Laasweek het ons bietjie 'n roadtrip deur die sandduine van Arabie onderneem na die Hatta-poele, 'n natuurlike minerale bron in die middel van die woestyn, in Oman, ons buurland. Wat is Arabie dan nou sonder kamele? Hierdie kerel het baie nuuskierig nader gestaan toe ons langs die pad gestop het om hulle af te neem.
Ek en Jay op die VAE/Oman-grens. Die 51ste land se grens wat ek oorsteek. Mens ry sommer so oor, sonder paspoortbeheer. Die poele is in Oman, en op pad soontoe ry mens ook 'n ent deur Oman, dan weer terug in die VAE en dan weer oor die grens na Oman. Geen paspoortbeheer. Net 'n bord en dan skielik is jy sommer in 'n ander land. Dis eintlik nogal weird, ek het gedog die VAE is besig om sy grense te seel, in die verlede was die grense nogal oop. Duidelik is daar nog plekke waar die grens oop is. Die landskap verander natuurlik nie, maar die boustyle wel, en in die winkels kry jy kleingeld in Omani rial.
Dis in Oman, die pad na die Hatta-poele. Dis eenvoudig skouspelagtig mooi. En dis natuurlik my skouspelagtig mooie Subaru wat daar staan! Hy't hom baie goed gedra op die grondpaaie, wat meer soos SA grondpaaie was as Namibiese grondpaaie. Sleg, dus. Die paaie klim op-op en op, en dan daal hulle weer baie skielik, daar was nogal 'n paar groot en baie steil afgronde wat voor my opgedoem het, amper soos 'n roller coaster.
Dis die Hatta-poele. Eintlik het die plek 'n ander naam, want dis nie eens naby Hatta (in die VAE) nie, dis in Oman naby geen dorp nie. Maar ek kan nou nie die Omani naam onthou nie. Die water vloei letterlik sommer so uit gate in die rotse, heerlik koel. Ek het lekker geswem. As mens in ag neem dat die omgewing geheel en al kurkdroog is, besef jy hoe spesiaal is hierdie poele. Ongelukkig is daar bietjie rommel.
Dis hoe dit lyk na die ander kant van die poele, van waar mens inkom. Die poele is in 'n canyon, met steil kranse aan weerskante.
In Dubai kan jy na 'n spa gaan en jou voete in 'n poel water sit en klein vissies dan aan jou kom hap. Dit kos omtrent R600 as jy dit in Dubai wil doen. By die Hatta-poele kan jy dit heeltemal gratis in 'n heeltemal natuurlike omgewing doen. Mens kan nie so mooi sien op die foto nie, maar kyk naby, daar's 'n hele skool vissies daar wat aan my voete kou. Na die tyd voel die vel heerlik sag en glad.
Hierdie is weer terug in die VAE, dis op die pad tussen Hatta en Dubai, waar mens van die grootste sandduine in die VAE kan sien. Ek het lekker hier op die sand gery met my Subaru, maar ek het liefs nie die duin self probeer uitry nie, ek dink nie die kar sal dit kan hanteer nie. Daai wit kar daar in die agtergrond sit juis vas.
Ek woon in ‘n plek genaamd International City, soos ek al voorheen geblog het, in die buurt genaamd Spanje. Die area (dis groot, ‘n hele nuwe woonbuurt, dink byvoorbeeld Parklands in die Kaap) is nog baie nuut en nie al die paaie is klaar of al die tuine aangeplant nie. Ek woon die afgelope twee weke langs ‘n groot sloot in die woestynsand, waar vermoedelik plaveisel en palmbome gaan kom, maar nog niks het gebeur nie. Dis eienaardig hier in Dubai, soms lyk dit of alles stilstaan en dan oornag gebeur dit, die volgende oggend as jy wakker word is daar sommer ‘n splinternuwe, nuutgeverfde gebou langs joune, of nuwe bome waar daar gister sandduine was. In elk geval, elke aand as ek huis toe ry, moet ek by ‘n vulstasie net so langs die buurt afdraai, en dan is daar ‘n sandpad so oor die woestyn na International City. Dis een van die nie-amptelike toegangsroetes, want die ander een is heelwat verder, en die ander is aan die verkeerde kant van die pad (dis vir ‘n volgende post, die U-draai-kultuur in hierdie plek gaan my verstand te bowe . . . ) Wat ek steeds nie kan verstaan nie, is die oorweldigende meerderheid mense in hierdie land ry 4×4-motors, reusagtige goeters soos Hummers en Toyota het so ‘n nuwe een wat nie in SA is nie. Maar wanneer hulle daai stukkie sandpad ry na International City, stop hulle omtrent dood, asof hulle oor glasstukke ry. Dis ‘n doodgewone, reguit, plat stuk sand, al hard gery en jy kan dit met ‘n gewone kar ry. Maar ek begin al meer dink ‘n klomp mense hier verstaan nie eintlik hoe werk karre nie. Want hoekom byna dood stop op ‘n reguit stuk sanderige pad? Dieselfde gebeur met spoed-hobbels in die paaie. Baie mense stop letterlik omtrent dood om oor die ding te ry. Sover ek weet, moet jy net stadiger ry, dis die idee van ‘n spoed-hobbel, om jou spoed te breek. Wat daai sandpad aanbetref, ek ry met my Subaru teen dieselfde spoed as op die teerpad daar oor, dis tog ‘n pad. Miskien ken die mense hier nie grondpaaie nie. Maar meer as dit, hoekom op dees aarde ‘n 4×4 koop as jy nie ‘n clue het hoe om die ding te gebruik nie? Nie eens besef dat hy nogal goed vaar op sanderige paaie nie?
