bashinginnieboendoes.wordpress.com/ het my getag om te sê waarom ek gelukkig is.
Ek is gelukkig omdat ek elke oggend my oë kan oopmaak, my man langs my kan SIEN, te kan HOOR hoe my kinders ook wakker word en gesels. Ek is gelukkig omdat God my soveel geseën het om al my sintuie te kan gebruik om Sy skepping te kan geniet! Ek is SO gelukkig om Sy kind te kan wees!!!
Ek is gelukkig om my familie en vriende om my te hê. Daar te wees as hulle my nodig het en te weet daar is mense wat vir my omgee!
Maar ek is ook gelukkig om soms net alleen te wees, ‘n boek te lees of sommer net op my eie te droom.(Ek is gelukkig om nog te kan droom)
Ek is gelukkig om nog te kan LAG!! Ten spyte van al die negatiewe dinge darem nog die snaakse in die lewe ook raak te sien.
Ek is gelukkig………….om nog gelukkig te kan wees!!!!
Die volgende mense is gelukkig om huiswerk te kry…
delliesedinge.wordpress.com/   http://diekas.wordpress.com/  http://tekkies.wordpress.com/
Baie goeie vriende van ons…al vir 18 jaar. Kiewiet en sy vrou. Kiewiet het die naam omdat dit by hom pas. Het jy al ‘n kiewietjie gesien wat stadig loop? Nee, hulle is altyd aan die hardloop! Nou dit is waar Kiewiet sy naam kry!
Jare terug toe ons hulle leer ken het, het hulle ‘n ligblou Passat stasie-wa gery. Let wel die diesel model. En die van julle wat al so lank in die lewe is sal onthou hoe het daardie diesel modelle geklink as hulle “gestart” word. So kyk Kiewiet se vrou bedags na ‘n paar kleuters. Een oggend laai sy die klompie in die Passat om Biblioteek toe te vat.  ‘n Nuwe outjie in haar sorg sit voor en toe sy die Passat “start”, spring hy regop en sê “Tannie moet oppath ek thweer hier ith ieth loth in hierdie kar the enjin!”
Maar my eintlike storie kom toe Kiewiet en sy gesin een vakansie Kaap toe gaan. Dit was instelling dat die Passat gelaai word met Pa, Ma, 3 kinders en die Pappegaai Charlie. So is die gesinnetjie Kaap toe en aan die einde van die vakansie word die terugtog aangepak. Pa, Ma 3 kinders, Charlie en……….’n nuwe strandbal! Die sitplekke word platgeslaan om die terugtog so gemaklik moontlik te maak vir die kinders.
Alles gaan goed en wel totdat verveling tussen die 3 kindertjies intree. So word die platgeslaande sitplek ‘n gemaklike speelplek met die strandbal. Met die gespelery tref die bal kort-kort vir Kiewiet agter die kop en mettertyd begin sy moer-metertjie die hoogtes in skiet!  Hy begin waasku dat die vonke gaan spat as die bal hom nou nog een keer tref. Toe hulle Beaufort Wes inry tref die bal hom weer agter die kop en die gort is gaar. Net daar in die hoofstraat stop die Passat. Kiewiet spring uit die kar en hardloop agter om die kar  om die kroos uit te sorteer. Maar……..hy vergeet van die sleepwaentjie wat agter-aan die Passat gehaak is ……en slaan neer oor die disselboom!!! Hy koop sy eie stukkie grond in Beaufort Wes!  (Beautifull was hy defnitief nie toe nie!) Hy staan op pluk die deur van die kinders oop en gee elkeen ‘n goeie loesing. ‘n Kleurling vrou wat verbystap aanskou die hele petalje en toe Kiewiet die strandbal gryp en met ‘n geoefende arm die bal die lug ingooi, hardloop sy met ope arms om hierdie godgegewe geskenk vir haar kinders uit die lug te vang!
Vir die res van die terugtog is daar nie ‘n woord in die Passat gepraat nie. Die kinders was doodstil en selfs Charlie het nie sy gebruiklike “morsgat” of kekkel-laggie ge-uiter nie.
Ons spot gereeld vir Kiewiet en sê hy wil mos so graag ‘n ou erfie by die see hê, maar hy het darem al so ou stukkie grond halfpad see toe in Beaufort Wes!
As daar nou een reuk is wat my sommer laat swymel is dit die reuk van Lavender, of die afrikaanse woord Laventel. Vir my is dit ‘n “mood-enhancer” soos min. Dit help as ek hoofpyn het om van die aroma-terapie olie aan my slape te vryf. As ek nie kan slaap nie drup ek ‘n paar druppels op my kussing en as ek sommer net opgeklits voel smeer ek my hele lyf met ‘n heerlike lavender lyfroom.
Laventel word soms die “koningin van kruie” genoem. Behalwe vir die heerlike geur het dit onder meer antiseptiese en antibakteriese eienskappe, verrig wondere vir seer spiere en help teen slapeloosheid. Die woord is afgelei van die Latynse woord “lavare” wat “was” of “bad” beteken.
Hier is meer inligting oor Lavender
Essential Oil of Lavender (Lavandula Augustifolia) Abbr: Lav
The plant is an aromatic green, woody shrub that grows up to 1 metre in height. It has pale green, narrow, linear leaves and flowers on blunt spikes of a beautiful violet-blue.
Odour of Essential Oil of Lavender: Sweet, floral, herbaceous scent and a balsamic undertone..
Colour of Essential Oil of Lavender: Colourless to pale yellow.
Source of Essential Oil of Lavender: Flowering tops.
Method of Extraction of Lavender: Steam distillation.
Properties of Essential Oil of Lavender: Analgesic, Antibacterial, Anticoagulant, Anticonvulsive, Antidepressant, Anti-inflammatory, Antiseptic, Antispasmodic, Antitoxic, Carminative, Deodorant, Detoxifier, Diuretic, Emmenagogic, Hypotensive, Insecticide, Nervine, Sedative, Sudorific, Vermifuge, Vulnerary.
Actions of Essential Oil of Lavender: Anti-depressant, balances skin, calming, detoxifies, eases labour pain, insect repellent, relaxes muscles, skin balancing, skin toning, tonic – general.
Circulatory: Edema, fluid retention, high blood pressure, lumbago, palpitations, parasites, rheumatism, ringworm.
Digestion: Colic, diarrhea, flatulence, halitosis, indigestion, intestinal cramps, intestinal parasites, nausea, parasites, tooth abcess, vomiting.
Endocrine: Pre-menstrual syndrome.
Genito-Urinary: Fluid retention, pre-menstrual syndrome.
Lymphatic: Lymph congestion, toxicity, water retention.
Muscular: Aches and pains, backache, bruises, cramps, muscle pain, muscle spasms, muscle stiffness, sprains, strains.
Nervous: Anxiety, convulsions, depression, epilepsy, fainting, insomnia, irritability, headache, hysteria, nervous insomnia, nervous shock, nervousness, paralysis, stress related problems.
Respiratory: Asthma, bronchitis, catarrh, cough, throat infection, whooping cough.
Skeletal: Arthritis, earache, rheumatism.
Skin: Acne, alopecia areata, athletes foot, boils, bruises, burns, carbuncles, dermatitis, eczema, insect bites, lice, psoriasis, ringworm, scabies, skin disorders, skin irritations, skin rejuvenation, sunburn, wounds, wrinkles.
Medical Terms: Alopecia areata, arthritis, blennorrhea, blepharitis, chlorosis, conjunctivitis, cystitis, diphtheria, eczema, fistula, leucorrhea.
Mental/Emotional Symptoms: Anger, anxiety, calming, depression, hysteria, insomnia, migraine, promotes sleep, relaxing, shock, tension, uplifting.
Contra-Indications for Lavender: Pregnancy – first trimester (use on advice of professional after 1st trimester). Very low blood pressure. Overuse may cause sensitization.
