‘n Dokumentêre reeks in 7 dele oor die bosoorlog in Angola/Suidwes Afrika (1966 – 1989) wat ek toevallig op youtube raakgeloop het. So bietjie lank maar oor en oor die moeite werd as jy wil weet wat daar gebeur het, en terselfdertyd ook bietjie van SAW en seuns in aksie wil sien.
<object width='425' height='350'><param name='movie' value='http://www.youtube.com/v/0dNi--acWe0&rel=1&fs=1&showsearch=0&hd=0' /><param name='allowfullscreen' value='true' /><param name='wmode' value='transparent' /><embed src='http://www.youtube.com/v/0dNi--acWe0&rel=1&fs=1&showsearch=0&hd=0' type='application/x-shockwave-flash' allowfullscreen='true' width='425' height='350' wmode='transparent'></embed></object>
<object width='425' height='350'><param name='movie' value='http://www.youtube.com/v/rD0UsrcHvmA&rel=1&fs=1&showsearch=0&hd=0' /><param name='allowfullscreen' value='true' /><param name='wmode' value='transparent' /><embed src='http://www.youtube.com/v/rD0UsrcHvmA&rel=1&fs=1&showsearch=0&hd=0' type='application/x-shockwave-flash' allowfullscreen='true' width='425' height='350' wmode='transparent'></embed></object>
<object width='425' height='350'><param name='movie' value='http://www.youtube.com/v/T8BiSYuZMj0&rel=1&fs=1&showsearch=0&hd=0' /><param name='allowfullscreen' value='true' /><param name='wmode' value='transparent' /><embed src='http://www.youtube.com/v/T8BiSYuZMj0&rel=1&fs=1&showsearch=0&hd=0' type='application/x-shockwave-flash' allowfullscreen='true' width='425' height='350' wmode='transparent'></embed></object>
<object width='425' height='350'><param name='movie' value='http://www.youtube.com/v/UUSG-jIXvYM&rel=1&fs=1&showsearch=0&hd=0' /><param name='allowfullscreen' value='true' /><param name='wmode' value='transparent' /><embed src='http://www.youtube.com/v/UUSG-jIXvYM&rel=1&fs=1&showsearch=0&hd=0' type='application/x-shockwave-flash' allowfullscreen='true' width='425' height='350' wmode='transparent'></embed></object>
<object width='425' height='350'><param name='movie' value='http://www.youtube.com/v/r-YZsWjFPGQ&rel=1&fs=1&showsearch=0&hd=0' /><param name='allowfullscreen' value='true' /><param name='wmode' value='transparent' /><embed src='http://www.youtube.com/v/r-YZsWjFPGQ&rel=1&fs=1&showsearch=0&hd=0' type='application/x-shockwave-flash' allowfullscreen='true' width='425' height='350' wmode='transparent'></embed></object>
<object width='425' height='350'><param name='movie' value='http://www.youtube.com/v/mFzqILwkLIQ&rel=1&fs=1&showsearch=0&hd=0' /><param name='allowfullscreen' value='true' /><param name='wmode' value='transparent' /><embed src='http://www.youtube.com/v/mFzqILwkLIQ&rel=1&fs=1&showsearch=0&hd=0' type='application/x-shockwave-flash' allowfullscreen='true' width='425' height='350' wmode='transparent'></embed></object>
<object width='425' height='350'><param name='movie' value='http://www.youtube.com/v/_FgLpl5gGPA&rel=1&fs=1&showsearch=0&hd=0' /><param name='allowfullscreen' value='true' /><param name='wmode' value='transparent' /><embed src='http://www.youtube.com/v/_FgLpl5gGPA&rel=1&fs=1&showsearch=0&hd=0' type='application/x-shockwave-flash' allowfullscreen='true' width='425' height='350' wmode='transparent'></embed></object>
Jaco
Roer-My-Nie. Hierdie een is vir jou en vir al die wat al die vraag gevra het. Was alles die moeite werd? Was dit werklik die moeite werd om ons seuns weg te stuur Angola toe en townships toe en om vreemdelinge terug te verwelkom? En ook om somtyds vergeefs te wag op diegene wat nooit weer gaan huistoe kom nie.
Dit is ‘n vraag wat myns insiens geen regte of verkeerde antwoord het nie. Menigde boeke het al die lig gesien wat albei kante van die saak met ewe sterk argumente bepleit. Nasionale diensplig is iets wat elke wit jongman wat vandag 30 jaar en ouer is moes deurmaak. Ons ou landjie was in ‘n voortdurende staat van konflik, en in die finale analise is dit die menslike element wat oorlog sulke aangrypende media maak. Dus sal jy hierdie vraag aan ‘n honderd mense kan vra, en tweehonderd antwoorde kry. Derhalwe is die beste wat ek kan doen my persoonlike opinie.