Vroeer die week het ek bietjie na Dibba gery, dis so 150 km van Dubai af, die ‘Riviera’ van die VAE. Dis ‘n hele strook van vakansiehotelle, mooi strande, palmplantasies en heelwat koeler weer. Ek wou eintlik Fujeirah sien, maar het dit toe net tot in Dibba, so 70km noord van Fujeirah, gemaak. Daar is nog baie tyd . . .
Om in Dibba uit te kom, ry jy op die Fujeirah-pad, deur allerhande klein dorpies soos hierdie, waar die hele hoofpad vol matwinkels is. Dis my kar wat daar voor staan. Mens kan nie eintlik in die VAE bly sonder 'n kar nie, dis nou maar net een van daai dinge. Maar met 'n kar is Arabie jou oester.
In 'n stadium raak die omgewing heel bergagtig, eintlik nogal skouspelagtig. Dis nou maar droe berge, met hier en daar 'n boompie, maar dis mooi uitsigte.
En dit is hoekom mens die pad na Dibba sou aanpak. 'n Heerlike strand en die Indiese Oseaan. Hulle noem hierdie deel die Golf van Oman. Dibba is heelwat koeler as Dubai, dit was 36 (teenoor Dubai se 42). 'n Merkbare verskil, lekker koel! En die see is koud, nie die louwarm badwater van Dubai nie. Daai goeters wat in die see dryf is opblaas-klouterdinge. Jy kan swem tot daar en dan opklim. Soos 'n jumping castle in die see!
Daar is baie hotelle langs die see. Hierdie is die JAL Hotel (soos in Japan Airlines), daar was lekker reggae-musiek. En net enkele toeriste, want dit was in die middel van die week. Hier kry ek en Jay bietjie son.
Op pad terug. Die omgewing het my baie aan die Karoo laat dink. Ek het begin dink die VAE is net sand, soos mens sien die oomblik as jy uit Dubai ry, maar duidelik is daar dele met 'n mate van plantegroei en meer klipperig. Net soos die Karoo, hierdie kon naby Laingsburg gewees het . . .
Masafi is die bekendste minerale water hier. Hierdie is die dorp Masafi. Met die hele hoofstraat vol vrugtestalletjies. Ons het mangos gekoop. Plaaslike mangos. Die mense daar het vertel al die vrugte wat hulle verkoop is plaaslik. Seker omdat daar baie water in Masafi is.
Ek het op vandag se trippie na Fujeirah (wat toe nie in Fujeirah aangekom het nie, maar wel in Dibba, net noord daarvan), ‘n paar interessante dinge gesien:
Groot potte op ‘n verkeersirkel in die middel van die pad.
‘n Reusagtige (werkende) olielamp op ‘n verkeersirkel in die middel van die pad.
‘n Mooi huis op ‘n groot rots. Ja, daar is rotse in die woestyn. Nie alle huise hier is op sand gebou nie. Ek het baie ander mooi dinge gesien. Meer daaroor later.
Hier kan ek rondhang vir 'n paar dae . . .
Ek het gisteraand die besprekings vir my komende vakansie afgehandel. Ek is nou net meer as vier maande in Dubai, nog geen verlof gevat nie. Ek mag teoreties onbetaalde verlof vat, maar eers na ses maande mag ek amptelik verlof vat. Ek kan nie meer wag nie. Ek wil ‘n paar weke lank net iewers anders gaan en vergeet van werk. Ek geniet dit op die oomblik om die VAE te verken, maar ek begin voel ek wil regtig graag ‘n bietjie groenigheid sien. Dubai is groen, so veel as wat ‘n woestynstad nou groen kan wees, en ‘n plek soos Al Ain is besonder groen, soos wat ‘n woestyn-oase groen kan wees. Maar dis nie daai oorweldigende, tropiese groen wat mens in plekke soos Suidoos-Asie, een van my gunstelingbestemmings, of die Kaap in die winter sien nie.
Eers vlieg ek via Doha na Johannesburg, dan na die Kruger-wildtuin, dan Kaap toe, dan terug via Doha na Dubai. Dan vlieg ek daai selfde dag via Hongkong na Manila, in die Filippyne (foto bo), een van drie (uit die nege) lande in Suidoos-Asie waar ek nog nie was nie (die ander twee is Indonesie en Mjanmar). Dis bietjie van ‘n ompad-vliegery, maar dis minstens die helfte goedkoper as wat ‘n meer direkte roete sou wees. Die vreemdhede van internasionale lugvervoer . . . Ek werk nog aan my projek om al die lande in die wereld te besoek. Trek by 50 en tel nog . . .