Comments on Lavender: Lavendula Augustafolia is the most delicately scented Lavender and the most important medicinally.~Probably the most versatile oil, Lavender is an excellent oil for burns, muscular problems, anxiety and sleep disorders.~Used with other oils, Lavender has a balancing effect on the entire blend.~During labour Lavender will reduce pain and strengthen contractions when massaged on the lower back.~This oil is also excellent for use on insect bites or other skin irritations and is one of the few that is safe to use undiluted on the skin (except on infants and young children).~It is important to remember that overuse may cause sensitization and that no more than 12 drops per day should be used on a healthy adult – less for children or elderly.
Daar is mos party dinge in die lewe waaroor mens soms wonder. Vandag wonder ek oor ons en diere.
Hoekom roep ons ‘n kat soos ons doen……”kietsie, kietsie, kietsie……
En hoekom roep ons ‘n hond met die lippe smak geluid ???????????????
Wie gaan dit waag met antwoorde?
Ja ek is nog hier…..springlewendig en gesond! Weet net nie altyd of ek in die lug of op die grond is nie. En die laaste twee dae verskriklik gesukkel om te post op WP.
Ons was baie besig met ‘n groot staatstender wat ons moes indien. Ons hoop van harte dat ons dit sal kry…..maar met die staat en betaling…….hoor maar rillers.
Ons kon in die verlede voor ons die besigheid oorgeneem het kon ons altyd Julie vakansies weggaan. En hierdie jaar mis ek dit nou regtig!! Dit was altyd ons vakansie vir Natalse Noordkus en Snorkel!!!
Die mooiste snorkel plekke in ons land is by Cape Vidal, Mabibi en Kosibaai(by die mond).
Die van julle wat snorkel sal weet dat dit regtig die wonderlikste en goedkoopste ervaring van die see-lewe is. Willie probeer my oorreed om te scuba maar ek wil in beheer wees van wanneer ek my kop bo die water wil uitlig sonder enige gevaar van borrelsiekte en wat nog.
By Cape Vidal snorkel jy as jy van mense om jou hou. Omdat Julie ook gewoonlik die visvang tyd is raak die mense vir my soms baie. Die snorkel is egter pragtig en jy sien die mooiste visse.
Mabibi is die snorkel hemel van Suid Afrika. Dit is daar nie snaaks as jy met laagwater op die strand aankom en niemand anders as die Parkeraad se wag daar aanterf nie. Die gesogte Tonga Lodge is egter nou daar en ek glo so ‘n stukkie van die rustigheid is daarmee heen. As jy daar jou kop onder die water indruk voel dit asof jy in ‘n ander wêreld is. Daar het ek die ervaring gehad van ‘n nuuskierige Moray Eal wat al agter my aan geswem het. Aanvanklik het ek my lam geskrik en so onder die water gegil dat die mense saam met my gedink het dis ten minste ‘n haai wat my agtervolg. Hier wil mens nie uit die water nie…..want jy is bang jy mis iets. Ons het ook al die waterskilpaaie hier in die water gekry. As jy klaar gesnorkel het is dit heeerlik om sommer net in die rotspoele te lê en kuier, en jou vis-boek vir die 100ste keer deur te kyk en te “brag” oor watter visse jy gesien het. Mabibi is absoluut hemels!!!!
a src=”http://voetjies.wordpress.com/files/2008/07/moray-eel.jpg” alt=”" width=”143″ height=”111″ class=”alignnone size-full wp-image-88″ />
Kosibaai is ook ‘n belewenis. Waar die mere in die see mond is wonderlike snorkel plek. Dit is ongelukkig nou nie meer baie veilig om soontoe te gaan nie. Verlede jaar was daar aanvalle op mense wat daar gaan snorkel het. Met laagwater is die water baie vlak en sien jy al die klein vissies en soos die gety dan inkom en hoog raak, kom daar dan meer visse van die see se kant af in. Ons swem ook altyd tot waar die plaaslike gemeenskap hokke bou om vis te vang en elke keer kook my bloed as ek sien hoeveel van die mooi visse in die hokke is. Hulle vang ook van die klein vissies en ryg dit dan in toue om huistoe te vat vir kos. Dis ook hier by Kosibaai waar ons die “gazebo episode” gehad het. http://voetjies.wordpress.com/2007/11/02/kamp-en-tente/
Dit is dan nou waarna ek verlang op hierdie winters oggend. Waarna verlang jy??????
Julle weet hoe kan ‘n broeis vinkmannetjie ( is dit wat mens dit noem???) ‘n mens se palms opfoeter as hy so ernstig besig is om nes te bou!! “n Klompie jare terug plant ek toe mos vir my ‘n paar palmpies teen die muur tussen ons en die bure. Ek is trots op my boompies totdat die eerste vinkmannetjie besef hier is nuwe boumateriaal in die omtrek. Binne ‘n paar dae  verander die pragtige blare in sulke stoppelrige stokkerige uitsteeksels! En so gaan dit elke “Vink-Broei-Seisoen”  Ek volg al wat raad is, van foeliestroke tot  winkelsakke in die bome hang. Manlief skiet selfs sommer net skote met sy “BB Gun”……tot hy eendag een raakskiet en die skeibriewe bo in die laai lê. Ek het dan gesê maak hulle skrik! Ek het NIE gesê maak hulle dood nie. Ek kry toe raad om rubberslange in die bome te hang. Die raad werk maar ai ek weet nie wie skrik die grootste nie, die vinke of ek as ek in die  spesifieke bedding werk en onverwags op een van die verdekselse slange afkom wat uit die boom geval het. Ek het ‘n heilige vrees vir slange…dood of lewendig, ek vrees die goed!!
Aan die anderkant van die muur bly ons bure. Die huis was vir baie jare ‘n huur-huis en dus het mense gekom en gegaan en het ons nie altyd die bure te goed geken nie. Op die stadium bly daar toe al iemand vir ‘n geruime tyd en ek en buurvrou groet en wissel soms ‘n paar woorde. Een oggend is ek in die tuin en hoor ‘n gepraat in die bure se erf. Die volgende wat ek hoor is ‘n geweerskoot. Ek vermoed hier is groot poefies en vlug die huis in. Doodnuuskierig gaan loer ek by die venster en sien hoe buurman ewe gedwee in sy kar klim en ry en moedertjie maak vir hom die hek oop en weer toe. Dit lyk toe darem nie na moord of doodslag nie. Ek is toe ook te ordentlik om te vra wat gebeur het. Ek kry toe egter my antwoord binne ‘n paar dae. Buurvrou kom klop aan en vra of ons water ook af is, sy vermoed die munisipaliteit werk iewers aan die waterpype. Eks tap saam met haar om te gaan kyk of daar iewers fout is. Ons kry haar twee stoutgat seuntjies speel langs die huis en hulle vertel ewe braaf hoe hulle hierdie kraan hier lang die huis baie styf toegedraai het. Dit is toe die kraan wat water aan die huis verskaf…..probleem opgelos!
Ek gebruik toe sommer die geleentheid om uit te vis omtrent die geweerskoot. Sy skater van die lag en sê ek sal nie glo wat gebeur het nie.  Haar tuinjong het haar die oggend kom roep en gesê daar is ‘n slang in die tuin. Sy huiwer nie ‘n oomblik nie en bel haar man wat dadelik huistoe jaag. Tuis gekom, hol hy net die die huis in, gryp die geweer en vra die jong waar is die slang. Die wys hom toe onder ‘n bos teen die muur (die muur tussen ons en hulle) Hy sien ook net ‘n deel van die slang….lê aan en skiet! Hulle sien net hoe die slang in die lug wip en bly lê. Die ou kruip toe onder die bosse in om die slang uit te haal………en kom uit met ‘n rubberslang!! Teen daardie tyd in die storie kruip ek al amper op die grond van die lag want ek besef hier teen die helfte van die storie wat die uiteinde gaan wees. Ek vertel haar van my vete met die vinke en die slange in die palms. Saam het ons toe lekker geskater oor die hele storie.
