TYDskrif] mag moontlik agtergekom het dat korrespondensie vir ‘n wyle spoorloos verdwyn het. Die rede hiervoor is tweeledig: enersyds het ek die afgelope tyd gesukkel om tyd in te ruim vir breedvoerige e-posse, andersyds het ek my hardeskyf geformatteer, so al my netjies gestoorde e-posse lê tans iewers en wag in gerugsteunde .dbx’s. Belangrik, egter: [TYDskrif] (of wat ons ook al op die ou einde besluit om dit te noem) gaan sonder twyfel realiseer. Moenie ophou inskrywings voorlê nie en moet veral nie bang wees om jou eie inskrywings in te stuur nie.
Want dis lekker.
Statisties gesproke het ek drie russiese lesers. Stort jy?
Arcadia het my getag om 8 lukrake dinge oor myself te vertel. Ek het reeds ‘n soortgelyke inskrywing gemaak, maar kan nie ‘n medeblogger teleurstel nie. Hiermee dus 8 dinge oor my onmiddelike self:
Ek en ‘n koshuisvriend skiet môre ‘n kort bemarkingsvideo.
Ek is besig met ‘n opstel oor die noodgedwonge verwestering wat ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling teweegbring en die implikasies daarvan vir die taalbeleid van en taalbeplanning in Suid-Afrika. Dit moet môre in.
Daar is ‘n groot plakkaat bo my rekenaar met ‘n kitaarspelende Angus Young, waarop daar staan: Nobody ever yells “WE WILL WE WILL R&B YOU”
Vir middagete het ek ‘n hamburger en aartappelslaai geëet.
Eendrag (wat gedeeltelik afgebrand het) se dak word vreeslik vinnig herbou. Ek kan nie meer kaal in my kamer rondloop nie, want dan sien die konstruksiewerkers my.
Die laaste boek waardeur ek geblaai het, is Language and society in Africa: The theory and practice of sociolinguistics. Dit lê langs my skerm.
Twee mense het sopas in my kamer ingeloop en wisecracks oor Fokofpolisiekar en die ATKV gemaak.
Tydens onlangse navorsing (ja, navorsing) het ek op hierdie video van Papa Roach afgekom:
<object width='425' height='350'><param name='movie' value='http://www.youtube.com/v/lXCAh8dkL5M&rel=1&fs=1&showsearch=0&hd=0' /><param name='allowfullscreen' value='true' /><param name='wmode' value='transparent' /><embed src='http://www.youtube.com/v/lXCAh8dkL5M&rel=1&fs=1&showsearch=0&hd=0' type='application/x-shockwave-flash' allowfullscreen='true' width='425' height='350' wmode='transparent'></embed></object>
Wie onthou dit? Jackson Pollock kan gaan doppies blaas, dis die mooiste chaos wat ek nog ooit gesien het.
Wat het jy in die afgelope uur gedoen?