Intussen gaan ek more bietjie Fujairah toe ry, dis die enigste stad (en emiraat) in die VAE aan die Indiese Oseaan. Op pad soontoe sien mens glo allerhande ou moskees, op een plek is daar blykbaar ‘n dorpie en moskee wat al bewoon word sedert 400 of 500 v.C. Klink heel interessant. En jy ry oor skouspelagtige berge.
Ek het nou die dag my wonderlike nuwe ryding beproef op die lang pad, Dubai-styl. Wel, soortvan die langpad, eintlik net ‘n kort entjie tot in Umm al Quwain, een van die sewe emirate, so 50km van my huis af. Jy klim op Emiratesweg en ry deur die betonoerwoud van Sharjah (ook ‘n emiraat), en dan Ajman (nog ‘n emiraat) en dan raak die geboue weg en word dit woestyn. Dan kom jy in UAQ aan, wat soos Yzerfontein voel na die wolkekrabbers van Dubai. ‘n Lieflike plekkie, ek het nie verwag om so-iets so naby aan Dubai te kry nie. Daar is byna nie ‘n wolkekrabber in sig nie, net eenverdieping-geboue, geen neon en reuse-advertensieborde nie (dis eintlik skoon vreemd, by die stopstrate is sulke klein (A4) plakkate opgeplak wat waarsku teen dwelms. Byna geen karre nie, geen mense nie. Maar dit het seker ook te doen gehad met die feit dat dit so warm was oor die middaguur. My vriend Jay was net so uitgelate soos ek in die nuwe dorpie.
Daar is enkele hotelle in UAQ, soos die Flamingo Beach Resort (hierbo) en die Barracuda Beach Resort, wat bekend (berug) is daarvoor dat jy daar bootleg-drinkgoed kan koop. Sonder ‘n lisensie. Dis een van daai dinge hier, mens mag nie alkohol koop sonder ‘n lisensie nie, behalwe in UAQ, maar jy mag dit nie vervoer sonder ‘n lisensie nie. Maak nie eintlik sin nie. Die Flamingo Hotel hierbo is op die strand en het mooi groen tuine, maar daar was net enkele Oos-Europeers buite in die bloedige hitte. Die see is natuurlik helderblou, en louwarm. En van wat ek hoor ‘n duikersparadys.
So lyk ‘n tradisionele Arabiese huis in UAQ. Dubai het ook eens op ‘n tyd so gelyk. Nou is daar net een ‘historiese’ deel in Dubai waar nog sulke geboue is, reggemaak natuurlik en baie van hulle omskep in winkels, natuurlik.
So lyk ‘n tradisionele Arabiese huis in die moderne tyd.
Hierdie vliegtuig staan in die woestyn net buite UAQ. Dis een van daai reusagtige Russiese vragvliegtuie. Hy’t ‘n baster-baba gekry wat nou onder hom staan.
Twee avonturiers in die woestyn.
Wat het ons hier? Dis mos ‘n chicken braai pack. Maar kyk ‘n bietjie nader. Moenie worrie nie, jy’s nie dronk nie, die foto is uit fokus, want my kamera kan nie close-ups doen nie. Daar’s Arabies geskryf op die pak. En dan sien jy dis verpak in Dubai. En die hoenders kom van Oman, ons buurland. Braai pack? In Dubai? Afrikaans reis ver . . . Tot in ‘n Dubaise hoenderfabriek en dan tot in die Spinneys in Jumeirah . . .
En wat het ons hier? Regte egte boerewors, gemaak in Dubai, en pap (Iwisa van Suid-Afrika, te koop in Spinneys). En sommer bietjie plaasboontjies ook. En natuurlik sous by die pap, met Mrs Ball Chutney in soos dit hoort. Ek het hier in Dubai bietjie minder militant vegetaries geraak, ek eet nog altyd vis, so dis niks nuuts nie, maar ek eet nou af en toe hoender, en by reusagtige uitsonderings, soos wanneer ek boerewors in ‘n Midde-Oosterse supermark kry, eet ek rooivleis. Dit was werklik lekker, ek was eintlik stomgeslaan. Geproe soos ‘n regte boerewors by die huis.
So lyk my nuwe yskas:
Want so lyk die oue. Hy’t klaar ‘n nuwe huis.
Maar wag ‘n bietjie. Wat is dit daar bo op die yskas? Dit lyk mos soos ‘n Morphy Richards-broodrooster. En heuningkoek. En appelpastei. En Portugese broodjies. En ‘n spyskaart vir wegneem-etes wat op jou voorstoep afgelewer word. As jy regtig wil, hoef jy nie jou voet in ‘n winkel te sit hier nie, want almal kom na jou toe. Jy kan enige kos wat jy van droom bestel by enige restaurant, nie net wegneemplekke nie. Hulle bring dit. Die wassery kom haal jou wasgoed en bring dit terug. Die kruidenierswinkel bring jou brood en melk. Jou kredietkaart word by jou huis afgelewer. Tot dusver het ek nog nie enige van hierdie dienste gebruik nie, want die kruidenierswinkel is oorkant die pad, en my klere vat ek sommer self wassery toe. Die kredietkaart het ek wel ontvang toe hy hier aankom.