Hulle het intussen getrek…..my palms staan…..elke broeiseisoen kaalgestroop…..die vinke is gelukkig…..die slange is weg……en almal se senuwees is kalm!!!
Dankie tog vir ons tipiese boere mamma instinkte!!!
My jongste dogter is in matriek, en sy en ‘n vriend besluit soos baie jongmense om volgende jaar die buiteland aan te durf. Die www word gefynkam en hulle plaas hulle profiel op ‘n Au Pair lys in die UK.  Na ‘n paar dae ontvang hulle terugvoer van Dr Jamie Robison in Liverpool wat hulle baie graag wil aanstel. CV’s word gevra en aangestuur. E-mails word verwissel en alles lyk belowend.
Gister begin hierdie “boere-mama” ondersoek instel na die Dr, want  sal sy nie rus tot sy alles weet van die ou nie…..tot by die onderbroek-grootte!! Google al wat ‘n mediese praktisyns- lys in die UK…..geen Dr Jamie Robison! Bel my broer by ‘n groot hospitaal in Londen en hy moet ondersoek instel.  Gister aand kry die kinders weer ‘n e-pos van die Dr wat sê hy sal solank begin met “document to enter UK” En hoe sê Nenna van Egoli “ek voel so aan my water, hier is iets nie lekker nie”  Ek google weer die naam en die eerste skakel na die naam is ‘n waarskuwing………..”au pair complaints”!!!!!
Natuurlik!!!!!! Nigeriers wat weer scam!!! Hulle gee voor hulle is hierdie welgestelde ouers wat Au Pairs soek, wissel e-posse en stel dan Reis agente voor en dan natuurlik die ou storie van geld wat gestuur moet word nadat hulle kamstig alles in orde het en klaar betaal het. Ons het hom natuurlik duidelik laat verstaan dat ons bewus is van dit waarmee hy besig is!!
Vanoggend kan ek my oë toemaak en Die Vader dank vir hierdie spesiale moeder instink wat Hy vir ons gee.
En ek wonder hoeveel arme kinders is alreeds deur hierdie “scam” gevang!!
NEE “VAALSEUN” UIT NIGERIë…….JY KEN NIE ‘N BOERE-MAMA NIE!!!!!!
Verlede naweek kon ons die ongelooflike rustigheid in ons huis nie glo nie. Pa installeer die videomasjien wat lanklaas gebruik is en toe die kinders almal Saterdag aand uit is, haal ons al die gesin se ou videos uit en verkneukel ons aan ons gesin se doen en late van so ongeveer 17 jaar terug. Ai die klere die hare en ons lê soos ons lag vir die kinders se maniertjies.
Dit laat my terugdink aan toe ons oudste in Gr1 was. So 15 jaar terug. Ons was vir die Paasnaweek by ‘n Jagplaas naby Tolwe in die Bosveld. Ons was 3 gesinne wat daar gaan uitspan het. Dit was die tyd wat die klaargemengde drankies soos Harvey Wallbanger, Blue Movie, Screwdriver ens net die lig gesien het. So word ek een aand ‘n Bue Movie aangebied….wat bietjie sterk vir my gestel was met die gevolg dat ek my drankie gedrink, en toe sommer gaan omkap het op die bed. Tot genot van die res van die geselskap…..natuurlik.
So moet die graad 1 klas mos (soos streng volgens die ou skooltradisie van destyds) die eerste dag van die skoolkwartaal alles vertel wat die vakansie gebeur het. (Onderwysers is die eerste dag mos maar min lus vir werk en wat is nou lekkerder as om die jongste nuus uit die gemeenskap te hoor?)
Toe dit my kind se beurt is staan sy op en vertel dat ons op ‘n jagplaas was vir die naweek “en weet juffrou,my ma moes na haar eerste blue movie reguit bed toe gaan!!” Nie verduidelik van drankies nie, niks….net dit. Die hele gedoente kom toe via die beste maatjie se ma by my uit. Sy sê haar dogter kom by die huis en vertel haar die storie en vra wat is ‘n blue movie. Want blykbaar moes die juffrou die vertelling liewers kortknip…..het mos nou nie geweet van die nuwe drankie nie.
Gelukkig het ek die juffrou geken en het op die eerste en beste geleentheid die situasie gaan verduidelik. Sy het lekker gelag en was natuurlik effe verlig ook…..bygesê.
So kan kinders mens partykeer sonder jou medewete in ‘n baie verdagte lig bring……en onnies lekker laat giggel!
Ek is terug!!!  Ons vakansie was fantasties!!!!! So lekker gerus en so lekker gekuier in die Kaap!
Ek het my broer huistoe geneem en dit klink of alles daar ook glad verloop.  Ek hat almal touwys gemaak en hulle die dood voor die oë gesweer as hulle hom nie elke minuut van die dag oppas nie……en hulle doen! Dankie aan almal wat so aan ons gedink het in hier die moeilike tyd wat ons deur is.
My huis is ook nou weer in orde en alles op hulle plek waar dit hoort. Dit voel skoon vreemd, maar tog lekker!
En dan………ek het my hart verloor! Toetaal en al in sy glorie in verloor! My stadshart lê verlore op die wit sand van Paternoster. Ons het langs die Weskus gery en daar het gesien en ervaar hoe rustigheid jou werklik kan omvou!
PATERNOSTER
Jou wind het my stadsbrein
kom deurmekaar waai.
Jou lê gekry in my elke gedagte!
Jou blink blou see
het in my oë geglinster,
en my kyk na die stadslewe
kom deurmekaarspoel!
Jou kindertjies het vir my skulpies geggee
en vir my gesing.
Paternoster, Weskusjuweel,
Ek wil jou koester.
Ek wil met my tone in jou sagte wit sand vroetel
……….vir altyd………….
Dis hoe ek voel na my vakansie, en dis my misie en my droom……’n huisie by Paternoster!
Die tyd het nou aangebreek dat ek en Willie ‘n bietjie kan gaan rus!!!! My broer het darem al in so ‘n mate herstel dat ek hom na 5 maande  met ‘n geruste hart in iemand anders se hande kan laat. My kleinboet kom van Londen kuier en sal die fort kom hou. Ons vlieg Vrydag Kaap toe vir ‘n week. Bly in die Kaap en gaan kuier in Hermanus, Bettiesbaai en Ceres.
Sy vordering is regtig baie goed en ons is baie dankbaar daaroor. Hy loop al amper alleen, alhoewel iemand maar naby moet loop en sy hande begin weer stadig aan vat. Sy arms is nog nie beweeglik nie, maar ons glo dit sal ook vinnig herstel. As ons terugkom gaan ek dan vir ‘n week saam met hom huis toe in Kestell om te sien dat die persone wat hom daar sal oppas die mas opkom. Dit is vir my erg dat hy nou wil huistoe gaan, maar ek verstaan volkome dat hy sy plekkie en sy vriende en kollegas mis.
Kestell in die Vrystaat………baie koud!!!!
Ek groet dus en gesels weer so oor 2 weke
Vanoggend toe ek my gordyne ooptrek toe besef ek……. die winter is hier. En ek voel hou die koue vingers om my hart vou.  Ek hou nie van die Winter nie. Ek hou nie van koudkry nie en ek hou nie van die blare wat val nie, ek hou nie van die kaal bome nie, ek hou nie van die ysige windjie nie……ek hou nie van winter nie.
Ek gaan in ‘n winter-depressie in sodra die blare begin val. Dit voel vir my of ek myself iewers wil gaan toesluit totdat die eerste groen blaartjies weer uitkom. Ek weet mens kry pragtige winterslandskappe en mens staan in verwondering oor die wonder van die skepping, maar dit maak my morbied, baie, baie morbied.