Eerstens, elke jongman se ervaring van nasionale diensplig hang tot ‘n groot mate af van die houding waarmee hy dit benader het. Teen die risiko om te veralgemeen, die Waterkloof seuns het oorwegend weermag gehaat, omdat hulle wreed uit hulle gemaksone’s van hand en voet bedien word geruk is, terwyl die gewone middelklas en armer seuns se ervaring van weermag eerder die van een groot avontuur was. Ek moet skaamteloos erken ek was een van laasgenoemde. Ek was “army bedonnerd”, op skool het ek elke winter skoolvakansie kadetkampe bygewoon om rang te verwerf. Ek was vir 3 jaar in die skool se drilpeleton, in my 3de jaar was ek peletonleier by die drilkompetisie en uiteindelik die skool se RSM in matriek. Ek het onvoorwaardelik uitgesien daarna om weermag toe te gaan! Ek het my uniform en kentekens met trots gedra, ek het selfs my pa se begrafnis in volle uniform bygewoon. Myns insiens was dit die grootste eer wat ek aan hom kon betoon.
Tweedens, die aanwesigheid van outokratiese dissipline in die militêre opset, tesame met die totale afwesigheid van enige inmenging of hulp van buite, het my op ‘n persoonlike vlak toegerus met die lewensvaardighede wat ek sou nodig hê om die struikelblokke wat op my gewag het te oorkom. In weermag terme het ek vasbyt geleer.
Derdens, in jeugweerbaarheid op skool en in die daaropvolgende militêre opleiding, is dit jou op die hart gedruk dat jy hier is ter beskerming van jou land en sy mense teen die rooi gevaar. Ek het dit toe geglo, en ek glo dit vandag nog. Ek glo dat elke limpet myn, elke AK47 en tokarev pistool wat ons opgespoor en vernietig het, die lewe van ‘n Suid Afrikaner êrens gered het. Ek glo dat die politieke klimaat in S.A. heeltemal anders daar sou uitgesien het as die Kubane en Russe toegelaat was om vryelik in Angola en S.W.A. te opereer. Ek was 3 jaar te laat om in Angola te veg, maar ek sou met ‘n blye hart gegaan het. My ouer neefs, my pa en ooms het almal hulle deel gedoen. Ja daar is manne dood, ja daar is manne vermink, ja baie van ons – ek inkluis- het vir jare na ons weermagervaring allerhande lelike newe effekte gehad. Slaaploosheid, nagmerries, agressie, noem maar op. Die term PTSD het eers baie later in gebruik gekom. Ouens het sommer kortweg “bossies” geraak. Dit ten spyt, verbeel jou Suid Afrika vandag soos ‘n tweede Sarajevo – dan vra jy jou die vraag af of dit wat ons nou het werklik so sleg is.
Ja ek word soms bitter oor die manne wat die hoogste prys betaal het vir ‘n land wat nou aan die eertydse vyand behoort. Van hulle was my vriende ook, almal van hulle het geliefdes êrens agtergelaat. Ek voel soms skaam oor dinge wat moes gedoen word, al het dit die grense van menslikheid oorskry. Ek wonder soms of enige 19 jarige aan die  rou werklikheid van geweldadige dood behoort blootgestel te word, en ek besef dat op 19 jou kapasiteit om die vuilwerk gedoen te kry baie groter is as op 30. Waar jy instorm op 19 sal jy dalk daardie oomblik te lank huiwer op 30. Maar ek weet dat ek by die weermagkamp se hekke ingestap het as ‘n seuntjie, en ek het ‘n man uitgestap. En dit kan niemand ooit van my af wegvat nie, en dit maak dit vir my die moeite werd. Sal ek weer gaan as ek geroep word? In a heartbeat!
Jaco
Met groot opgewondenheid neem ek vir Krista Vrydagmiddag Witrivier toe sodat ek haar kon wys waar ons ou weermagbasis is. Dinge het egter bietjie verander sedert ek daar was 15 jaar gelede, en eers met die derde poging het ek die korrekte afdraai gekry na Dingwell basis toe, gesetel in die vallei knap duskant Witrivier.