Terwyl ons nou so lekker voyeuristies is, kom ons kyk sommer hoe lyk die res van rondloper se huis. Dis die sitkamer met sy mooi leerbank:
Dis die studeerkamer. Dit was vandag wasdag. Klein goedjies was ek self, die res vat ek wassery toe.
Dis die TV. Met 160 satellietkanale (waarvan ‘n klomp ongelukkig in Arabies is, maar die Arabiese sportkanale is heel kykbaar. Dis ook pret om soms Irak-TV te kyk, en Iran-TV, en Egipte-TV, en Saoedi-TV . . . Ek het ook onder meer Russiese, Roemeense, Spaanse, Franse, Duitse, Chinese, Nederlandse en Koreaanse-kanale).
Dis die eetkamer:
En dis wat ek vanaand geeet het. Tusigemaak, nie bestel nie. Dis Tinola, dis ‘n Filippynse dis, hoender met papaja, brandrissie, gemmer, knoffel, blaarslaai, spring onions. Heerlik.
Wanneer die son begin sak hier oor Dubai, en die geboue pastelkleure begin aanneem, en die muezzin mense begin roep om te gaan bid . . .
Dan is die beste ding om te doen, om in die kar te klim, en see se kant toe te mik. Van my af ry ek met die Ras Al Khor-pad, tot by die Emirates Road-afdraai, en dan mik ek in die rigting van die Burj Al Arab. Dit is die son op hierdie foto, nie die maan nie.
Daar is drie openbare strande in Dubai, die ander moet mens betaal voor of behoort aan hotelle. Die Jumeirah Open Beach is heeltemal lekker, maar soms bietjie vol. Die strand by die Burj Al Arab is die beste. Deesdae is dit saans so 30 grade, die seewater is min of meer dieselfde temperatuur. Daar is vir my niks lekkerder as om in die warm water van die Arabiese Golf rond te dryf terwyl ek my verlustig aan die laserskouspel wat die Burj Al Arab is nie. Wanneer dit begin donker raak, is die kalm, warm seewater net die plek. Wanneer jy uitklim is daar gewoonlik ‘n ligte briesie wat waai. Net wat mens nodig het na nog ‘n dag van 45 grade. Ek het nog nooit in my lewe sulke warm seewater gevoel nie, en ek het al in al die wereld se oseane geswem, en ‘n paar groot mere ook. Maar op sy manier is dit nogal wonderlik, as jy inloop is daar nie daai ysige Kaapse koue wat jou asem wegslaan nie, nee, eerder ‘n louerige, potblou see waar jy ure lank kan ronddryf sonder om koud te kry, maar tog kom jy weg van die ongelooflike hitte hier.
En jy sal nie sommer vergeet dat jy nou in Arabie is nie.
Met goeie geselskap is die aand perfek. Wat meer kan ‘n mens vra?
So lyk hy . . .
Oral langs die pad in Dubai is sulke reusagtige, helder-verligte tekens. Dis gewoonlik in Arabies, maar nou die dag langs Emirates-weg het ek een gesien in Engels. Daar staan iets in die lyn van: ‘Ons visionere leiers’. Die ou in die middel is DIE sjeik (van Dubai), die ander twee is ook sjeiks, hulle is sy seuns. Hy het baie seuns en dogters. Hulle is almal sjeiks. Hulle is ook almal ministers of voorsitters van maatskappye. In baie gevalle is hulle ministers EN voorsitters van maatskappye. Die minister van vervoer is byvoorbeeld ook die eienaar van ‘n motormaatskappy en besit ‘n koerant. Daar is nie so-iets soos botsende belange hier nie. Ek lewer geen kommentaar nie, ek stel bloot die feite wat vanselfsprekend is. Die sjeik links is nogal aantreklik en hy word soos ‘n ‘brand’ gebruik oral in Dubai, mens sien hom meer op reusagtige posters as enigiemand anders, hy dra dikwels ook ‘n sonbril op die poster.
Bertus! het reeds geskryf oor die arme tranvestiete wat nie meer welkom is in die VAE nie. (Ek wil dalk net byvoeg dat ek nie daai artikel gesub het nie, dit kort werk . . . ) Ek wonder nou net by myself, hoe gaan die polisie weet of die persoon wat hulle wil arresteer ‘n man of ‘n vrou is. Gaan enige vrou wat dalk haar grimering te dik aangesit het en ietwat vreemde klere dra, aangesien word as ‘n transvestiet? Daar’s baie van hulle hier, hulle kom saans uit in plekke soos Bur Dubai en dan doen hulle ‘besigheid’. Sal daar ‘n toets wees om die objek van suspisie se geslag te bepaal? En as hulle dalk verkeerd is, sal die persoon hulle mos kan aankla vir onsedelike aanranding of iets. Want ek kan nie dink dat die toets anders as visueel sou kon wees nie.