Hierdie is vir my mooi winterlandskappe
Maar hierdie, dis dit wat my dryf na uiterste neerslagtigheid.
Nou ja, daar het ek nou klaar my eerste winter-depressie uitpaksessie agter die rug….. en dit is nog nie eers heeltemal winter nie.  Ek sê jammer aan julle wat van die winter hou en ek hoop julle geniet dit. En ek hoop daar is nog iemand iewers wat voel soos ek oor die winter…..’seblief sê daar is!
……want ek sien al klaar weer uit hierna………….
Wat gebeur as jy hier teen middag-ete nie lus is vir enige werk nie? (…net as jou man jou baas is…) Jy Google “feet” by “images”……om te kyk wat pas by “Voetjies”
Dit is van die prentjies wat ek kry.
Ek lees op baie blogs van babatjies wat oppad is. En ek wonder hoeveel van ons blog-mammas wat se kinders al groot is dink terug aan die tye  toe hulle babatjies gehad het? Wel ek doen.
Toe ons oudste oppad was (1987) was dit hoogmode om voorgeboorteklasse by te woon. Die “ghurru” destyds in Pretoria was Tannie Anna Cronje. ALMAL het van haar geweet en jong toekomstige mammas het tougestaan vir klasse by haar. So het sy ons ook voorberei  vir hierdie groot gebeurtenis in ons lewe. Toekomstige pa’s moes ook een of twee klasse bywoon en dit was natuurlik ‘n bron van groot snaaksighede.
So vertel sy ons van die tassie wat jy moet pak ten minste 2 maande voor die tyd ….en ek doen dit. Ek pak ook die nuwe baba se sak vir die dag as ons tweetjies huistoe gaan, en sit dit neer waar pa dit kan sien die dag as ons uitkom. Ek wys hom ook die sak en herinner hom telkens om NIE die sak te vergeet nie!  Die tyd breek aan en ek, en pa, en my tassie is hospitaal toe. Clarissa word gebore en die dag breek aan dat ons kan huistoe gaan.  Daardie dae was daar nie selfone nie en die suster aan diens bel sommer vir pa en laat weet sy kosbare vraggie kan gehaal word.
Pa daag op…..breë bors en gereed! Maar toe ek vra waar is die baba se sak wat gereed in die nuwe babakamer staan, val sy gesig. Die sak staan by die huis. Terug ry is buite die kwessie en my verstand werk oortyd. Vroeër die week het vriendinne vir my kom kuier, een het ‘n doek gebring wat sy een keer by my geleen het vir haar baba, die ander bring ‘n kaartjie met ‘n doekspeld voor aan vasgesteek. Daar het baba toe ‘n doek en ‘n speld. Willie het ook gedurende die week ‘n dra-bedjie gekoop en sommer daar by my kom los en saam daarmee die pragtigste kanterigste waterdigte broekie. Ek sit die doek vir Clarissa aan, met die speld, en trek die broekie aan. Ek draai ons eersgeborene styf toe in my nagrok en druk my japon knussies oor haar in die nuwe dra-bedjie. Intussen staan Willie en waghou by die deur en keer al wat suster is wat wil kom help. Daardie jare het die susters ook nog vir jou die baba kar toe gedra en jou daar afgesien. Vandag doen ons dit anders dink ek by myself. Willie neem die dra-bedjie trots en begin vasberade aanstap. En arme ek….ek moet die personeel face en verduidelik dat hierdie pa nie meer kan wag nie en ons sommer self sal regkom, geen hulp is meer nodig nie dankie!
Soos blits is hierdie nuwe ouerpaar by die hospitaal uit en in die kar. Veilig tuis kom vertel buurvrou my hoe sy gestaan en dophou het die dag toe Willie ons gaan haal het. Sy het te vertelle dat hy drie keer kar toe geloop het en telkens moes omdraai om iets te gaan doen in die huis……maar drie keer het hy nie die baba-sak onthou nie.
So my raad aan al die nuwe mammas……….gaan eerder met ‘n hengse  trek hospitaal toe, en moenie die toekomstige pa met te veel takies opsaal nie!! Laat jou nuwe baba ten minste goed geklee tuis kom!!
Maar bowenal…….GENIET ELKE OOMBLIK DAARVAN!!
Dit is vir my wonderlik hoe bande gesmee word op die blogs.  Ek ken nie vir nie Dellie, maar kon op haar knoppie druk vir hulp met WordPress.  Ek is regtig rekenaar gestremd  en kry nie altyd alles lekker reg met die bloggery nie.
Dankie Dellie vir jou hulp en aanstuur van ‘n verstaanbare dokument met al die hulp wat nodig is. Ek sal nou maar gaan sit en alles deeglik bestudeer en wie weet ……. dalk lyk my possie ook een van die dae ‘n bietjie meer interessant!
Ek is tans bietjie skaars op die blog maar my broer is nog by ons en ek is taamlik besig rondom sy versorging.
Ek laat die volgende gedagte by julle:  “to the world you might be one person…
but to one person you might be the world…….
Ek hou nie daarvan om ander mense se werk op my blog te gebruik nie.  Maar hierdie was vir my so snaaks en ek het dit gebêre.  Ek kan nie onthou waar ek dit gekry het of wie s’n dit was nie.  Ek sê jammer vir die persoon met wie se kalwers ek ploeg……..maar geniet dit!
Ek weet oom Hennerik van ‘next door’ is op pad voor ek sy geskuifel by die voordeur hoor so ‘n paar dae gelede. Die worshonde vertel my. Hulle hol op en af tussen die voordeur en die kombuis en igonoreer die yskas. In die yskas is weense worsies en sjoklits en my worshonde kan die oopmaak van die yskas en die geritsel van ‘n tjoklit papier en ‘n weense worsie pakkie vanaf ‘n myl weg ruik.Oom Hennerik het altyd ‘n knipmes en ‘n stukkie biltong in sy sak en hy kerf dit sulke lekker kou stukkies vir hulle af en biltong is hoër op die lys van gunsteling mmmmmmmmpies (die ‘magic ‘woord) as worsies en tjoklits. Oom Hennerik hou van worshonde.