Ek weet nie wat ek verwag het na soveel jare nie, maar dit wat ons gekry het was ontstellend. Geen drade of hekke nie, die gras wat kophoogte op die paradegrond groei, die kaal bouvalle van die HK gebou en die ergste van alles – die klipkroegie wat ek en Visagie letterlik met ons eie hande gebou het, is afgebreek en daar staan nou ‘n plakkershut! Die groot “flattop” acaciaboom waaronder daar briewe geskryf en gelees is, of sommer net gedink is, is lankal vuurmaakhout. Die piesangbome wat ons voor die laning tente geplant het, groei wild en onversorgd. In skrille kontras staan die menasiegebou – ‘n toegeboude sinkstoor – nog net soos ons hom gelaat het, nie ‘n enkele sinkplaat of venster gesteel nie.
Altyd as ek sulke murasies langs die pad sien, dan wonder ek. Mense het daar gewoon, daar is geskiedenis, daar is ‘n storie. Die murasies van Dingwell basis het my laat besluit dat hierdie een se storie sal vertel word. Hier is dan ‘n kort gedeelte uit die verhaal van Dingwell basis soos ek dit onthou.
Dingwell was na die Suidwes oorlog die ontplooinings basis van 4SAI se Charlie kompanjie. Diensplig is afgeskaal na 1 jaar toe, en vir die eerste 6 maande van die jaar, terwyl die nuwe inname opleiding ontvang het in Middelburg, het kampers die fort gehou. Vroeg in Julie is die kampers huis toe gestuur en het die nuwe inname troepe van 4SAI – pas klaar opgelei – hulle intrek geneem. My inname was geensins anders nie.
Ek was deel van die voorspan, ons het so week voor die hoofgroep aangekom, en dit was ons taak om die kamp voor te berei vir die res. Tente is opgeslaan, paradegrond skoongemaak, proviant en amunisie aangery en gestoor en ‘n miljoen ander takies wat moet aandag kry om dit moontlik te maak om 130 soldate vir 6 maande lank te huisves. Vir die volgende 6 maande was ons die “thin red line” Saam met die plaaslike polisie moes ons ‘n area wat strek van Witrivier tot Hazyview, van Hazyview tot teen Krokkedilbrug al teen die wildtuin om tot weer in Nelspruit beskerm. Dit was die tuisland Kangwane. Die land was in “state of emergency” – onthou die was voor ‘94 – en daar was bloedige betogings orals. Ons funksie was beide TEIN stedelik en TEIN platteland, maw ons het betogings opgebreek en terroriste selle in die woonbuurtes gesoek, maar ons het ook die buitewyke patrolleer en wapenopslagplekke en infiltrasieroetes vanaf Zim, Mosambiek en Swaziland gesoek. Die patrollie siklus was gewoonlik 2 weke uit, 1 week in en Dingwell was waar jy jou tyd spandeer het as jy in was.
Ek onthou nog die tent laan, elke peleton het 4 tente – 1 vir elke stick. Peleton 1 se tente heel voor, dan peleton 2, 3 en dan ons – HK peleton – klerke, chefs en drywers (ek was een van laasgenoemde). Korporaal Trichard by peleton 1, Pelser by 2, Taljaard by 3 en Groenewald by ons. Ek onthou vir mal Richter – hy het meer weermagvoertuie ge-US as die res van ons saam, Schonfeld van Ermelo, die 2 Bothas, Gavin en Vlieg en Mens en Visagie en Tiffy. . . en ‘n klomp ander wie se gesigte steeds helder voor my geestesoog staan maar waarvan die name al vervaag het. Dit was die manne wat van Dingwell huis gemaak het.
Saterdagaande is daar gebraai – almal wat in die Basis was kry ‘n vleisie en ‘n worsie, daar word vuur gemaak en gekuier – die weermag se kwota van 2 biere per man word oor die hoof gesien, more gaan ons weer uit op 2 weke patrollie en dan is dit ratpacks en water! Ek onthou die bosbusse as die diere van die dieretuin vuil gelaat is omdat ons eerder wou gaan braai. Ons het van alles in die dieretuin gehad, buffels, ratels, spinnekoppe, mambas, kwêvoels en vistenks. En as jy hom gery het, moet jy hom was, anders vat kpl. Groenewald jou vir ‘n lekker draffie deur die countryside!
Ek onthou die dear Johny’s, die verjaarsdae, die parades, wasdag, patrollie, verlang, moeg, honger, vuil. . . en af en toe die absolute stilte in die kamp as een man nie teruggekom het nie.
Ek onthou jou Dingwell basis, ek onthou die manne wat saam met my daar was. Ek sal julle nooit vergeet nie!