Daar was ook gister in my koerant ‘n berig oor twee vroue wat op die strand in Sharjah in hegtenis geneem is omdat hulle mekaar glo gesoen het. Volgens die polisie het hulle ‘bo-op mekaar geslaap’ en ‘opgetree soos ‘n getroude paartjie’ toe hulle op die strand was. Hulle was in die hof en is nou albei gevonnis tot ‘n maand in die tronk en daarna word hulle gedeporteer huis toe, die een gaan Bulgarye toe en die ander een Libanon.
Gewoonlik wanner die polisie jou langs die pad voorkeer, klop die meeste mense se harte waarskynlik ‘n bietjie vinniger. Selfs meer so hier in Dubai, want jy wonder dalk of daai onwettige bier wat jy in die spaarwiel weggesteek het, gekry gaan word, en of jy onthou het om die (‘goedkoop’) Chinese DVD wat iemand vir jou geleen het, uit die kar te laai. Maar minstens volgende week kan jy uitsien daarna om deur die polisie gestop te word. Hulle gaan ‘goeie’ bestuurders, mense wat basiese padreels navolg (soos om jou veiligheidsgordel te dra en in jou baan te bly – iets wat krisis-afmetings kan aanneem as jy dit nie doen in die sirkels hier nie, wat nie beteken dat mense wel in hul bane bly nie . . . ) beloon met ‘n kontantbetaling van Dh750 (so R1600), net daar waar hulle jou voorkeer as jy hou by die reels. Dit word glo elke jaar gedoen. Nie dat dit veel help nie, hier is ‘n paar maniakke op die pad. Mense wat by afdraaie op die snelweg van die buitenste baan af reg oor ses of sewe bane voor al die karre verbyjaag om af te draai. Mense wat letterlik 160 km/h jaag in stil woonbuurt-strate (brul-brul verkieslik, met die enjin wat in ‘n lae rat gehou word vir die grootste effek) met ‘n perk van 60 km/h. Mense wat sommer so oor ‘n paar bane gelyktydig ry. Mense wat net eenvoudig dood stop in die middel van die pad as hulle nie weet waar hulle is nie . . . Die lysie gaan aan. Hulle het dit baie, baie moeiliker gemaak om ‘n rybewys te kry, ‘n goeie ding, nou moet hulle net die maniakke wat steeds op die pad is verwyder.
In elk geval, hier is die artikel uit my koerant oor belonings vir goeie bestuurders.
By Alia Al Theeb, Staff Reporter
Published: May 15, 2008, 00:34
It is organised by the Emirates Motor Sports Federation.
Brigadier Mohammad Saif Al Zafein, Director of Dubai Police’s Traffic Department, said the campaign helps send the message that safe driving pays.
The campaign will take place on May 18 and 19 in Dubai and on May 21 and 22 in Abu Dhabi.
Organisers will look for drivers who observe basic principles of good driving such as wearing seatbelts, using child safety seats, using indicators and hands-free mobiles, observing lane discipline and displaying courtesy, in addition to adhering to speed limits.
Drivers will be rewarded with a cash payment of Dh750 on the spot, gifts and a certificate endorsed by Dubai Police in Dubai and Abu Dhabi Police in Abu Dhabi. This often makes a difference to the lives of the many winners, who send the money home to support their families.
The RoadStar team will patrol Dubai and Abu Dhabi roads during rush hours in the mornings.
Die vyfde item op die spyskaart is iets wat ek nog nie voorheen by ‘n restaurant raakgeloop het nie.
Die Jebel Hafeet-hotel buite Al Ain op die Jebel Hafeet-berg. Ek dink Jebel beteken berg so dis dalk ‘n toutologie. Die berg is 1200m hoog, bietjie meer as Tafelberg, en net onder die spits is hierdie hotel. Met ‘n swembad met ‘n lekker kroegie in die water, putt-putt-bane en allerhande ander ontspannende dinge om te doen. En uitsigte oor die woestynvlaktes daaronder. En baie Russiese toeriste met vet boeppense en te klein swembroekies. Daar is niks anders op die berg nie, net ‘n entjie aan is nog ‘n gebou, dalk ‘n ander hotel. Verder is dit net hierdie absolute bar berg en die oop ruimtes om jou. Dis ‘n hele paar grade koeler as laer af ook nog, dit is dus die mees perfekte plek wat ek nog in die VAE ontdek het. Dis in die Abu Dhabi-emiraat, maar is minder as twee uur se ry van my huis af. Ek kan sien hoe ek soms naweke net hier gaan kom niksdoen en ontspan. Dan’s dit nog goedkoop ook.