Ek sien oom Hennerik is beswaard en ek loop haal solank die KWV en water uit want dit is na alles “sundowner” tyd en oom Hennerik maak baie beter bors skoon met ‘n knertsie in die hand. Oom Hennerik teug so aan die KWV en sug ‘n keer of wat. Dis die teken dat ek moet vra wat’s fout en ek doen so.“Jongie”, sê hy. “Die tante is erg omgekrap”, en hy tuur so in die verte en suie nog so ‘n bietjie aan die KWV’tjie. “Jy sien ek loop nou die middag maartjies om solank die pos te loop uithaal want die tante is aan’t kook vir die honne en die katte”. (Tante en die buurvrouens maak beurte om vir die buurt se arsenaal van honde en katte kos te maak. Dis ‘n mengsel van pap, hoenderpote en sous. Elkeen kry ‘n kookbeurt en dan deel hulle dit tussen die lot van hulle vir die week se rantsoene. Dis net my worshonde wat nie saameet nie want EK gril vir die brousel. ) “Innie pos is daar net so ‘n kaartjietjie-dingetjie aan die tante geaddresseer en eers skrik ek my buite weste want ek dog ek het dalk ‘n verjaarsdag of ‘n ding vergeet, maar ek onthou die tante verjaar mos eers so skuins duskant Krismis en toe loop gee ek vir haar die kaartjietjie-dingetjie en sy sê; maak ook, maak oop jy kan mos sien my hanne is besig.” Oom Hennerik sug weer swaar en teug eers weer ‘n bietjie aan die KWV’tjie en ek sien ek sal aanstons moet opvul, maar oom Hennerik moet eers sy sê sê.“Jongie, ek maak die kaartjietjie oop en dis ‘n uitnooisel na ‘n tee-ding. Jy weet mos een van daarie goeters wat julle vroumense doen as een in die huwelik gaan tree”“Kombuis-tee, oom”, help ek hom.“Ja, net so! Ai toggie, die ou wêreld, Ag ja”, sug hy.“Nou wat nou oom?” help ek.“Jy sien die neukery is dat die tante nie eers die mens wat wil loop trou al ooit in haar dags des lewens gesien het nie. Maar hier kom hierdie kaartjietjie aan en hulle seg die tante moet R300-00 stuur vir die persente en dan moet sy nog vadoeke en sulke goeters ook saamvat vir die tee-ding. En daar is ’n lys by van al die goeters wat hulle wil koop met almal se R 300-00′de en dis alles sulke verskriklike duur goed. Ek lees die ding so en voorlat ek nou die fout maak om hardop te loop lees en daar kom ‘n ongeluk want die tante staan en roer aan die pot warm pap, dink ek miskien moet die tante die kaartjietjie later self lees en ek sê so. Maar nou ken jy ook die tante. As sy ‘n ding wil, dan wil sy ‘n ding! Maar ai, ek moes maar liewer my voet neergesit het en die tante daarop gewys het dat die Bybel sê jy moet jou man gehoorsaam. Maar ek gee maar in. Ai, ai, ai. En die arme Twaailaait. Tsk, tsk, tsk”.Verduideliking: Twaailaait is ‘n swart rondloperkat wat een aand so by sononder by oom Hennerik en die tante ingetrek het – vandaar sy naam. Dit was liefde met die eerste opslag tussen Twaailaait en die tante en waar die tante gaan, daar gaan Twaailaait. Nou, met die pap en hoender kokery sit Twaailaait bokant die stoof in die vensterbank die kokery en gade slaan en vir sy moeite kry hy natuurlik so nou en dan ‘n proe-stukkie uit die pot.
Ek gaan “top” die KWV’tjie op, oom Hennerik gee ‘n goeie suig aan die glas en vertel verder. “Ja, daar loop maak ek die fout en lees hierrie ding vir die tante. Maar sy roer daai pappot eers dat ek dink die ding foeter nou skoon van die stoof af en toe pluk sy daai houtlepel uit die pappot en soos waffere “spietkop” wat in spitsverkeer jou ry-hier-en-ry-daar, waai sy die ding in die lug rond terwyl sy onbetaamlike woorde gebruik oor die blêrrie tjeek van wie ook al die ding vir haar, ‘n vreemdeling so-te-sê, gestuur het en waar de hel moet sy, ‘n pensionaris R 300-00 uitkrap vir ‘n persent vir iemand wat sy haar oê nog nooit op geslaat het nie. En met die waai van die lepel vol warm pap, klap sy vir Twaailaait deur die gevreet en ander kant by die venster uit. Eers toe hy grondvat aan die ander kant, skrou arme ou Twaailaait net eenmaal soos ‘n afkopskaap en ek sien hy hol doer oor die draad en in die veld in. En ek sê, mamma was dit nou nodig? en sy vererre haar vir my en sy gooi daai einste paplepel hier in my geweste waar ek by die kombuisdeur in die lig gestaan en die kaartjietjie vir haar voorgelees het. Haar aaim hierrie keer is nie so goed nie en sy mis my met duime, kind, duime. Maar ek besluit daar kan nou ‘n erge skermutseling in daai kombuis wees as ek my nie liewer uit die voete uitmaak nie en ek loop kyk liewer waar Twaailaait is.
Ag, ja”.“En is Twaailiaat OK oom?”“Nee, hy het doer onder ‘n bos oorkant die straat loop sit maak en al hoe ek weet dis hy, is die stuk wit pap wat so dwars oor sy kop gepleister sit. En hy krap en hy krap om die stuk warm pap van sy kop af te kry maar ek dink die blessitse pap was nog so warm dit het sy pote ook nog gebrand”.“Haai shame, oom Hennerik?” En waars Twaailaait nou?” vra ek dood besorgd.“Nee hy loop maar so op en af tussen die jaart en die bos daar oorkant. Die tante probeer hom nader lok met pierinkies melk maar as hy haar sien dan hol hy. Nou sit sy maar die kos doer by die hek neer en elke dag bring sy die bakkie bietjie nader, maar Twaailiaat kom nie huistoe nie. Hy mag 9 lewens hê maar die blessitse kat leer darem uit sy foute. Nou’s die tante natuurlik eers opstêrs oor die tee-ding”.“Ek neem aan die tante het die uitnodiging van die hand gewys?”“Luister, jongie, hier op my jare kom leer Twaailaait my ‘n ding. Jy karring nie waar die warm pap vandaan gekom het nie. Nie as jy weet wat goed is vir jou nie.”
So het ek en oom Hennerik die nag in verwyl met nog ‘m KWV’tjie of twee. Twaailaait slaap nou in die garage en oom Hendrik gaan sit maar die kossies neer want Twaailaait het sy liefde vir die tante skynbaar verloor. Of hy’s net dêm versigtig!.
Wie van julle voel soos ek? Moeg vir die gejaag en geskarrel…….waarna?
Mag ek vandag droom van ‘n wit rietdakhuisie by Struisbaai?
Mag ek droom van ‘n paar hoendertjies wat om die huis rondskrop?
Mag ek droom van ‘n groentetuintjie (natuurlik omhein…..daar’s hoendertjies jy weet!)
Mag ek droom van daardie unieke kleur van die see, en daardie spesiale waai van die wind?
Mag ek droom van gaan vis koop by die “skyde”?
Ek is moeg vir die stad………..Mag ek maar droom?
Gisteraand kon ek en Willie vir die eerste keer in 2 en ‘n halwe maand vir die eerste keer alleen uitgaan. Ons kon my broer by die versorger en my ma los en vir ‘n rukkie uitgaan.
Ek weet nie hoeveel van julle ken vir Kallie Roos, die motiveringspreker nie. Wat ‘n merkwaardige man! Hy het onlangs by ons gemeente ingeskakel en van die praatjies wat hy hou gebeur nou gereeld by Wiessenhof by die Irene Village Mall hier naby ons.  En dit is toe nou waar ek en Willie sommer net gaan sit en ontspan het. Jy bestel watookal jy lus is om te eet of te drink ( of wat jou sak pas) en as almal so teen 7.30 gesettle is, begin hy so vir 30 minute gesels.
Sy tema gisteraand was “Liefde is…”
Hy gebruik die beeld van drie sirkels wat mekaar in die middel oorvleuel, en liefde is daardie deel in die middel waar die drie sirkels oorvleuel.
Die eerste spoor van drie in die  Liefde is -sirkel is OM NA JOUSELF OM TE SIEN,  fisies en geestelik. Om jouself ruimte te gee om te verbeter. Gun jouself tyd om bv. ‘n nuwe vaardigheid aan te leer, tyd om te doen dit waarvan jy hou. Versorg jou liggaam en jou gees.
Die tweede spoor in die sirkel is OMGEE VIR DIE MENS(E) NAASTE AAN JOU. En dan ook aan hulle die geleentheid en die spasie te gee, sodat hulle hulleself ook net soos jy self kan verryk en versorg
En die derde spoor in die sirkel is RESPEK VIR ANDER MENSE IN DIE SAMELEWING. Elkeen met sy eie agtergrond,godsdiensopvatting, kultuur, huislike omstandighede het net soos ek en jy die nodige respek nodig.
Ek deel hierdie met julle omdat dit vir my so ‘n eenvoudige resep vir Liefde is en dit so ‘n kosbare iets is wat mens maar net daagliks saam met jou kan dra. Veral deesdae in die omstandighede waarin ons lewe is die waar Liefde nie juis iets waaraan daar baie gedink word nie.
‘n Liefdevolle naweek aan almal!!
Ek kan terugvoer gee oor my broer.  Ek is baie bly om te kan sê my broer kan met ondersteuning darem nou al kort entjies voetjie vir voetjie loop! Daar is egter nog geen beheer oor die arms en hande nie.  Hy is sedert verlede Woensdag in ‘n Stepdown eenheid en die mediese fonds sou tot vandag betaal. Ek wag dus in spanning om te hoor of die dr. se aansoek vir nog ‘n paar dae suksesvol was. In dien nie moet hy na my toe kom vir verdere versorging. Ek sal dan maar gebruikmaak van ‘n instansie wat careworkers uitplaas om my te help. Hy dra nog doeke en kan niks vir homself doen nie.  So, hou asseblief duime vas vir nog ‘n paar dae in die eenheid!
Julle het nou al in’n vorige post gelees van my man.  En toe ek Da Mario se post oor PMS lees toe sit ek en wonder oor die mansgeslag…….. en ek besef ‘n man se ego is iets wat jy nie moet onderskat nie en nie moet aantas nie.
So ‘n paar jaar terug voel my man ek het nou lank genoeg aangekruie met my ou Soho’tjie en hy koop vir my ‘n mooi wit Mercedes A190.  Man ek is soooo in my skik en pas my karretjie op soos goud.  Een ogged by die aerobiese klasse vertel ‘n vrou  hoe sy die oggend moes sukkel om haar kar uit die garage te kry, want haar kant se deur wou om die dood nie oopmaak nie.  Sy manouvre toe haar kar met heen-en-weer aanby die ander kant se deur uit.  Die aand vertel ek dit vir manlief. Sy antwoord:  “Ag dis maklik, ek wed jou ek sal JOU  kar in ons garage kan OMDRAAI en aan my kant uitry” Vannaand word my kar in flarde gestamp dink ek by myself.  Willie klim ewe kordaat agter die wiel in en die uitmergelende proses van klein entjies vorentoe, agtertoe, uitklim, kyk, inklim vorentoe, agtertoe, begin! Ek fladder soos ‘n brommer om ‘n dr– al om my kar om telkens te sien hoe hy rakelings in millimeters die mure en kaste mis. Ek sien hoe Willie begin sweet, ek sien hoe ek die weddenskap wen, maar ek sien ook hoe my man se ego aan flarde lê. Maar nie my liewe man nie!  Na wat ‘n ewigheid voel stuur hy die kar vir die laaste keer vorentoe, agtertoe en voila uit by die deur! Maar helaas skuur die voorste buffer teen die garagedeur en daar sit die merk!  (Partymense praat mos van ‘n brandewynvlek) Darem nie te erg nie, maar sigbaar!  Maar die hoofsaak……..my kar is omgedraai in die garage!!! Ek moes natuurlik baie kere verduidelik waar die skraap vandaan kom en die storie het baie wyd gedraai. Maar pa se ego is ongedeerd! Hy het verlede jaar vir hom ‘n nuwe kar gekoop en moes natuurlik heelwat kere hoor of hy hom ook gaan omdraai in die garage.
My liewe man is die bron van baie giggels in ons huis. Hy besit die vermoë om woorde en name verskriklik te verrinneweer.                                                                                                                                                                                       Die bure se hond is Chitto, Willie noem hom “PINTO”                                                                                                Facebook, word “FACELIFT”                                                                                                                                                             Die snaaksste van die afgelope week was die fliek Rattatouille wat “RATTATOLLIE” geword het.
………….MY LIEWE MAN!!!!!!!
Ek kan nie glo hier is ons al klaar in die helfte van Januarie nie, en nou eers kan ek julle almal voorspoed toewens vir 2008!  Ek hoop dat dit vir almal ‘n jaar vol Vrede, Vreugde en Geluk sal inhou. Julle is almal vir my baie spesiaal, elkeen op sy eie manier…. en dankie daarvoor!
Vir my het 2007 stormagtig afgesluit en 2008 net so stormagtig begin. Op 6 Desember word my ouboet vanaf Bethlehem per ambulans oorgeplaas na Little Company of Mary hier in Pretoria. Hy word gediagnoseer met Gullain Barre Sindroom. Stelselmatig het verlamming  deur sy hele lyf ingetree, maar gelukkig betyds behandeling ontvang sodat verlamming nie die asemhaling aantas nie. Hy spring dus die ventilator vry. Hy was vir 25 dae in Intensief en word tans nog steeds behandel in die Neorologiese afdeling van die hospitaal.  Daar is al geringe beheer oor sekere van sy arm  en beenspiere maar kan nog niks vir homself doen nie.  Hy is etlike jare terug geskei dus pendel ek 2 maal per dag na die hospitaal sodat hy darem nie heel dag alleen is nie.
Wat vir hom en ons erg was, was om Kersdag en Nuwejaarsdag in die hospitaal te wees. Ons het beide die dae maar ons mandjies gepak en die dae by hom deurgebring.
Om by te dra tot ons hartseer het my kleinboet op die 16de Desember vertrek na Londen om daar te gaan werk. So julle kan net dink wat my gemoedstoestand was met oorgang ‘07 na ‘08.
Verder wil ek vandag ‘n lansie breek vir die verpleegpersoneel van LCOM. Tot dusver het ons nog net uitstekende diens van hulle ontvang en kan ons met reg praat van engele om ons. Hulle behandel my boer met uiterste sorg en toegewydheid. Veral in die Intensiewe Eenheid was hulle absoluut wonderlik!  Die personeel van die Rehabilitasie Eenheid (fisio-en Arbeidsterapeute) is twee Godgegewe engele!
Om  te bewys hoe getrou Ons Vader is vertel my broer ons hoe hy nou al ‘n paar nagte wakker gemaak word deur iemand wat baie saggies oor sy voorkop vryf en dan ook sy bene saggies vryf. Hy voel gladnie bedreig of bang deur die situasie nie, maar uiters kalm! Onsigbare engele om ons???
Ek lees daar is meer as 600 verskillende fobies waaraan mense ly. Dit wissel van die mees eenvoudige tot die bizarre. Alhoewel sommige baie snaaks mag klink veroorsaak dit chaos onder die lyers en staan dit in die pad van ‘n vol en normale lewe.
Waarvoor is jy bang, en hoe erg is jou vrees?
Hier volg ‘n paar.
Aviophobia: Fear of flying
Hydrophobia:  Fear of water
Myctophobia:  Fear of the dark
Selachophobia: Fear of sharks
Ophidiophobia:  Fear of snakes
Achluophobia:  Fear of darkness
Acrophobia:  Fear of heights
Agoraphobia:  Fear of open spaces or of being in crowded public places.
Angrophobia:  Fear of anger or becoming angry
Anthropophobia:  Fear of people or society
Arachnophobia:  Fear of spiders
Ataxophobia:  Fear of disorder or untidiness
Dentophobia:  Fear of dentists
Dishabiliophobia:  Fear of undressing in front of someone
Gerontophobia:  Fear of old people or of growing old.
Hemophobia:  Fear of blood
Rhytiphobia:  Fear getting wrinkles
Rupophobia:  Fear of dirt
Dan is daar ‘n paar ongewone fobies:
Agateophobia:  Fear of insanity
Alektorophobia:  Fear of chickens
Allodoxaphobia:  Fear of opinions
Anablephobia:   Fear of looking up
Anuptaphobia:   Fear of staying single
Arachibutyrophobia:  Fear o peanutbutter sticking to the roof of the mouth
Catoptrophobia:  Fear of mirrors
Consecotaleophobia:  Fear of chopsticks
Ergophobia:  Fear of teenagers
Helminthophobia:  Fear of being infested with worms
Macrophobia:  Fear of long waits
Politicophobia:  Fear or abnormal dislike of politicians
Zemmiphobia:  Fear of the great mole rat.