Dis hoe mens daar kom. Met ‘n 1300 Mitsubishi Lancer, outomaties, met die lugversorger wat aan is. Die karretjie kreun maar ‘n bietjie teen die berg op. Maar die pad swaai en kronkel en elke draai bring nog dramatiese bergspitse, dis nie nodig om vinnig te ry nie. Wicus het al die pad van Suid-Afrika af gekom om na die berg te kyk.
Op pad na Al Ain, wat die stad is aan die onderkant van Jebel Hafeet, is daar baie kamele te sien. Meestal langs die pad, op die sandduine wat eers ligbruin is en dan later al rooier word. Maar hierdie is mobiele kamele, en hulle ry op ‘n kameelbakkie. Verstommend om te sien langs die pad is dat die hele pad, seker so 120 km, van Dubai tot in Al Ain aan weerskante beplant is met palmbome en ander bome, en natgelei word. Seker om ‘n effense skans teen stofstorms te bied. Dis werklik verstommend, so ver jy ry, sien jy hierdie perfekte pad met welige bome weerskante, en dan net sandduine weg van die pad. Al Ain is ook die VAE se oase-stad, daar is warmbronne, dis baie groen (vir ‘n woestynstad . . . ) en daar is hoegenaamd geen bouwerk nie. Wat ‘n vreugde, komende van Dubai waar daar net bouwerk is.
Op wie se bord het julle beland? Die pragtige sieletjies was by die dieremark in Al Ain, die stad het ook die enigste kameelmark in die VAE wat nog bestaan, maar ek dink ons het dit gemis. Hierdie outjies het wel vir my geglimlag voordat iemand hulle opgeeet het. (Jammer vir die swart kolle op die foto’s, daar was ietsie op my foon se lens ontdek ek toe dit te laat was. Maar dis nou opgelos.)
Die hoof-internetverskaffer hier sensor reeds die internet, die tweede en enigste ander verskaffer het dit tot vandag nie gedoen nie. Hulle sensor letterlik skadelose websites soos flickr. Vandag op die voorblad van my koerant was die volgende kort beriggie, kyk hoe mooi word sensuur geformuleer om dit te laat goed klink. Ek is 100% seker dis nie du wat self die besluit geneem het nie.
Dubai:  Integrated telecom service provider du will be filtering internet content by proxy effective today, officials said in a statement. “We want to ensure that all our customers’ requirements are met, and that we comply with all the guidelines of the Telecommunications Regulatory Authority (TRA), including those on internet content filtering. Recently, there have been many complaints from du internet users on the lack of filtering out offensive websites. The proxy will hinder users from having access to all websites. The company will be blocking all content that is not in line with moral, social and cultural values of the UAE.
Elke dag, wanneer ek by ‘n kafee inhardloop, of lank by ‘n winkelsentrum besig is, of gou bank toe gaan, of besig is om my rybewys te kry, sien ek motors langs die pad staan in Dubai, in parkeerterreine by winkelsentrums, voor die bank, langs die straat. Met die sleutel in die aansitter en die enjin wat hardloop. Dis sodat die kar nie warm word binne nie, sodat die lugreeling aanhou werk terwyl die kar-eienaar sy sake afhandel. Wat die prentjie nog meer interessant maak, is dat die eienaar gewoonlik niemand in die kar agterlaat nie. Die kar staan sommer so op sy eie daar met die enjin wat hardloop en die sleutel in die aansitter. Daar is ook nie wagte wat kyk of iemand anders wat dophou nie. Dis nie ‘n buitengewone prentjie nie, ek sien dit daagliks en gereeld. Ek neem aan die kar is nog daar wanneer die eienaar sy sake afgehandel het, anders sou so baie mense dit seker nie gedoen het nie.
As alles goed gaan, bly ek hopelik teen Sondag in Spanje, net so langs Italie en Frankryk, en skuins oorkant die Verbode Stad. China is aan die anderkant. Ek sou eers in Engeland gebly het, maar dit het deur die mat geval, want Engeland se agent was bietjie scaly. Toe sit ek amper op straat in Dubai, maar gelukkig kom Spanje toe tot my redding. Hopelik, want alles is nie altyd wat dit blyk om te wees nie.