Ek self het ‘n geweldige vrees vir hoogtes en slange!!!
Maar na aanleiding van al die bogenoemdes kan ek myself ook klassifiseer as nogal bang vir plooie en daar om bang vir ‘n spieel (hie hie)
Die vrees vir tieners oorval my ook soms, maar dis oorkombaar!
Die afgelope naweek sien ek weereens op die R21 die nuwe naambord (…….. Sisulu) en wonder ook weer hoekom, is dit regtig nodig? Die oorspronklike naam is gekies vir ‘n rede, wat dit ookal mag wees. Hoekom dit verander.
‘n Klompie kilometer verder tussen Alberton en Vereeniging, by Meyerton op die R59 is daar die afrit na Johan Le Roux straat. ‘n Knop kom sit in my keel, want hoe lank sal ek dit nog kan lees? Wat is in hierdie naam…… ek vertel julle.
Dit is 1970. Woensdag 28 Januarie. ’n Blonde matriekseun en sy sussie van 9 jaar sit en ontbyt eet voordat hulle elkeen in hulle rigting skool toe gaan. Johan groet sy sussie en sy ma. Sy sien hoe hy deur ‘n veldjie na die bushalte stap. Hy ry met die skoolbus na Meyerton.  Sy ma sien hoedat hy wag dat al die kinders in die bus klim en hy die busdeur agter hom toetrek.
Dit is die derde week van skool en Johan is die jaar verkies tot die Leerlingraad. Hy is baie geliefd onder skoolkinders sowel as volwassenes. ’n Week tevore ontvang hy die Presidents-toekenning van die Voortrekkers. Hy speel vir die eerste span rugby, is ‘n kranige redenaar en ook lid van die skool se musiek-groep “Die Plebs”
Die middag middag dek Johan se ma tafel en hou sy kos warm. Hy sal teen 14:30 by die huis wees en wegval in sy gunsteling Kerrie en Rys.  Teen 3 uur is hy nog nie daar nie en die ma raak bekommerd. Johan se pa kom by die huis aan en wonder oor ‘n samedromming van mense by ‘n spoorweg oorgang waar hy verbyry.
En dan die verskriklike nuus……  ‘n Vriend van die gesin bring die nuus dat die skoolbus betrokke was in ‘n botsing met ‘n trein by die oorgang…… Johan was in die bus…….    Chaos, verskrikking, wonder, hoop!
‘n Buurseun kom tuis en vertel dat hy gesien het Johan skop die nooduitgang oop en hy is seker Johan het uitgespring en is dalk opgeneem in die hospitaal.  Almal keer dat die ouers na die ongelukstoneel gaan en stel voor om eerder hospitaal toe te gaan en daar te gaan navraag doen.
Na ure se soek wag en navrae kom die nuus Johan het nie oorleef nie!! Hartseer… smart…..ongeloof…..
Die volgende dag word die ware verhaal vertel.  Die bus het gestol op die oorgang, en die kinders het gesien hoe ‘n naderende trein op hulle afkom. Johan het die nood-uitgang uitgeskop, maar nie dadelik uitgespring nie. Hy het eers 2 laerskool seuntjies deur die venster gegooi en toe die res van die kinders na die voorkant van die bus gedruk, omdat die trein die bus aan die agterkant sou tref. Blou kneusplekke onder die seuntjies se arms getuig van hoe hy hulle gegryp het.
Johan en 22 ander kinders sterf in hierdie ramp en ‘n gemeenskap is in rou gedompel.
Johan se optrede gaan nie ongesiens verby nie. Hy ontvang ‘n nadoodse toekenning van die Suid -Afrikaanse Noodhulpliga en ontvang die hoogste toekenning vir Dapperheid in S.A. – Die Wolraad Woltemade toekenning. (Hy word erken as ‘n Kinderheld in Suid Afrika)
Die Stadsraad van Meyerton vernoem ‘n straat na Johan. Die rede vir die knop in my keel……Johan was my broer…….
Hier sit Boendoe my omtrent aan die dink……..
Hexi, Koeks, Lapr en Tersia ek tag julle om vir ons 8 interesanthede van julle-self te vertel!!
1.  Ek is ‘n “loner”.  Omdat ek die enigste dogter is, en die ouderdomsverskille tussen my en my broers baie groot is, het ek baie op my eie groot geword. Ek kan nie ‘n klomp mense rondom my hanteer nie.  Ek vermy bv. besige inkopiesentrums en verkies om vroeg in die oggend te gaan shop as dit nog stil is.
2.  Ek koester hegte vriendskappe en hou van kuier met pelle. Ek sien myself as ‘n goeie vriendin en het al twee vriendinne se egskeidings saam met hulle deurleef. Slaapplek gegee en voete gevryf as dit nodig was.
3.  Ek lei baie erg aan hoogtevrees, en het ten spyte daarvan al Mount Aux Source geklim, maar nie die kettingleer nie, tot daar het ek al drie keer gehuil. Toe ons egter die middag daar weg ry het ek die belofte gemaak dat daardie flippen berg my nooit weer sien nie!
4.  Ek het al vir die TV lisensie inspekteur gejok.  Dit was lank terug en toe hy vra om ons lisensie te sien, het ek vir hom gese ek kuier net by die mense en ek weet nie waar hulle dit bere nie.
5.  Ek het ‘n boetie verloor in 1970 in ‘n groot skoolbusramp. Ek was 9 en hy 18. Daar is 13 kinders met een begrafnis begrawe.  Tot vandag is dit vir my baie erg om ‘n begrafnis by te woon.
6.  Tegnologies is ek gestrem.  Dat ek kan blog is ‘n wonderwerk!  Drie jaar terug moes ek ‘n keuse maak in my beroep en kies toe om my man te join in die besigheid.  Ek moes vinnig van rekenaars en Pastell en baie ander dinge leer.  Ek maak nog steeds lysies van al die stappe wat ek moet volg om ‘n proses afgehandel te kry. As oud onderwyseres geld die gesegde “ons sal dit doen, en weer doen tot ons dit reg doen”
7.  Ek sal in die nag opstaan vir ‘n pakkie Chips en doopsous. Ek kan ‘n hele groot pak chips alleen opeet sonder om te blik of te bloos.
8.  Ek het al ‘n prys gewen waar Zack du Plessis (Frik van Vetkoekpaleis)  die beoordelaar was.  Dit was ‘n Lady’s Night(sjj… met ‘n danser) en ons moes elkeen ‘n grap vertel om toegelaat te word.  My grap het gewen.
Willie is opgeneem in die hospitaal met ‘n diep liggende trombose in sy been. Dit is die tweede keer hierdie jaar. Die vorige een is deur sy long en ons is baie dankbaar dat hy dit oorleef het.
Sit ek en hy en gesels en verseker ek hom dat ek so bly is hy hoef nie narkose te kry vir die toestand waarin hy is nie. Lekker lag ons oor die uitwerking wat narkose op hom het.
Dit is mos net so dat narkose jou laat verander in ‘n mens wat jy eintlik nie wil ken nie. Ek wil nou nie my kop te ver uitsteek nie , maar ek dink mans toon erger simptome as vrouens. Party wil net veg as hulle wakker word, party huil, sommige vloek verskriklik en so kan die lysie aangaan. Willie word vryerig……verskriklik vryerig!
‘n Paar jaar gelede ontwikkel hy  verskriklike oorpyn en die oor-neus – en keelspesialis voer aan dit is as gevolg van sinus en hy moet ‘n operasie ondergaan. Ons is vroeg-oggend by die dag-kliniek en hy word teater toe geneem. In dieselfde saal le ‘n ou wat in ons kerk is en saam met my in die koor sing, en ons kuier terwyl ek wag.  Na ‘n ruk hoor ek ‘n verskriklike gekerm en gekla in die gang.  Ek wag om te sien watter noodgeval hier aankom net om te sien dit is my “geliefde ” wat sy lot so bekla. Eers dog ek hy is deur die verkeerde spesialis geopereer, want onder sy neus is ‘n rolletjie watte met twee lussies aan die kante wat oor die ore haak. (Dit lyk kompleet asof ‘n ginekoloog hierdie operasie gedoen het) Later sou ek sien al die sinus-pasiente loop met hierdie afskuwelike rolletjies.
Ek doen toe wat enige bekommerde vrou sal doen, staan langs sy bed en streel oor sy kop om hom te kalmeer. Die uitwerking? Nie wat ek verwag het nie! My man gryp my in ‘n greep en trek my saam met hom plat op die bed en vertel my net hoe lief hy my het! Na ‘n hewige gewriemel kon ek myself uit sy ystergreep bevry, en moes hoor hoe die res van die mense in die saal proes van die lag. Hy kon natuurlik na die tyd niks onthou van die episode nie.
‘n Jaar later pak die oorpyn hom weer en die dokter stel die keer voor dat hy pypies in sy ore moet kry. Hy kry baie swaar met middel-oor ontsteking en besef die pypies is al uitweg.
Hierdie keer meld ons aan by Pretoria Oos hospitaal. Ek lees vir Willie uit die Leviete en vra hom om homself asseblief te gedra as hy uit die teater uit kom! Maar helaas! Hy is heelwat kalmer terwyl hulle hom terugstoot in die kamer, maar na 5 minute trek hy los met ‘n relaas. (Vir agtergrond tot die relaas moet ek eers inligting gee oor ons besigheid. Ons verskaf vee-hanteringstoerusting aan boere en ko-operasies landwyd. Ons produkte sluit onder andere in, prodders,immobiliseerders en so meer . Nog ‘n produk is ‘n neon pienk kierie wat ons uit Amerika invoer. Die kierie is uitstekend vir boere met die sortering en aanjaag van beeste. ) Wat hy toe kwytraak is in die volgende trant:” Ek ish Willie Sho….  Ek ish van SH.A VET. Maar vandag worry ek f@k@l want Ahmed(ons produksie bestuurder) shal shorg!!  Onsh verkoop proddersh, i..bi..mo..bili..sheerdersh  en pienk kierieshh!” Die volgende oomblik vat hy die laken hier by sy bors met albei hande vas, so asof hy hom wil afpluk en s^e kliphard  “Wil julle dalk my pienk kierie sien?” En daar pluk hy die laken af! Gelukig is ek rats genoeg en gryp die laken voor hy homself voor almal ontbloot!  Hy gryp toe my hande en s^e:  “Jy  dink mos ek is vryerig, kom ek wys jou wat is vryerig!” Vinniger as ‘n vetgesmeerde paling is ek uit sy greep en uit by die deur. Buite in die gang lag ek so dat die trane loop en die mense dink ek huil oor iemand. ‘n Hele paar keer probeer ek terug gaan in die saal, maar elke keer oorval ‘n lagbui my en moet ek weer omdraai. Ek is uiteindelik terug by hom en hy het ‘n lot onsin kwytgeraak.  Onder andere die outjie wat in een van die ander beddens was se dokter aangevat omdat die dokter kwansuis sy “pel” daar weg het en nog nie weer teruggebring het nie.
Hy ontken natuurlik al die bogenoemde gebeure want hy kan nie ‘n dooie duit daarvan onthou nie. As daar dus enigsins melding gemaak word van enige hospitaal prosedures is my eerste vraag “Moet hy narkose kry?” Ek is BAIE lief vir my man en sal hom altyd bystaan, maar onder die invloed van narkose……daar wonder ek oor die sinnetjie “for better or worse, in sickness and health” Sickness, ja maar met narkose……? Slegs in uiterste gevalle!!
Dit is een van die toestande wat deesdae verskriklik toeneem.  So lees ek op blogs van mense wat gediagnoseer is en ander deel ook mee hoedat hulle hulself daagliks insulien toedien.
Dit neem my terug na so ongeveer die jare in die vroee jare 70. My Ouma verloor albei haar bene as gevolg van “gangreen”  Diabetes is te laat by haar gediagnoseer. In daardie dae was dit gladnie so algemeen soos deesdae nie, en het net bekend gestaan as SUIKERSIEKTE.
Ouma is toe gekluister in ‘n rolstoel vir die res van haar lewe. Uit ‘n totaal van 11 kinders is my ma die een wat aanbied om haar te versorg.
Dit is dan ook waar ek eintlik wil by uitkom….hoe die mediese wetenskappe verbeter het sedert daardie dae.  Eerstens was die toetse vir insulien toediening ‘n helse proses!!  Vroeg oggend word daar van die eerste urine in ‘n proefbuisie gegooi, een of ander druppeltjie bygesit en dan word die spulletjie in die proefbuis oor ‘n brandertjie verhit tot dit kook!!! Kan jy glo?  Na afkoeling word die toetsstokkie dan gebruik om die kleur te vergelyk gewoonlik was dit so groen konkoksie) en daarvolgens is insulien ingespuit.   En nie met die hedendaagse plastiek inspuitings nie… met ‘n propperse glas inspuiting. En bewaar jou siel as daai ding breek!!! Dit was baie duur. Soos ek genoem het dit was so 1975 en ek was so St 6, maar hierdie hele toetsery is nog duidelik in my geheue.
Dankie tog aan die hedendaagse tegnologie en wetenskappe wat dit vir al hierdie mense makliker maak om met diabetes saam te lewe.(Kan jy jou indink in vandag se gejaagde lewe, soggens eers piepie kook en dan insulien inspuit)  En sterkte aan julle almal!!
Marina
Erfenisdag?  Amper veroorsaak ek dat daar niks te erwe oorbly as ek as langslewende by my man iets moet erf nie.
Soos enige getroue vrou en moeder begin ek op hierdie vakansie dag vroegtydig my wasgoedjies was om sodoende die res van die dag rustig deur te bring. Min wetende wat op my wag. In my huis is die reel..wat in die wasgoedmandjie is, word gewas.  Dit is jou saak om seker te maak alles IN die wasgoedmandjie is wasbaar.  Met tieners in die huis is wasgoedreels ook ‘n noodsaaklikheid, maar die pa moet ook inval by die reel.
So vorder ek deur al die bondeltjies en is verheug toe ek die laaste bondel met manlief se broeke kan uithaal.  Toe ek die laaste broek uithaal besef ek iets is FOUT,  die broek voel vir my effens swaar.  Ek voel hoe my hart vinniger klop, nee.. nie weer nie… wat het ek nou weer gewas?  Ek het al ‘n hele paar penne en 2 identiteitsboeke op my kerfstok!!! Angstig deursoek ek die broek vir dit wat gewas is.  Julle weet mos dat baie mans reken hulle dink nie aan skei nie maar BAIE aan moord.  Hier is defnitief ‘n moordgeval!!  In een van die baie sakke ontdek ek dit…….SY SELFOON!!!  Dwarsdeur was(X2), spoel en spin, en morsdood (soos ek gaan wees). Nie ‘n teken van lewe nie, net ‘n dammetjie water in die skerm.
Nadat ek eers moes sit en moed bymekaarskraap het ek hierdie tyding gaan oordra.  En raai, hy het dit heel goed hanteer.  Met “maar daardie broek was OP die mandjie en nie IN die mandjie nie” het hy my getroef.  Later het ons lekker saam gegiggel oor die hele situasie.  Ek stuur ‘n SMS aan pelle om te vertel. Later lui my foon en vriend reken hy het nou net my man probeer bel en al wat hy hoor is “glug, glug, glug”!
Ek sal seker nooit die einde hiervan hoor nie, maar tenminste het ek gesorg vir ‘n opwindende Erfenisdag!!!