Kyk gerus hier hoe lyk dit: www.internationalcity.ae
Dubai is vir my ietwat van ‘n vreemde plek. Dit lyk nie veel anders as Namibie nie, daar om die kus by Luderitz of Swakopmund, dis net sand. Maar tussen die sand is hierdie mees ongelooflike geboue en plekke, anders as Namibie. Nie dat hulle veel meer hier het nie, hier is ‘n bietjie olie, en baie slim planne. Die stad is werklik ongelooflik. Dis net wolkekrabbers waar jy kyk (die hoogste in die wereld is net skuins oorkant my werk), as jy die koerante oopslaan is dit net Dolce & Gabanna, Porsche, Swarovski en al daai grootgeld-name, die nuwe middestad wat hulle besig is om te bou (afgesien van vele ander projekte wat almal ewe groot is), lyk soos Hong Kong, dis net wolkekrabbers en saans ligte en goeters wat flikker. Maar eintlik is hier niks. Dis woestyn. Sand. Maar geld. En dus lyk dit soos en is dit ’n wonderlike moderne stad. Ek loop in die pad uit en ‘n taxi stop sekondes later langs my om te hoor of ek wil saamry. En hy is behoorlik gereguleer, geen slim tricks om my geld te vat nie. Ek gaan na ‘n winkelsentrum om ‘n nuwe sim-kaart te kry, letterlik vyf minute later het ek ‘n nuwe telefoonnommer. Ek kan letterlik kies uit al die kos van die wereld. Ek kan ‘n goeie kar soos ‘n Jaguar wat so 5 jaar oud is, koop vir R40 000. Maar, dan is daar die ander kant. Dis ietwat repressed. Jy mag nie eintlik eens na werk ‘n bier drink nie, tensy jy na die vyfster-hotelle gaan en dit ‘n plaas se geld kos, of ‘n alkohol-lisensie kry. Vroue is maar tweedeklas-mense, aparte sitplekke op die bus, die meeste Arabiese vroue (byna almal, om eerlik te wees), is toegemaak onder serpe en dinge, soms sien jy die gesig, soms net die oe. Vele webwerwe word geblok deur die regering, eenvoudige dinge soos flickr. So ek kan nie eens my foto’s oplaai nie. Ek soek al die afgelope week blyplek, ek het nou uitgevind twee dinge tel teen my. Eerstens is ek ‘n ‘bachelor’. Ek het al ‘n hele paar agente gebel, alle navrae gedoen, dan vra hulle, is jy ‘n familie. Nee. Sorry, only for families. En, ek was by twee mense wat eers vra of ek Russies is (lyk ek soos ‘n Rus, ek dog ek lyk Chinees?), en dan as ek negatief daarop antwoord, kom die family-vraag. Een ou wat ek more sal sien, wou ook weet of ek ‘n Rus is, maar die bachelor-ding het hom darem nie gepla nie. Snaaks nogal, toe ek antwoord, nee, ek is Suid-Afrikaans, was sy reaksie, OK, that’s fine. En verder, soos vanaand, die eerste keer, het ek besluit ek gaan uitgaan en die onfatsoenlike ding doen deur ‘n paar biere te drink. Die plek, volgens Timeout, is een van die gewildste plekke hier. Daar was vele, vele Arabiere wat gestaar het na die enkele vroue daar asof hulle op ‘n beesveiling was, daar was talle buitelanders wat net so in die niet gesit en staar het, daar was baie mense wat regtig, regtig dronk was, daar was ‘n hele groep gay ouens wat openlik gestaan en flap het, daar was twee Russiese prostitute wat net so neffens my gesit het, en ook enkeles van Afrika. Dis half, jy leef in ietwat repressiewe omstandighede, dus gaan jy uit na ‘n kroeg en raak heeltemal laf en vergeet al die reels. Dis die indruk wat ek gekry het. Ek het al baie plekke in my lewe gesien, hierdie is eintlik die eerste plek in die Midde-Ooste, naas ‘n plek wat ek nie mag noem nie, want dan word ek hier uitgeskop, en, ja, dis sekerlik die vreemdste plek waar ek nog was. Dis eenvoudig skouspelagtig, regtig, die dinge wat hier gebou word is net ongelooflik. Maar dis ook so half scary. Maar tog gaan ek hier bly, want die geleenthede is legio.
Hier is nog so ‘n paar foto’s van laasweek se trippie in Dubai. Oor ‘n maand of wat as ek daar bly, sal daar nog baie, baie meer wees. Die spesery-markte is vir my wonderlik, oor al die reuke wat in die lug hang. Wierook, mirre, kaneel, allerhande soet reuke wat swaar in die lug hang. Daar is ook ‘n goudmark waar ek nog nie was nie, blykbaar word die mees kosbare goudprodukte sommer so oop en bloot uitgestal.
Reik na die sterre. Die hoogste gebou ter wêreld, niks anders kom naby daaraan nie. Toe die mense van Babilon jare gelede in min of meer dieselfde omgewing dieselfde wou doen, het hulle bietjie probleme opgetel. Nou is die tegnologie beter.
Sommer net ‘n uitsig op die Creek (die woordeboek sê dis ‘n inham in Afrikaans . . . ) Dis ‘n hele groot stuk water wat diep die binneland inloop van die see af, wat ‘n groot deel van die stad in twee verdeel
Op die water dink ‘n mens diep.
Lugverkoelde riviertaxi. Dit kos 1 dirham (R2) om van die een kant na die ander kant te vaar.
Rondloper loop weer rond. Kan dit dan ook nou anders. Ek is op kort kennisgewing teen geen koste aan myself nie, in Dubai. Ek was bietjie besig terwyl ek hier was, vandag was my eerste vry dag, so ek het die hele dag rondgeloop en verken. Die meeste mense wat hier woon kom van Indie en Sri Lanka, dan van die Ooste en omtrent elke ander land in die wereld. Dit dra by tot ‘n heel internasionale atmosfeer, ietwat disorienterend. Die rede vir my besoek is ‘n staatsgeheim, maar tot dusver het alles goed gegaan. Wanneer ek finale sekerheid het, onthul ek alles. Ek het lekker foto’s, maar ek het my kabels by die huis vergeet, sal oplaai as ek terug is.
Wanneer ‘n mens flickr (en seker vele ander websites) probeer oopmaak in Dubai kry jy die volgende boodskap:
We apologize the site you are attempting to visit has been blocked due to its content being inconsistent with the religious, cultural, political and moral values of the United Arab Emirates.
Ek moet nog van my Laos-foto’s wys, so here goes! ‘n Ent buite Vientiane is hierdie plek waar ek ‘n tradisionele Lao-massering gekry het (ek het voorheen in ‘n ander post hierna verwys). Nou wys ek hoe lyk dit! Dis op die gronde van ‘n klooster en die atmosfeer is net wonderlik. Effense geurtjie van wierook in die lug, monnikke wat in die vertes chant, en so in die ooptes lê jy op ‘n bedjie terwyl iemand jou lyf regruk (letterlik).
Met die son wat sak, Thailand se liggies in die verte, is die rivier-restaurante langs die Mekong die plek om te wees. Ek was by een plek waar ‘n band Westerse en Lao-liedjies gesing het, en jy kon versoeke rig (enigiets, ons het probeer) en dan sing hulle.
Binne die mure van hierdie pragtige Frans-koloniale gebou, is die nasionale museum van Laos.
Met vele voorbeelde van gewere wat sommer oral uitgestal word. Staangemaak teen die mure, op vensterbanke, op banke en sitplekke, en vasgehou met ‘n stukkie draad hier en daar, soms nie eens vasgebind nie. (Daar is ook uitstalkaste vol medisyne en dwelms wat gekonfiskeer is op die onderste vloer). Die museum het ‘n sterk oorlog- en bevrydingstrydfokus. Laos was die land wat die ergste onder bomme deurgeloop het in die geskiedenis van die mensdom. Die imperialistiese Yanks het die land stukkend gebom tydens die Vietnam-oorlog om die Vietcong te probeer uitroei. Hulle het natuurlik, soos ons almal weet, klaaglik misluk.
Daar is pragtige voorbeelde van skilderye oor die wreedhede van die Franse kolonialiste teenoor die plaaslike mense. Kyk net hoe word daai baba daar agter in die put gegooi.
Gelukkig het die onbaatsugtige Marxistiese soldaat, met die morele steun van Marx en Lenin (op die agtergrond), die land bevry. Laos is steeds kommunisties (soos China en Vietnam, teoreties), maar in Laos is daar nog glad nie soveel ontwikkeling as in die ander lande in die streek nie. Dis eintlik ‘n baie arm land. Dis deel van die rede waarom daar geen multinationals soos McDonalds et al is nie. My waarneming, die kort tydjie wat ek daar was, was dat daar nie sulke hartverskeurende armoede is as in byvoorbeeld Kambodja of Indië nie. Die meeste mense in Laos is arm, maar my indruk was dat hulle darem (net-net) genoeg het om orraait te leef. En die stede en paaie is skoon en in ‘n goeie toestand.
Ek het ongelukkig hierdie plek se naam vergeet, maar dis iets soos die nasionale museum van artefakte, in Vientiane. Die duisende Boeddhas (in elke nis in die agtergrond is twee klein Boeddha-beeldjies) wat eerbiedig hier uitgestal word, is ‘n duidelike teken dat kommunistiese lande geen tyd het vir geloof nie.
Dis dieselfde Boeddha-plek as in die boonste foto, net aan die buitekant. Hou hierdie ruimte dop vir meer!
Ek het hierdie lekker stukkie vis in Vientiane geëet. Heel, ingevryf met vreeslik baie sout, en dan gebraai totdat hy so ‘n krakerige kors gevorm het. Bedien saam met ‘n rissie-komkommerslaai en gestoomde groente. Die vis was baie vars, hy het enkele minute tevore nog in ‘n tenk in die restaurant rondgeswem. Dit het ek eers later besef toe ek die tenk raaksien. Maar hy was lekker. Hy kom uit die Mekongrivier.
Ek het wel nie van hierdie slangwyn (en spinnekop, skerpioen, enige ander leedpotige kreatuur wat jy jou kan indink, alles saam in ‘n bottel vol Lao Lao whiskey) gedrink nie. Ek’s nie eintlik bang om vreemde dinge te probeer nie, maar hiervoor het ek bloot gegril. Hierdie was in Luang Prabang.
Mandjieverkoper by die mark in Vientiane.
‘n Monnik by ‘n tempel buite Vientiane (waar mens ook kan gaan vir ‘n wonderlike tradisionele massering in ‘n boomhuis, onder die blaredak, wat ek natuurlik gedoen het!)
Stalletjiehouer en moto-bestuurder, Vientiane-mark.